02.05.2013 Views

Algemene Jaarvergadering - TopMed

Algemene Jaarvergadering - TopMed

Algemene Jaarvergadering - TopMed

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Your Health is our Top Priority

Algemene Jaarvergadering

20 Junie 2012

AGENDA

KENNISGEWING VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN

DIE TOPMED MEDIESE SKEMA

WAT OP 20 JUNIE 2012 OM 10:00 BY

DURBANVILLE GHOLFKLUB, SPORTWEG, DURBANVILLE GEHOU WORD

TELEFOON: (021) 976 8121

1. Kennisgewing van vergadering

2. Raad van Gesondheidsorgfinansiers Aanbieding

3. Verslag en voorlegging deur die Voorsitter

4. Voorstelling van Hoofbeampte

5. Goedkeuring van vorige notule

6. Sake voortspruitend uit die vorige notule

7. Aanvaarding van finansiële jaarstate

8. Aanvaarding van ouditeursverslag

9. Aanvaarding van Raadsverslag

10. Goedkeuring van die aanstelling van ouditeure

11. Goedkeuring van die aanstelling van die Geskilbeslegtingskomitee

12. Trusteehonorariums

13. Goedkeuring van verkiesing van trustees

14. Enige ander sake

Die geouditeerde finansiële jaarstate, insluitend die Trustee- en Ouditeursverslae, word aan die vergadering

voorgelê en is op aanvraag ter insae vir lede beskikbaar by die volgende kantore:

1) Johannesburg-kantoor: De Kortestraat 101, Braamfontein. Telefoon: (011) 381 2000

2) Kaapstad-kantoor: Buitengrachtstraat 116, Tussenverdieping, Merchant House, Kaapstad. Telefoon:

(021) 468 2900; en die Sanlam Instapsentrum: Sanlam-kantoor, Opleidingsentrum, Strandstraat 2,

Bellville.

3) Durban-kantoor: Canegateweg 1-3, La Lucia Ridge. Telefoon: (031) 573 4000

4) Webadres: www.topmed.co.za (beskikbaar op die veilige webwerf) of kontak Kliëntediens by

0860 00 21 58 om ’n eksemplaar aan te vra.

1. Kragtens die vereistes van die Reëls word die sake van die Skema gereël deur ’n Raad van Trustees

wat uit ses trustees bestaan, wat elk ’n termyn van drie jaar dien. Volgens die Reëls van die Skema

verstryk twee van die trustees se ampstermyn binnekort. Stembriewe is aangeheg om vir die

verkiesing van twee trustees te stem.

2. Indien u ’n saak by die Algemene Jaarvergadering wil laat bespreek, stuur dit asseblief aan die

Skema teen nie later nie as 1 Junie 2012. U kommentaar kan gefaks word na (031) 580 0455 –

Aandag: Hoofbeampte, of gepos word aan: TopMed Mediese Skema, Posbus 1462, Durban 4000.

J ROLLASON – HOOFBEAMPTE

Mei 2012

BYWONING, VERSKONINGS EN OPENING VAN VERGADERING

Trustees

Mnr J van Vuuren Voorsitter

Mnr C du Plessis Ondervoorsitter

Mnr J Burger

Mnr J Rollason

Mnr C Fourie

Mnr L la Grange

Mnr H van Riel

Hoofbeampte

Mnr L Deacon

Metropolitan Health (MH)

Me B Duffy Fondsbestuurder

Me Z Mahomed Fondsbestuurder

Me K Havemann Finansiële Bestuurder

Me A Nxumalo Fondssekretaris

Me C Smart Kaapstad-takbestuurder

Lede

22 lede – volgens bywoningsregister

1. KENNISGEWING VAN VERGADERING

Die hoofbeampte verwelkom almal by die vergadering, met ’n spesiale verwelkoming aan die

Skema se gesondheidsbestuur-administrateur (MH), verskeie derdeparty-diensverskaffers,

makelaar-maatskappye asook TopMed se Raad van Trustees. Hy verklaar die vergadering behoorlik

gekonstitueer, aangesien die vereiste kworum van 12 lede bereik is. Die hoofbeampte lees die

kennisgewing van die AJV wat aan Skemalede gestuur is.

2. HOOFBEAMPTE SE VOORLEGGING

Die hoofbeampte bring lede op hoogte van die stand van die voorstel oor Nasionale Gesondheidsversekering

(NGV), asook die huidige stand van gesondheidsorg in Suid-Afrika.

Kennis word geneem van die volgende punte:

Your Health is our Top Priority

NOTULE VAN DIE TOPMED ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OM 10:00 OP 22 JUNIE 2011

BY DURBANVILLE GHOLFKLUB, SPORTWEG, DURBANVILLE, KAAPSTAD

a. Suid-Afrika het ’n bevolking van ongeveer 49m, met ’n lae lewensverwagting van 50 jaar en

’n enorme las van siektes soos MIV, tuberkulose en malaria, asook leefstylsiektes soos hoë

bloeddruk en asma.

b. Die Suid-Afrikaanse openbare gesondheidstelsel is onderbefonds en oorlaai ten opsigte van

die bevolking wat dit moet bedien. Vir elke jaar wat die bevolking verouder, styg die Skema se

eiskoste met 2%.

c. Weens die konsolidasie van die hospitale in SA (tans drie groot groepe) is die skemas se

bedingingsvermoë aan die afneem.

d. Met die instelling van NGV sal daar ’n toename wees in die getal persone wat die dienste van privaat

verskaffers gebruik, wat oor die kort termyn beperkte kapasiteit sal meebring aangesien huidige

kapasiteit in die privaat sektor nie voldoende is om die bevolking van Suid-Afrika te bedien nie. Daar is

’n groot tekort aan spesialiste, met die gevolg dat toegang tot spesialiste al hoe moeiliker raak.

e. Volgens die belastingkredietstelsel wat vir die NGV voorgestel word, sal persone wat R330 000 of

minder verdien ’n groter belastingvoordeel kry, terwyl persone met ’n verdienste bo hierdie bedrag die

grootste deel van hul belastingvoordeel sal verloor. Dit sal meebring dat belastingsubsidie-berekenings

beduidend verander. Die verandering sal aansluit by die ondersteuning van NGV-bydraes.

f. Die howe se ongeldigverklaring van die Verwysingspryslys (RPL) het ’n groot impak op mediese

skemas – veral met die vereiste dat skemas teen koste vir Voorgeskrewe Minimum Voordele

(VMV’s) moet betaal. Voor hierdie beslissing kon skemas ’n persentasie van die Nasionale

Gesondheidsverwysingspryslys (NHRP) betaal. Kennis word geneem dat TopMed tans ’n tarief het

wat help om die nie-VMV-koste te beheer. Aangesien elke skema egter sy eie tariefstelsel het, het die

kompleksiteit vir verskaffers en administrateurs ten opsigte van die administrasie van pryslyste, ens.

geweldig toegeneem.

g. ’n Nuwe resepteringsfooi is aangekondig, wat sou meebring dat resepteringsfooie vir die Skema

met 30%-40% sou styg indien TopMed dit sou implementeer. TopMed het egter ’n Aangewese

Diensverskaffer (ADV) ingebring, soos baie ander mediese skemas in die mark. Dit beteken dat ’n

groep apteke ingestem het tot ’n sekere resepteringsfooi en ook tot ’n sekere prysstruktuur wat deur

die Skema voorgestel is. Dit sal TopMed help om sy koste laag te hou en die medisynekoste op ’n

aanvaarbare vlak te bestuur. Mnr Deacon beklemtoon dat dit baie belangrik is dat, wanneer ’n lid ’n

ADV gebruik, die lid geen bybetalings sal hê nie.

h. Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) wat onlangs ingestel is, het sekere kriteria wat bepaal hoe

skemas met lede moet kommunikeer en hoe voordele, dienste, ens. verduidelik moet word. TopMed

is tans besig om sy webwerf op te knap en die inhoud van sy ledegidse, ens. na te gaan om seker te

maak dat dit aan die WVB se vereistes sal voldoen.

i. TopMed is nie aan die marktendens blootgestel waar jong staatsamptenare hul lidmaatskap na die

staatskema GEMS verskuif omdat die regering hulle ’n subsidie van 75% aanbied nie.

j. Die getal oop skemas in die mark het tot 28 gekrimp, as gevolg van die konsolidasie van skemas.

TopMed se besluit, ná ’n kontroleringsproses, om nie ’n samesmelting met Protea Health te

onderneem nie was wys, aangesien die skema sedertdien gelikwideer is.

k. Die probleme waarmee TopMed tans te kampe het, is ’n verswakking van die ouderdoms-profiel, ’n

groter siektelas, blootstelling aan teenkeuring ten opsigte van nuwe besigheid en, vanweë sy klein

omvang, minder onderhandelingsmag. Die Skema sal selfs met die toekenning van Sanlam in die

toekoms nie selfonderhoudend kan wees as sy ledetal nie groei nie.

l. Twee van TopMed se strategieë is om die risiko binne die Skema beter te bestuur en ook om

bestendige, volhoubare groei te verkry deur jonger lede vir die Skema te werf.

3. VERSLAG EN VOORLEGGING DEUR DIE VOORSITTER

3.1 Die voorsitter skets die volgende hoogtepunte van die Skema:

a. TopMed se visie is steeds waarde vir geld – d.w.s. wat lede ontvang, moenie slegs dit wees waarvoor

hulle betaal nie, maar ook werklik waarde, langtermynstabiliteit en groei bied. Die verskaffing van

deursigtige opsies aan lede is ook belangrik.

b. Die voorsitter meld dat lede nie altyd die opsies as deursigtig beskou nie, omdat dit dikwels van

die persoon se ervaring afhang. Die Skema se strategiese doelwitte word geskets – onder meer

uitbreiding van die ledetal, verfyning van die Skema se sakemodel, en samesmeltings met ander

skemas.

c. Met verwysing van die voorlegging van die Skema se finansiële jaarstate aan die Raad, meld die

voorsitter dat TopMed vir die vyfde agtereenvolgende jaar ’n ongekwalifiseerde ouditverslag gekry

het, waarop die trustees trots is.

d. Die trustees is verbind tot die beginsels en praktyke van billikheid, openlikheid, integriteit en

rekenpligtigheid, wat ooreenkomstig die beginsels van King II toegepas word. Die trustees is tans

besig om King III na te gaan om vas te stel wat die Skema nog in werking moet stel.

3.2 Die volgende finansiële hoogtepunte word genoem:

a. TopMed se netto omvattende tekort vir 2010 was R6.4m teenoor R2.6m vir 2009, as gevolg van

hoëkoste-eise. Dit is ook toe te skryf aan van die regskoste wat met die Sanlam-saak aangegaan

is en in die vorige jaar gedebiteer is. ’n Deel van hierdie geld sal egter in die huidige finansiële

jaar teruggekry word (±R2m).

b. Die Skema se gesondheidsuitgawes het in 2010 toegeneem vergeleke met 2009.

c. Die Skema se nie-gesondheidsuitgawes was meer as R44m in 2010 (waarvan ’n groot deel

administrasiekoste was), maar meer as R3m minder as in 2009.

d. Gesondheidsuitgawes per begunstigde het toegeneem, wat ’n las op die Skema se inkomste was.

e. Die Skema se beleggings het ’n opbrengs van 10% behaal.

f. Die hoogste eis van ’n lid het R1.6m bedra.

