02.05.2013 Views

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

inLEidinG

die Groep volg ’n langtermynbenadering tot die

bestuur en ontwikkeling van sy onderneming op

’n wyse wat sy aandeelhouers steeds ’n mededingende

opbrengs op hul belegging sal bied.

om dit te bereik, moet die Groep nie net die

belange van die aandeelhouers dien nie, maar

van alle belanghebbers en veral klante, voorsieners,

personeel en die gemeenskappe waarin

hy sake doen. Wanneer hy die welsyn van sulke

gemeenskappe in ag neem, moet hy besondere

aandag skenk aan die omgewing waarin hulle

leef deur só in bedryf te wees dat dit nie net die

status quo handhaaf nie, maar ’n wêreld wat baie

kwesbaar geword het, verbeter. Hoewel die

Groep as ’n sakeonderneming bestaan om wins

te maak, maak hy seker dat hy wins nie ten

koste van die gemeenskap of die omgewing

najaag nie.

die Groep is trots daarop dat hy in baie

opsigte ’n krag ten goede is, want sy bedrywighede

skep talle geleenthede vir indiensneming

en loopbaanontwikkeling binne die Groep en by

sy verskaffers. dit stel groot vervaardigers in

staat om hul ondernemings uit te brei in die wete

dat hulle, deur die Groep, verseker is van ’n groot

afset van hul produkte. terselfdertyd word kleiner

voorsieners, veral dié uit ’n benadeelde agtergrond,

aangehelp en ondersteun om die vereiste

produksiestandaarde te bereik. Heelwat van die

Groep se sakestrategie is trouens daarop ingestel

om die maatskaplike wanbalanse van die

verlede reg te stel. Hy glo sterk daaraan dat die

eie eerste kom en baie van wat hy in dié opsig

doen, lê die klem op gemeenskappe in suid-

Afrika. Namate die onderneming egter elders in

Afrika uitbrei, brei sy betrokkenheid by die

welsyn van daardie gemeenskappe ook uit.

Waar die Groep ook in bedryf is, bied hy ’n

konsekwente eerstewêreldse inkopie-ervaring

met ’n wye reeks produkte teen uiters mededingende

pryse sodat al meer verbruikers die

voordeel daarvan kan geniet. Met die oog hierop,

word produkte van gehalte wat aan internasionale

maatstawwe vir voedselveiligheid voldoen

en op ’n omgewingsverantwoordelike wyse

vervaardig word, teen die beste pryse van oral

ter wêreld aangekoop. terselfdertyd word veral

plaaslike nywerhede en kleinskaalse boere

ge steun om die ekonomie van die lande waarin

hy in bedryf is, te bevorder.

dit verskaf diepe bevrediging dat die Groep

aan die einde van die oorsigtyd werk aan meer

as 73 000 mense kon verskaf, onder andere

bykans 8 000 in 16 lande buite suid-Afrika se

grense. van die totale getal werknemers is

51 800 swart, 14 500 bruin, 3 000 indiërs en

3 700 wit. vroue maak 65,7% van die personeel

uit. die Groep bied loopbane in talle dissiplines

en danksy deurlopende opleiding en bevordering

vanuit eie geledere kan personeel hul volle

potensiaal bereik. Wat werwing en bevordering

betref, kry mense uit voorheen benadeelde

gemeenskappe voorkeur om die maatskaplike

wanbalanse van die verlede te help regstel.

diEnSbiLLikhEid

diensbillikheid vorm die kern van die Groep se

sakefilosofie en word as ’n hoë prioriteit beskou.

dit is egter ’n groot taak om sodanige billikheid te

skep, aangesien die oorsake van die historiese

situasie wat dié onbillikheid in die eerste plek

geskep het, buite die werkplek lê. Gelyke

geleent hede in die werkplek behels ook liggaamlik

gestremdes en die bevordering van vroue na

bestuursposte. die Groep is trots daarop dat hy

groot vordering met die bereiking van sy billikheidsdoelwitte

gemaak het sonder dat die doeltreffende

bestuur van die onderneming in die

gedrang gekom het. tot op hede kon die bestuur

die moeilike teikens wat hy vir homself stel, elke

jaar oorskry. volgens statistiek van die departement

van Arbeid was die Groep se bevordering

van billikheid op alle vlakke beter as die res van

die sektor vir groot- en kleinhandel wat swartes

(mans en vroue saam) asook vroue betref.

dit word al moeiliker om genoeg behoorlik

opgeleide jong mense te werf om die groeiende

getal posisies in middel- en senior bestuur te vul,

veral in die lig van die huidige vaardigheidsvlug

wat daartoe lei dat begaafde jong mense uit alle

bevolkingsgroepe hul heil elders gaan soek. om

jong afgestudeerdes met ’n belangstelling in

die handel en veral kleinhandel vroeg reeds te

identifiseer, bly die Groep nou betrokke by die

land se tersiêre instellings. Weens die lang ure is

die kleinhandel vir baie nie ’n gewilde beroep nie,

en is dit vir ander, minder veeleisende beroepe,

maklik om deeglik opgeleide en gekwalifiseerde

personeellede weg te lok. Gevolglik het die

Groep nog altyd daaraan geglo om sy eie mense

op te lei en uit eie geledere te bevorder. sulke

opleiding word op baie vlakke aangebied. Aan

die einde van die oorsigtyd het die Groep 895

leerlingbestuurders gehad, waarvan 76% swart

is, terwyl 73% van die assistent-bestuurders en

55% van die takbestuurders ook swart is.

pERSonEELontWikkELinG

En -opLEidinG

in die jaar is opleiding oral in die Groep opgeskerp

om met die groei in bedrywighede tred te

hou. dit is bevredigend dat die getal opleidingsingrepe

van 62 210 tot 98 816 toegeneem het.

die klem het op die verbetering van dienslewering

in winkels en die bou van bestuursvermoë

geval. die Groep bedryf steeds die grootste

opleidingsonderneming in die sektor vir grooten

kleinhandel in suid-Afrika. sodoende werk

hy nou saam met die sooG vir Groot- en

Kleinhandel, die sooG vir voedsel en drank

en die sooG vir Gesondheid en Welsyn.

