02.05.2013 Views

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Suidelike Hoëveld Drakensberger Klub

Die 39 ste veiling van die Suidelike Hoëveld Drakensberger Klub

is op Donderdag 2 Oktober 2008 op Vrede gehou. ‘n Bul van

mnr. Fanie van Dyk van Brandfort is vir R36 000,00 verkoop aan

mnr. Neels Rautenbach van Standerton wat dan ook die

hoogste prys op die veiling was.

Die tweede hoogste prys van R35 000,00 is deur mnr. Johan

Geyser van Standerton betaal vir ‘n bul van mnr J.P. Botha &

Seuns van Vrede. Die gemiddelde prys vir bulle was R 19 683,00.

Mnre. Neels Viljoen (BKB Louwid), Fanie van Dyk

(verkoper), Neels Rautenbach (koper) en Johan van der

Nest (afslaer) by die duurste bul op die veiling.

Oos Transvaal Drakensberger Klub veiling

Die 45 ste veiling van die Oos Transvaal Drakensberger Klub is op

8 Oktober 2008 op Ermelo gehou. Nege en twintig bulle is

verkoop vir ‘n gemiddelde prys van R16 600,00. Die hoogste

prys bul van R 25 000,00 is deur mnr. Pierre Uys van Volksrust

verkoop aan mnr. Eli van der Merwe van Pelgrimsrust.

Die veiling is behartig deur BKB Louwid.

Noordwes Klub

Die 2 de gesamentlike Produksieveiling van die NWDK het op 16

Oktober 2008 te Elandslaagte, Klerksdorp, op die plaas van

Tienie Ferreira, plaasgevind. Weens die stormwinde wat

gewoed het, moes die veilingstent die oggend van die veiling

weereens opgeslaan word. Die wind het nie gaan lê nie en die

hele dag was ‘n winderige ervaring. Met die besef dat daar nie

teen die natuur gestry kan word nie, het die dag heel goed

afgeloop en het almal wat die veiling bygewoon het, dit in die

lig gesien en geniet.

Die duurste en naas duurste bulle is verkoop deur Johann

Fourie aan onderskeidelik Crous Vee Boerdery van

Viljoenskroon vir R 27 000,00 en HK Grobler van Gerdau vir

R 20 000,00. Min van die vroulike diere wat aangebied is, is

verkoop. Die veiling is aangebied deur Andre Kock & Seun. Die

8

Klub spreek ook hul dank uit teenoor die beskermhere mnre.

Carel Nel en Jan Dhooge wat onder moeilike omstandighede hul

goed van hul taak gekwyt het en teenoor Magiel en Linda Blom

wat die veiling ook bygewoon het.

Karoo Klub

Ons eie klubveiling was 31 Julie 2008. Dit was die 6 e veiling en

ons het 14 bulle aangebied waarvan 9 verkoop is teen gemiddeld

R13 777,00. Die hoogste prys was R20 500,00 vir ‘n bul van

die Nadau Stoet. Een aspek van die veiling was dat die gehalte

baie goed was waarop ons as klub trots is.

Ons as klub is ook genooi om bulle aan te bied te Rouxville

Veetelersklub se produksieveiling op 12 September. By hierdie

veiling is net Drakensbergers en Bonsmaras aangebied. Ons het

11 bulle aangebied en al 11 is verkoop teen ‘n gemiddelde prys

van R13 090,00. Die hoogste prys was R20 000,00 vir ‘n bul van

Neusberg stoetery. Weereens is ons gekomplimenteer met die

gehalte van die bulle.

Kwazulu-Natal Klub

Alle ras kampioen op van Vokmar Bohmer op Vryheid

Klubveiling

Neuman Produksieveiling, Lot 39 - hoogste prys bul

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!