3.3 Die Skema se staat van omvattende inkomste was soos volg:

a. Bruto gesondheidsorgresultaat: surplus van R24m

b. Netto gesondheidsorgresultaat (bruto minus admin): tekort van R20m in 2010 teenoor R17m

in 2009 (voor rente van R12m uit beleggingsinkomste)

c. Netto tekort vir die jaar: R8m

d. Ander omvattende inkomste: R1.9m

e. Totale omvattende tekort vir die jaar: R6m

3.4 Die Skema het ’n groot deel van sy geld aan hospitale (51%), medisyne (14%) en dokters (26%) bestee.

Die volgende belangrike Skemasyfers word verskaf:

a. Getal hooflede teen 31 Desember 2010: 11 226 (twee groot groepe is verloor, Hudaco en Pam

Golding)

b. Gemiddelde getal lede vir die tydperk: 11 381

c. Gemiddelde ouderdom van begunstigdes: 39.01

d. Pensioenarisverhouding (begunstigdes ›65 jaar): 14.9%

e. Begunstigdes per lid: 2.13

f. Solvensieverhouding: 34.1%

3.5 Die voorsitter bevestig die volgende risiko-oordragreëlings vir 2010, wat verseker het dat Skemalede

die beste moontlike sorg ontvang het.

• CareCross: vir lede van die Netwerk-opsie

• ER24: ambulansdiensverskaffer

• PPN: verskaffers van optiese voordele vir lede van die TopMed Tradisionele Opsie

Bestuurdesorg-dienste is verskaf deur:

• MMSA: Verskaffers van bestuurdesorg- en administrasiedienste

• Your Life: MIV-bestuur (vir lede van TopMed wat nie op die Netwerk-opsie is nie)

3.6 Die voorsitter rapporteer dat die Beleggingskomitee hul langtermynstrategie voortsit om

opbrengste teen aanvaarbare risikovlakke te maksimeer. Hy noem ook dat dit voor die ontvangs van die

Sanlam-toekenning vir die Skema moeilik was om ’n langtermynsiening ten opsigte van beleggings te

handhaaf, weens die likiditeitsvereistes wat die Skema verplig om seker te maak dat daar genoeg geld in

die bank is om die eise te betaal. Hy meld dat die Skema ondanks markonbestendigheid ’n opbrengs van

10% behaal het en bevestig dat acsis TopMed se beleggingsbestuurders bly.

Die Beleggingskomitee se strategie word geskets. Dit bestaan uit die volgende drie verskillende

mandate: likiditeit, vaste inkomste en reële groei. Die verskaffers is acsis (voorheen Medscheme Asset

Management), Sanlam Beleggings, Prescient, Stanlib en Huysamer Capital, wat verseker dat die Skema die

beste opbrengs op sy beleggings kry.

Addisionele kontant van R15m (R9.7m in reserwes, en die res gehou in kontant om eise te betaal) is

ontvang uit die samesmelting met Bepmeds (Built Environment Professional Associations Medical

Scheme). Danksy hierdie samesmelting het die Skema se ouderdomsprofiel verbeter.

3.7 R458 483 682 is op 21 Januarie 2011 uit die Sanlam-arbitrasietoekenning ontvang. Die voorsitter

meld dat hy briewe ontvang het waarin gevra word hoekom die Skema slegs R458m ontvang het terwyl

dit wyd in die pers verkondig is dat ’n bedrag van R600m deur Sanlam betaal is. Hy verduidelik dat die eis

teen Sanlam ’n gesamentlike eis van TopMed en Selfmed was en dat TopMed se deel van die eis R458m

was, rente ingesluit.

Die voorsitter noem dat die saak teen Sanlam ’n lang, uitgerekte proses was aangesien Sanlam

geappelleer het teen al die beslissings wat ten gunste van TopMed gegee is, met die gevolg dat die Skema

addisionele regskoste aangegaan het. Hy meld dat die aanvanklike eis nie ’n gespesifiseerde bedrag

was nie, en dat die toekenningsbedrag met die hulp van ’n eksterne aktuaris bereken is. Die voorsitter

spreek sy dank en waardering uit vir die rol wat mnre Van Riel en Du Plessis gespeel het om oor die

arbitrasieproses toesig te hou en ’n suksesvolle finale uitkoms vir die Skema te verseker.

Aangesien die Skema se solvensie meer as 170% is, kan die Skema nou langtermynbeleggings aangaan,

wat die Skema se reserwes sal baat en ook in lede se belang is. Die voorsitter noem dat, selfs as TopMed

in 2011 ’n verlies sou ly, die verliese deur die addisionele beleggingsinkomste gedek sou word en nie uit

die reserwes geneem sou word nie, aangesien die reserwes moet groei om die Skema se volhoubaarheid

oor die lang termyn te verseker.

3.8 Die voorsitter meld ook die volgende hoofpunte:

a. Die voorsitter lees briewe waarin voorgestel word dat ’n groter deel van die Sanlamtoekenningsbedrag

aangewend word ten gunste van lede wat al langer in die Skema is, omdat

hulle die meeste gely het as gevolg van Sanlam se aksie op daardie tydstip. Die voorsitter meld

dat die Skema binne die riglyne van die Wet op Mediese Skemas optree, wat nie toelaat dat sulke

geld aan lede betaal word nie. Hy noem dat die toekenningsbedrag in ’n reserwerekening geplaas

is terwyl die trustees al die opsies tot hul beskikking evalueer – onder meer of sekere voordele

vir lede verhoog moet word. Hy meld dat die korrekte strukturering van lidopsies sal verseker dat

lede wat sekere voordele nodig het daardie voordele ontvang, en dat die opsie om aan lede ’n

bydraevakansie te gee, uitgesluit is.

. Die geld wat van Sanlam ontvang is, sal nie bestee word aan televisiereklame, deur rugbyspanne

en programme op TV te borg soos die neiging is nie, maar eerder op die verbetering van

voordele vir lede en die voortsetting van bydraesubsidies toegespits word.

c. Die voorsitter rapporteer dat die trustees hul besluit om vanaf 1 Januarie 2011 slegs Clicks

Directmedicines as ADV te gebruik, hersien het as gevolg van verskeie diensprobleme wat deur

lede ondervind is. Hy maak namens die Raad verskoning teenoor lede vir die ongerief wat hulle

moes ly en meld dat ’n alternatiewe plan ondersoek word. Die voorsitter kondig aan dat lede

vanaf 1 Augustus 2011 toegang tot ’n ADV-netwerk van ongeveer 850 apteke sal hê vir hul chroniese

medisyne. Dit sluit die groot kleinhandelsapteke soos Dischem, Pick n Pay, Medi-Rite en

Clicks Retail in. Hy beklemtoon dat Clicks Directmedicines en Clicks Retail afsonderlike entiteite

is – iets waarvan die trustees nie bewus was toe daar besluit is om Clicks Directmedicines as

ADV te gebruik nie. Die voorsitter noem dat lede ’n keuse van koerier-apteke sal hê, insluitend

Pharmacy Direct, Medipost, Clicks Directmedicines en Chronic Medicine Dispensary. Hy

beklemtoon dat lede wat nie ’n apteek binne die netwerk wil gebruik nie, toegelaat sal word om

’n ander apteek te gebruik, maar dat hulle ’n ekstra heffing van 30% sal moet betaal. Lede word

versoek om die Skema in kennis te stel as hulle ’n apteek het wat hulle by die lys wil voeg, indien

daar nie ’n aangewese apteek naby hulle is nie. Die voorsitter moedig lede wat addisionele fooie

betaal het weens probleme wat met Clicks Directmedicines ondervind is, aan om die Skema te

kontak, sodat pogings aangewend kan word om hulle terug te betaal. Spesiale melding word gemaak

van die probleme wat deur Lesotho-lede ondervind is. Die voorsitter meld dat die trustees

tans die Lesotho-situasie hersien om seker te maak dat die infrastruktuur in plek is sodat lede in

Lesotho die diens kan kry wat hulle verdien. Hy voeg by dat dit nie ’n TopMed-infrastruktuur sal

wees nie, maar sal bestaan uit dokters, apteke en hospitale wat lede sal bedien.

d. Die voorsitter sluit sy voorlegging af deur te noem dat die trustees alle groeigeleenthede

waarby die Skema kan baat vind, sal ondersoek en steeds sal poog om nie-gesondheidsorgkoste

te verlaag. Hy noem dat die nuwe TopMed die potensiaal het om ’n beduidende krag in die SA

privaat gesondheidsorgmark te wees en moedig alle lede aan om eienaarskap van die Skema te

aanvaar deur minstens een persoon van jonger as 40 te oorreed om by die Skema aan te sluit.

Kennis word geneem van die volgende kommentaar van lede:

a. Mnr Du Preez vra of Durbell op die ADV-lys is en dit word bevestig. Hy raai lede aan om eerder

nuwe voorskrifte vir chroniese medisyne by hul dokter te kry as om voorheen uitgereikte

voorskrifte by Clicks Directmedicines te probeer kry. Mnr Du Preez meen dat dit lank sal duur

voordat die NGV in Suid-Afrika ingestel sal word, en dat lede hul dus nie nou daaroor hoef te

bekommer nie. Met verwysing na patologie noem hy sy frustrasie om die Kontaksentrum elke

maand te moet skakel omdat patoloë nie die regte ICD 10-kodes gebruik op eise wat vir betaling

ingedien word nie. Mnr Du Preez vra dat TopMed met die patoloë begin skakel en die probleem

eens en vir altyd oplos.

b. Me Hau-Yoon bedank die voorsitter vir sy integriteit in die hantering van TopMed se saak teen

Sanlam en spreek die mening uit dat Sanlam ’n apologie aan die Skema verskuldig is. Sy vra of ’n

amptelike apologie van Sanlam ontvang is. Sy meld dat sy ten gunste is daarvan dat die Skema

se pensioenaris-lede beloon word vir hul ondersteuning van en lojaliteit teenoor die Skema op

’n tydstip toe baie lede bedank het. Me Hau-Yoon stel voor dat die surplusfondse vanaf Sanlam

gebruik word om nuwe, jonger lede te werf deur hulle goeie voordele teen bekostigbare premies

aan te bied. Die voorsitter antwoord dat Sanlam nog nie ’n apologie aan die Skema gestuur

het nie en dat die trustees voortdurend poog om aan sy lede voordele te verskaf wat waarde vir

geld bied. Hy noem ook dat die Raad nie sy verbintenis met Sanlam wil verbreek nie, aangesien

die meeste van hul werknemers lid van die Skema is.

c. ’n Lid vra of die Skema se litigasiekoste teen Sanlam terugbetaal is. Mnr Deacon meld dat die

Skema hul rekening vir ’n terugbetaling ingedien het, maar dat Sanlam beswaar aangeteken het

teen sekere items op die rekening, met die gevolg dat die regsverteenwoordigers in gesprek is

om die saak op te los. Hy noem dat ’n ooreengekome skikking oor die totale bedrag wat deur

TopMed geëis is, teen einde Junie 2011 aangegaan sou word. Mnr Du Plessis lig die aanwesiges

in dat van die regskoste vir vorige litigasiefases reeds deur TopMed gedek is, en dat daar

nou ±R2m uitstaande is. Die lid vra voorts hoe die trustees beoog om die toekenningsbedrag

te bestee. Die voorsitter meld dat die Beleggingskomitee die geld sal bestuur – wat tans in

die Skema se totale portefeulje is, in reserwes wat belê word om aan die Skema die beste

inkomste en kapitaalwins te gee – en sal verseker dat die likiditeits¬vereistes ook in plek is.