’n omvattende oudit van die totale opleidingen

ontwikkelingslandskap is uitgevoer. Gevolglik

is bykomende opleidingsposte orals in die Groep

geskep. die opleidingsdepartement knap

bestaande leerprogramme deurlopend op en belê

in nuwe kursusse wat die jongste opleidingstegnieke

en -metodes weerspieël. die Groep probeer

om beste praktyke vir die ontwikkeling van menslike

hulpbronne te verseker, en verkry steeds

akkreditering vir sy leerprogramme. dit geskied

deur ten volle geakkrediteerde kwalifikasies te

bied wat in nasionale kwalifikasies met sAKGakkreditering

uitloop. Kursusse wat op winkelpersoneel

gemik is, dek nie net kleinhandeldissiplines

nie, maar ook lewensvaardighede. Hoewel baie

van die opleiding op ’n gesentraliseerde grondslag

uitgevoer word, bied sommige afdelings soos

meubels, Freshmark en die verspreidingsentrums,

weens die gespesialiseerde aard van hul

bedrywighede, hul eie opleidingsprogramme.

Werknemers wat buite suid-Afrika vir die

Groep werk, word ewe intensief opgelei, met

besondere klem op die kultuur en waardes van

die onderneming. in bepaalde gevalle word

personeellede van elders in Afrika vir opleiding

na suid-Afrika gebring, of na buurlande soos

Zambië waar ’n gevestigde infrastruktuur

bestaan. opleiers van suid-Afrika deurkruis die

vasteland om kursusse in engels, Portugees en

Frans aan te bied en besoek ook indië en eilande

langs die vasteland se kus vir dieselfde doel.

JaaRVERSlaG 2008 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK 33

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

vervolg

die Groep bedryf verskeie akademies vir

tegniese opleiding waar werknemers spesialisopleiding

op terreine soos vleisverwerking, die

hantering van varsprodukte, asook bak- en kooklesse

ontvang. daar is akademies vir tegniese

opleiding in Kaapstad, durban en Johannesburg

en soortgelykes gaan in die nuwe finansiële

jaar in Port elizabeth en Welkom in die vrystaat

open. Almal beskik oor die allernuutste toerusting

en alle kursusse wat aangebied word, is ten

volle geakkrediteer. Hulle bied diegene wat hul

opleiding voltooi, al die vaardighede wat hulle

nodig het om hul vak te bedryf. die Groep is baie

trots daarop dat hy die eerste kleinhandelmaatskappy

was wat akkreditering ontvang het om

’n kwalifikasie op diplomavlak vir slagters aan te

bied. die Groep registreer tans sommige van sy

akademies by die departement van onderwys

as voo- (voortgesette onderwys en opleiding-)

kolleges. Meer as 2 000 werknemers het tot op

hede gevorderde opleiding voltooi.

die geleidelike uitbreiding van die nuwe

administrasiestelsel wat intern as “operation

Better store” bekend staan, vind nou in al sewe

geografiese gebiede in suid-Afrika plaas en elke

week word twee nuwe winkels in elke streek

met die nuwe tegnologie toegerus. Aan die

einde van die oorsigtyd was sowat 200 winkels

toegerus met dié veeldoelige stelsel wat

personeelskedulering, produkbestellings en

voorraadbeheer asook die standaardisering van

bestanddele in die Groep se bakkerye vergemaklik.

sodra die stelsel in alle shoprite- en

Checkers-winkels in suid-Afrika ingestel is, sal

dit na Usave- en die meubelwinkels uitgebrei word.

in die jaar is die omvang van die Groep se

belangrikste motiveringsprogram (BBB) uitgebrei

en aan ’n landwye sangkompetisie gekoppel. dié

betrek welbekende plaaslike musiekpersoonlikhede

en het ’n hoë vlak van personeelbetrokkenheid

geskep.

die doel met BBB is om diensuitnemendheid

deur motivering, opvoeding en beloning

te bevorder. die unieke aansporingsprogram

waarop BBB berus, stel ons in staat om ’n

positiewe, breed gefundeerde gedragsverskuiwing

onder winkelpersoneel teweeg te bring,

ware prestasiemetings op grond van objektiewe

beoordelingsmaatstawwe te verkry (wat vir kleinhandelsukses

noodsaaklik is) en aan goeie presteerders

erkenning te gee en hulle te beloon.

34 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

om aan die kompetisie deel te neem, besluit

die personeel van elke winkel saam wat

hulle gaan doen om klantediens en die inkopieervaring

te verbeter. die belofte is die grondslag

waarop “geheime klante” wat die individuele

supermarkte besoek, elke winkel beoordeel.

opvolgingsbeplanning en

leierskapont wikkeling

opvolgingsbeplanning op die vlak van senior

bestuur is baie belangrik in ’n bedryf wat só

groot en ingewikkeld as die Groep is. om seker

te maak dat die onderneming op dieselfde vlak

van doeltreffendheid kan voortgaan, is gekwalifiseerde

en ervare opvolgers vir alle sleutelposte

geïdentifiseer en ontvang hulle deurlopende

opleiding ten opsigte van die eise van dié poste

om ’n gladde oorgang te verseker indien dit

nodig sou wees. om ’n volgehoue toevloei van

talentvolle mense te verseker, word toekomstige

uitvoerende personeel hoofsaaklik aan tersiêre

instellings gewerf. die getal gegradueerdes –

tans 1 306 – wat die Groep in diens het, bly teen

’n bevredigende pas toeneem. daar word veral

klem op die werwing van gegradueerdes uit

voorheen benadeelde groepe geplaas.

