02.05.2013 Views

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

N O . 1 V A N 2 0 0 8

Desember 2008

DRAKENSBERGER BEESTELERSGENOOTSKAP

24 Vrede Street/ Vrede Straat 24 273 VOLKSRUST 2470

(017) 735 5056/8 (017) 735 1078

info@drakensbergercbs.co.za

http://studbook.co.za/Society/drakensberger/index.html

INHOUDSOPGAWE REDAKSIONEEL

1. Redaksioneel 2

2. Uit die Raad 3

3. Briewe 5

4. Telers en beamptes 5

5. Veilings 7

Klubveilings

a) Vrystaat Klub

b) SHDK

c) OTDK

d) Noordwes

e) Karoo

f) Kwazulu-Natal

Produksie veilings

a) Buffalo Valley

b) Embee

c) Neuman

d) 6 + Telers

e) Rouvus

f) BSB

7. Klubnuus 10

Vrystaatklub

6+ Telers

8. Tegnies 11

Reproduksie se invloed op seleksie

en wins

9. Algemeen 12

UP studente

BV Inligtingsdag

Neuman Inligtingsdag

10. Belangrike datums 16

Voorblad foto geneem by die Hubert Boeredag.

Die menings in hierdie publikasie is nie noodwendig

die uitgangspunt van die Raad nie.

2

BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT

Die jaar 2008 snel verby en hiermee `n paar gedagtes.

In die eerste plek wil ek al die lof en eer aan onse Hemelse

Vader gee vir al Sy seëninge hierdie jaar.

Ons nuusbrief trek `n nuwe baadjie aan en hiermee baie geluk

aan Hannes Dreyer en Theuns Laas vir die opstel van die nuusbrief.

Die jaar het uitstekend begin met goeie graanoeste en hoë

produkpryse wat behaal is. Die blydskap was van korte duur as

gevolg van drastiese styging van inset koste, veral kunsmis

pryse met ongekende stygings. Brandstofpryse het ook nuwe

hoogtes bereik. Vleispryse het egter sywaarts beweeg en

speenkalfpryse het selfs gedaal.

Ons beleef tans `n wêreldwye ekonomiese krisis en onstabiliteit

van die wêreldmarkte het Suid-Afrika nie ontkom nie, en met `n

drastiese verswakking van die Rand-Doller wisselkoers, sal dit

weereens `n drastiese invloed op ons insette hê. Ek dink dit is

veral nou die tyd waar die Drakensberger as veldbees hom sal

laat geld. As telers sal ons moet inbeweeg en deelneem aan

veldtoetse sowel as veldafronding. Ons is dan ook besig met

sodanige proewe.

Vroulike diere bly steeds in aanvraag en goeie pryse is behaal.

Bulpryse was oor die algemeen teleurstellend. Tog was daar

veilings waar goeie pryse betaal is.

Dave Eden het sy dienste aan die Genootskap in die begin van

die jaar finaal opgeskort. `n Groot dankie aan Dave vir al sy

insette deur die jare.

John Roos is na 24 jaar as President of Vise - president Ere

Presidentskap van die Genootskap aangebied. John is nog

aktief deel van ons span. Dankie vir jou leiding en voorbeeld

deur die jare.

Vir myself is dit `n voorreg om as President te dien. Geluk aan

Dr. Johann Fourie wat as vise president verkies is.

Die suksesvolle pad vorentoe sal van elke teler afhang, ons sal

elkeen meer moet doen en minder praat. Die keurders sal nog

steeds hul groot rol in die veld speel en ek doen `n beroep op

elke teler om hul taak waar moontlik te vergemaklik. Ons beoog

om aan elke raadslid `n streek toe te ken om daar tot diens van

die telers te wees. Verder gaan die pligte van die raad verdeel

word, en telers sal gekoopteer word om ons behulpsaam te

wees. Reklame, met Johann Fourie en Piet de Villiers, aan die

spits gaan ons eerste prioriteit wees. Rodney Neuman sal

toesig hou oor ons finansies. Reinier van Rensburg staan aan

die hoof van keurings en opleiding.

Ondersteun ons asseblief in hierdie grootse poging sodat ons

as Drakensberger familie saam kan werk tot voordeel van die

ras waarvoor ons so lief is.

`n Geseënde Kersfees vir u en al u geliefdes word u toegewens

en mag die jaar 2009 vol vreugde, voorspoed en geluk wees.

Magiel en Linda Blom

John Roos (Uittredende Voorsitter) en Magiel Blom

(Nuwe Voorsitter)

Uittredende Raad

Voor: Stienie Steenkamp (Drakensberg Kantoor), Reinier van

Rensburg, John Roos (President), Magiel Blom, Johannes Vos,

Koos Botha (Ere-president)

Agter; Rodney Neuman, Carel Nel, Leslie Bergh (LNR), Johan Uys,

August Hattingh en Jannie Jacobsz

3

UITTREKSELS UIT DIE PRESIDENTSVERSLAG 2007 / 2008

Daar is geen beesras in die wêreld wat beter toegerus is as die

Drakensberger om die hedendaagse ekonomiese uitdagings die

hoof te bied nie. Die vermoë van die Drakensberger om op die

veld sowel as in die voerkraal te presteer, maak hom uniek.

Ons, as telers, moet net seker maak dat ons seleksie en teling

suiwer bly en ons goeie hoedanighede wêreldwyd bekend

gemaak word.

Die Bosberaad 2007 was goed ondersteun en persepsies oor die

ras is deeglik bespreek en ‘n Bosberaad-Aksieplan is deur Dave

Eden opgestel. Na aanleiding van aanbevelings uit hierdie

verslag en onder leiding van die Noord-Wes Drakensberger Klub

is daar ‘n marknavorsingsanalise deur die Noordwes

Universiteit gedoen ten opsigte van “persepsies” oor die

Drakensberger.

Die Marknavorsingsondersoek toon dat die Drakensbergertelers

oor die algemeen tevrede met hul ras se prestasies

was. Persepsies ten opsigte van groeitempo, hittegevoeligheid

en voeromsetverhouding was nie goed genoeg onder

Drakensberger telers nie. Die gevolgtrekking van die

Marknavorsing- en Bosberaad-aksieplan was dat die

Drakensbergers nie genoeg blootstelling in die media gekry het

nie.