Mnr Fourie (voorsitter van die Beleggingskomitee) meld dat die komitee die Skema se fondse

met omsigtigheid bestuur en beklemtoon dat die Wet op Mediese Skemas verhoed dat die

trustees die fondse aan sekere lede uitkeer. Hy voeg by dat die trustees verplig is om die Skema

te bestuur op ’n wyse wat al die lede bevoordeel. Hy meld ook dat die Skema in ’n goeie posisie

verkeer om aan lede mededingende tariewe te bied, wat die trustees reeds gedoen het deur nie

hul premies te verhoog in ooreenstemming met voordele wat deur die reserwes gesubsidieer

word nie, in afwagting van die Sanlam-toekenning. Mnr Fourie wys op die feit dat TopMed een

van die min skemas is wat nog tandheelkunde¬voordele uit die risikoportefeulje – en nie die

spaarfonds nie – aan sy lede bied. Hy voeg by dat dit die laaste geleentheid vir die Skema sal

wees om sy ledetal uit te brei, deur die geld met oorleg te bestuur en voordele te bied wat sy

huidige lede sal behou en ook nuwes sal lok.

d. Mnr Du Plessis verduidelik dat die Skema ’n kleiner bedrag ontvang het as wat in die media

verwag is, omdat die regters slegs rente vanaf die datum van die dagvaarding toegestaan het,

wat ’n beduidende impak op die totale toekenningsbedrag het. Hy noem ook dat die Skema nie

appèl aangeteken het nie, as gevolg van ’n besluit deur die twee partye om nie teen die finale

toekenningsbedrag te appelleer nie. Mnr Burger voeg by dat die wet bepaal dat ’n enkelvoudige

rentekoers van 15.5% gebruik moet word om die koers te bereken, en nie saamgestelde rente

nie. Me Hau-Yoon vra wat die basisbedrag was wat aan Sanlam geleen is en mnr Du Plessis

noem dat dit ±R240m was. Die voorsitter vra of die lede tevrede is om die hoofstuk oor die

arbitrasiesaak teen Sanlam af te sluit en dat die saak nie weer geopper word nie. Die lede gaan

hiermee akkoord.

e. Mev Gordon versoek die trustees om lede toe te laat om hul aangewese apteke te gebruik,

omdat dit vir hulle voordelig is om van die dienste van plaaslike apteke gebruik te maak. Me

Duffy word versoek om vas te stel of mev Gordon se apteek op die netwerklys is, en indien nie,

dit daarby te probeer voeg. Mnr Fourie noem dat dit vir die Skema belangrik is om ADV’s te hê,

omdat hulle help om die Skema se koste te beheer. Hy meld dat die Skema se besluit om Clicks

Directmedicines te gebruik TopMed meer as ±R2m gespaar het. Hy meld dat die Skema nou sal

probeer om soveel apteke as moontlik by sy netwerk te voeg. Mev Gordon vra ook of daar ’n

bron is wat lede kan gebruik om vas te stel watter lede nie vergoed sal word nie, voordat hulle

vir die dienste betaal. Me Duffy sal dit ondersoek en aan mev Gordon terugvoer gee.

f. ’n Lid noem dat Discovery Mediese Skema verskeie voordele aan sy lede bied, soos afslag op

vliegkaartjies, ens. en dat die Skema mededingend moet wees in hierdie verband. Mnr Knox

meld dat TopMed-lede op sekere opsies kwalifiseer om by Multiply – ’n beloningsprogram wat

soortgelyk is aan Discovery se Vitality – aan te sluit en skets van die voordele wat Multiply bied.

Mnr Knox versoek die lede om hul makelaars te vra om hulle in te lig oor hoe hulle toegang tot

hierdie voordele kan kry. Hy voeg by dat hy as ’n makelaar kan bevestig dat dit baie moeilik is

om jong lede na ’n mediese skema te lok.

g. Met verwysing na die Skema se samesmelting met Bepmeds, vra me Hau-Yoon of dit gedoen is

in afwagting dat die arbitrasie-toekenningsbedrag van Sanlam ontvang sou word. Die voorsitter

antwoord dat die samesmelting nog 2 000 lede van die verlangde ouderdomsprofiel by die

Skema gevoeg het, en dat die meeste van Bepmeds se lede jong, gesonde professionele persone

met beroepe in die beboude omgewing is. Hy meld dat daar ±30 000 lede in professionele

verenigings in die beboude omgewing is wat moontlik by die Skema kan aansluit, en dat TopMed

sy bemarking op hierdie groep sal toespits. Die voorsitter noem dat samesmeltingsgesprekke met

Bepmeds ses maande voordat die toekenningsbedrag ontvang is, begin het. Die samesmelting is

dus deeglik ondersoek en deurdink voordat dit plaasgevind het. Hy beklemtoon dat die Skema

baat gevind het by die byvoeging van die 2 000 lede, asook die reserwes van R9.7m wat die

Skema bygekry het.

h. ’n Lid vra of daar ’n plek is waarheen lede kan gaan om persoonlik met Skema-verteenwoordigers

in Kaapstad te gesels, omdat dit soms moeilik is om navrae oor die telefoon op te los. Die

voorsitter antwoord dat die Skema onlangs ’n kantoor in Bella Rosa in Durban Road, Bellville

betrek het, en dat MH se kantoor in Pinelands is. Hy noem dat lede ook na Sanlam se

hoofkantoor kan gaan, aangesien die Skema daar ook ’n instapkantoor het.

i. Me Hau-Yoon vra dat alle kommunikasie aan lede gedateer word, aangesien lede onlangs

kommunikasie sonder datum ontvang het. Verder versoek sy dat die Skema nie glanspapier

gebruik of in kleur druk nie, as deel van ’n kostebesnoeiingspoging.

j. ’n Lid meld dat dit vir hom moeilik is om die state te verstaan wat aan hom gestuur word. Die

voorsitter versoek dat ’n verduideliking buite die vergadering aan die lid gegee word.

4. GOEDKEURING VAN VORIGE NOTULE

Die notule van die AJV wat op 21 Julie 2010 gehou is, word eenparig aanvaar as ’n getroue en juiste

weergawe van die vergadering.

Voorgestel deur mnr Du Preez.

Gesekondeer deur mnr Van Riel.

Kennis word geneem dat paragraaf 6 en 7 in die Afrikaanse notule gedupliseer is, maar dat die

amptelike notule van die AJV korrek is.

5. SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE VORIGE NOTULE

Verslag oor aanvullende medisyne: mnr Deacon rapporteer dat dit die enigste kwessie van die 2010 AJV

is wat nog nie aangepak is nie, omdat nie alle aanvullende praktisyns geregistreer is nie. Hy noem dat

die Bemarkingskomitee sal voortgaan om die situasie te monitor.

6. ADOPTION OF ANNUAL FINANCIAL STATEMENTS

Die voorsitter vra dat die finansiële jaarstate goedgekeur en as ’n billike weergawe aanvaar word. ’n Lid

vra vir ’n verduideliking van die spaarplan wat elke jaar aan lede voorgeskiet word. Me Duffy antwoord

dat dit bedrae is wat vooruit aan lede van die TopMed Aansporingspaar- en TopMed Omvattende

Aansporingsopsies beskikbaar is om vir buitehospitaal-voordele uit hul mediese spaarrekening te

betaal.

Voorgestel deur mnr Neethling.

Gesekondeer deur mnr Burger.

Alle aanwesiges keur dit goed.

7. AANVAARDING VAN OUDITEURSVERSLAG

Die voorsitter vra dat die Ouditeursverslag aanvaar word.

Voorgestel deur me Hau-Yoon.

Gesekondeer deur mnr Du Plessis.

Dit word eenparig goedgekeur.

8. AANVAARDING VAN RAADSVERSLAG

Die voorsitter vra dat die Raadsverslag aanvaar word.

Voorgestel deur mnr Gordon.

Gesekondeer deur mnr Du Preez.

Die Raadsverslag word behoorlik aanvaar

9. GOEDKEURING VAN DIE AANSTELLING VAN OUDITEURE

Die voorsitter meld dat die Skema se Ouditkomitee versoek het dat die trustees steeds van Deloitte &

Touché gebruik maak, en dat dit goedgekeur is. Geen beswaar word deur lede geopper oor die heraanstelling

van die ouditeure nie.

10. GOEDKEURING VAN DIE AANSTELLING VAN DIE GESKILBESLEGTINGSKOMITEE

Die voorsitter rapporteer dat ’n Geskilbeslegtingskomitee, bestaande uit 3 persone wat nie lede van

die Raad is nie, ingevolge die Reëls van die Skema jaarliks gekies moet word. Hy meld dat die komitee

uit mnr P Jonker, dr Q Jacobs en mnr H Kriel bestaan, wat slegs betaal word indien hulle vergader. Hy

meld ook dat die Skema reeds verskeie jare geen geskil gehad het nie.

Die lede keur hul aanstelling goed.

11. TRUSTEEHONORARIUMS

Mnr Deacon noem dat hy by die vorige AJV na die Malabu-opname oor trusteevergoeding verwys het,

wat ’n oorsig gee van die tariewe wat aan trustees van mediese skemas betaal word. Die lede het toe

’n verhoging van 50% in trusteetariewe goedgekeur, maar dit is deur die trustees afgewys. Hulle het

ingestem tot ’n tariefverhoging van 10%. Mnr Deacon gee kortliks weer vir lede ’n oorsig van wat by

die vorige AJV voorgelê is. Ten slotte word die volgende nuwe maandelikse tariewe deur mnr Du Preez

voorgestel:

R14 190 – voorsitter

R 9 151 – trustees

Die lede verleen goedkeuring aan die nuwe trusteevergoeding met ingang van 1 Julie 2011.