Uitvoerende beamptes uit verskeie dissiplines

neem aan gevorderde bestuursontwikkelingsituasies

deel, onder meer vooraanstaande internasionale

leierskapprogramme. dit sal verseker

dat hulle toegerus is om die uitdagings van ’n al

meer komplekse onderneming die hoof te bied

en die Groep tot die voorste streekdeel nemer

aan die kleinhandelsektor uit te bou. in die

verslagtyd het 4 733 lede van die bestuur een

of meer van dié programme bygewoon.

die doel is om alle personeel die beste

ge leent hede vir loopbaanontwikkeling te bied.

Minstens 50% van dié wat vir winkelbestuursprogramme

op intreevlak gekies word, moet

bestaande werknemers wees. die ander 50%

is meestal gegradueerdes wat aan tersiêre

instellings gewerf is.

Leerderskappe

ooreenkomstig sy breë opleidingstrategie en

beleid het die Groep voortgegaan om binne die

konteks van die Nasionale vaardigheidsontwikkelingstrategie

as ’n opleidingsfasiliteit op te

tree. Met die samewerking van verskeie sooG’s

bied hy leerderskappe en vaardigheidsprogramme

in kleinhandelbestuur en ander verwante terreine

op die vlak van NKF 2, 3, 4 en 6 aan. in die oorsigtyd

het 581 kandidate leerderskapprogramme

voltooi. die Groep werk ook met die universiteite

en technikons saam deur praktiese werkplekervaring

in bepaalde dissiplines aan studente te

bied. in die afgelope finansiële jaar het 43 studente

hul praktiese studies voltooi.

die Groep is trots op die feit dat hy ook deur

die suid-Afrikaanse instituut van Geoktrooieerde

Rekenmeesters as ’n goedgekeurde opleidingsfasiliteit

vir opleiding buite openbare praktyk tot

op die vlak van geoktrooieerde rekenmeester

erken word. vandat die program begin het, is 42

kandidate vir dié opleiding aanvaar. tans is 12

ingeskrewe klerke in diens waarvan vyf in die

afgelope jaar aangesluit het. in die verslagtyd het

sewe van die agt kandidate wat die raad se eksamens

geskryf het, hulle as geoktrooieerde rekenmeesters

bekwaam.

ondERWySbyStAnd

om die groeiende vaardigheidstekort in suid-Afrika

te help bestry, het die Groep die geld wat hy jaarliks

as beurse en lenings beskikbaar stel, in die oorsigtyd

tot R4,5 miljoen verhoog. dié steun is beskikbaar

vir mense wat op tersiêre vlak in gesogte dissiplines

wil studeer, byvoorbeeld rekeningkunde, aptekerskunde

en kleinhandel-sakebestuur. in die jaar is 95

studente só gehelp, teenoor 61 in 2007. die geld

was bo en behalwe wat vir die Groep se onderwysbystandskema

vir personeellede en hul afhanklikes

beskikbaar was, wat ook toelaes vir skoolgeld

vir werknemers met ’n lae inkomste insluit.

miV/ViGS

BBB top of the Pops 2007 Groepwenner:

shoprite Makhaza

die Groep lê steeds sterk klem op opvoeding en

voorkoming om die verspreiding van Miv+/vigs

te bestry. Al is daar aanduidings dat die groei van

dié pandemie moontlik besig is om in suid-Afrika

te stabiliseer, is dit op ’n gevaarlik hoë vlak. die

land is onlangs aangewys as die een met die

hoogste voorkoms van dié siekte, en na raming

leef 5,7 miljoen mense met Miv+/vigs.

die potensiële impak op’n mens-intensiewe

onderneming soos bedryf deur die Groep is

daarom enorm. op grond van demografiese,

lewenstyl- en ouderdomsfaktore word statisties

bereken dat net meer as 17% van sy werkmag

besmet is. dié hoë voorkoms kan produktiwiteit

beïnvloed en personeelomset laat styg. op sy

beurt het dit ’n invloed op die omvang van die

opleiding wat in die organisasie nodig is.

die omvattende opvoedingsprogram wat in

2005 ontwikkel is, aan die hand van die insette

van ’n landwye eie vigskomitee met verteenwoordigers

van die vakbond en onverbonde personeel,

is in die lig van gereelde behoefteont ledings uitgebrei.

die kern van die program is die rol van

portuuropvoeders wat in elke winkel geïdentifiseer

en deur onafhanklike spesialiste opgelei word.

Na voltooiing van hul opleiding, onderneem die

portuuropvoeders op hul beurt opleiding op winkelvlak,

wat ons in staat sal stel om ’n volhoubare

platform vir berading te verskaf terwyl die

volledige Miv-program hom oor jare ontplooi.

die Groep lei steeds portuuropvoeders op

van wie daar tans meer as 1 500 is en bemagtig

hulle. Brosjures, dvd’s en ander opvoedings-

materiaal word aan alle takke beskikbaar gestel

om portuuropvoeders se werk te steun. ’n

vertroulike hulplyn is te alle tye beskikbaar vir

werknemers wat daarvan gebruik wil maak.

vigs is ongeneeslik en behandeling kan die

aanvang daarvan net uitstel. As ’n werknemer

besmet is, kan ’n werkgewer eintlik maar net ’n

simpatieke werkomgewing skep wat geen diskriminasie

teen mense met Miv+/vigs duld nie,

maar hulle alle moontlike steun en begrip bied.

intERnE kommUnikASiE

Personeellede op alle vlakke word ten volle oor

ontwikkelings in die onderneming ingelig. verskeie

kommunikasiemeganismes word ingespan om

dit te doen, onder meer nuusbriewe, kennisgewingborde,

webwerwe, elektroniese boodskappe

en gereelde besprekingsgroepe op verskillende

bestuursvlakke. die klem is op tweerigtingkommunikasie

om ’n deelnemende werkmag te

skep wat die maatskappy se sakefilosofie en

etiek verstaan en steun. die Groep doen met

trots verslag dat ’n hoë premie op die erkenning

en beloning van prestasie geplaas word en op die

skepping van trots daarop om vir die Groep te

werk en tot sy welslae by te dra.

