02.11.2021 Views

Kamp is Lekker November 2021

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

CAROCHALET

Ons eerste oornag stop was by Middelburg, net

anderkant Graaf-Reinet – ons wou soveel as

moontlik kilo’s agter ons sit vanaf Riversdal,

sodat ons die volgende dag rustiger die pad kon

geniet. Ons het vroegaand aangekom by

Carochalet en die dame het gesê dat ons enige

plek op die kampterrein kon staan, maar dat sy

voorstel dat ons sommer digby die

ablusiegeboudjie opslaan. Die geboudjie is toe

eintlik baie oulik – ‘n klein sitkamergedeelte, ‘n

kombuisie met opwasgeriewe, ‘n eetkamertafel

met stoele waar ons lekker kon sit en eet en dan

die badkamertjie met ‘n stort, wasbak en toilet.

Buite die klein ablusieblok is ‘n sementblad met ‘n

tuinstelletjie.

Carochalet is in die middel van die dorpie Middelburg, in die Oos-

Kaap op die N9 tussen Colesberg en Graaff-Reinet geleë. As jy

eers by die hek van die terrein inry, kan jy nie jouself indink dat jy in

die middel van ‘n dorp is nie. Daar is 6 ongemerkte staanplekke,

almal met elektrisiteit. Die gronde is goed versorg en daar is selfs

‘n swembad waar kampeerders kan gaan afkoel na ‘n lang dag se

konsentreer op die pad. Behalwe die kampterrein in daar ook ‘n

verskeidenheid van selfsorgkamers en eenhede waarin jy kan

oorbly oppad na jou bestemming. Carochalet is bekostigbaar en ons sal weer daar stop vir oornag in die toekoms.

CAROCHALET

Tel: 082 253 9911

www.carochalet.co.za

S 31° 29.580" and E 24° 59.990"

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!