Kommersiële telers en hul beeste is vir ons baie belangrik en die

Genootskap is bevoorreg om baie goeie skakeling en

betrokkenheid van hulle te ontvang. Hier moet ek Piet de

Villiers, Johannes Vos, Reinier van Rensburg, Magiel Blom,

Johann Fourie, Rodney Neuman en Volkmar Böhmer bedank vir

hulle insette.

Die Raad het besluit om nuwe lede wat met nuwe

Hulpstamboek A diere wil begin, met 50% van die per

kapitaheffings, vir die eerste 3 jaar te subsidieer.

Tabel 1 toon die ledetal en Tabel 2 die aantal diere van

Drakensbergtelersgenootskap oor die afgelope vier jaar aan.

Tipe 2005 2006 2007 2008 Afname

Stoet 72 79 73 72 -11

Kommersieël/

Spesiaal 2 5 26 32 31 -1

Tabel 1 - ledetal

Geslag 2005 2006 2007 2008 Afname

Manlik 3298 3136 3894 37241 -170

Vroulik 8 959 9228 10749 10062 -687

Geboortes 4165 4395 5358 4454 -904

Tabel 2 - Aantal Diere

Keurders en Keurings

Die Genootskap hou jaarliks ‘n opknappingskursus vir die

keurders, waar die keuringstandaarde en probleme bespreek

word. Die keurders bepaal die fenotipiese – en

prestasiestandaarde van die ras. Baie dankie aan die keurders

wat keuringstoere waarneem en spesiale keurings doen. Die

keuringresultate van die afgelope drie jaar word in Tabel 3

aangebied.

Bulle Fase D -, C - en spesiale keurings – 550

Verspreiding

Die verspeiding van Drakensberger stoetbeesgetalle was as

volg;

34% - Mpumalanga

11% - Kwazulu Natal

30% - Vrystaat

8% - Gauteng

9% - Noordwes en Noord Kaap

8% - Karoo

Toekennings

1. Pfizer Bul met beste voeromset verhouding

(Fase C) - Gawie Roux (4.27)

2. Embee Trofee TKP Kudde bo 100 - Johan Rautenbach

(371)

3. AS van Niekerk Trofee Kuddes (35 – 99) - Edwin

Schroeder (373)

4. AE & CI Toekenning Beste Verbetering - Tobie

Niemand( 24)

5. Rumevite Skild- Reinier van Rensburg

6. Eppie Nel Trofee - Johann Fourie

7. Oorkonde - Dave Eden

8. Junior Keurder - Jimmy Roos

9. Senior Keurder - Johann Fourie

10. Ere President – John Roos

4

Reinier van Rensburg, John Roos (Ere President), Johann

Fourie en Gawie Roux met hul trofee’s. Die res van die

trofeewenners was nie teenwoordig tydens die algemene

jaarvergadering nie.

Dankie vir u geduld en volgehoue ondersteuning aan die Raad.

‘n Spesiale woord van dank aan Magiel en Reinier wat hierdie

jaar baie tyd van hul boerdery afgestaan het om te help met so

baie take. Johannes Vos en Rodney Neuman vir die baie

vergaderings en telefoonoproepe. Carel Nel by Stamboek en

Leslie Bergh by LNR vir hulle waardevolle insette.

Dankie aan elkeen van u wat my gebel of gesêls het oor ons

fantastiese beesras.

Baie dankie aan al die vrouens vir u begrip en geduld om alleen

op die plaas te bly wanneer u man op ‘n keuringstoer moet gaan

of werk weg van die huis af moet doen vir die Genootskap.

John Roos

2005 2006 2007 2008

Tipe Diere Gekeur % Diere Gekeur % Diere Gekeur % Diere Gekeur %

aangebied aangebied aangebied aangebied

Bulle 438 279 64 476 310 65 475 293 62 466 313 67

Verse 1330 1036 78 1334 1063 80 1366 1146 84 1069 832 77

Hulp A 265 152 57 740 488 66 638 397 62 521 288 55

Tabel 3 - Keuringsresultate

BRIEWE

AAN ALLE LEDE VAN DIE DRAKENSBERGER

BEESTELERSGENOOTSKAP

NUUSBRIEF

Daar word beplan om jaarliks 3 Nuusbriewe uit te gee. Die Nuusbrief

word deur LDO Veekundige Dienste saamgestel en gedruk.

Hiermee word elke lid van die Genootskap vriendelik versoek om

die nuusbrief te ondersteun met toepaslike nuus, foto’s en

nuusgebeure in u omgewing asook klubnuus. Die Nuusbrief kan

alleenlik slaag as u as teler alle nuuswaardighede onder die aandag

van LDO Veekundige Dienste bring.

Ten einde die Nuusbrief te finansier word ‘n beroep op u gedoen

om die projek te ondersteun deur middel van advertensies.

Advertensies tariewe:

Volblad advertensie R600.00 plus BTW

Halfblad advertensie R400.00 plus BTW

Derdeblad advertensie R250.00 plus BTW

Kwartblad advertensie R175.00 plus BTW

Klein Advertensie R50.00 plus BTW (20 woorde)

TELERS EN BEAMPTES

Nuwe ere-president

Tydens die algemene jaarvergadering is mnr. John Roos aangewys

as ere-president van die Genootskap. Die twee ander erepresidente

is mnre. Koos Botha van Vrede en Pierre Uys van

Volksrust.

John Roos het in 1967 as besigheidsman in Johannesburg saam met

‘n vennoot, Frank Poulter, ‘n naweekboerdery begin op ‘n

boomryke (wattel) en waterryke plaas oos van Carolina. John en sy

vrou Lee, het met skape begin en ‘n melkery , waar kalwers saans

afgehok is en soggens gemelk is (elke koei het ‘n konfytblikkie meel

gekry). Na ‘n tydperk het dit geblyk dat die swart koeie wat hulle

gemelk het, die meeste melk gegee het en die beste kalwers gehad

het. Dit het hulle laat besluit om ‘n Drakensberger stoet te begin.

Briewe is na al die telers gestuur en so het hulle ou koeie bekom uit

die Kranspoort, Meulstroom, Mambane en Toronto stoeterye.