EtiESE optREdE

die bestuur en personeel van shoprite Holdings

moet die hoogste vlak van integriteit en eerlikheid

in stand hou wanneer hulle met klante, voorsieners,

diensverskaffers en hul kollegas in aanraking

is. die beginsels ter steun van sulke gedrag

word in die Maatskappyreëls en die dokument

Gedragskode vir shoprite Holdings en verwante

Maatskappye uiteengesit. elke lid van die bestuur

kry ’n afskrif wanneer hy of sy by die maatskappy

aansluit. Bykomende kopieë is van die departement

vir menslike hulpbronne in die onderskeie

streke en die Groep se intranet te kry.

voldoening aan die gedragskode is die

uiteindelike verantwoordelikheid van die maatskappysekretaris

en die uitvoerende direkteure.

Monitering van dag tot dag word afgewentel

op die lynbestuur, met die steun van personeelbeamptes.

die kode word aangevul deur die

Groep se filosofie van verantwoordelikheid en sy

indiensnemingspraktyke, beroepsgesondheiden

-veiligheidsbeheermaatreëls en die gehalteen

higiënestandaarde wat toegepas word op die

produkte wat hy verkoop.

bERoEpSGESondhEid

En -VEiLiGhEid

die direksie van shoprite Holdings het die uiteindelike

verantwoordelikheid teenoor al sy werknemers

en klante vir voldoening aan beroepsgesondheid-

en -veiligheidstandaarde. dié word op

divisionele vlak gemoniteer en die bevindings van

gereelde inspeksies van alle persele word aan die

senior bestuur gerapporteer en deur hulle hersien.

VoEdSELVEiLiGhEid

teen die agtergrond van die eksponensiële groei

in die volume voedselprodukte wat deur sy 636

supermarkte vloei en die al groter persentasie

bederfbare items en dié met toegevoegde

waarde in die produkmengsel, het die veiligheid

van klante ’n alles omvattende, nie-onderhandelbare

vereiste van elke aspek van die Groep se

bedrywighede geword.

om die konsekwente toepassing van sy

vereistes vir voedselveiligheid te verseker,

is ’n voedselveiligheid-handleiding opgestel

wat elke aspek van die hantering van voedsel

in winkels dek. die Groep is ook by die

voedselveiligheidinisiatief van die Raad op

verbruikersgoedere van suid-Afrika betrokke.

om sy doelwit te bereik, werk die Groep nou

saam met produsente, vervaardigers en gesondheidsowerhede.

Meer as 50% van die totale

produkaanbod word van die land se voorste voedselvervaardigers

verkry wat reeds aan die streng

voedselveiligheidstandaarde voldoen wat internasionaal

geld. die Groep geniet ’n lang en hegte

werkverhouding met hulle almal. sekere reekse

word in die buiteland verkry, veral vir die Groep

se bedrywighede elders in Afrika en die res word

van kleiner plaaslike vervaardigers aangekoop.

daar word veral aandag geskenk aan produkveiligheid

wat die Groep se eie handelsmerk- en

private etiket-reekse betref. dit behels ongeveer

640 produklyne. dié produkte word net verkry

van voorsieners wat die beste vervaardigingspraktyke

volg. ’n Proses van risiko-ontleding wat

risikobeoordeling, -bestuur en -kommunikasie

behels, is ontwikkel en ooreenkomstig internasionale

praktyk word al die produkte as met ’n

hoë, matige of lae risiko geklassifiseer. Almal

word gereeld vir veiligheid deur onafhanklike

laboratoriums getoets, met besondere aandag

aan produkte wat ’n hoë risiko inhou. sintuigbeoordelings

van die smaak en voorkoms van

JaaRVERSlaG 2008 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK 35

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

vervolg

betrokke produkte word maandeliks uitgevoer en

verbruikerspanele proe gereeld mededingende

produkte om vergelykings te tref.

tuisgemaakte produkte wat aan individuele

winkels gelewer en deur individue of klein

tuisnywerhede voorberei word (dikwels met

seB-eienaars), is ’n probleem omdat hulle nie

in die breë raamwerk van voedselveiligheid pas

nie. Winkelbestuurders is gretig om sulke klein

ondernemings in hul onmiddellike omgewing

te steun – ook omdat hulle dikwels unieke en

gesogte items lewer. Hoewel dié voorsieners

gereeld gemonitor word om seker te maak dat

hulle aan gesondheidstandaarde voldoen, is

dit ook nie moontlik of realisties om dieselfde

standaarde as vir groot voorsieners op hulle van

toepassing te maak nie.

die noukeurige implementering van gesondheidsmaatreëls

is standaardpraktyk, veral in die

geval van bederfbare produkte wat ’n al groter

deel van ’n verbruiker se mandjie uitmaak. die

Groep doen met trots verslag dat Freshmark, sy

afdeling vir vrugte en groente, meer as 90% van

sy vars produkte regstreeks van die plaas koop.

verreweg die meeste van dié voorsieners het ’n

eurepGap-sertifisering. Gereelde inspeksies van

plase, met die rugsteun van evaluerings deur onafhanklike

laboratoriums, verseker dat ten volle aan

produksie-, hanterings- en verpakkingsvereistes

voldoen word, en dat die koue ketting tussen die

plaas en distribusiesentrum in stand gehou word.

vars vleis is nog ’n terrein waar besondere

sorg gedra word. Geen vleis word plaaslik

gekoop tensy dit goedgekeur is deur die sA

vleisbedryfmaatskappy nie. dié is deur die

regering geskep om verbruikers se belange te

beskerm. streng beheerde hanteringsprosedures,

moderne koeltrokke en enkeldoelige

leweringspunte by alle winkels verseker dat die

koue ketting nie in die gedrang kom nie.

