02.05.2013 Views

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

vervolg

die Groep bedryf verskeie akademies vir

tegniese opleiding waar werknemers spesialisopleiding

op terreine soos vleisverwerking, die

hantering van varsprodukte, asook bak- en kooklesse

ontvang. daar is akademies vir tegniese

opleiding in Kaapstad, durban en Johannesburg

en soortgelykes gaan in die nuwe finansiële

jaar in Port elizabeth en Welkom in die vrystaat

open. Almal beskik oor die allernuutste toerusting

en alle kursusse wat aangebied word, is ten

volle geakkrediteer. Hulle bied diegene wat hul

opleiding voltooi, al die vaardighede wat hulle

nodig het om hul vak te bedryf. die Groep is baie

trots daarop dat hy die eerste kleinhandelmaatskappy

was wat akkreditering ontvang het om

’n kwalifikasie op diplomavlak vir slagters aan te

bied. die Groep registreer tans sommige van sy

akademies by die departement van onderwys

as voo- (voortgesette onderwys en opleiding-)

kolleges. Meer as 2 000 werknemers het tot op

hede gevorderde opleiding voltooi.

die geleidelike uitbreiding van die nuwe

administrasiestelsel wat intern as “operation

Better store” bekend staan, vind nou in al sewe

geografiese gebiede in suid-Afrika plaas en elke

week word twee nuwe winkels in elke streek

met die nuwe tegnologie toegerus. Aan die

einde van die oorsigtyd was sowat 200 winkels

toegerus met dié veeldoelige stelsel wat

personeelskedulering, produkbestellings en

voorraadbeheer asook die standaardisering van

bestanddele in die Groep se bakkerye vergemaklik.

sodra die stelsel in alle shoprite- en

Checkers-winkels in suid-Afrika ingestel is, sal

dit na Usave- en die meubelwinkels uitgebrei word.

in die jaar is die omvang van die Groep se

belangrikste motiveringsprogram (BBB) uitgebrei

en aan ’n landwye sangkompetisie gekoppel. dié

betrek welbekende plaaslike musiekpersoonlikhede

en het ’n hoë vlak van personeelbetrokkenheid

geskep.

die doel met BBB is om diensuitnemendheid

deur motivering, opvoeding en beloning

te bevorder. die unieke aansporingsprogram

waarop BBB berus, stel ons in staat om ’n

positiewe, breed gefundeerde gedragsverskuiwing

onder winkelpersoneel teweeg te bring,

ware prestasiemetings op grond van objektiewe

beoordelingsmaatstawwe te verkry (wat vir kleinhandelsukses

noodsaaklik is) en aan goeie presteerders

erkenning te gee en hulle te beloon.

34 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

om aan die kompetisie deel te neem, besluit

die personeel van elke winkel saam wat

hulle gaan doen om klantediens en die inkopieervaring

te verbeter. die belofte is die grondslag

waarop “geheime klante” wat die individuele

supermarkte besoek, elke winkel beoordeel.

opvolgingsbeplanning en

leierskapont wikkeling

opvolgingsbeplanning op die vlak van senior

bestuur is baie belangrik in ’n bedryf wat só

groot en ingewikkeld as die Groep is. om seker

te maak dat die onderneming op dieselfde vlak

van doeltreffendheid kan voortgaan, is gekwalifiseerde

en ervare opvolgers vir alle sleutelposte

geïdentifiseer en ontvang hulle deurlopende

opleiding ten opsigte van die eise van dié poste

om ’n gladde oorgang te verseker indien dit

nodig sou wees. om ’n volgehoue toevloei van

talentvolle mense te verseker, word toekomstige

uitvoerende personeel hoofsaaklik aan tersiêre

instellings gewerf. die getal gegradueerdes –

tans 1 306 – wat die Groep in diens het, bly teen

’n bevredigende pas toeneem. daar word veral

klem op die werwing van gegradueerdes uit

voorheen benadeelde groepe geplaas.

Uitvoerende beamptes uit verskeie dissiplines

neem aan gevorderde bestuursontwikkelingsituasies

deel, onder meer vooraanstaande internasionale

leierskapprogramme. dit sal verseker

dat hulle toegerus is om die uitdagings van ’n al

meer komplekse onderneming die hoof te bied

en die Groep tot die voorste streekdeel nemer

aan die kleinhandelsektor uit te bou. in die

verslagtyd het 4 733 lede van die bestuur een

of meer van dié programme bygewoon.

die doel is om alle personeel die beste

ge leent hede vir loopbaanontwikkeling te bied.

Minstens 50% van dié wat vir winkelbestuursprogramme

op intreevlak gekies word, moet

bestaande werknemers wees. die ander 50%

is meestal gegradueerdes wat aan tersiêre

instellings gewerf is.

Leerderskappe

ooreenkomstig sy breë opleidingstrategie en

beleid het die Groep voortgegaan om binne die

konteks van die Nasionale vaardigheidsontwikkelingstrategie

as ’n opleidingsfasiliteit op te

tree. Met die samewerking van verskeie sooG’s

bied hy leerderskappe en vaardigheidsprogramme

in kleinhandelbestuur en ander verwante terreine

op die vlak van NKF 2, 3, 4 en 6 aan. in die oorsigtyd

het 581 kandidate leerderskapprogramme

voltooi. die Groep werk ook met die universiteite

en technikons saam deur praktiese werkplekervaring

in bepaalde dissiplines aan studente te

bied. in die afgelope finansiële jaar het 43 studente

hul praktiese studies voltooi.

die Groep is trots op die feit dat hy ook deur

die suid-Afrikaanse instituut van Geoktrooieerde

Rekenmeesters as ’n goedgekeurde opleidingsfasiliteit

vir opleiding buite openbare praktyk tot

op die vlak van geoktrooieerde rekenmeester

erken word. vandat die program begin het, is 42

kandidate vir dié opleiding aanvaar. tans is 12

ingeskrewe klerke in diens waarvan vyf in die

afgelope jaar aangesluit het. in die verslagtyd het

sewe van die agt kandidate wat die raad se eksamens

geskryf het, hulle as geoktrooieerde rekenmeesters

bekwaam.

ondERWySbyStAnd

om die groeiende vaardigheidstekort in suid-Afrika

te help bestry, het die Groep die geld wat hy jaarliks

as beurse en lenings beskikbaar stel, in die oorsigtyd

tot R4,5 miljoen verhoog. dié steun is beskikbaar

vir mense wat op tersiêre vlak in gesogte dissiplines

wil studeer, byvoorbeeld rekeningkunde, aptekerskunde

en kleinhandel-sakebestuur. in die jaar is 95

studente só gehelp, teenoor 61 in 2007. die geld

was bo en behalwe wat vir die Groep se onderwysbystandskema

vir personeellede en hul afhanklikes

beskikbaar was, wat ook toelaes vir skoolgeld

vir werknemers met ’n lae inkomste insluit.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!