Alle bulverkopers: Dit is ‘n gulde geleentheid om u kopers te

bedank vir hul ondersteuning deur die jaar en hul uit te nooi na

volgende jaar se veilings

Veilingsdatums vir 2009 gaan in die Nuusbrief verskyn maar

elke klub kan hierdie geleentheid benut om sy eie veiling te

bemark. Die volgende nuusbrief sal D.V. Maart-April 2009

verskyn. Doen dus nou vroegtydig bemarking vir u klub.

Stuur alle advertensies en berigte so spoedig moontlik aan die

Genootskap kantoor Posbus 273, Volksrust of epos dit na:

hannesdreyer@vodamail.co.za of

tmmj@goggaconnect.co.za of

stienie@drakensbergercbs.co.za

Indien u sou verkies om in die toekoms u Nuusbrief per epos te

ontvang stel die kantoor in kennis.

KOM ONS MAAK ONS NUUSBRIEWE ‘N REUSE SUKSES - DIT KAN

SLEGS SLAAG INDIEN U AS LEDE BETROKKE RAAK EN U KANT BRING.

MC Blom - PRESIDENT

In 1977 het John ‘n senior keurder geword en in 1978 is hy tot die

Raad verkies. Daarna het hy ononderbroke op die Raad gedien tot

in 2008. In 1984 is hy verkies as vise-president en 1985 as President

van die DBTG. Daarna het hy verskeie termyne as vise-president en

as president gedien. Sy aanwysing as ere-president is voorwaar ‘n

gepaste eerbewys vir ‘n persoon wat ‘n groot deel van sy lewe aan

die Drakensbergerbeesras gewy het. Die DBTG is voorwaar

gelukkig om nog steeds wanneer dit nodig is op die insig en raad

van hierdie ere-president te kan staatmaak.

As jong navorser verbonde aan die destydse Nooitgedacht

Navorsingstasie was dit altyd ‘n besonderse voorreg om by Buffalo

Valley te kan kom en die gasvryheid waarmee ons altyd ontvang is,

sal my altyd bybly.

Redakteur – H. Dreyer

Graag bedank ons, as , al ons kliente vir hul ondersteuning, en

wens elkeen ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2009 toe!

5

Dave Eden

Dave het meer as dertig jaar van sy lewe toegewy aan Drakensbergers

en daar kan geen twyfel bestaan dat hy aan die beesras

geglo het nie. Dave het dan ook die Eppie Nel – trofee, ’n trofee

wat aan ‘n persoon toegeken word vir sy bydrae tot die

bevordering van die Drakensbergerbeesras, ’n paar keer ontvang.

Die Drakensberg Telersgenootskap het ook ‘n oorkonde

vir besondere diens gelewer, aan hom oorhandig. Ons wil Dave

bedank vir sy volgehoue geloof in, en toegewyde diens aan die

Drakensbergers.

Dave was betrokke by die Drakensberger Telersgenootskap

vanaf 1970 toe hy as hoof van die Grootvee-afdeling van die

Nooitgedaght Navorsingstasie navorsing gedoen het oor die

Drakensberger as beesras. Hy het‘n kudde op Nooitgedacht –

en Athol Navorsingstasie gevestig.

Vanaf 1982 het Dave as vakkundige beampte by Vleissentraal

diens gedoen. Hier het hy konsultasie werk vir van die stoettelers

maar veral kommersieële kuddes gedoen. Dave het ook

met Vleissentraal as borg, reuse insette gelewer by Drakensbergerklubs-,

Produksie- en Nasionale veilings en opleidingskursusse.

Gedurende hierdie periode het hy baie reklamewerk,

soos die opstel van biljette en artikels in ons nuusbriewe en

joernale, gratis gedoen.

6

In 1992 word hy as Rasbestuurder te Volksrust aangestel, waar

hy die grondslag van die kursusse soos dit huidig aangebied

word, gelê het. Ons kon Dave egter vir ‘n tydperk nie as ‘n

voltydse Rasbestuurder bekostig nie en het ons sy dienste op ‘n

ad hoc basis gebruik.

Dave is weer vanaf 2003 as Konsultant / Bestuurder aangestel

om met die administrasie en reklame van die Genootskap

behulpsaam te wees, tot en met sy bedanking in 2008.

Ons bedank Dave vir sy insette oor die jare en wens hom en

Carol ‘n mooi toekoms in die Kaap toe.

Nuwe lede

Ons verwelkom graag die volgende nuwe lede :-

Danco Stud Farm (Spesiaal)

Bennie de Beer (Stoet)

Fernando de Almeida (Kommersie l)

Jaco van der Merwe (Stoet)

Zirk Wolmarans (Stoet)

S vd Merwe (Stoet)

Dankie aan almal wat die afgelope jaar ondersteun het.

Ons glo die NEUMAN bulle is fluks aan die werk en ons sien saam met julle uit na die

aankoms van die kalwers!

Die Inligtingsdag sal plaasvind op 22 Julie 2009 en ons

volgende veiling op 6 Augustus 2009

‘n Baie Geseënde Kersfees en Voorspoed vir 2009!

Rodney Neuman en Familie

www.neumandrakensbergers.co.za

VEILINGSRESULTATE

Klubveilings 2008

Vrystaat Drakensbergerklub Veiling

Die Vrystaat Drakensbergerklub hou `n baie suksesvolle veiling

op 13 Augustus 2008. Die totale aanbod was van hoogstaande

gehalte. 46 bulle (92%) word verkoop teen `n gemiddelde prys

van R22 380,00.

Die hoogste prys was R80 000,00 vir Reinburg Rover van Reinier

van Rensburg met die koper André van Dyk van Van Dyksdrift.

Dit is ook ‘n nuwe S.A. rekordprys. Naashoogste prys was

R40 000,00 vir Reinburg Tokkelos van Reinier van Rensburg met

die koper Tobie Niemand van Steynsburg.

Die volgende trofees word met die veiling oorhandig:

- Teler met beste gemiddelde TKP: Johan Rautenbach

Aangesien dit die klub se 25 ste veiling was, is twee pryse geborg

vir die besondere geleentheid:

- Die prys vir die koper met die hoogste omset gaan aan ‘n

gewaardeerde koper oor baie jare: Mnr. Corneels Els van

Heilbron. (Sien foto)

- Die prys vir die koper van die duurste bul gaan aan mnr.