12. GOEDKEURING VAN VERKIESING VAN TRUSTEES

Die voorsitter meld dat mnre La Grange en Burger se trusteetermyn verstryk het, wat vereis dat die

Skema ’n verkiesingsproses volg. Dit het begin met ’n nominasieproses waarin 8 persone genomineer

is. Hy meld dat hy en ander trustees die afgelope week oproepe ontvang het waarin verskeie bewerings

oor die nominasie- en verkiesingsproses gemaak is, wat die trustees tot die gevolgtrekking laat

kom het dat die nominasie- en verkiesingsproses moontlik nie behoorlik uitgevoer is nie. Die Raad het

getuienis ingesamel met betrekking tot die bewerings wat gemaak is en op grond hiervan besluit om

die nominasie- en verkiesingsproses vir 2011 op te skort, sodat die geldigheid van die bewerings ten

volle ondersoek kan word.

Die voorsitter verklaar dat ’n onafhanklike ondersoekkomitee op die been gebring sal word, met die

opdrag om bogemelde bewerings te ondersoek en die Raad oor hul gevolgtrekking in te lig. Hy meld

dat ’n nuwe proses ingevolge die Skemareëls gekommunikeer sal word sodra die verslag van die

ondersoekkomitee ontvang is. Die voorsitter vra lede en die genomineerdes om verskoning vir wat

gebeur het, maar meld dat die trustees nie gemaklik voel om nuwe Raadslede aan te kondig nadat

sulke bewerings gemaak is nie.

Me Hau-Yoon versoek dat die genomineerdes aan die lede voorgestel word. Mnre Burger, La Grange

en Neethling stel hulself voor aan die aanwesiges. Me Hau-Yoon vra ook of die probleem met die

genomineerdes of die proses ondervind is, en die voorsitter antwoord dat die trustees nie met die

proses tevrede is nie.

Mnr Knox teken beswaar aan dat die proses nietig verklaar word, aangesien paragraaf 31.1 en 31.2

van die Skemareëls bepaal dat ’n nominasie wat nie aan hierdie bepalings voldoen nie, ongeldig is.

Aangesien daar nominasies was wat korrek gedoen is en stembriewe ontvang is, vra hy of nominasies

wat nie voldoen nie ongeldig verklaar en verwyder sal word, maar of nominasies wat behoorlik

gedoen is, alhoewel dit vertraag is, nog geldig sal wees.

Die voorsitter meld dat hy nie hierdie vrae kan beantwoord nie, omdat die ondersoekkomitee hul

mening moet gee voordat enige gevolgtrekkings deur die trustees gemaak word.

Mnr Knox versoek ’n tydraamwerk waarbinne die trustees die lede oor die uitkoms van hul

ondersoekkomitee moet inlig en stel voor dat lede teen 28 Julie 2011 oor die uitslag van die

ondersoek ingelig word. Mnr Du Preez sekondeer die voorstel.

’n Lid beklemtoon dat die trustees moet seker maak onafhanklike ondersoekers aangestel word om

die ondersoek te doen. Die voorsitter gaan hiermee akkoord en meld dat hulle voor die einde van die

dag aangestel sal word.

13. ENIGE ANDER SAKE

Me Hau-Yoon bedank die voorsitter vir die professionele wyse waarop hy die AJV hanteer het en lede

laat blyk hul ondersteuning hiervan deur applous te gee.

Aangesien daar geen verdere sake vir bespreking is nie, bedank die voorsitter almal vir hul teenwoordigheid en

sluit die AJV af om 12:36.

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES

Die Raad van Trustees bied hiermee sy verslag vir die jaar geëindig 31 Desember 2011 aan.

Registrasienommer: 1422

1. BESTUUR

1.1 Raad van Trustees dienende gedurende die verslagjaar

Trustees: 1 Januarie – 31 Desember 2011

Jerry van Vuuren (Chairman) Lidtrustee *

Callie du Plessis (Vice Chairman) Lidtrustee *

Jan Burger Lidtrustee Gekoöpteer van 1 Julie tot 31 Desember 2011

Cobus Fourie Lidtrustee *

Phil Gallie Lidtrustee Op 1 Augustus 2011 verkies

Johan Kemp Lidtrustee Op 1 Augustus 2011 verkies

Lodewyk la Grange Lidtrustee Gekoöpteer van 1 Julie tot 31 Desember 2011

John Rollason Gekoöpteerde trustee Op 1 Januarie 2011 aangestel en het op

23 Junie 2011 bedank

Hendrik van Riel Lidtrustee

Roelof van Tonder Gekoöpteerde trustee Op 1 Januarie 2011 aangestel en het op

31 Desember 2011 bedank

* Op 24 Junie 2009 herkies vir 3 jaar.

1.2 Hoofbeampte

1 Januarie tot 23 Junie 2011

Len Deacon

Oaklaan 7 Posbus 1383

Kenridge Sanlamhof

Wes-Kaap

7550

7532

Vanaf 23 Junie 2011

John Rollason

Bella Rosa Village Posbus 283

Durbanweg 21C Bellville

Rosendal

Bellville

7530

7535

1.3 Geregistreerde Kantooradres en Posadres

p.a Momentum Medical Scheme Administrators (Pty) Ltd

Canegateweg 1 - 3 Posbus1462

La Lucia Durban

4019 4000

1.4 Mediese Skema-administrateur gedurende die jaar

Momentum Medical Scheme Administrators (Edms) Bpk

Canegateweg 1 - 3 Posbus 1462

La Lucia Durban

4019 4000

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

1.5 Konsultante en Aktuarisse

Momentum Group Health Actuarial

Weslaan 268 Posbus 7400

Centurion Centurion

0157 0046

1.6 Onafhanklike Ouditeure

Deloitte & Touche

Deloiite Place

Pencarrow-singel 2

Pencarrow Park Posbus 243

La Lucia Ridge Durban

4051 4000

1.7 Beherende Beleggingsbestuurder

acsis Beperk

Cullinan Place

Cullinan Close 2 Posbus 650140

Morningside Benmore Gardens

2010 2010

1.8 Hoofbankier

Standard Bank van Suid-Afrika Beperk

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

2. BESKRYWING VAN DIE MEDIESE SKEMA

2.1 Registrasievoorwaardes

Die Topmed Mediese Skema is ’n mediese skema sonder winsbejag en met onbeperkte lidmaatskap, geregistreer

kragtens die Wet op Mediese Skemas 131 van 1998, soos gewysig.

2.2 Voordeelopsies binne Topmed Mediese Skema

Die Skema bied 5 opsies aan werkgewers en lede van die publiek, binne ’n aantal verskillende voordeelstrukture

wat gemeenskaplike voordele sowel as mediese spaarvoordele insluit. Die 5 opsies wat teen die jaareinde

aangebied is, is die volgende:

Tradisionele voordeelopsies Nuwegenerasie-voordeelopsies

Topmed Tradisionele Opsie Topmed Aansporingspaarplans

Topmed Netwerkopsie Topmed Omvattende Aansporingsopsie

Topmed Hospitaalplan

2.3 Spaarplan

Die trustees het die mediese spaarrekening beskikbaar gestel om voorsiening te maak vir buitehospitaalvoordele

en as ’n fasiliteit vir lede om fondse opsy te sit vir toekomstige gesondheidsorgkoste wat nie deur die

voordeelopsies gedek word nie.

Lede wat aan die Topmed Aansporingspaarplan en Topmed Omvattende Aansporingsopsie behoort, betaal ’n

ooreengekome bedrag, tot ’n maksimum van 15% (2010: 15%) van hul bruto bydraes, in ’n spaarrekening om

die lidgedeelte van gesondheidsorgkoste te help befonds.

Onbestede spaarbedrae word opgehoop as ’n langtermynvoordeel vir die lid. Geen rente vir die tydperk word

op spaarsaldo’s betaal of gehef nie.

Die verpligting teenoor lede ten opsigte van die spaarplan word in die finansiële state as ’n bedryfslas aangedui,

wat kragtens Regulasie 10 van die Wet op Mediese Skemas (“die Wet”).

Ooreenkomstig die reëls van die mediese skema dra die Skema die risiko met betrekking tot die nie-verhaling

van oortrokke spaarsaldo’s wat aan lede voorgeskiet is.

2.4 Risiko-oordragreëlings

Vir die verslagtydperk het die Skema die volgende risiko-oordragreëlings aangegaan, waarvan nader besonderhede

in Aantekening 12 by die volledige finansiële jaarstate verstrek word:

- CareCross Health (Edms) Bpk

- HIV Managed Care Solutions (Edms) Bpk

- Preferred Provider Negotiators (Edms) Bpk

- ER24 EMS (Edms) Bpk

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

3. BELEGGINGSTRATEGIE VAN DIE MEDIESE SKEMA

Die Skema se langtermyn-beleggingsdoelwit is om teen aanvaarbare risikovlakke die opbrengs op sy beleggings

te maksimeer. ’n Toegewyde batebestuurder ondersteun die Beleggingskomitee met die mandaat wat deur die

Raad aan hulle gedelegeer is, om die volgende vereistes te balanseer:

- Die Skema moet te alle tye finansieel gesond en solvent bly.

- Die Skema moet genoeg likiditeit handhaaf om betalings te dek soos en wanneer verskuldig.

- Die Skema moet vir waarskynlike eiseondervinding bo inflasie oor die lang termyn voorsiening maak.- Die

Skema moet aan regulatoriese beleggingsvereistes voldoen.

In 2011 het die Skema in verskeie kort-, medium- en langertermyn-instrumente belê om hierdie vereistes

te optimeer. Met inagneming van die Skema se huidige risikoprofiel is die algehele portefeulje egter nog

steeds omsigtig saamgestel, met die grootste deel van die portefeulje in korttermyn-instrumente. Die

beleggingstrategie is as gevolg van die groot kontantinvloei hersien.

’n Gemiddelde netto beleggingsopbrengs (insluitend ongerealiseerde wins of verliese) van 11.8% (2010: 10.0%)

is gedurende 2011 behaal.

Die beleggingsbeleid word jaarliks hersien, met inagneming van die beleggingsdoelwitte, die risiko

en opbrengste van beskikbare of toelaatbare instrumente, die surplusfondse wat beskikbaar is en die

likiditeitsbeperkings oor die kort termyn. Sien Aantekening 3, 5 en 6 van die volledige finansiële jaarstate vir

nader besonderhede oor die Skema se beleggings.

4. BESTUUR VAN VERSEKERINGSRISIKO

Die vernaamste versekeringsaktiwiteit van die Skema aanvaar die risiko van die verlies van lede en hul

afhanklikes wat regstreeks aan die risiko blootgestel is. Hierdie risiko het betrekking op die gesondheid van

Skemalede. As sodanig is die Skema aan die onsekerheid rondom die tydsberekening en ernstigheidsgraad van

eise ingevolge die kontrak blootgestel.

Die Skema bestuur sy versekeringsrisiko deur voordeelperke en subperke, goedkeuringsprosedures vir

transaksies waarby prysriglyne betrokke is, asook voorafmagtiging en gevallebestuur, profielbepaling van

diensverskaffers, gesentraliseerde bestuur van risiko-oordragreëlings en die monitering van kwessies wat

opduik. Die Skema het die buigsaamheid om voordele en pryse jaarliks of soos nodig te hersien.

