02.05.2013 Views

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | KORPORatIEWE BEHEER

vervolg

kodE VAn koRpoRAtiEWE

pRAktyk En GEdRAG

shoprite Holdings Bpk is verbind tot die beginsels van doeltreffende

korporatiewe bestuur soos uiteengesit in die Kode van Korporatiewe

Praktyk en Gedrag in die King-verslag 2002 (“die Kode”).

die direksie is van mening dat die Groep tans voldoen aan die

belangrikste vereistes beliggaam in die Kode en die Noteringsvereistes

van die Jse Bpk.

GRoEpStRUktUUR

shoprite Holdings Bpk is ‘n beleggingshouermaatskappy met beleggings

in verskeie plaaslike en internasionale handelsfiliale, waarvan die volgende

die belangrikste is:

– shoprite Checkers (edms) Bpk

– shoprite international Bpk

– shoprite insurance Company Bpk

Alle filiale van shoprite Holdings Bpk is verbind tot die beginsels

van doeltreffende korporatiewe bestuur soos in die Kode vervat.

diE diREkSiE En diREkSiEkomitEES

die direksie

Aan die einde van die verslagdoeningsperiode het die direksie van

shoprite Holdings Bpk bestaan uit dertien direkteure, van wie sewe

uitvoerende posisies in die Groep beklee. die direksie aanvaar algehele

verantwoordelikheid vir die Groep, met inbegrip van die verantwoordelikheid

vir die identifisering van sleutel risiko-areas, die oorweging en monitering

van beleggingsbesluite, die oorweging van betekenisvolle finansiële

aangeleenthede, en die beoordeling van die prestasie van bestuur

gemeet aan begrotings en besigheidsplanne. die direksie is ook daarvoor

verantwoordelik om te verseker dat ‘n omvattende stelsel van interne

beheermaatreëls en prosedures in werking is, en dat aan die beginsels van

gesonde korporatiewe bestuur voldoen word.

die direksie staan onder die voorsitterskap van ‘n nie-uitvoerende

direkteur, dr CH Wiese, wat geen uitvoerende funksies vervul nie. die

rolle van voorsitter en uitvoerende hoof is geskei en elkeen het bepaalde

verantwoordelikhede.

die direksie is daarvan oortuig dat sy lede die kundigheid, talent en ervaring

het om ‘n genoteerde maatskappy te lei. die nie-uitvoerende direkteure

staan onafhanklik van die bestuur en oefen hul onafhanklike oordeel uit. Met

hul wye ervaring voeg hulle waarde toe tot die direksie se beraadslagings.

die direksie vergader minstens vier keer per jaar. Besonderhede van

direkteure se bywoning van die geskeduleerde kwartaallikse direksievergaderings

gedurende die verslagdoeningsperiode word hierlangs uiteengesit:

44 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

28 aug 30 nov 18 Feb 26 Mei

naam van direkteur

Uitvoerende direkteure

2007 2007 2008 2008

JW Basson (uitvoerende hoof) t t t t

CG Goosen t t t t

BR Weyers A t t t

AN van Zyl t t t t

B Harisunker t t t t

eL Nel t t t t

Ae Karp

nie-uitvoerende direkteure

A t t t

CH Wiese (voorsitter) t t t t

JJ Fouché (onafhanklik) t A t t

JA Louw (onafhanklik) t t t t

JF Malherbe (onafhanklik) t t t t

JG Rademeyer (onafhanklik) t t t t

tRP Hlongwane (onafhanklik) t t t A

A=Afwesig met verskoning, t=teenwoordig

die direksie delegeer die daaglikse bestuur van die besigheid aan die

uitvoerende hoof, bygestaan deur senior bestuur. senior bestuur word

genooi om direksievergaderings by te woon en fasiliteer die doeltreffende

beheer van al die Groep se operasionele bedrywighede en tree op as ‘n

medium vir kommunikasie en koördinasie tussen al die verskillende besigheidseenhede

en filiale.

direkteure is onderhewig aan uittrede op ‘n rotasiegrondslag minstens

een keer elke drie jaar, maar kan hulself beskikbaar stel vir herverkiesing

deur aandeelhouers. ingevolge die statute tree dr CH Wiese en mnre

JJ Fouché, JA Louw, AN van Zyl en BR Weyers by die algemene jaarvergadering

uit en, synde verkiesbaar, stel hulle hul vir herverkiesing

beskikbaar, met die uitsondering van mnre JJ Fouché en AN van Zyl.

die maatskappysekretaris word deur die direksie aangestel. As deel

van sy verantwoordelikhede staan die maatskappysekretaris die voorsitter

by met die koördinering en administrasie van die direksie se aktiwiteite

en die induksie van nuwe nie-uitvoerende direkteure, en verseker dat die

Groep aan alle statutêre vereistes voldoen. Alle direkteure het toegang tot

die maatskappysekretaris en sy dienste en kan, indien nodig, onafhanklike

professionele advies inwin.

dit is die Groep se filosofie om sy besigheid op ‘n gedesentraliseerde

grondslag te bestuur en te beheer. senior bestuur vergader elke maand met

die bestuur van die gedesentraliseerde bedrywe om die resultate van elke

bedryfsdivisie in oënskou te neem. senior bestuur vergader ook weekliks

om bedrywighede, finansiële sleutelaanwysers en die reklamestrategie te

bespreek. direksievergaderings word kwartaalliks gehou om die resultate

van die Groep se bedryfsmaatskappye te bespreek en goed te keur.

die direksiehandves verhoog korporatiewe toerekenbaarheid en help

die direksie om sy bestaansdoel te verwesenlik. dit behels die beginsels

van gesonde korporatiewe bestuur soos dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid,

toerekenbaarheid, verantwoordelikheid, billikheid en maatskaplike

verantwoordelikheid.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!