02.05.2013 Views

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

PDF Formaat - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Produksie veilings 2008

Buffalo Valley

Die Buffalo Valley veiling wat op 28 Mei 2008 plaasgevind het,

was weereens baie suksesvol. Dertig bulle is verkoop teen ‘n

gemiddelde prys van R21 032,00.

Die hoogste prys van R70 000,00 is deur mnr L. D. Wessels

betaal vir BV 040020. Die tweede hoogste prys van R60 000,00

is deur mnr. Peet van Vuuren van Sunward betaal vir BV

050089.

Ook die koeie het baie goeie pryse behaal. Die hoogste prys van

R21 000,00 is deur mnr. Bonga Buthelezi betaal vir BV 000345.

Mnr. L. D. Wessels van Excelsior het die tweede hoogste prys

van R16 500,00 betaal.

Embee Veiling

Die EMBEE Drakensbergerveiling van mnr. Magiel Blom en

gasverkopers is op 5 Junie 2008 op Witbank aangebied. Van die

3-jaaroud bulle aangebied is 60% verkoop teen ‘n gemiddelde

prys van R19 071,00 . Twee bulle is vir R25 000,00 (die hoogste

prys) verkoop aan onderskeidelik Manie en Johan van Staden

van Potchefstroom en Andries van Rensburg van Perdekop. Van

die 2-jaaroud bulle is 50% verkoop teen ‘n gemiddelde prys van

R15 000,00. Die verkoopsyfers van die dragtige koeie is

opgesom in die volgende Tabel.

Ouderdom Aangebied Verkoop Gemiddelde prys

1998 4 3 R6 000,00

1999 8 8 R6 000,00

2000 10 4 R7 000,00

2002 10 3 R8 000,00

2003 18 15 R8 700,00

2004 18 11 R9 090,00

2007 40 40 R3 000,00

Die 9 koeie wat by die bul geloop het is almal verkoop teen ‘n

gemiddeld van R7 000,00. Kopers van sover as Graaff Reinet het

van die koeie gekoop.

Die gasverkoper, mnr. Jannie Jacobsz van die Jacobsz Familie

Trust het 3 bulle verkoop vir ‘n gemiddeld van R15 000,00.

Neuman Veiling

Die eerste Drakensbergerbulveiling van Neuman Broers wat

op 7 Augustus 2008 plaasgevind het, word deur kenners beskou

as een van die beste Drakensbergerveilings wat nog gehou is.

Hierdie was ook die eerste veiling van plaasgetoetste

Drakensbergerveldbulle wat onder beskerming van Veldbul

Suidelike Afrika gehou is. 27 bulle van die Frelon stoet is vir

verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R27 007,00 terwyl 20

9

bulle van die Hymgert stoet verkoop is teen R28 150,00 stuk. Die

hoogste prys van R66 000,00 is deur AJ & JC Cronje Trust van

Vrede betaal vir die Hymgert bul HN 050056. Die tweede

hoogste prys van R57 500,00 is deur mnr. Johan Botha van

Standerton betaal vir die bul HN 050081. Mnr. Klaas Venter van

Grootvlei was die grootste koper van bulle op die veiling. Die

bulle is aangebied met die veldbuldata, stambome en LNR data

beskikbaar. Al die bulle wat aangebied is, is verkoop.

Kommersiële dragtige verse is verkoop teen R6200,00 en

dragtige stoetkoeie het R 8500,00 behaal . Die hoogste prys vir

‘n stoetkoei was R9500,00 en is betaal deur mnr. Johan Botha

van Standerton.

Kopers van sover as Namibië, Klerksdorp, Marikana en

Brandfort het die veiling bygewoon. Die veiling is behartig deur

Elite Afslaers met mnr. Louwrens Bibbey as afslaer.

Rouvus Veiling

Die produksieveiling van mnr. Gawie Roux en seun het op

25 Julie 2008 plaasgevind. 12 bulle is verkoop teen ‘n

gemiddelde prys van R19 166,00. Die hoogste prys vir ‘n bul

(R26 000,00) is deur mnr. D.G. Steyn van Polokwane betaal.

Graadverse is verkoop vir R5 500 gemiddeld en speenverse vir

R 2 800,00.

BSB Veiling

Tydens die BSB veiling wat op 30 April 2008 plaasgevind het, is

22 bulle van mnr. Volkmar Bohmer verkoop teen ‘n gemiddelde

prys van R17 090,00.

Agt bulle van mnr. Heinz Schutte is verkoop teen gemiddeld

R16 182,00. Die hoogste prys van R30 000,00 is deur mnr.

Volkmar Bohmer betaal vir bul HAS 050059 van mnr. Heinz

Schutte. Me. Helen McGinn van Carolina het R27 000,00 betaal

vir bul VB 050022 van mnr Volkmar Bohmer.

Voor: Verkopers Rodney en Leonard Neuman

Agter: Louwrens Bibbey (Afslaer), Koos en Gabriel Cronje

(kopers van hoogste prys bul, lot 39, foto b. 8)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!