Higiëne in winkels is die verantwoordelikheid

van die afsonderlike afdelings wat nasionaal

voorgeskrewe gesondheid- en reinigingsroetines

toepas. Reiniging word deur personeel onder

toesig uitgevoer of aan firmas met ’n HACCPakkreditasie

uitgekontrakteer. Personeel wat in

diensafdelings werk, waar produkte met toegevoegde

waarde op die perseel gemaak word,

kry bykomende opleiding in higiëne- en reinigingsprosedures.

streekbestuurders inspekteer

winkels gereeld om seker te maak dat by reinig-

36 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

Die wenners van die 2008 Shoprite Checkers / SaBC2 Vrou van die Jaar toekenning:

van links na regs: Bessie tugwana (Hoofbestuurder van sABC2), Prof sherylle Calder (Wenner van die sport-kategorie),

Me Roslyn Narain-Mohan (wenner van die opleidingskategorie), dr veni Naidu (wenner van die sosiale Welstand-kategorie),

Me Janet Buckland (vrou van die Jaar 2008 en wenner van die Kuns, Kultuur en Kommunikasie-kategorie), Prof Claire Penn

(wenner van die Wetenskap en tegnologie-kategorie), Prof Lorna Barbara Jacklin (wenner van die Gesondheidskategorie),

Me thabang Molefi (wenner van die sake entrepreneur-kategorie), Whitey Basson (Uitvoerende Hoof van die shoprite Groep)

ingsroetines gehou word. Gereelde deppertoetse

word deur onafhanklike laboratoriums uitgevoer.

’n Negatiewe bevinding beteken onmiddellike regstellende

stappe deur die streek- en winkelbestuur.

Plaag- en knaagdierbeheer word in alle winkels

uitgeoefen en afval word met kort tussenposes

geprosesseer en van die perseel verwyder.

pRodUkinLiGtinG En

EtikEttERinG

die Groep glo dat verbruikers op akkurate

inligting met genoeg besonderhede op verpakkings

geregtig is sodat hulle ingeligte besluite

kan neem oor die produkte wat hulle kies. Groot

voorsieners volg reeds internasionale praktyke

ten opsigte van die inligting wat hulle op hul

produkte aanbring. Kopers werk nou saam met

kleiner verskaffers om te verseker dat produkte

wat aan die Groep gelewer word, inligting bevat

wat maklik toeganklik is en wat aan die regulasies

voldoen. die Groep is veral bewus van

sy verantwoordelikheid ten opsigte van sy eie

handelsmerk- en privaat-etiketreekse waar hy

volle beheer het oor wat op die etikette verskyn.

inligting word nie net volledig vertoon nie, maar

in die geval van produkte vir uitvoer, is dit ook

in die taal wat vir die verbruikers in ’n bepaalde

mark die toeganklikste is.

vervaldatums op die verpakking help verbruikers,

maar stel terselfdertyd winkelpersoneel

in staat om items waarvan die verkoopsdatum

verstryk het, te identifiseer. sulke items word

van die rakke verwyder en aan die plaaslike

gesondheidsdepartement oorhandig, wat ’n

sertifikaat uitreik om te bevestig dat die items

kragtens munisipale regulasies vernietig is.

koRpoRAtiEWE

mAAtSkApLikE

bELEGGinG

verskeie projekte wat na die Groep se mening

gehelp het om ’n verskil in die land se maatskaplike

en ekonomiese vooruitgang te maak, is in die

verslagtyd aangepak. Hier volg sommiges daarvan:

die Shoprite Checkers/SAbC 2 Vrou van die

Jaar-toekenning

Hierdie belangrike inisiatief bied vroue ’n tasbare

geleentheid om hul eie ontwikkelingsprojekte

aan te pak. in suid-Afrika was vroue vroeg reeds

aan die spits van die beweging om politieke en

maatskaplike gelykheid in suid-Afrika te bewerkstellig.

Hulle werk baie jare lank reeds onverpoos

vir die opheffing en groter welvaart van hul

gesinne en gemeenskappe. die Groep is trots

daarop dat hy die vrou van die Jaar-toekenning in

1996 in suid-Afrika ingestel het om aan vroue en

hul prestasies erkenning te gee en dié te vier.

die toekenning is nou in sy 13de jaar. dit

was die eerste belangrike inisiatief om Nasionale

vrouedag te vier nadat die regering besluit het

om vroue elke jaar met ’n openbare vakansiedag

te vereer – op die dag dat die grootste massasaamtrek

van vroue in suid-Afrika op 9 Augustus

1956 herdenk word. op daardie dag het 20 000

vroue in stilte opgeruk uit verset omdat hulle

passe moes dra. die toekenning het die land se

onbesonge heldinne van meet af geïdentifiseer

en geloof en hulle as rolmodelle vir die res van

suid-Afrika voorgehou. dit het ook die kollig

laat val op die talle probleme waarmee vroue te

kampe het en wat meebring dat die lewe dikwels

’n daaglikse stryd is.

in 2008 het suid-Afrika se grootste pluimpie

vir vroueprestasies me. Janet Buckland te beurt

geval. sy was die wenner van die kategorie vir

kuns, kultuur en kommunikasie. Me. Buckland,

wat onder gemeenskappe in die oos-Kaap net

as Mama J bekend staan, is verantwoordelik vir

die instelling en skepping van talle hoogs suksesvolle

projekte vir kuns en kultuur in die provinsie.

sy het haar begrip van die waarde van kuns en

veral teater in die lewens van duisende suid-

Afrikaners met haar vaardighede as toneelspeler,

regisseur, fondsinsamelaar en administrateur

saamgevoeg om oor verskeie jare heen sulke

projekte in die oos-Kaap uit te voer.