Die Skema gebruik verskeie metodes om versekeringsrisikoblootstellings te beoordeel en te monitor – ten

opsigte van beide individuele tipes versekerde risiko en algemene risiko’s. Hierdie metodes sluit interne

risikobestuursmodelle, sensitiwiteitsontledings en scenario-ontledings in. Die waarskynlikheidsteorie word

op prysbepaling en voorsiening vir ’n portefeulje versekeringskontrakte toegepas. Die grootste risiko is dat die

frekwensie en omvang van eise groter is as wat verwag is.

Versekeringsgebeurtenisse is toevallig van aard, en die werklike getal en omvang van gebeurtenisse gedurende

enige jaar kan verskil van die ramings wat met behulp van statistiese tegnieke gedoen word. Daar was geen

veranderings aan aannames wat gebruik word om versekeringsbates en -laste te bepaal, wat ’n wesenlike

uitwerking op die finansiële state het nie, en daar is geen bepalings en voorwaardes van versekeringskontrakte

wat ‘n wesenlike uitwerking op die bedrag, tydsberekening en onsekerheid van die Skema se kontantvloei het

nie.

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

5. OORSIG VAN BEDRYWIGHEDE GEDURENDE DIE REKENINGKUNDIGE TYDPERK

5.1 Bedryfstatistieke

Sien Item 5.1 op bladsy 10 vir ’n vergelykende ontleding van die bedryfstatistieke van die Skema.

5.2 Resultate van werksaamhede

Soos uiteengesit in die finansiële jaarstate, het die Skema ’n netto surplus van R474,959,286 (2010: tekort van

R8,335,870) vir die jaar gegenereer. Die Skema se totale omvattende inkomste vir die jaar is R475,101,755

(2010: R6,408,693). Dit sluit ongerealiseerde wins vir die jaar tot dusver in op beleggings wat beskikbaar is vir

verkoop. Die hoofrede vir die Skema se hoër as verwagte werklike surplus is die geregtelike toekenning en die

verhaling van regskoste in 2011 (sien Item 9).

Voor inagneming van die beleggingsinkomste, het die Skema ’n netto gesondheidsorgtekort van R28,364,423

(2010: R20,066,756) getoon Hierdie toename is toeskryfbaar aan die hoë gemiddelde begunstigde-ouderdom in

die skema en die toename in hoëkoste-gevalle wat die Skema in 2011 ondervind het.

Die Skema het sy getal lede tot 12 436 uitgebrei soos op 31 Desember 2011 (2010: 11 226). Die Raad het die

behoefte geïdentifiseer om die Skema uit te brei ten einde volhoubaarheid oor die lang termyn te verseker. Die

samesmelting met die Built Environment Professional Associations’ Medical Scheme in 2011 het gehelp om

hierdie doelwit te bereik. Die Raad sal steeds verdere samesmeltingsgeleenthede in 2012 ondersoek om die

ledetal en die Skema se profiel verder te verhoog. Hierbenewens sal die Raad die Skema se ledetal uitbrei deur

mededingende opsies aan huidige sowel as potensiële lede te bied.

Die Skema sal nog steeds geleenthede soek om gesondheidsorg- en nie-gesondheidsorgkoste te verlaag. Die

Skema se solvensieverhouding soos op 31 Desember 2011 is 169.2% (2010: 34.1%). Dit is hoër as die minimum

vereiste van 25% soos bepaal deur die Wet op Mediese Skemas. Die Skema het dus sterk reserwes en behoort

vir die 2012-voordeeljaar steeds hoë gehalte gesondheidsorgvoordele aan lede te verskaf.

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

5.3 Verhouding van opgehoopte fondse

2011 2010

Die verhouding van opgehoopte fondse word op die volgende grondslag

bereken:

R R

Totale ledefondse per staat van finansiële posisie

Kumulatiewe wins op hermeting volgens billike waarde van

590,724,859 105,946,655

finansiële instrumente (sien item 5.3.1) (19,554,500) (5,622,708)

Opgehoopte fondse volgens Regulasie 29 van die Wet 571,170,359 100,323,947

Bruto bydraes (sien Aantekening 10 van die volledige FJS) 337,553,405 294,331,504

Verhouding van opgehoopte fondse (Opgehoopte fondse / Bruto bydraes

x 100%)

169.2% 34.1%

Getal lede op 31 Desember (sien Item 5.1 & Aantekening 28 van die

volledige finansiële jaarstate) 12,436 11,226

5.3.1 Kumulatiewe wins op hermeting na billike waarde van finansiële instrumente

Hierdie bedrag is saamgestel uit die volgende:

Beleggings gehou teen billike waarde deur wins en verlies * 16,163,500 2,374,177

Beskikbaar-vir-verkoop-beleggings 3,391,000 3,248,531

Totaal 19,554,500 5,622,708

* Hierdie bedrag is saamgestel uit die volgende:

Beginsaldo van kumulatiewe ongerealiseerde wins op beleggings teen

billike waarde gehou

Netto ongerealiseerde wins op beleggings teen billike waarde gehou vir

die jaar

Eindsaldo van kumulatiewe ongerealiseerde wins op beleggings teen

billike waarde gehou

2,374,177 1,295,858

13,789,323 1,078,319

16,163,500 2,374,177

Die R13,789,323 (2010: R1,078,319) is by die beleggingsinkomstesyfer van R45,387,590 (2010: R12,240,376)

ingesluit in die staat van omvattende inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 2011. Die R3,391,000 is die saldo,

op 31 Desember 2011, van die beskikbaar-vir-verkoop-reserwe in die staat van veranderings in fondse en reserwes

(2010: R3,248,531). Die kumulatiewe beweging in die beskikbaar-vir-verkoop-beleggings word slegs as dit ’n netto

wins is, uit die totale ledefondse verwyder.

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

5.4 Reserwerekenings

Bewegings in die reserwes word in die staat van veranderings in fondse en reserwes uiteengesit. Daar was geen

buitengewone bewegings wat na die trustees se mening onder Skemalede se aandag gebring behoort te word

nie.

5.5 Uitstaande eise

Die grondslag vir die berekening van die voorsiening vir uitstaande eise word in Aantekening 9 by die volle

dige finansiële jaarstate bespreek en strook met die vorige jaar s’n. Bewegings ten opsigte van die voorsiening

vir uitstaande eise word ook in Aantekening 9 by die finansiële jaarstate uiteengesit. Daar was geen buitenge

wone bewegings wat na die trustees se mening onder Skemalede se aandag gebring behoort te word nie.

6. AKTUARIËLE DIENSTE

Die Skema se aktuarisse rapporteer op ’n maandelikse grondslag formeel aan die Skema ten opsigte van die

bydrae- en voordeelvlakke van die Skema. Die Skema se aktuarisse is ook in Augustus 2011 geraadpleeg om die

bydrae- en voordeelvlakke vir 2012 te bepaal, en het ook gedurende die jaar verskeie scenario-ontledings vir die

Skema gedoen.

7. LATERE GEBEURE

Geen gebeurtenisse het ná die einde van die rekeningkundige tydperk voorgekom wat die finansiële jaarverslag

affekteer, en wat na die trustees se mening onder Skemalede se aandag gebring behoort te word nie.

8. TOPMED DISTRIBUTION

Om die Skema se lidmaatskap te beskerm en uit te brei, het TopMed in 2010 ’n kontrak met Mascodor 141

(Edms) Bpk (handeldrywende as Topmed Distribution) aangegaan. Topmed Distribution was ook verantwoordelik

vir die bestuur van alle makelaarbetrekkinge – insluitend diens aan makelaars. Sien Aantekening 22.2 by die

volledige finansiële jaarstate vir nader besonderhede. In 2010 het die Raad besluit om sy distribusievermoë

te herstruktureer en Topmed Distribution is kennis gegee. Hul kontrak het op 31 Maart 2011 verstryk en is nie

hernu nie. Hierdie dienste word sedert 1 April 2011 regstreeks deur die Skema gelewer.

Bestuur van die kommissiebetalingsproses word sedert 1 Januarie 2010 deur Momentum Medical Schemes

Administrators (Edms) Bpk hanteer.

9. REGSAKSIE

Die regsproses tussen die Skema en Sanlam Gesondheidsrisikobestuur Beperk is op 4 Januarie 2011 afgehandel.

Die toekenning (rente ingesluit) van R458 483 613 is op 21 Januarie 2011 ontvang. Die verhaling van die

regsgelde van R2 164 867 is op 12 Augustus 2011 ontvang. Dit het die Skema se reserwes en solvensiemarges

sedert 2010 aansienlik verbeter.

10. VERWANTEPARTY-TRANSAKSIES

Sien die openbaarmaking ten opsigte van verwante partye in Aantekening 22 by die volledige finansiële

jaarstate.

Trusteevergoeding word in Aantekening 14.1 by die volledige finansiële jaarstate bekend gemaak.

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

11. OUDITKOMITEE

’n Ouditkomitee bestaan ooreenkomstig die bepalings van die Wet. Die ouditkomitee tree op in opdrag van

die Raad van Trustees, by wyse van skriftelike opdragte met betrekking tot sy lidmaatskap, gesag en pligte.

Die Raad van Trustees stel ’n ouditkomitee van minstens vyf geskikte en gepaste begunstigdes aan, van wie

minstens twee lede van die Raad van Trustees is. Die voorsitter van die Raad van Trustees mag nie in die ouditkomitee

dien nie. Die ouditkomitee kies uit sy lede ’n voorsitter. Nie een van die lede, insluitend die voorsitter,

is beamptes van die Skema of sy derdeparty-administrateur nie.

Die finansiële bestuurder van die administrateur, die interne ouditeure en die eksterne ouditeure het onbeperkte

toegang tot die voorsitter van die komitee.

Ooreenkomstig die bepalings van die Wet is die komitee se primêre verantwoordelikheid om die Raad van Trustees

by te staan in die uitvoering van sy pligte met betrekking tot die Skema se rekeningkundige beleid, interne

beheerstelsels en finansiële verslagdoeningspraktyke. Die eksterne ouditeure doen formeel aan die komitee

verslag oor die kritieke bevindings voortspruitend uit ouditbedrywighede.

Teen die jaareinde het die komitee uit die volgende persone bestaan: Hendrik van Riel, JP du Toit en Johan

Kemp onder die eksterne voorsitterskap van Herman Kriel (dit is ’n statutêre vereiste dat die voorsitter ’n onafhanklike

party moet wees). John Rollason (hoofbeampte) woon hierdie vergaderings by.

Die komitee het in die loop van die jaar drie keer vergader: 17 Maart 2011, 11 April 2011 en 26 Oktober 2011.

12. BELEGGINGSKOMITEE

’n Beleggingskomitee tree op ooreenkomstig ’n mandaat van die Raad van Trustees, by wyse van skriftelike

opdragte met betrekking tot sy lidmaatskap, gesag en pligte. Hierdie komitee bestaan uit vier trusteelede. Die

hoofbeampte woon ook hierdie vergaderings by. Die komitee se primêre verantwoordelikheid is om die Raad

van Trustees by te staan in die uitvoering van sy pligte met betrekking tot die Skema se beleggingsbeleid.