André van Dyk.

Vlnr. Reinier van Rensburg (verkoper), Jan Mosterd, Renier

Muller en Dawid Botha (BKB Louwid) en Andre van Dyk

(koper).

Die aanvraag na vroulike diere was redelik goed met die hoogste

prys van R8 000,00 vir dragtige koeie.

Die veiling was aangebied deur BKB Louwid met Jan Mostert as

afslaer. Mnre. Johan Uys en Piet de Villiers het as beskermhere

opgetree.

August Hattingh en Corneels Els

Verkoper Aangebied Verkoop Duurste Beste 3

Gemiddelde pryse

Totaal

RJ v Rensburg +Seun 13

12 R80 000

R47 666

R26 958

JA Rautenbach

9

9 R28 000

R26 000

R21 111

JP Jansen van

6

6 R30 000

R25 000 R21 666 R22 000

Vuuren

10

10 R23 000 R19 000 R17 000

R19 900

AW Hattingh en

5

3 R50 000 R17 000

R17 000

Seun

2

1 R20 000

R15 333

R50 000

JH Potgieter

3

3

R15 333

A van Dyk

Bezuidenhout

2

2

R19 000

Broers

J + E Dhooge

TOTAAL 50 46 R22 380

VLNR: Johan Rautenbach, Jan Dhooge, Hermans Potgieter,

Reinier van Rensburg en August Hattingh.

7

Opsomming van die

veiling:

Suidelike Hoëveld Drakensberger Klub

Die 39 ste veiling van die Suidelike Hoëveld Drakensberger Klub

is op Donderdag 2 Oktober 2008 op Vrede gehou. ‘n Bul van

mnr. Fanie van Dyk van Brandfort is vir R36 000,00 verkoop aan

mnr. Neels Rautenbach van Standerton wat dan ook die

hoogste prys op die veiling was.

Die tweede hoogste prys van R35 000,00 is deur mnr. Johan

Geyser van Standerton betaal vir ‘n bul van mnr J.P. Botha &

Seuns van Vrede. Die gemiddelde prys vir bulle was R 19 683,00.

Mnre. Neels Viljoen (BKB Louwid), Fanie van Dyk

(verkoper), Neels Rautenbach (koper) en Johan van der

Nest (afslaer) by die duurste bul op die veiling.

Oos Transvaal Drakensberger Klub veiling

Die 45 ste veiling van die Oos Transvaal Drakensberger Klub is op

8 Oktober 2008 op Ermelo gehou. Nege en twintig bulle is

verkoop vir ‘n gemiddelde prys van R16 600,00. Die hoogste

prys bul van R 25 000,00 is deur mnr. Pierre Uys van Volksrust

verkoop aan mnr. Eli van der Merwe van Pelgrimsrust.

Die veiling is behartig deur BKB Louwid.

Noordwes Klub

Die 2 de gesamentlike Produksieveiling van die NWDK het op 16

Oktober 2008 te Elandslaagte, Klerksdorp, op die plaas van

Tienie Ferreira, plaasgevind. Weens die stormwinde wat

gewoed het, moes die veilingstent die oggend van die veiling

weereens opgeslaan word. Die wind het nie gaan lê nie en die

hele dag was ‘n winderige ervaring. Met die besef dat daar nie

teen die natuur gestry kan word nie, het die dag heel goed

afgeloop en het almal wat die veiling bygewoon het, dit in die

lig gesien en geniet.

Die duurste en naas duurste bulle is verkoop deur Johann

Fourie aan onderskeidelik Crous Vee Boerdery van

Viljoenskroon vir R 27 000,00 en HK Grobler van Gerdau vir

R 20 000,00. Min van die vroulike diere wat aangebied is, is

verkoop. Die veiling is aangebied deur Andre Kock & Seun. Die

8

Klub spreek ook hul dank uit teenoor die beskermhere mnre.

Carel Nel en Jan Dhooge wat onder moeilike omstandighede hul

goed van hul taak gekwyt het en teenoor Magiel en Linda Blom

wat die veiling ook bygewoon het.

Karoo Klub

Ons eie klubveiling was 31 Julie 2008. Dit was die 6 e veiling en

ons het 14 bulle aangebied waarvan 9 verkoop is teen gemiddeld

R13 777,00. Die hoogste prys was R20 500,00 vir ‘n bul van

die Nadau Stoet. Een aspek van die veiling was dat die gehalte

baie goed was waarop ons as klub trots is.

Ons as klub is ook genooi om bulle aan te bied te Rouxville

Veetelersklub se produksieveiling op 12 September. By hierdie

veiling is net Drakensbergers en Bonsmaras aangebied. Ons het

11 bulle aangebied en al 11 is verkoop teen ‘n gemiddelde prys

van R13 090,00. Die hoogste prys was R20 000,00 vir ‘n bul van

Neusberg stoetery. Weereens is ons gekomplimenteer met die

gehalte van die bulle.

Kwazulu-Natal Klub

Alle ras kampioen op van Vokmar Bohmer op Vryheid

Klubveiling

Neuman Produksieveiling, Lot 39 - hoogste prys bul

Produksie veilings 2008

Buffalo Valley

Die Buffalo Valley veiling wat op 28 Mei 2008 plaasgevind het,

was weereens baie suksesvol. Dertig bulle is verkoop teen ‘n

gemiddelde prys van R21 032,00.

Die hoogste prys van R70 000,00 is deur mnr L. D. Wessels

betaal vir BV 040020. Die tweede hoogste prys van R60 000,00

is deur mnr. Peet van Vuuren van Sunward betaal vir BV

050089.

Ook die koeie het baie goeie pryse behaal. Die hoogste prys van

R21 000,00 is deur mnr. Bonga Buthelezi betaal vir BV 000345.

Mnr. L. D. Wessels van Excelsior het die tweede hoogste prys

van R16 500,00 betaal.

