03.11.2020 Views

Wild & Jag April 2020

Check out the Big game edition in the April 2020 issue

Check out the Big game edition in the April 2020 issue

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

CHRISTO DELPORT het hierdie buffelbul naby Letaba in Limpopoprovinsie

gejag. Hy het sy Heym Martini Express in .416 Rigby-kaliber

met handgelaaide ammunisie gebruik. Die Hornady DGX-koeëls het die

loop teen 2 400 voet per sekonde verlaat. Die eerste skoot is op 83 m

geskiet, met perfekte skootplasing agter die voorbeen op die regterkantste

blad. Die Hornady (middelste koeël op foto) het die lewensorgane

gepenetreer en is ook deur die linkerblad, waar dit onder die vel gestop

het. Gewigretensie was 353,8 gr of 88,5%. Die tweede skoot is gevuur

toe hulle by die buffel was net om seker te maak hy staan nie weer op

nie. Die koeël (links op foto) is deur die ruggraat tussen die blaaie in en

is in die bors gevind. Gewigretensie was 337,7 gr of 84,5%.

Die regterkantste koeël op die foto is, interessant genoeg, ’n Peregrine

(ook ’n .416-kaliber) . Daar word vermoed dat die buffel ’n paar

weke vantevore deur ’n ander jagter gekwes is. Die koeël is langs die

neus verby, sowat twee duim onder die linkeroog. Christo het die koeël

voor die skouer in die nek onder die vel uitgehaal. Die koeël het 386,9 gr

geweeg (alhoewel dit net 96,7% van die oorspronklike gewig is, moet

genoem word dat die plunger nie gevind is nie). Die Peregrine het sy

werk reg gedoen, maar dit bewys net weer dat daar geen plaasvervanger

vir goeie skootplasing is nie.

WOUTER ROETS het hierdie pragtige ou

buffelbul met ’n Brno ZKK 602 in .375 H&H

in die Gonarezhou-oorgrenspark gejag.

Handgelaaide 300 gr-Barnes TSX-koeëls

met ’n trompsnelheid van nagenoeg 2 400

voet per sekonde is gebruik. Die buffel,

wat omtrent 45 m ver was, het skuins na

die jagters gestaan toe die skoot afgetrek

is. Die impak van die TSX was op die skouer.

Die lewensorgane is mooi getref en die buffel

was binne enkele meters plat. Hierdie koeël is net

agter die oorkantste blad herwin en het 100% van

sy totale gewig behou. Dit het boonop bitter mooi

omgeklink. Welgedaan, Wouter!

It’s our way

of life...

Visit our stand at Huntex 2020

Stand 348, Hall 3

Official launch

of the new ES series

(082) 928 8529 • info@treezyn.co.za

Visit our online shop

WILD & JAG APRIL 2020

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!