Die komitee het in die loop van die jaar ses keer vergader (afgesien van verskeie informele besprekings). Teen

die jaareinde het die komitee uit die volgende persone bestaan: Cobus Fourie (voorsitter), Hendrik van Riel, Jan

Burger en Phil Gallie.

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

13. TRUSTEE- EN SUBKOMITEEVERGADERINGBYWONING EN VERGOEDING

Die Raad van Trustees het gedurende die jaar ’n baie aktiewe rol gespeel in die daaglikse bestuur van die Skema,

soos blyk uit die getal vergaderings wat deur die raadslede bygewoon is en die styging in reiskoste vir die jaar tot

31 Desember 2011. Die tabel hieronder sit die bywoning van die Raad van Trustees en subkomitees se vergaderings

uiteen. Trustees en subkomiteelede se vergoeding word in Aantekening 14 by die volledige finansiële

jaarstate uiteengesit.

Vergade-

rings

van die

Raad van

Trustees

Oudit

Komittee

Vergaderings

Beleggings

Komittee

Vergaderings

Bemarkings

Produk

Vergaderings

Ander

Vergaderings

Vergaderingsfooie

R

Getal vergaderings vir

die jaar

7 3 6 6 3 937,108

Trusteelede 881,956

Jerry van Vuuren 7 5 3 151,470

Jan Burger # 7 5 6 2 99,126

Hendrik van Riel * # 7 3 6 3 99,126

Cobus Fourie * # 7 1 6 2 99,126

Callie du Plessis 6 3 99,126

Roelof van Tonder 6 3 2 99,126

John Rollason 3 3 44,220

Phil Gallie # 3 2 45,755

Johan Kemp * 3 1 2 45,755

Lodewyk la Grange 7 6 2 99,126

Nie-trusteelede 55,152

Herman Kriel 1 3 27,576

Abrie Tromp 2 18,425

JP du Toit

Hoofbeampte

1 9,151

John Rollason 4 1 2 3 Sien

Aantekening 14

Len Deacon 3 2 3 2 2 Sien

Aantekening 14

* - dien in ouditkomitee as trusteelid

# - lid van beleggingskomitee

## - Dit sluit in: Algemene Jaarvergadering en vergaderings van die uitvoerende komitee.

TOPMED MEDIESE SKEMA

FINANSIËLE JAARSTATE

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

13. TRUSTEE- EN SUBKOMITEEVERGADERINGBYWONING EN VERGOEDING (vervolg)

Die trustees het fooie van R881,956 vir die bywoning van vergaderings in 2011 ontvang (2010: R558,375). ’n

Bedrag van R162,800 is ten opsigte van trustees se verblyf, reiskoste en ander uitgawes betaal in 2011 (2010:

R70,851). Hierdie fooie het in die huidige jaar toegeneem as gevolg van die addisionele gekoöpteerde trustees

in 2011 na die samesmelting met die Built Environment Professional Associations’ Medical Scheme.

14. NIE-VOLDOENING AAN DIE WET OP MEDIESE SKEMAS

Die trustees is van oordeel dat daar geen wesenlike afwykings van die Wet is nie.

Nie alle bydraes wat gehef word, word binne drie dae ontvang soos die Wet vereis nie. Enige finansiële risiko

word verlaag deur die bestaande kredietbeheerbeleid, wat die risiko van nie-verhaalbaarheid tot die minimum

beperk.

Eise word gewoonlik binne 30 dae na ontvangs betaal, maar weens sekere prosedures soos kliniese ouditering is

daar uitsonderings waar sekere eise eers ná 30 dae na ontvangs betaal word.

Artikel 35(8) (c) van die Wet op Mediese Skemas 131 van 1998 bepaal dat ’n mediese skema geen bates in ’n administrateur

mag belê nie. Die Skema se beleggingsfondse word deur onafhanklike derdeparty-batebestuurders

bestuur wat ’n volle diskresionêre mandaat het om te belê met die doel om hul vasgestelde maatstaf te bereik.

Met hierdie benadering kan die Skema op enige tydstip gedurende die jaar aan aandele in ’n administrateur

blootgestel word. Die Skema het by die Raad vir Mediese Skemas aansoek gedoen en op 3 April 2012 vrystelling

van hierdie artikel van die Wet op Mediese Skemas verkry.

15. KING II / III

Die Raad van Trustees pas tans die beginsels van King II toe en is besig om die beginsels van King III met betrekking

tot mediese skemas te aanvaar.

16. ALGEMEEN

Die voorsitter van die Raad van Trustees bedank graag die trustees en die lede van die oudit- en ander komitees

vir hul positiewe en sinvolle bydraes gedurende die jaar. Namens die Raad van Trustees spreek die voorsitter

ook opregte dank uit teenoor al die lede en makelaars wat steeds die Skema gedurende die afgelope jaar

ondersteun het.

J van Vuuren J Rollason J Kemp

Voorsitter Hoofbeampte Trustee

12 April 2012

TOPMED MEDIESE SKEMA

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

OORSIG VAN BEDRYWIGHEDE GEDURENDE DIE REKENINGKUNDIGE TYDPERK

5.1 Bedryfstatistieke

5.1.1 Bedryfstatistieke per voordeelopsie

2011

Topmed

Netwerkopsie

Topmed

Hospitaalplan

Topmed

Omvattende

Aansporingsopsie

Topmed

Aansporingspaarplan

Topmed

Tradisionele

Opsie

Huidige jaar Totale

Skema

Getal lede aan die einde van die rekeningkundige tydperk 1 12,436 1,025 3,518 2,509 1,860 3,524

Gemiddelde getal lede vir die rekeningkundige tydperk 2 12,267 1,067 3,455 2,497 1,859 3,389

Getal begunstigdes aan die einde van die rekeningkundige tydperk 3 25,920 1,610 8,735 5,316 3,984 6,275

Gemiddelde getal begunstigdes vir die rekeningkundige tydperk 4 25,769 1,689 8,616 5,365 3,975 6,124

Begunstigdes per lid op 31 Desember 5 2.08 1.57 2.48 2.12 2.14 1.78

Gemiddelde ouderdom van begunstigdes vir die rekeningkundige tydperk 6 38.11 62.02 35.37 45.40 36.57 30.60

Pensioenarisverhouding (begunstigdes > 65 jaar) op 31 Desember 7 15.3% 57.0% 10.2% 24.1% 13.2% 5.7%

Gemiddelde netto bydraes per begunstigde per maand 8 R 995 R 2,776 R 735 R 1,403 R 683 R 717

Relevante gesondheidsorg-uitgawes per gemiddelde begunstigde per 9 R939 R 2,793 R 629 R 1,412 R 563 R 691

maand

Relevante gesondheidsorg-uitgawes as ’n persentasie van bruto bydraes 10 86.0% 100.6% 72.7% 85.4% 82.5% 96.4%

Nie-gesondheidsorg-uitgawes per gemiddelde begunstigde per maand 11 R 149 R 198 R 129 R 152 R 142 R 165

Nie-gesondheidsorg-uitgawes as ’n persentasie van bruto bydraes 12 13.6% 7.1% 14.9% 9.2% 20.8% 23.0%

Gemiddelde opgehoopte fondse per lid op 31 Desember 13 R 47,229 x x x x x

Opbrengs op beleggings as ’n persentasie van beleggings 14 11.8% x x x x x

TOPMED MEDIESE SKEMA

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES (vervolg)

vir die jaar geëindig 31 Desember 2011

OORSIG VAN BEDRYWIGHEDE GEDURENDE DIE REKENINGKUNDIGE TYDPERK

5.1 Bedryfstatistieke

5.1.1 Bedryfstatistieke per voordeelopsie

Topmed

Netwerkopsie

Topmed

Hospitaalplan

2010

Topmed

Omvattende

Aansporingsopsie

Topmed

Aansporing-spaarplan

Topmed

Beperk

100%

Totale

Skema

Voorige jaar

Getal lede aan die einde van die rekeningkundige tydperk 1 11,226 1,221 3,359 2,235 1,306 3,105

Gemiddelde getal lede vir die rekeningkundige tydperk 2 11,381 1,271 3,373 2,271 1,270 3,196

Getal begunstides aan die einde van die rekeningkundige tydperk 3 23,878 1,950 8,452 4,794 2,746 5,936

Gemiddelde getal begunstigdes vir die rekeningkundige tydperk 4 24,304 2,052 8,493 4,886 2,650 6,223

Begunstigdes per lid op 31 Desember 5 2.13 1.60 2.52 2.14 2.10 1.91

Gemiddelde ouderdom van begunstigdes vir die rekeningkundige tydperk 6 39.01 60.58 34.96 45.77 38.58 30.88

Pensioenarisverhouding (begunstigdes > 65 jaar) op 31 Desember 7 14.9% 53.5% 8.7% 23.0% 14.3% 4.7%

Netto bydraes per gemiddelde begunstigde per maand 8 R 926 R 2,441 R 669 R 1,244 R 630 R 654

Relevante gesondheidsorg-uitgawes per gemiddelde begunstigde per maand 9 R 843 R 2,515 R 521 R 1,208 R 534 R 577

Relevante gesondheidsorg-uitgawes as ’n persentasie van bruto bydraes 10 83.6% 103.1% 66.6% 82.8% 84.7% 88.2%

Nie-gesondheidsorg-uitgawes per gemiddelde begunstigde per maand 11 R 151 R 202 R 132 R 1 56 R 149 R 159

Nie-gesondheidsorg-uitgawes as ’n persentasie van bruto bydraes 12 15.0% 8.3% 16.8% 10.7% 23.6% 24.3%

Gemiddelde opgehoopte fondse per lid op 31 Desember 13 R 9,148 x x x x x

Opbrengs op beleggings as ’n persentasie van beleggings 14 10.0% x x x x x

5.1.2 Bedryfstatistieke vir die Skema

Ontleding van totale bedrag wat aan Administrateur betaal is: 2011 2010

Administrateursfooie (Aantekening 14) R22,867,646 R20,035,586

Bestuurde sorg-fooie (Aantekening 13) R 7,103,020 R 6,243,898

Totaal R29,970,666 R26,279,484

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE

2011 2010

R’000 R’000

Netto bydrae-inkomste 307,828 270,053

Relevante gesondheidsorguitgawes (290,231) (245,952)

Netto eise aangegaan (292,746) (249,018)

Eise aangegaan (293,248) (249,214)

Derdeparty-eisverhalings 502 196

Netto inkomste op risiko-oordragreëlings 2,515 3,066

Risiko-oordragreëlingsfooie betaal (16,393) (15,277)

Verhalings van risiko-oordragreëlings 18,908 18,305

Winsdeling voortspruitend uit risiko-oordragreëlings - 38

Bruto gesondheidsorgresultaat 17,597 24,101

Bestuurde sorg: bestuursdienste (7,539) (6,632)