Strokes of Genius

die Groep het die department van Kuns en

Kultuur en van Handel en Nywerheid in 2006

genader met ’n konsep om die skone kunste

uit Afrika in ’n globale mark bekend te stel deur

’n webwerf te skep wat as verkoopsplatform

vir plaaslike kunstenaars kon dien en waarop

verkope van kunswerke oor die internet ook kon

plaasvind. Albei departemente het hul steun

aan die projek toegesê en hegter samewerking

beloof namate die projek vorder.

die webwerf is in 2007 met die naam strokes

of Genius bekend gestel en verskeie projekte ter

steun van die projek is sedertdien onderneem.

die hoogtepunt was ’n glansgeleentheid in

BBB top of the Pops

2007 Solo-wenner:

desiree shaw,

shoprite Aliwal-Noord

Pretoria in November 2007 waartydens werke

van ontluikende kunstenaars opgeveil is. die veiling,

wat ’n jaarlikse gebeurtenis gaan word, het

bykans R500 000 opgelewer. By daardie geleentheid

is ’n toekenning – the Friend of African Arts

– aan mnr desmond sampson, die voorsitter van

Uhuru Communications en oud-voorsitter van

sACtU, gemaak uit erkenning vir sy rol oor baie

jare heen om kuns en kultuur in Afrika te bevorder.

dit is met genoeë dat gemeld word dat die

projek tans uitgebrei word om gekeurde handvlytprojekte

wat deur die departement van Kuns

en Kultuur gesteun word, in te sluit. die webwerf

waarop dié werke verskyn, sal wêreldwyd

met die hulp van suid-Afrikaanse ambassades

bevorder word. Provinsiale regerings het ook hul

steun aan die projek toegesê en hulle sal in die

volgende finansiële jaar verskeie kunsdae reël.

Sopvragmotors

in Februarie 2007 het shoprite een van sy mees

suksesvolle veldtogte vir korporatiewe maatskaplike

belegging ingestel, naamlik die “shoprite

soup truck initiative”. die veldtog is in twee

afdelings geloods, met toegewyde personeel wat

in landelike gebiede sop en brood aan be hoeftige

kinders en senior burgers uitdeel, en ook in die

breë gemeenskap wanneer natuurrampe soos

oorstromings of brande hulle voordoen. die

Groep is trots daarop dat meer as ’n miljoen

maaltye teen die einde van Junie 2008 uitgedeel

is. Nog vier vragmotors sal teen die einde van die

finansiële jaar 2009 afgelewer word om in ander

dele van die land diens te doen. danksy dié vloot

vragmotors sal shoprite en sy borge aansienlik

meer maaltye per maand kan lewer.

kleiner projekte

– die shoprite-gemeenskapsnetwerk is in 2005

ingestel as ’n opheffingsprogram op voetsoolvlak

wat gemeenskapsprojekte steun.

elf radiostasies gee wyer bekendheid aan die

program en moedig hul luisteraars aan om verdienstelike

sake in hul gebiede wat finansiële

hulp nodig het, te benoem. die Groep skenk

elke maand R10 000 aan ’n projek wat op elk

van die elf stasies voorgestel is. sedert die

instelling van die projek is R4 miljoen reeds aan

sulke projekte geskenk.

– Net voor die einde van die oorsigtyd was die

shoprite- en Checkers-kettings weereens die

gashere vir die Cuppa for Cansa-oggende in al

hul winkels ter steun van die Kankervereniging

van suid-Afrika. in totaal is R650 000 ingesamel.

– die RsG/KKNK-boekinsameling is nog ’n jaarlikse

gemeenskapsinisiatief wat die steun van

die Groep se twee grootste handelsmerke

geniet. in Maart 2008 is verbruikers aangespoor

om by hul naaste winkel boeke te skenk en

meer as 60 000 boeke is ingesamel vir biblioteke

in suid-Afrika om groter geletterheid in die

land aan te moedig.

bREEd GEFUndEERdE

SWARt EkonomiESE

bEmAGtiGinG (bGSEb)

die Groep het ’n duidelik omskrewe program

ten opsigte van die kodes van die Wet op Breed

Gefundeerde swart ekonomiese Bemagtiging

(Wet 53 van 2003), in werking. die program

word hier onder aan die hand van daardie

kodes bespreek.

Swart eienaarskap en besluitneming

die kodes wat die vereistes vir swart eienaarskap

en besluitnemingsinvloed bepaal, is die

regstreekse verantwoordelikheid van shoprite

Holdings se direksie.

diensbillikheid

’n vyfjaar-strategie in ooreenstemming met die

betrokke arbeidswetgewing en die BGseB se

Kodes vir Goeie Praktyk, is in werking gestel en

lewer volgens plan.

Vaardigheidsontwikkeling

’n Kleinhandel vakleerlingprojek waarin 1000

werklose jeugdiges op leerderskap geplaas is in

samewerking met die departement van Arbeid,

die G&K-sooG en die departement van Handel

en Nywerheid (dHN) aangepak word, is met

welslae afgehandel. die meeste van die suksesvolle

kandidate is daarna deur die shoprite- en

Checkers-handelsmerke in diens geneem, insluitend

in bestuursposisies.

