03.11.2020 Views

Wild & Jag April 2020

Check out the Big game edition in the April 2020 issue

Check out the Big game edition in the April 2020 issue

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Op die baan was die oormowwe uitermate gemaklik; die

hoofband het ’n ergonomies geboë (ergonomically arched)

ontwerp – in maatskappyterminologie beteken dit daar is

geen gevaar dat dit jou gunstelinghoed se vorm sal bederf

nie.

Ons het met ’n .357 Magnum geskiet en die vinnige

geraasonderdrukking het gewerk soos geadverteer word.

Dit het die geraasvlak tot by ’n baie welkome 26 dB

afgebring. Of ons nou na ’n paar Springsteen-snitte op ons

slimfoon geluister het of besig was met ’n telefoonoproep na

vriende, die geraasonderdrukking van die Amp BT het hom

uitstekend van sy taak gekwyt.

Die Pyramex Venture Gear Amp BT elektroniese

Bluetooth-gehoorbeskermer het ’n magdom funksies wat

hierdie oormowwe die opwindendste produk in die Venture

Gear-reeks maak. Op die skietbaan of in die veld is

dit dikwels nodig om met ’n baanoffisier of medejagter te

kommunikeer. Hierdie nuwe elektroniese gehoorbeskermer

onderdruk nie net skadelike klanke tot op veilige vlakke

nie, maar versterk ook die klanke rondom jou danksy die

funksie om geraas vinnig te onderdruk. Die vier mikrofone

wat al om die eenheid geposisioneer is, bied maksimum

dekking aan gebruikers vir die aksie wat om hulle plaasvind.

Draai eenvoudig die maklik verstelbare volume- en

geruisbeheerknoppies om ’n gesprek moontlik te maak.

Die Venture Gear Amp BT kan ook as passiewe gehoorbeskerming

gebruik word sonder die elektroniese funksies,

waartydens dit die geraasvlak ook na 26 dB kan afbring.

Blootstelling aan geraas hoër as 140 dB kan die gehoor

permanent beskadig. Grootkalibergewere en die meeste

pistoolkalibers produseer klankvlakke van 175 dB of harder.

Skuts moet dus ten alle tye gehoorbeskerming dra.

Die Venture Gear-handelsnaam is deel van Pyramex

Safety Products. Dit is dieselfde maatskappy wat ’n paar

jaar gelede die Dropzone-bril bekendgestel het wat steeds

een van die topverkopers in die reeks is. Net soos die Venture

Gear-reeks passiewe en elektroniese oormowwe, is

hierdie ’n produk van puik gehalte. Pyramex stel nooit teleur

wanneer dit by innovering en nuwe tegnologie kom nie. Die

maatskappy het meer as 2 000 verspreiders in meer as 60

lande. Hulle belê baie tyd in navorsing om seker te maak

hul produkte kan met die beste ter wêreld meeding. Besoek

gerus hul webwerf: www.pyramexsafety.com

Die nuwe Venture Gear Amp BT-oormowwe is tans by

uitgesoekte handelaars beskikbaar.

Stuur asseblief vir ons aksiefoto’s waar julle jul

Venture Gear-oormowwe (Passives of Electronic) en

Dropzone-brille in die veld of op die skietbaan dra. Ons

gaan die beste foto’s in die volgende uitgawe publiseer

en ook as toekomstige reklamemateriaal gebruik.

Die beste foto wen een stel Venture Gear Amp BT

Bluetooth-oormowwe.

E-pos foto’s aan Belinda@inyathi.net

WILD & JAG APRIL 2020

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!