Administratiewe uitgawes (31,690) (30,581)

Makelaardiensfooie (7,361) (6,586)

Netto waardedalingswins/(verliese) op gesondheidsorgdebiteure 629 (368)

Netto gesondheidsorgresultaat (28,364) (20,066)

Ander inkomste 506,036 12,287

Beleggingsinkomste 45,388 12,240

Diverse inkomste 460,648 47

Ander uitgawes (2,712) (556)

Batebestuursfooie (2,712) (556)

Netto surplus/(tekort) vir die jaar 474,960 (8,335)

Ander omvattende inkomste

Billikewaarde-aanpassing van beskikbaar-vir-verkoop-beleggings 142 1,927

Totale omvattende inkomste/(verlies) vir die jaar 475,102 (6,408)

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE

2011 2010

R’000 R’000

BATES

Nie-bedryfsbates 104,394 64,711

Kantoormeubels en -toerusting 99 -

Beskikbaar-vir-verkoop-beleggings 77,514 39,695

Beleggings gehou teen billike waarde deur wins en verlies 26,781 25,016

Bedryfsbates 536,324 77,072

Handels- en ander debiteure 8,501 2,319

Beleggings gehou teen billike waarde deur wins en verlies 483,656 47,667

Kontant en likiede beleggings 44,167 27,086

Total assets 640,718 141,783

FUNDS AND LIABILITIES

Members’ funds 590,725 105,947

Accumulated funds 587,335 102,698

Available-for-sale reserve 3,390 3,249

Current liabilities 49,993 35,836

Savings plan liability 12,549 9,322

Trade and other payables 11,140 8,265

Outstanding claims provision 26,304 18,249

Total funds and liabilities 640,718 141,783

STAAT VAN VERANDERINGS IN FONDSE EN RESERWES

Beskikbaar- Totale

Opgehoopte vir-verkoop- Lede

Fondse reserwe Fondse

R’000 R’000 R’000

Saldo op 31 Desember 2009 111,034 1,321 112,355

Tekort vir die jaar (8,335) - (8,335)

Ongerealiseerde wins op beskikbaar-vir-verkoop-beleggings - 1,927 1,927

Saldo op 31 Desember 2010 102,699 3,248 105,947

Surplus vir die jaar 474,960 - 474,960

Gerealiseerde verliese met verkoop van beskikbaar-vir-verkoopbeleggings

(545) (545)

Ongerealiseerde wins op beskikbaar-vir-verkoop-beleggings - 687 687

Oordrag van fondse en reserwes uit die Built Environment

Professional Associations’ Medical Scheme

9,676 - 9,676

Saldo op 31 Desember 2011 587,335 3,390 590,725

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

VOORBEREIDINGSGRONDSLAG

Die finansiële state waaruit hierdie opgesomde finansiële state afgelei is, is opgestel in ooreenstemming met

Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (IFRS) en op die wyse wat deur die Wet op Mediese Skemas

van Suid-Afrika vereis word.

Die Skema het alle nuwe en hersiene rekeningkundige standaarde en interpretasies aanvaar wat gedurende

die huidige jaar van krag geword het. Die aanvaarding van hierdie hersiene standaarde het tot sekere

openbaarmakings gelei, maar nie enige veranderings in rekeningkundige beleid meegebring nie.

OPSOMMING VAN WERKSAAMHEDE

Die Skema het ’n netto surplus van R474,959,286 (2010: tekort van R8,335,870) vir die jaar gegenereer. Die

Skema se totale omvattende inkomste vir die jaar is R475,101,755 (2010: R6,408,693). Dit sluit ongerealiseerde

wins vir die jaar tot dusver in op beleggings wat beskikbaar is vir verkoop. Die hoofrede vir die Skema se hoër

as verwagte werklike surplus is die geregtelike toekenning van R458,483,613 en die verhaling van regskoste van

R2,164,867 in 2011.

Voor inagneming van die beleggingsinkomste, het die Skema ’n netto gesondheidsorgtekort van R28,364,423

(2010: R20,066,756) aangeteken. Hierdie groter tekort is toeskryfbaar aan die hoë gemiddelde begunstigdeouderdom

in die skema en die toename in hoëkoste-gevalle wat die Skema in 2011 ondervind het.

Die Skema het sy getal lede tot 12 436 opgestoot soos op 31 Desember 2011 (2010: 11 226). Die Raad het die

behoefte geïdentifiseer om die Skema uit te brei ten einde volhoubaarheid oor die lang termyn te verseker. Die

samesmelting met die Built Environment Professional Associations’ Medical Scheme in 2011 het gehelp om

dit te vermag. Die Raad sal steeds verder samesmeltingsgeleenthede in 2012 ondersoek om die ledetal en

die Skema se profiel verder te verhoog. Hierbenewens sal die Raad die Skema se ledetal probeer uitbrei deur

mededingende opsies aan huidige sowel as potensiele lede te bied.

Die Skema sal nog steeds geleenthede soek om gesondheidsorg- en nie-gesondheidsorgkoste te verlaag. Die

Skema se solvensieverhouding soos op 31 Desember 2011 is 169.2% (2010: 34.1%). Dit is hoër as die minimum

vereiste van 25% soos bepaal deur die Wet op Mediese Skemas. Die Skema het dus sterk reserwes en behoort

vir die 2012-voordeeljaar steeds hoë gehalte gesondheidsorgvoordele aan lede te verskaf.

SLEUTELBEDRYFSYFERS

2011 2010

Getal hooflede teen 31 Desember 12,436 11,226

Gemiddelde getal lede vir die tydperk 12,267 11,381

Gemiddelde ouderdom van begunstigdes 38.11 39.01

Pensioenarisverhouding (begunstigdes > 65 jaar) 15.3% 14.9%

Begunstigdes per lid 2.08 2.13

Solvensieverhouding 169.2% 34.1%

MOONTLIKE BATES

Die Skema het eise aan lede betaal namens die Padongelukkefonds. Op grond van vorige ondervinding en

die huidige finansiële bestendigheid van die Fonds het die trustees egter besluit om hierdie betalings nie as

debiteure te erken nie, aangesien enige toekomstige verhalings onseker is en, indien die debiteure erken sou

word, dit ‘n volle waardedaling sou beteken.

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

LATERE GEBEURE

Geen gebeurtenisse het ná die einde van die rekeningkundige tydperk voorgekom wat die finansiële jaarverslag

affekteer, en wat na die trustees se oordeel onder Skemalede se aandag gebring behoort te word nie.

VOLDOENING AAN DIE WET OP MEDIESE SKEMAS

Die trustees is van mening dat daar geen wesenlike afwykings van die Wet is nie.

Nie alle bydraes wat gehef word, word binne drie dae ontvang soos die Wet vereis nie. Enige finansiële risiko

word verlaag deur die bestaande kredietbeheerbeleid, wat die risiko van nie-verhaalbaarheid tot die minimum

beperk.

Eise word gewoonlik binne 30 dae na ontvangs betaal, maar weens sekere prosedures soos kliniese ouditering is

daar uitsonderings waar sekere eise eers ná 30 dae na ontvangs betaal word.

Artikel 35(8) (c) van die Wet op Mediese Skemas 131 van 1998 bepaal dat ’n mediese skema geen bates

in ‘n administrateur mag belê nie. Die Skema se beleggingsfondse word deur onafhanklike derdepartybatebestuurders

bestuur wat ’n volle diskresionêre mandaat het om te belê met die doel om hul vasgestelde

maatstaf te bereik. Met hierdie benadering kan die Skema op enige tydstip gedurende die jaar aan aandele in ‘n

administrateur blootgestel word. Die Skema het by die Raad vir Mediese Skemas aansoek gedoen en op 3 April

2012 vrystelling van hierdie artikel van die Wet op Mediese Skemas verkry.

VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE AAN DIE LEDE VAN TOPMED MEDIESE

SKEMA

Ons het die finansiële jaarstate van TopMed Mediese Skema vir die jaar geëindig 31 Desember 2011, waaruit

die opgesomde finansiële state afgelei is, in ooreenstemming met Internasionale Ouditstandaarde geoudit. In

ons verslag van 12 April 2012 het ons ’n ongekwalifiseerde mening uitgespreek oor die finansiële state waaruit

die opgesomde finansiële state afgelei is.

Na ons mening strook die bygaande opgesomde finansiële state in alle wesenlike opsigte met die finansiële

state waaruit hulle afgelei is.

Vir ‘n beter begrip van die Skema se finansiële posisie en die resultate van sy werksaamhede vir die

verslagtydperk en van die omvang van ons oudit, moet die opgesomde finansiële state saamgelees word met

die finansiële state waaruit hulle afgelei is, en ons ouditverslag daaroor.

OORSPRONKLIKE DOKUMENT ONDERTEKEN

Deloitte & Touche

Per S Munro

12 April 2012

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

VERWANTE PARTYE

Momentum Medical Scheme Administrators (“MMSA”) het as ’n derdeparty-administrateur ’n beduidende

invloed op die Skema. Momentum Medical Scheme Administrators het gedurende die tydperk

administrasiefooie, bestuurde gesondheidsorgfooie, MIV-bestuursfooie asook tandheelkunde-bestuursfooie

ontvang.

TopMed Distribution is verantwoordelik vir die bestuur van alle makelaarbetrekkinge, insluitend diens aan

makelaars, en het dus ‘n beduidende invloed op die Skema. TopMed Distribution het fooie ontvang vir dienste

wat eksklusief aan Topmed Mediese Skema gelewer is. TopMed Distribution is kennis gegee en hul kontrak het

op 31 Maart 2011 verstryk.

Die trustees van die Skema word geag sleutelbestuurslede te wees. Bydraes gefaktureer aan, bydraes

ontvang van, en eise betaal ten opsigte van trustees van die Skema gedurende die tydperk, het plaasgevind in

ooreenstemming met die reëls van die Skema en die bepalings van die Wet op Mediese Skemas.

NETTO INKOMSTE/(UITGAWE) OP RISIKO-OORDRAGREËLINGS

2011 2010

R’000 R’000

Dental Information Systems (Edms) Bpk - 38

Preferred Provider Negotiators (Edms) Bpk 47 (40)

ER24 EMS (Edms) Bpk 64 (366)

CareCross Health (Edms) Bpk 2,366 3,423

HIV Managed Care Solutions (Edms) Bpk 38 11

2,515 3,066

Dental Information Systems (Edms) Bpk (Denis) het in 2009 beide konserwatiewe en gespesialiseerde

tandheelkunde aan lede van alle opsies verskaf, behalwe Topmed Netwerkopsie en Topmed Hospitaalplan.

Die kontrak sluit volle bestuur van die tandheelkundevoordele in, met inbegrip van die magtiging van

tandheelkundeprosedures en die betaling van tandheelkunde-eise. Dental Information Systems (Edms) Bpk

se kontrak is met ingang 1 Januarie 2010 beëindig. Die res van die winsdeling met betrekking tot 2009 – ten

bedrae van R38 348 soos in die state aangedui – is in 2010 aan die Skema betaal.