Weens dié sukses is die Groep trots daarop

dat hy die 3 000 Leerdersprojek in ooreenstemming

met AsgisA en die Jobs for Growthprogram

en met die steun van die Kantoor van

die Adjunkpresident kon instel. dit sal weer deur

die departement van Arbeid, die G&K-sooG en

die dHN gesteun word. oor ’n tydperk van drie

JaaRVERSlaG 2008 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK 37

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

vervolg

jaar sal dit 3 000 werklose jong mense ’n verskeidenheid

van vaardighede leer, onder meer kleinhandelbestuur,

bakkeryvaardighede, slagtersvaardighede

ens. daarbenewens sal die Groep

verskeie organisasies vir swart jeugdiges en

vroue help deur hul lede deur middel van hierdie

program op te lei. samewerking met hierdie

organisasies sal verseker dat mense uit die landelike

gebiede, waar die grootste behoefte vir

opleiding bestaan, ingesluit sal word.

Voorkeurverkryging

die jaarlikse studie van die BGseB-status van

alle voorsieners wat in die verslagtyd onderneem

is, bevestig dat sowat 30% van die verskaffers

seB-ondernemings is. van 2005 het die aantal

BGseB-maatskappye wat aan die Groep se

grootste handelsmerke lewer, met gemiddeld

25% per jaar toegeneem. dit is die gevolg van

’n pro-aktiewe verkrygingsbeleid wat swart

ondernemings wil betrek. dit wissel van tydskrifuitgewers

wie se titels in die Groep se supermarkte

te koop is, tot ’n gemeenskapsinisiatief

wat nou hoenders aan feitlik al sy winkels in die

noordelike KwaZulu-Natal lewer.

die Groep bedryf ook ’n nuwe program wat

kleinsake in besit van lede van voorheen benadeelde

gemeenskappe help om die produksiestan d aarde

te bereik wat nodig is om as voorsieners te

kwalifiseer. Baie werk word in dié opsig gedoen

ten opsigte van die verkryging van vrugte en

groente waar die meeste ontluikende boere se

beperkte hulpbronne dit vir hul feitlik onmoontlik

maak om eurepGap-sertifisering te kry. Freshmark

is trots daarop dat hy ’n steunprogram ingestel het

om meer as 70 van hierdie boere te help om hul

ondernemings uit te bou terwyl hulle terselfdertyd

ontluikende boere van die Khomani-san nedersetting in die

Kalahari neem deel aan die Groep se Projek Nyama-Nyama en

verskaf hoë kwaliteit boerbokke aan Checkers supermarkte,

wat onder die handelsmerk Chevon verkoop word.

38 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

die vereiste veiligheidstandaarde bereik en handhaaf.

Kommersiële boere wat aan Freshmark

lewer, dien as mentors en sê geesdriftig hul steun

aan die program toe. die program word ook

ge steun deur die Britse regering via Commark,

wat ontluikende boere help om toegang tot die

rakke van kleinhandelkettings in die vK te kry.

Aanvanklik word minimumstandaarde vir deelnemers

gestel en voldoening daaraan word streng

gemonitor. standaarde word daarna geleidelik verhoog

tot hulle aan eurepGap-vereistes voldoen.

ondernemingsontwikkeling

die Groep beskik oor ’n langtermynstrategie vir

ondernemingsontwikkeling en die bedoeling is

dat dit beduidend tot transformasie moet bydra.

die twee belangrikste projekte in dié kategorie

is Nyama-Nyama (wat hieronder bespreek

word) en strokes of Genius (kyk Korporatiewe

Maatskaplike Belegging).

projek nyama-nyama

die Nyama-Nyama-projek is tans in sy eerste

volle bedryfsjaar. dit is ingevolge die AsgisA-

program (wat uit die Adjunkpresident se kantoor

bestuur word) ingestel met die doel om ’n gevestigde

en stabiele mark aan ontluikende veeboere

orals in suid-Afrika te bied. die departement van

Landbou, verskeie provinsiale regerings en talle

plaaslike owerhede is ook by die projek betrokke.

die departement van Landbou help deelnemers

om teel- en produksiemetodes te verbeter en

sommige kommersiële boere het ook ’n mentorrol

aanvaar. Boonop bied die Groep ’n deel van

die infrastruktuur en help hy voorsieners met

gunstige betalingsvoorwaardes. Uit die Groep

se oogpunt kry hy ’n volhoubare bron van ’n verskeidenheid

van gehalte-vleissoorte. die projek

steun ook die regering se Kalahari Kid-inisiatief

en verskeie tradisionele nedersettings soos die

Khomani-san in die Kalahari. dit bied ook geweldige

moontlikhede vir groei in die jare vorentoe.

REGERinGS-bEtREkkinGE

die bestuur aanvaar dat die owerhede se begrip

en steun op die sentrale, provinsiale en plaaslike

vlak baie belangrik is waar die Groep ook in be dryf

is of wil wees en hou dus die beste moontlike

betrekkinge met owerhede in stand. dié owerhede

word oor die Groep se planne en bedoelinge

op die hoogte gehou. sulke betrekkinge

word streng professioneel bestuur. onafhanklike

konsultante wat met plaaslike omstandighede op

die hoogte is, word waar nodig in diens geneem

om toegang tot die regering te verkry en verhoudings

op die korrekte vlak te vestig. die regering

is nog altyd as ’n vennoot beskou terwyl die

Groep tot plaaslike ekonomieë probeer bydra ten

einde ’n eerstewêreldse inkopie-ervaring te bied

en ’n beter lewensgehalte vir die mense waaronder

hy sake doen, te verseker.

bELEGGERS-

VERhoUdinGE

shoprite Holdings handhaaf gepaste, deurlopende

en deursigtige kommunikasie met sy aandeelhouers

en die breë beleggingsgemeenskap.

