02.05.2013 Views

KEURING VAN BCUR.-STUDENTE

KEURING VAN BCUR.-STUDENTE

KEURING VAN BCUR.-STUDENTE

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KEURING VAN BCUR.-STUDENTE

1. INLEIDING

Studente word net tot BCur.-kwalifikasie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

toegelaat as hulle vir toelating gekeur is.

Keuring geskied aan die hand van ‘n wetenskaplik-ontwikkelde keuringsmodel,

gegrond op:

i) psigometriese komponente (aanleg, belangstelling, persoonlikheidstrekke asook

studiegewoontes en –houding). Die aflegging van die psigometriese toetse duur

ongeveer ses ure.

ii) ‘n akademiese komponent (matriekgemiddeld). Studente moet ‘n gewaarmerkte

of deur die skoolhoof ondertekende staat van hulle punte of simbole in die Junie-

of rekordeksamen saambring en by die Toelatinskantoor indien.

Die model is oor 'n tydperk deur deskundiges van die Universiteit ontwikkel aan die

hand van bogenoemde komponente. Toetsing van die model aan werklike data het die

besondere hoë mate van akkuraatheid waarmee gekeur word, bevestig.

Met die implementering van 'n keuringstelsel moet die volgende beklemtoon word:

a) Die doel met die keuring van voornemende Verpleegkundestudente is om

doeltreffendheid, en by implikasie die opleidingstandaard, te verhoog.

b) Keuring vervang nie, maar is inderdaad bykomend by die minimum

toelatingsvereistes vir die BCur.-kwalifikasie, soos dit in die Fakulteitsjaarboek

gepubliseer is.

c) Veral in die huidige ekonomiese klimaat is dit vir 'n voornemende studente

voordelig om vroeg reeds met 'n hoë mate van sekerheid te weet of hy/sy 'n

bepaalde kwalifikasie (in hierdie geval BCur.) suksesvol sal kan voltooi.

Voornemende studente wat na keuring nie tot die BCur.-kwalifikasie toegelaat

word nie, sal nie van die Universiteit weggewys word nie; trouens, die

Universiteit stel sy volledige voorligtingsdiens beskikbaar met die oog op

hulpverlening by die beplanning van 'n alternatiewe loopbaan.

2. TOELATINGSVEREISTES

Die resultate behaal in vier Aangewysde Vakke plus twee NSS-vakke word in

erekening gebring. Die resultate behaal in Lewensoriëntering word nie in berekening

gebring nie. ‘n APS-telling van 20 word vereis. Wiskunde Geletterdheid en Fisiese

Wetenskap (Natuur- en Skeikunde) of Lewenswetenskap (Biologie) op vlak 4 (50-59%)

POTCHEFSTROOMKAMPUS

•Privaatsak X6001 •Potchefstroom 2520 •Tel: (018) 299-1111 • •http://www.nwu.ac.za

is ‘n verdere vereiste. ‘n Slaagsyfer van 50-59% (vlak 4) in die taal van leer en onderrig

op Huistaal- of Eerste Addissionele Taalvak word ook vereis. Let asseblief daarop dat

die APS-telling onderhewig is aan verandering.

3. SLUITINGSDATUM

Die sluitingsdatum vir aansoeke om toelating is 31 Mei 2010. Laat aansoeke sal op

meriete oorweeg word. Sodanige studente sal ook keuringstoetse moet aflê.

4. PROSEDURE VIR KEURING

Die volgende prosedure word gevolg vir applikante wat die eerste fase van keuring

geslaag het:

4.1 Keuringstoetse

Die keuringstoetse vind plaas op 16 Julie in Potchefstroom (studente van ander

plekke sien asseblief punt 4.2).

Elke kandidaat moet Mev.I Muller by 018-299 2893 skakel vir meer inligting oor tye en

aanmeldingsplekke.

NB Let asb. daarop dat keuring nie sonder ‘n afspraak afgelê kan word nie.

4.2 Studente van verafgeleë plekke sal by die volgende sentrums nader aan hulle

geëvalueer kan word. Vind aangeheg die inskrywingsvorm wat voltooi moet word en

gefaks word aan (018) 299 4077. Datums sal dan bevestig word na gelang van die

behoefte by die spesifieke sentrums. Persone wat by hierdie sentrums die

keuringstoetse wil aflê moet ook asseblief ‘n afspraak maak by Mev I Muller (018)

299 2893.

• Bloemfontein

• Namibie

• Durban

• Richardsbaai

• Nelspruit

• Polokwane

• Stellenbosch

• George

• Kimberley

Studente sal teen die einde van Augustus 2010 per brief vanaf die toelatingskantoor

(018 299 2635) van die voorlopige uitslag in kennis gestel word.

5. NAVRAE

Navrae kan aan Mev H Freeke by telefoon nommer (018) 299 2635 gerig word, of

skriftelik aan die volgende adres: Toelatingsafdeling, Akademiese Administrasie,

NOORDWES-UNIVERSITEIT – Potch Kampus, POTCHEFSTROOM, 2520.

Inskrywingsvorm vir Keuringstoetse: 2011-Inname

Kan gefaks or per e-pos gestuur word

Naam en Van

Studentenommer

Huistaal

Geboortedatum

Matriekjaar

Telefoonnommer (H)

Selfoonnommer

Telefoonnommer (W)

Faksnommer

E-pos adres

Huisadres

Posadres

Faks : 018 299 4077 / E-pos: Izelle.Muller@nwu.ac.za

Kursus (indien meer as 1

keuringsrigting geskryf word meld

asseblief watter kursus eerste keuse is)

Het u aansoek gedoen vir ‘n beurs of

lening? (Indien Ja meld asb)

1.

2.

3.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!