Embee Veiling

Die EMBEE Drakensbergerveiling van mnr. Magiel Blom en

gasverkopers is op 5 Junie 2008 op Witbank aangebied. Van die

3-jaaroud bulle aangebied is 60% verkoop teen ‘n gemiddelde

prys van R19 071,00 . Twee bulle is vir R25 000,00 (die hoogste

prys) verkoop aan onderskeidelik Manie en Johan van Staden

van Potchefstroom en Andries van Rensburg van Perdekop. Van

die 2-jaaroud bulle is 50% verkoop teen ‘n gemiddelde prys van

R15 000,00. Die verkoopsyfers van die dragtige koeie is

opgesom in die volgende Tabel.

Ouderdom Aangebied Verkoop Gemiddelde prys

1998 4 3 R6 000,00

1999 8 8 R6 000,00

2000 10 4 R7 000,00

2002 10 3 R8 000,00

2003 18 15 R8 700,00

2004 18 11 R9 090,00

2007 40 40 R3 000,00

Die 9 koeie wat by die bul geloop het is almal verkoop teen ‘n

gemiddeld van R7 000,00. Kopers van sover as Graaff Reinet het

van die koeie gekoop.

Die gasverkoper, mnr. Jannie Jacobsz van die Jacobsz Familie

Trust het 3 bulle verkoop vir ‘n gemiddeld van R15 000,00.

Neuman Veiling

Die eerste Drakensbergerbulveiling van Neuman Broers wat

op 7 Augustus 2008 plaasgevind het, word deur kenners beskou

as een van die beste Drakensbergerveilings wat nog gehou is.

Hierdie was ook die eerste veiling van plaasgetoetste

Drakensbergerveldbulle wat onder beskerming van Veldbul

Suidelike Afrika gehou is. 27 bulle van die Frelon stoet is vir

verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R27 007,00 terwyl 20

9

bulle van die Hymgert stoet verkoop is teen R28 150,00 stuk. Die

hoogste prys van R66 000,00 is deur AJ & JC Cronje Trust van

Vrede betaal vir die Hymgert bul HN 050056. Die tweede

hoogste prys van R57 500,00 is deur mnr. Johan Botha van

Standerton betaal vir die bul HN 050081. Mnr. Klaas Venter van

Grootvlei was die grootste koper van bulle op die veiling. Die

bulle is aangebied met die veldbuldata, stambome en LNR data

beskikbaar. Al die bulle wat aangebied is, is verkoop.

Kommersiële dragtige verse is verkoop teen R6200,00 en

dragtige stoetkoeie het R 8500,00 behaal . Die hoogste prys vir

‘n stoetkoei was R9500,00 en is betaal deur mnr. Johan Botha

van Standerton.

Kopers van sover as Namibië, Klerksdorp, Marikana en

Brandfort het die veiling bygewoon. Die veiling is behartig deur

Elite Afslaers met mnr. Louwrens Bibbey as afslaer.

Rouvus Veiling

Die produksieveiling van mnr. Gawie Roux en seun het op

25 Julie 2008 plaasgevind. 12 bulle is verkoop teen ‘n

gemiddelde prys van R19 166,00. Die hoogste prys vir ‘n bul

(R26 000,00) is deur mnr. D.G. Steyn van Polokwane betaal.

Graadverse is verkoop vir R5 500 gemiddeld en speenverse vir

R 2 800,00.

BSB Veiling

Tydens die BSB veiling wat op 30 April 2008 plaasgevind het, is

22 bulle van mnr. Volkmar Bohmer verkoop teen ‘n gemiddelde

prys van R17 090,00.

Agt bulle van mnr. Heinz Schutte is verkoop teen gemiddeld

R16 182,00. Die hoogste prys van R30 000,00 is deur mnr.

Volkmar Bohmer betaal vir bul HAS 050059 van mnr. Heinz

Schutte. Me. Helen McGinn van Carolina het R27 000,00 betaal

vir bul VB 050022 van mnr Volkmar Bohmer.

Voor: Verkopers Rodney en Leonard Neuman

Agter: Louwrens Bibbey (Afslaer), Koos en Gabriel Cronje

(kopers van hoogste prys bul, lot 39, foto b. 8)

KLUBNUUS

Vrystaat Drakensbergklub Toer

Die oggend van 7 Mei 2008 arriveer 7 entoesiastiese lede by

Karan Beef te Heidelberg. Ons word deur die voerkrale geneem

deur mnr. Bennie Welgemoed. Daarna gee hy ons ‘n baie

insiggewende lesing oor die bestuur en administrasie van ‘n

voerkraal. Hy beskryf aan ons hoe ‘n ideale speenkalf daarna

moet uitsien. Ons word op ‘n heerlike biefstukete getrakteer

deur die vriendelike personeel van Karan.

Die namiddag vertrek ons na die plaas van Jan Dhooge, waar ons

van sy diere besigtig.

Ons oornag by ‘n pragtige Lodge in die Heidelberg omgewing.

Om ‘n heerlike kampvuur is daar tot laatnag gekuier en gesêls

oor die Drakensberger bees!

Vroeg die volgende oggend vertrek ons na Vereniging abattoir.

Die bestuurder, dr. Johan de Bruin, neem ons deur die abattoir.

Ons beleef die hele proses van slagting tot waar die karkasse die

koelkamers binnegaan. Dit was ongelooflik om te sien hoe 55

ambagsmanne die produksielyn seepglad laat verloop.

Ons volgende stop is “Delfos Meat and Chicken”. Mnr. Karel

Mestdagh se ontbeningsaanleg was ‘n belewenis!! Vleis word

hier op grootskaal ontbeen en in houers verpak vir bevriesing.

Karel se inligting was baie interessant en op die koop toe het ons

ook ‘n versnappering gekry vir die pad terug: elkeen is met ‘n

reuse biltongpak daar weg!!

Namens die klub, ‘n groot dankie aan Jan Dhooge vir al die

reëlings. Dit was ‘n groot lekkerte en ons het baie geleer! Dit

was soos altyd ‘n voorreg om as klub so ‘n avontuur saam mee

te maak.

Ons sluit ons jaar van hoogtepunte af met ‘n funksie waarheen

ons gades ons vergesel het. Ons het op 17 Oktober 2008 heerlik

saamgekuier in die A la Carté Restaurant Polfyntjie te Frankfort.

