02.11.2021 Views

Kamp is Lekker November 2021

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

toe welliswaar niemand anders as Phillip du Plessis nie!

Alhoewel dit steeds gereën het, was Phillip weer op sy

pos om die vakansiegangers aan die gang te hou…en

hy het homself beslis goed van sy taak gekwyt. Een van

die speletjies wat hulle gespeel het was NOOT VIR

NOOT. Dit was baie komies om te sien hoe die ouer

persone opvlieg en na Phillip toe hardloop as hulle een

van die ou liedjies van toeka se dae herken het. Toe “Es

‘n dapper muis” begin speel, het daar sommer ‘n hele

paar gryses-van-dae vorentoe gehardloop – die kinders

moes maar bontstaan met die paar manne wat verwoerd

vorentoe gebeur het om eerste by Phillip uit te kom…Die

man wat die prys toe wen vir “Dapper Muis”, was BAIE

opgewonde. Hy en sy vrou het later verby ons gestap

waar ons by die Koswerf gesit het…sy vroutjie het

vasberade vooruit gestap en hy agterna met ‘n groot

glimlag op sy gesig (so asof hy ‘n bak room gekry het)

en teen haar rug vasgesing…”Ek’s ‘n dapper muis”. O

jitte, ek dink sy moeilikheid was naby, want mamma was

nie baie ingenome met hom vir een of ander rede

nie…Maar ag wat – as pappa vanaand se

braaivleisvuurtjie aansteek en vir haar ietsie skink was

alles seker weer reg…Ek hoop so vir die Dapper-Muis-

Omie se part.

Die ontspanningsterrein by ATKV Natalia beskik oor ‘n

lekker groot swembad met ‘n kleiner swembadjie vir die

kleiner kinders. Die waterwurm is ook ‘n groot

aantrekking en dan geniet oud en jonk ook om die puttputt

te speel of om te kyk wie die beste skuiwe by die

reuse-skaak kan maak – skaakmat! Die springmatte hou

oud en jonk besig en die strand-volleyball hou die

kompeterende kampeerders op hulle tone. Daar is ook

‘n lokaal waar die jong klomp teen mekaar kan pool

speel. Wat ons veral geniet het, was die braaigeriewe

wat by die swembadarea is. Daar is ‘n klomp braaiplekke

langs mekaar met kuierbankies, dus kan kampeerders

sommer by die swembadarea braai of potjie maak sodat

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!