02.05.2013 Views

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

vervolg

betrokke produkte word maandeliks uitgevoer en

verbruikerspanele proe gereeld mededingende

produkte om vergelykings te tref.

tuisgemaakte produkte wat aan individuele

winkels gelewer en deur individue of klein

tuisnywerhede voorberei word (dikwels met

seB-eienaars), is ’n probleem omdat hulle nie

in die breë raamwerk van voedselveiligheid pas

nie. Winkelbestuurders is gretig om sulke klein

ondernemings in hul onmiddellike omgewing

te steun – ook omdat hulle dikwels unieke en

gesogte items lewer. Hoewel dié voorsieners

gereeld gemonitor word om seker te maak dat

hulle aan gesondheidstandaarde voldoen, is

dit ook nie moontlik of realisties om dieselfde

standaarde as vir groot voorsieners op hulle van

toepassing te maak nie.

die noukeurige implementering van gesondheidsmaatreëls

is standaardpraktyk, veral in die

geval van bederfbare produkte wat ’n al groter

deel van ’n verbruiker se mandjie uitmaak. die

Groep doen met trots verslag dat Freshmark, sy

afdeling vir vrugte en groente, meer as 90% van

sy vars produkte regstreeks van die plaas koop.

verreweg die meeste van dié voorsieners het ’n

eurepGap-sertifisering. Gereelde inspeksies van

plase, met die rugsteun van evaluerings deur onafhanklike

laboratoriums, verseker dat ten volle aan

produksie-, hanterings- en verpakkingsvereistes

voldoen word, en dat die koue ketting tussen die

plaas en distribusiesentrum in stand gehou word.

vars vleis is nog ’n terrein waar besondere

sorg gedra word. Geen vleis word plaaslik

gekoop tensy dit goedgekeur is deur die sA

vleisbedryfmaatskappy nie. dié is deur die

regering geskep om verbruikers se belange te

beskerm. streng beheerde hanteringsprosedures,

moderne koeltrokke en enkeldoelige

leweringspunte by alle winkels verseker dat die

koue ketting nie in die gedrang kom nie.

Higiëne in winkels is die verantwoordelikheid

van die afsonderlike afdelings wat nasionaal

voorgeskrewe gesondheid- en reinigingsroetines

toepas. Reiniging word deur personeel onder

toesig uitgevoer of aan firmas met ’n HACCPakkreditasie

uitgekontrakteer. Personeel wat in

diensafdelings werk, waar produkte met toegevoegde

waarde op die perseel gemaak word,

kry bykomende opleiding in higiëne- en reinigingsprosedures.

streekbestuurders inspekteer

winkels gereeld om seker te maak dat by reinig-

36 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

Die wenners van die 2008 Shoprite Checkers / SaBC2 Vrou van die Jaar toekenning:

van links na regs: Bessie tugwana (Hoofbestuurder van sABC2), Prof sherylle Calder (Wenner van die sport-kategorie),

Me Roslyn Narain-Mohan (wenner van die opleidingskategorie), dr veni Naidu (wenner van die sosiale Welstand-kategorie),

Me Janet Buckland (vrou van die Jaar 2008 en wenner van die Kuns, Kultuur en Kommunikasie-kategorie), Prof Claire Penn

(wenner van die Wetenskap en tegnologie-kategorie), Prof Lorna Barbara Jacklin (wenner van die Gesondheidskategorie),

Me thabang Molefi (wenner van die sake entrepreneur-kategorie), Whitey Basson (Uitvoerende Hoof van die shoprite Groep)

ingsroetines gehou word. Gereelde deppertoetse

word deur onafhanklike laboratoriums uitgevoer.

’n Negatiewe bevinding beteken onmiddellike regstellende

stappe deur die streek- en winkelbestuur.

Plaag- en knaagdierbeheer word in alle winkels

uitgeoefen en afval word met kort tussenposes

geprosesseer en van die perseel verwyder.

pRodUkinLiGtinG En

EtikEttERinG

die Groep glo dat verbruikers op akkurate

inligting met genoeg besonderhede op verpakkings

geregtig is sodat hulle ingeligte besluite

kan neem oor die produkte wat hulle kies. Groot

voorsieners volg reeds internasionale praktyke

ten opsigte van die inligting wat hulle op hul

produkte aanbring. Kopers werk nou saam met

kleiner verskaffers om te verseker dat produkte

wat aan die Groep gelewer word, inligting bevat

wat maklik toeganklik is en wat aan die regulasies

voldoen. die Groep is veral bewus van

sy verantwoordelikheid ten opsigte van sy eie

handelsmerk- en privaat-etiketreekse waar hy

volle beheer het oor wat op die etikette verskyn.

inligting word nie net volledig vertoon nie, maar

in die geval van produkte vir uitvoer, is dit ook

in die taal wat vir die verbruikers in ’n bepaalde

mark die toeganklikste is.

vervaldatums op die verpakking help verbruikers,

maar stel terselfdertyd winkelpersoneel

in staat om items waarvan die verkoopsdatum

verstryk het, te identifiseer. sulke items word

van die rakke verwyder en aan die plaaslike

gesondheidsdepartement oorhandig, wat ’n

sertifikaat uitreik om te bevestig dat die items

kragtens munisipale regulasies vernietig is.

koRpoRAtiEWE

mAAtSkApLikE

bELEGGinG

verskeie projekte wat na die Groep se mening

gehelp het om ’n verskil in die land se maatskaplike

en ekonomiese vooruitgang te maak, is in die

verslagtyd aangepak. Hier volg sommiges daarvan:

die Shoprite Checkers/SAbC 2 Vrou van die

Jaar-toekenning

Hierdie belangrike inisiatief bied vroue ’n tasbare

geleentheid om hul eie ontwikkelingsprojekte

aan te pak. in suid-Afrika was vroue vroeg reeds

aan die spits van die beweging om politieke en

maatskaplike gelykheid in suid-Afrika te bewerkstellig.

Hulle werk baie jare lank reeds onverpoos

vir die opheffing en groter welvaart van hul

gesinne en gemeenskappe. die Groep is trots

daarop dat hy die vrou van die Jaar-toekenning in

1996 in suid-Afrika ingestel het om aan vroue en

hul prestasies erkenning te gee en dié te vier.

die toekenning is nou in sy 13de jaar. dit

was die eerste belangrike inisiatief om Nasionale

vrouedag te vier nadat die regering besluit het

om vroue elke jaar met ’n openbare vakansiedag

te vereer – op die dag dat die grootste massasaamtrek

van vroue in suid-Afrika op 9 Augustus

1956 herdenk word. op daardie dag het 20 000

vroue in stilte opgeruk uit verset omdat hulle

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!