Aan August Hattingh en Jan Dhooge ‘n hartelike dank vir al jul

reëlings en harde werk deur die jaar. Ons het al die aktiwiteite

terdeë geniet.

Being indigenous to South Africa and not derived from any other

breed.

The Drakensberger is unrelated to other breeds in the world

and is therefore perfect for crossbreeding. The highest percentage

hybrid vigour.

Tick and disease resistant.

Adapted to cold and hot climates.

10

Finaliste van die LNR Streekskuddekompetisie van die Vrystaat

- Vlnr. Gawie Roux, Liesel Foster en Carel Nel

6+ Telers

‘n Baie suksesvolle inligtingsdag en streeksvergadering is die

27 ste Augustus in Bultfontein op die plaas van Frannie en

Miemie du Toit aangebied. Daar was 15 kommersiële telers

teenwoordig en ons het die dag baie goeie reklame vir die ras

gekry.

Tydens die Bultfontein Skou op 4, 5 en 6 September het die

groep ‘n uitstalling gehou met ‘n bul en koei en met reklame

materiaal van die Genootskap. Die uitstalling was ‘n baie groot

sukses met goeie belangstelling en navrae wat ons glo nuwe

belangstelling in die ras sal bring. Daar was ook al navrae

vanaf boere wat wil oorskakel na die Drakensberger Ras.

Tydens ons veiling die 9 de September wat ‘n groot sukses was

wil ek net die volgende vermeld: Mnr. Gerhard Maritz wat

reeds met kommersiële Drakensberger kruisings boer het al die

pad van Aorab in Namibië gekom en 17 koeie met 13 kalwers

en 3 bulle gekoop. Hy is vuur en vlam oor die beeste en het

alreeds die kantoor gekontak om as stoetsteler aan te sluit.

Drakensberger speenkalwers in Noord Kwazulu Natal

TEGNIES

Reproduksie se invloed op seleksie

en wins - Leslie Bergh, LNR-Diereproduksie Instituut, Irene

Hoekstene van reproduksiebestuur

Reproduksie is die basis van die produksieketting en is die

enkele aspek wat die grootste invloed het op die winsgewendheid

van ‘n vleisbeesboerdery.

Reproduksiebestuur berus op vier bene, naamlik voeding,

kuddegesondheid, seleksie vir vrugbaarheid en paringsbestuur.

Alhoewel dit as vanselfsprekend aanvaar word dat

goeie earthmoving die basis is vir die effektiewe bestuur van

elk van bogenoemde aspekte, is dit skokkend hoeveel vleisbeesboere

baie min, indien enige, reproduksie- en produksierekords

van hul diere hou.

Invloed van kalfpersentasie op seleksiedruk

Tabel 1 illustreer die invloed van kalfpersentasie op selesiedruk.

Die aannames is dat as dit ‘n teelkudde van 100

koeie is, die mortaliteite 3-5% per jaar is. Alle nie-dragtige

koeie word verkoop nadat dragtigheidsondersoeke gedoen

is en ‘n verdere 10% van die koeie word jaarliks uitgeskot op

grond van ouderdom, swak prestasie, ensovoorts.

Die ideaal is om, so gou moontlik nadat die dekseisoen

verby is, alle nie-dragtige koeie te verkoop en te vervang

met dragtige verse. Tabel 1 toon aan dat, indien die kalfpersentasie

onder 80% daal, dit nie moontlik is nie, omdat

Kalf % Vrektes

(3 - 5%)

Tabel 1:Die invloed van kalfpersentasie op seleksiedruk.

Kalf % Vrektes

(3-5%)

Beskikbare

verse

Verkoopbare

kalwers

(Bulle+Verse)

Dragtige

verse

Uitskot

koeie

11

koeie en/of verse wat nie dragtig is nie, in die kudde gehou

moet word om getalle te handhaaf. Doeltreffende seleksie

vir vrugbaarheid vereis dus ‘n kalfpersentasie van minstens

80%.

Invloed op wins

Navorsing het aangetoon dat ‘n 10% verbetering in reproduksietempo,

‘n kudde se netto inkomste met 8% verhoog.

Tabel 2 illustreer die uitwerking van kalfpersentasie op die

jaarlikse bruto inkomste in ‘n kudde waar 20% koeie jaarliks

uitgeskot word. Die aannames is dat as dit ‘n teelkudde van

100 koeie is, die speengewig van bulkalwers 230 kg is, die

van verskalwers 210 kg en die gewig van uitskotkoeie 500

kg. Die uitslagpersentasie van uitskotkoeie is 50%. Die

speenkalwers word teen R12,50/kg lewende gewig en

uitskotkoeie teen R17.30/kg karkasgewig verkoop.

Die berekening toon aan dat indien die kalfpersentasie van

55% tot 95% verhoog word, die bruto inkomste per jaar met

R110 000 (62%) verhoog word in ‘n koeikudde van 100

diere. Anders gestel, as die kudde se kalfpersentasie 55% is,

verloor die boer R110 000 van sy potensie le bruto inkomste

per jaar.

Dit laat jou dink, nê?

Uitskot –

Nie gekalf

Inkomste –

Kalwers (R)

Uitskot –

Oud en

ander

Inkomste –

Uitskotkoeie

Tabel 2: Die invloed van kalfpersentasie op die jaarlikse bruto inkomste van ‘n vleisbeeskudde.

(R)

Totale

uitskot

Surplus

of tekort

95 3 46 44 5 10 15 +29

85 3 41 35 15 10 25 +10

80 3 39 31 20 10 30 +1

75 3 36 27 25 10 35 -8

65 3 31 20 35 10 45 -25

55 3 26 14 45 10 55 -41

Totale

inkomste

(R)

95 3 46 + 26 20 200 500 86 500 287 000

85 3 41 + 21 20 173 000 86 500 259 500

75 3 36 + 16 20 145 500 86 500 232 000

65 3 31 + 11 20 118 000 86 500 204 500

55 3 26 + 6 20 90 500 86 500 177 000

ALGEMEEN

Vrystaat Drakensbergerklub en Streeksvergadering

Op 29 Julie 2008 word ‘n baie geslaagde streeksvergadering en

inligtingsdag aangebied te BKB Louwid kantore op Frankfort.