Preferred Provider Negotiators (Edms) Bpk het optiese voordele aan lede van die TopMed Tradisionele opsies

verskaf vir 2011. PPN aanvaar die risiko van die bestuur van die optiese voordele. Die kontrak sluit volle bestuur

van die optiese voordele en die betaling van eise in.

ER24 EMS (Edms) Bpk bied in ’n noodgeval pad- of lugvervoer aan lede van al die voordeelopsies binne die

Skema.

CareCross Health (Edms) Bpk lewer primêre sorg aan lede van die TopMed Netwerkopsie van die Skema in

Carecross-fasiliteite regoor die land. Die kapitasiefooi dek die voorsiening van basiese dag-tot-dag-voordele

buite die hospitaal, insluitend maar nie beperk nie tot chroniese en akute medisyne, en besoeke aan algemene

praktisyns. Die Skema dek hierdie lede ten opsigte van hul hospitaalvoordele. HIV Managed Care Solutions

(Edms) Bpk (Careworks) is die MIV-program wat van toepassing is op lede van hierdie opsie.

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

BELEGGINGSINKOMSTE

2011 2010

R’000 R’000

-Rente-inkomste 27,231 8,958

-Dividendinkomste 3,777 680

-Netto gerealiseerde wins op verkoop van beleggings 591 1,524

-Netto ongerealiseerde wins op herwaardasie van beleggings volgens billike

waarde

13,789 1,078

45,388 12,240

NETTO BYDRAE-INKOMSTE

Bruto bydraes 337,553 294,332

Min: Spaarbydraes (29,725) (24,279)

Netto bydrae-inkomste 307,828 270,053

NIE-GESONDHEIDSORG-UITGAWES

Administrateursfooie 22,867 20,036

Verspreidingskoste – TopMed Distribution 1,290 4,630

Regsgelde 188 2,348

Bemarkingsmateriaal en reklame 3,016 1,089

Hoofbeampte se fooie 776 624

Trustees se vergoeding en uitgawes 1,045 629

Vergoeding 882 558

Uitgawes 163 71

Ouditgelde 482 455

Assosiasiefooie – Raad vir Mediese Skemas 289 239

Aktuariële konsultasiefooie - 147

Kantooruitgawes 322 -

Personeeluitgawes 810 -

Ander uitgawes (elk < R110k) 605 384

31,690 30,581

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

VOORSIENING VIR UITSTAANDE EISE

2011 2010

Saldo aan begin van jaar 18,249 17,790

Saldo oorgedra uit Bepmeds 3,128 -

Betalings ten opsigte van vorige jaar (20,302) (18,668)

(Onder)/Oorvoorsiening in vorige jaar 1,075 (878)

Oordrag van onder/(oor)voorsiening na die staat van omvattende inkomste (1,075) 878

Aansuiwering vir huidige jaar 26,304 18,249

Saldo aan einde van jaar 26,304 18,249

Die voorsiening vir uitstaande eise verteenwoordig die trustees se raming van die uiteindelike koste om alle

gesondheidsorgvoordeelkoste te vereffen wat voorgekom het voor die datum van die staat van finansiële

posisie, maar wat teen daardie datum nie aan die Skema gerapporteer is nie. Die metode wat gebruik is om

hierdie voorsiening te bereken, strook met die metode wat in die vorige jaar gebruik is.

BESIGHEIDSKOMBINASIES

Met ingang van 1 Januarie 2011 het die Built Environment Professional Associations’ Medical Scheme, ’n

geregistreerde mediese skema met beperkte lidmaatskap, met TopMed Mediese Skema saamgesmelt. Die

samesmelting, waarvolgens die lede, bates en verpligtinge van die Built Environment Professional Associations’

Medical Scheme oorgedra is, is deur die Raad vir Mediese Skemas goedgekeur. Die netto opgehoopte fondse

van die oordragbedrag bedra R9 676 449 op die verkrygingsdatum volgens die verkrygde se finansiële jaarstate

van 31 Desember 2010.

Om die klandisiewaarde (indien enige) vir die transaksie te bepaal, is die koopsom wat oorgedra is bepaal deur

die billike waardes van die netto bates van die verkrygde Built Environment Professional Associations’ Medical

Scheme, soos op die verkrygingsdatum, te gebruik aangesien mediese skemas onderlinge entiteite is soos

omskryf deur IFRS3. Dit is bepaal deur ’n geraamde kontantvloeimodel te gebruik wat deur TopMed se aktuaris

opgestel is. Die netto resultaat hiervan was dat daar geen klandisiewaarde was nie.

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

SURPLUS / (TEKORT) UIT BEDRYWIGHEDE PER VOORDEELOPSIE

TopMed

Tradisionele

Opsie

TopMed

Aansporing-spaaropsie

TopMed

OmvattendeAansporings-opsie

TopMed

Hospitaalplan

TopMed

Netwerkopsie

Totale

Skema

2011 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000

Netto bydrae-inkomste 56,259 75,983 90,321 32,582 52,683 307,828

Relevante gesondheidsorguitgawes (56,588) (65,067) (90,930) (26,872) (50,774) (290,231)

Bruto gesondheidsorgresultaat (329) 10,916 (609) 5,710 1,909 17,597

Nie-gesondheidsorg-uitgawes (4,022) (13,308) (9,762) (6,772) (12,097) (45,961)

Netto gesondheidsorgresultaat (4,351) (2,392) (10,371) (1,062) (10,188) (28,364)

Netto beleggings- en ander inkomste 87,060 128,472 157,625 50,732 79,435 503,324

Netto surplus/(tekort)

2010

82,709 126,080 147,254 49,670 69,247 474,960

Netto bydrae-inkomste 60,100 68,128 72,938 20,023 48,864 270,053

Relevante gesondheidsorguitgawes (61,936) (53,125) (70,845) (16,967) (43,079) (245,952)

Bruto gesondheidsorgresultaat (1,836) 15,003 2,093 3,056 5,785 24,101

Nie-gesondheidsorg-uitgawes (4,986) (13,418) (9,150) (4,730) (11,883) (44,167)

Netto gesondheidsorgresultaat (6,822) 1,585 (7,057) (1,674) (6,098) (20,066)

Netto beleggings- en ander inkomste 2,381 3,195 3,415 800 1,940 11,731

Netto surplus/(tekort) (4,441) 4,780 (3,642) (874) (4,158) (8,335)

VERKLARING VAN VERANTWOORDELIKHEID DEUR DIE TRUSTEES

Die trustees is verantwoordelik vir die voorbereiding, integriteit en billike aanbieding van die opgesomde finansiële

jaarstate van TopMed Mediese Skema, wat in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde

(IFRS) voorberei is en bedrae insluit wat op beoordelings en ramings deur bestuur berus.

In die voorbereiding van die opgesomde finansiële jaarstate het die trustees die toepaslikste rekeningkundige

beleid gebruik en konsekwent toegepas, ondersteun deur redelike en omsigtige beoordelings en ramings.

Die lopende onderneming-grondslag is aanvaar met die opstel van die opgesomde finansiële jaarstate. Op grond

van projeksies en beskikbare kontantbronne het die trustees geen rede om te glo dat die Skema binne die afsienbare

toekoms nie ‘n lopende onderneming sal wees nie. Die lewensvatbaarheid van die Skema word deur hierdie

opgesomde finansiële jaarstate ondersteun.

Die trustees is van oordeel dat die inligting vervat in die opgesomde finansiële jaarstate ‘n billike weergawe is van

die resultate van werksaamhede vir die jaar en die finansiële posisie van die Skema teen die jaareinde.

Die Raad van Trustees pas tans die beginsels van King II toe en is besig om die beginsels van King III met betrekking

tot mediese skemas te aanvaar.

Vir en namens die Raad:

OORSPRONKLIKE DOKUMENT ONDERTEKEN

J van Vuuren (Voorsitter) J Kemp (Trustee)

J Rollason (Hoofbeampte) 12 April 2012

TOPMED MEDIESE SKEMA

OPGESOMDE FINANSIËLE JAARSTATE VOORBEREI UIT DIE GEOUDITEERDE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR

GEËINDIG 31 DESEMBER 2011

BELEGGINGSTRATEGIE

Die Skema se langtermyn-beleggingsdoelwit is om teen aanvaarbare risikovlakke die opbrengs op sy beleggings

te maksimeer. In 2011 het die Skema in verskeie kort-, medium- en langertermyn-instrumente belê om hierdie

vereistes te optimeer. Met inagneming van die Skema se risikoprofiel is die algehele portefeulje egter nog

steeds omsigtig saamgestel, met die grootste deel van die portefeulje in korttermyn-instrumente. As gevolg van

die groot inkontant invloei is die beleggingstrategie hersien.

’n Gemiddelde netto beleggingsopbrengs (insluitend ongerealiseerde wins of verliese) van 11.8% (2010: 10.0%)

is gedurende 2011 behaal.

NOTA AAN LEDE

Vir ‘n beter begrip van die finansiële posisie en die resultate van werksaamhede, moet hierdie opgesomde

finansiële state saamgelees word met die geouditeerde finansiële state waaruit hulle afgelei is, wat alle

openbaarmakings insluit wat deur IFRS vereis word. Toegang tot die geouditeerde finansiële state kan verkry

word via die Skema se webwerf: www.topmed.co.za.

Hierdie opgesomde finansiële state is opgestel in ooreenstemming met die vereistes van die Raad vir Mediese

Skemas se Omsendbrief 38/2007, en is deur die Skema se onafhanklike ouditeure nagegaan.

GEREGISTREERDE KANTOOR POSADRES

Canegateweg 1 - 3 Posbus 1462

La Lucia, 4019 Durban, 4000

TRUSTEES

J van Vuuren (Voorsitter), C du Plessis (Ondervoorsitter), C Fourie, L la Grange, J Burger, H van Riel, P Gallie,

J Kemp, R van Tonder

HOOFBEAMPTE

J Rollason

www.topmed.co.za

Kontakbesonderhede

Tel: 0860 00 21 58

Sel: 082 235 0879

E-pos:info@topmedms.co.za

Faks: (031) 580 0480

0860 00 21 58

Tel: 0860 00 21 58

Faks: (031) 580 0471

Tel: 0860 00 21 58

Faks: (031) 580 0492

Tel: 0860 00 21 58

Faks: (031) 580 0492

Tel: 0860 10 97 93

Sel: 082 821 0994 (24 uur beskikbaar)

Faks: (012) 675 3848

Tel: 084 124

Tel: 0861 084 124

Tel: 0860 10 35 29

www.preferredprovider.co.za

Tel: (021) 431 0500

Faks: (021) 431 0680

complaints@medicalschemes.com

support@medicalschemes.com

www.medicalschemes.com

0860 10 11 59

0860 10 11 10

topmed@carecross.co.za

TopMed Mediese Skema, Posbus 1462, Durban 4000

www.topmed.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!