02.05.2013 Views

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BRIEWE

AAN ALLE LEDE VAN DIE DRAKENSBERGER

BEESTELERSGENOOTSKAP

NUUSBRIEF

Daar word beplan om jaarliks 3 Nuusbriewe uit te gee. Die Nuusbrief

word deur LDO Veekundige Dienste saamgestel en gedruk.

Hiermee word elke lid van die Genootskap vriendelik versoek om

die nuusbrief te ondersteun met toepaslike nuus, foto’s en

nuusgebeure in u omgewing asook klubnuus. Die Nuusbrief kan

alleenlik slaag as u as teler alle nuuswaardighede onder die aandag

van LDO Veekundige Dienste bring.

Ten einde die Nuusbrief te finansier word ‘n beroep op u gedoen

om die projek te ondersteun deur middel van advertensies.

Advertensies tariewe:

Volblad advertensie R600.00 plus BTW

Halfblad advertensie R400.00 plus BTW

Derdeblad advertensie R250.00 plus BTW

Kwartblad advertensie R175.00 plus BTW

Klein Advertensie R50.00 plus BTW (20 woorde)

TELERS EN BEAMPTES

Nuwe ere-president

Tydens die algemene jaarvergadering is mnr. John Roos aangewys

as ere-president van die Genootskap. Die twee ander erepresidente

is mnre. Koos Botha van Vrede en Pierre Uys van

Volksrust.

John Roos het in 1967 as besigheidsman in Johannesburg saam met

‘n vennoot, Frank Poulter, ‘n naweekboerdery begin op ‘n

boomryke (wattel) en waterryke plaas oos van Carolina. John en sy

vrou Lee, het met skape begin en ‘n melkery , waar kalwers saans

afgehok is en soggens gemelk is (elke koei het ‘n konfytblikkie meel

gekry). Na ‘n tydperk het dit geblyk dat die swart koeie wat hulle

gemelk het, die meeste melk gegee het en die beste kalwers gehad

het. Dit het hulle laat besluit om ‘n Drakensberger stoet te begin.

Briewe is na al die telers gestuur en so het hulle ou koeie bekom uit

die Kranspoort, Meulstroom, Mambane en Toronto stoeterye.

Alle bulverkopers: Dit is ‘n gulde geleentheid om u kopers te

bedank vir hul ondersteuning deur die jaar en hul uit te nooi na

volgende jaar se veilings

Veilingsdatums vir 2009 gaan in die Nuusbrief verskyn maar

elke klub kan hierdie geleentheid benut om sy eie veiling te

bemark. Die volgende nuusbrief sal D.V. Maart-April 2009

verskyn. Doen dus nou vroegtydig bemarking vir u klub.

Stuur alle advertensies en berigte so spoedig moontlik aan die

Genootskap kantoor Posbus 273, Volksrust of epos dit na:

hannesdreyer@vodamail.co.za of

tmmj@goggaconnect.co.za of

stienie@drakensbergercbs.co.za

Indien u sou verkies om in die toekoms u Nuusbrief per epos te

ontvang stel die kantoor in kennis.

KOM ONS MAAK ONS NUUSBRIEWE ‘N REUSE SUKSES - DIT KAN

SLEGS SLAAG INDIEN U AS LEDE BETROKKE RAAK EN U KANT BRING.

MC Blom - PRESIDENT

In 1977 het John ‘n senior keurder geword en in 1978 is hy tot die

Raad verkies. Daarna het hy ononderbroke op die Raad gedien tot

in 2008. In 1984 is hy verkies as vise-president en 1985 as President

van die DBTG. Daarna het hy verskeie termyne as vise-president en

as president gedien. Sy aanwysing as ere-president is voorwaar ‘n

gepaste eerbewys vir ‘n persoon wat ‘n groot deel van sy lewe aan

die Drakensbergerbeesras gewy het. Die DBTG is voorwaar

gelukkig om nog steeds wanneer dit nodig is op die insig en raad

van hierdie ere-president te kan staatmaak.

As jong navorser verbonde aan die destydse Nooitgedacht

Navorsingstasie was dit altyd ‘n besonderse voorreg om by Buffalo

Valley te kan kom en die gasvryheid waarmee ons altyd ontvang is,

sal my altyd bybly.

Redakteur – H. Dreyer

Graag bedank ons, as , al ons kliente vir hul ondersteuning, en

wens elkeen ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2009 toe!

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!