Die hoofspreker vir die dag was dr. Izak Hattingh (self ‘n ywerige

Drakensbergerboer). Hy gee ‘n uiters insiggewende lesing oor

BVD. Hierna twyfel ons nie meer oor wat BVD is en hoe ons dit

kan voorkom nie.

Hierna kom die president van die DBTG, mnr. John Roos, aan

die woord. Hy gesels oor die Drakensbergerras en waarheen

die ras oppad is. Na ‘n vrugbare bespreking, verdaag ons vir ‘n

heerlike braai waar stoet en kommersiële telers verder

saamgesels oor hulle gesamentlike belangstelling: die

Drakensberger bees!

Universiteit van Pretoria - Veekunde studente besoek

Vrede

Die finale jaar Veekunde studente van die Universiteit van

Pretoria onder leiding van een van hul dosente, Dr. Christine

van Rensburg, het verskillende boere in Vrede distrik besoek

vanaf 23 - 25 September 2008. Die toer het op 23 September

begin met ‘n besoek aan mnr. Arthur de Villiers Jnr op die plaas

“Arcadia”. Die oggend van die 24 ste is die plaas van mnr. Gert en

me. Ronel Smit besoek waar die studente meer kon leer oor

Merinoskape. Die hoogtepunt van die besoek was ongetwyfeld

die besoek aan die plaas “Hartbeesvlakte “ van die Neuman

Broers. Mnre. Rodney Neuman, Louis Botha en Piet de Villiers

het die studente meer vertel van die Drakensberger en die

voordele om met hierdie inheemse beesras te boer. Hierna het

almal ‘n kort rit met ‘n waentjie getrek deur twee

Drakensberger osse onderneem. Die besoek is afgesluit deur na

koeie met kalwers in die veld te gaan kyk.

Wat veral onthou sal word van die groep studente is dat die

dames besig is om die veebedryf oor te neem – van die 40

studente was meer as die helfte dames !

Finale jaar student UP studente gedurende die besoek aan

die Neuman Broers.

12

Buffalo Valley Inligtingsdag

Die Oos Transvaal Drakensberger Klub het op 19 April 2008 ‘n

baie suksesvolle inligtingsdag aangebied te Buffalo Valley.

Sprekers wat opgetree het was mnre. Dieter Bruyns van

Standard Bank, Magiel Blom en dr. Hannes Dreyer.

Eersgenoemde het oor die huidige stand van die ekonomie

gepraat, terwyl dr. Dreyer verskillende produksiestelsels vir

vleisbeeste behandel het. Met die huidige ekonomiese klimaat

was daar baie min verskil tussen speenkalf, 18-maande en

30-maande bemarkingstelsels. Mnr. Magiel Blom het die

voordele van die Drakensbergerbeesras behandel.

6+ Telers Inligtingsdag

‘n Baie suksesvolle inligtingsdag en streeksvergadering is die

27ste Augustus in Bultfontein op die plaas van Frannie en

Miemie du Toit aangebied. Daar was 15 kommersiële telers

teenwoordig en ons het die dag baie goeie reklame vir die ras

gekry.

Tydens die Bultfontein Skou op 4, 5 en 6 September het die

groep ‘n uitstalling gehou met ‘n bul en koei en met reklame

materiaal van die Genootskap. Die uitstalling was ‘n baie groot

sukses met goeie belangstelling en navrae wat ons glo nuwe

belangstelling in die ras sal bring. Daar was ook al navrae vanaf

boere wat wil oorskakel na die Drakensberger Ras. Baie dankie

Hendrina Bezuidenhout

Sekretaresse

Inligtingsdag Neuman Broers

Die inligtingsdag van die Neuman Broers op 15 Julie is deur

meer as 70 belangstellendes bygewoon. Mnr. Thys le Roux,

voorsitter van VBSA, het as voorsitter van die dag opgetreë.

Mnr. Joel Herholdt van Molatek het oor strategiese

lekaanvulling gepraat terwyl die President van SA Stamboek,

mnr. Carel Nel, die waarde van stoetbulle bespreek het. Dr.

Hannes Dreyer het die toets van bulle op die veld bespreek

asook die prestasie van die Hymgert en Frelon stoete tydens die

afgelope veldtoets. Mnr. Piet Potgieter, ‘n landbou-ekonoom

van Vrede, het die ekonomie van beesvleisproduksie bespreek.

Na afloop van die lesings het mnr. Arthur de Villiers, bekende

Bonsmara teler, die veilingsbulle op individuele grondslag

bespreek. Na die bespreking van die bul is die ma van die bul

ook ingebring en bespreek. Die dag is op ‘n sosiale voet

afgesluit is met ‘n heerlike ete en saam kuier.

Letter as published in Country Life

Magazine

I read in one of your back issues that you

are looking for people who live a commuter

life to write in. Well many months

have passed so a bit late!!! Lying in the

sun on our Free State farm reading your

February issue just reminded me.

We live Monday to Thursday in Johannesburg

and are in the thick of things traffic,

school lifts, work, sport, gym and of

course the ever present load shedding.

After 6 years of searching for the perfect

alternative lifestyle we found our piece of

heaven 3 years ago and couldn't be happier.

Every Friday at 2pm the family (2 dogs,

1 cat , 1 bearded dragon , a leopard ghekko,

hamster, 3 kids and 2 adults - and a

convoy of friends) skip town.

We have a 1300 hectare farm just outside

Vrede in the Eastern Free State. We breed

Drakensburger Cattle.

Kersboodskap van Buffalo Valley Farms, tuiste van die Drakensberger.

Ons wil almal bedank wat ons ondersteun het

in hierdie jaar en ons wens een en almal ‘n baie

geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2009.

Ware vooruitgang is om meer kennis in te win,

meer te wees, en meer te doen (Oscar Wilde).

Mag ons almal geinspereerd wees in 2009!

We found the most beautiful piece of land

filled with rivers, kloofs, cliffs of breading

birds (once featured on 50/50) dispelling

the flat Free State impression! It is only

195 km's from door to door but is worlds

apart!!! I was hoping to find a sandstone

home to renovate but instead got a

"moderne plaas huis" which we have

turned into a fun, albeit quirky, comfy

home. This has given us and our 3 growing

kids so much love, joy, balance and pleasure.

I can't imagine trawling malls and

Johannesburg weekends anymore. We

spend them riding horses and motor

bikes, fishing, walking, picnicking and

working on our animals! The community

around us have taken us under their wings

even though we are naweek boere en

rooinekke!! (En Joode!!!)

Our friends from Johannesburg jostle for

a visit and all 16 beds are more than most

We thank you all for your support during 2008.

May you all have a blessed Christmas and a

very prosperous 2009.

True progress is to know more, be more, and

do more (Oscar Wilde). May we all be inspired

in 2009.

Contact Details:

http://studbook.co.za/breeders/buffalo/valley.html

Tel./ Fax 017 8432904, Fax 086 6947093 Cell. John 082 805 3932, Vic 082 805 3932.

buffalovalley@skyafrica.co.za

13

times full (even had to do check out times

once). People seem to crave the alternative

way of life. I would be happy to share

our trials and tribulations with your readers

in the hope of more people taking this

option to ground their families and lives.

Thank you so much for your outstanding

mag - I drink in every page. And as for

Load shedding our kids are so used to the

farm electricity they go yeah when the

lights go out and aah when they come

back on!!!!!

Love

Sean, Glynda, Jake, Dean and

Loren Kramer

NOW WITH

GENEPRO

BREEDING

MANAGEMENT

MODULE

» Developed in SA by the ARC with a private

software house, BenguelaSoft CC

» Equally suitable for commercial and stud

herds

» User friendly MS Windows operating

system

» Afrikaans, English, Portuguese and

Spanish language options

» Install on more than one computer at no

additional cost

» Use for more than one herd at no additional

cost

» World wide user support, training and

agents

» Support SA Studbook, ARC, BreedPlan and NSBA

protocol and formats

» Performance data processing according

to ARC’s National Beef Recording and

Improvement Scheme

ARC

DEVELOPED IN ASSOCIATION WITH THE ARC

reports

» Reports can be viewed, printed and stored

electronically in various formats

» Electronic data sending & importation,

data and weights from electronic scales

» Stock registers for animals in herd,

medicines, vaccines, semen and embryos

» Powerful search, sort and select functions

for fast and easy selection of animals

» Management diary and address list

possible matings

» Integrated GenePro breeding management

module (optional)

» Easy updating directly from the internet

» Continuous user-driven development and

upgrading

14

ENDORSED BY19SA

BREEDERS’ SOCIETIES

Afrikaner, Angus, Bonsmara, Boran,

Beefmaster, Braunvieh, Charolais,

Drakensberger, Gelbvieh, Hereford,

Hugenoot, Nguni, Pinzgauer,

Red Poll, Santa Gertrudis, Senepol

Club, South Devon, Sussex, Tuli

“I would like to

congratulate you with

an excellent programme

– that has, in a very short time, become the

programme, which of ers the total package

to stud & commercial breeders and is

suited to currently available technology”.

Helmien Haddad for Op die Aarde Bonsmaras

of Frans van den Berg Trust, Reivilo.

National Winner

ARC-ABSA Beef Herd

of the Year Award, 2007

WIDELY USED

Beefpro is used by

hundreds of commercial

and stud beef cattle

farmers in 12 countries

on 4 continents

www.beefpro.net

Contact Mr. Leslie Bergh for more information:

tel +27 12 672 9145 mobile +27 82 801 2026 e-mail leslie@arc.agric.za

BELANGRIKE DATUMS

2009 VEILINGSDATUMS

April 29 BSB Veldbul Veiling Paulpietersburg

Mei 27 Buffalo Valley Produksieveiling Carolina

Junie 4 Embee Produksieveiling Witbank

Julie 24 Rouvus Produksieveiling Ventersburg

30 Karoo Drakensbergerklub Middelburg Kaap

Augustus 5 Neuman Broers Vrede

11 Kobus Davel & Michael Bracher Belfast

12 Vrystaat Drakensbergerklub Frankfort

18 OTDK – Belfast Veiling Belfast

22 Calela Produksie Veiling Ermelo

September 3 Noord Wes Drakensbergerklub Hartbeesfontein

8 6+ Telers Bultfontein

30 Kwa-Zulu Natal Drakensberger Klub Vryheid

Oktober 1 Suidelike Hoëveld Drakensberger Klub Vrede

SEASONS GREETINGS FROM THE DRAKENSBERGER OFFICE

"It is not the years in your life but the life in your years that counts ''.

Adlai Stevenson

It's a very special time to renew old friendships and catch up on all the events of this

year. We wish you all a very blessed Christmas season that lasts the whole year through.

LDO

Veekundige Dienste

Dr Theunis Laas

Posbus 498, Volksrust

Tel :082 774 7305

tmmj@goggaconnect.co.za

Dr Hannes Dreyer

Posbus 635, Vrede

Tel :082 823 1045

hannesdreyer@vodamail.co.za

Mnr Kobus Odendaal

Posbus 14, Verkykerskop

Tel :082 970 2064

Merry, merry Christmas, and a very happy new year!

Doel : Om ‘n volledige professionele veekundige adviesdiens aan veeboere te lewer.

Dienste beskikbaar:

1. Volledige kudde-evaluasie en

teelprogram beplanning

2. Seleksie en keuring van manlike en

vroulike diere

3. Voervloeibeplanning

4. Meet van pelvisgroottes by verse

5. Uitvoering en kontrolering van

veldbultoetse vir VELDBUL SA

6. Volledige insameling, data verwerking,

keuring en seleksie by :

Veldbulklubs

Veldramklub

Bulteelgroepe

Ramteelgroepe

Bul- en ramtelers

7. Burodiens vir rekordhouding vir telers

8. Ekonomiese beplanning en evaluasies

16

16

van boerderystelsel

9. Volledige plaasevaluasie vir

voornemende kopers

10. Beraming van brandskade op plase

11. Aanbied van kursusse :

Vir opkomende beesboere en

plaaswerkers

Gevorderde vleisbees- en

skaapkursusse

Kursus oor veld- en aangeplante

weidings

12. Lesings by studiegroepe en

boereverenigings

13. Navorsing en ontleding van data

14. Skryf van artikels

15. Aankoop en verkoop van aanteel diere

16. Opstel van advertensies en reklame

pamflette vir stoettelers

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!