Hy doen dit onder meer deur aankondigings oor

tussentydse en jaareindresultate in die media,

die bekendmaking van handelsverklarings en sy

jaarverslag, asook die verspreiding van inligting

oor belangrike korporatiewe ontwikkelings. ’n

interaktiewe webwerf wat gedurig bygewerk

word, dien as versamelpunt vir alle betrokke

beleggersinligting. daar word gereeld vergaderings

met institusionele beleggers as groepe of

individue gehou en die topbestuur doen voorleggings

vir finansiële ontleders en stel hulle ook vir

ontleders en die media beskikbaar.

omGEWinGSimpAk

Eiendomsontwikkeling

die behoud van die fisieke omgewing is een van

die hoekstene van die Groep se sakefilosofie. Hy

het ’n beperkte vermoë om druk te plaas op

ontwikkelaars waar hy ruimte huur, maar hy dring

daarop aan dat só ’n sentrum, wanneer dit in

be dryf is, op ’n omgewingsensitiewe wyse

be stuur word. Waar die Groep sy eie ontwik ke-

lings aanpak, doen hy dit só dat dit die omgewing

die minste steur. Hy steun die regering se uiters

progressiewe omgewings- en erfeniswetgewing

ten volle. As ’n saak van beginsel sal hy nie ’n

omgewingsensitiewe perseel koop of ontwikkel

nie en hy sal ook geen ontwikkeling aanpak wat vir

die bio-fisiese of beboude omgewing skadelik sal

wees nie. Wanneer die Groep wel ontwikkel, word

die volledige voorgeskrewe omgewingsimpakstudie

onder toesig van ’n onafhanklike omgewingsbeoordelingspraktisyn

uitgevoer. tydens die

hele goedkeuringsproses konsulteer hy met die

omliggende gemeenskap en, waar moontlik, sluit

hy die gemeenskap se redelike behoeftes en wense

in die finale ontwerp in. dieselfde benadering geld

waar die Groep ook al buite die landsgrense

ontwikkel, al is die vereistes daar minder streng.

Verpakking

verpakking is vir die Groep van groot belang, want

hy is vas van voorneme om produkte só aan klante

te lewer dat dit gebruiksgerieflik en aanloklik

is en dat dit veilig is om die inhoud daarvan te eet

of te drink. verpakkingsvereistes is ’n bewys van

’n begeerte om die hele proses, van die oomblik

van vervaardiging tot by vervoer en hantering en

die verkoop van die produk op die Groep se rakke,

so doeltreffend moontlik te onderneem. daarom

probeer die Groep verskaffers help om verpakking

gereed vir die rakke te lewer. Waar moontlik

word vervoerverpakking wat weer gebruik kan

word, asook herwinbare materiaal gebruik. Ná die

aankoop van ’n produk is dit ons doel as ’n verantwoordelike

handelaar om ons verkopers aan

te spoor om hulle aan wetgewing te hou en om

omgewingsvriendelike materiaal te gebruik.

dit is die Groep se benadering om waar

moontlik met voorsieners saam te werk om,

soos vereis, geskikte veranderings mee te bring.

Regeringswetgewing en reguleringsprosesse

word verwelkom en die Groep hou hom daarby

om die omgewing te verbeter en verbruikers se

belange te beskerm.

verpakkingstandaarde word as spesifikasies

beskikbaar gestel om verskaffers te help. dié

standaarde strook met gesonde en goed gevestigde

internasionale praktyke soos deur eAN en

die sABs bepaal.

’n Reeks eko-vriendelike sakke is in ons kleinhandelafsetpunte

beskikbaar. Hulle word by die

verkoopspunte bemark. die verkoop van dié sakke

het in die oorsigtydperk met 16% tot 3 miljoen

eenhede toegeneem. Plastiek-inkopesakke wat

aan regeringstandaarde voldoen, word op aanvraag

aan klante verkoop. verbruikerspamflette word

oor onderwerpe soos afvalbestuur, die hergebruik

van plastieksakke en rommelstrooiery

geskep en versprei.

Afvalbestuur

die Groep glo aan ’n verantwoordelike en

eko-vriendelike benadering tot afvalbestuur.

voldoening aan wetgewing is korporatiewe

beleid en slegs stortingsterreine wat deur

munisipaliteite goedgekeur is, word gebruik.

vernietigingsertifikate word verkry vir alle eetbare

voedselsoorte waarmee weggedoen word

indien dit nie vir menslike gebruik geskik is nie.

die Groep belê in die nodige infrastruktuur en

dienste om water en gifstowwe te suiwer voordat

die vuilwater by kleinhandelsafsetpunte tot

in munisipale pypleidings vloei. die Groep glo

daaraan om ’n veiliger en beter wêreld te skep.

Verspreidingskettingbestuur

die Groep se strategiese inisiatief rakende verspreidingskettingbestuur

lê die klem hoofsaaklik

op die vermindering van ondoeltreffendhede

wanneer produkte van die bron na verkoopsrakke

in kleinhandelafsetpunte verskuif word.

dié inisiatiewe het ’n regstreekse invloed op die

minimalisering van die groep se koolstofvrystelling

en vraag na energie. danksy die samevoeging

van bestellings gelewer deur honderde

verskaffers by distribusiesentrums, kon die

groep in minder voertuie produkte aan winkels

lewer, wat verkeersdrukte, besoedeling en onnodige

verwering van die land se padinfrastruktuur

meebring. ooreenkomstig internasionale beste

praktyk is daar ’n sterk poging om van verpakking

in karton na herwinbare vervoerverpakking oor

te skakel om ontbossing teen te werk. dit is die

Groep se beleid om, waar moontlik, herwinbare

materiaal te gebruik.

die Groep se infrastruktuur wat gesentrali seerde

verspreidingsentrums akkommodeer, skep ’n

geleentheid vir klein en middelslag-ondernemings,

waarvan sommiges in seB-besit is, om oral op die

vasteland toegang tot die Groep se klantebasis te

kry, sonder dat hulle in duur infrastruktuur soos

pakhuise en vervoer hoef te belê. dié gesentraliseerde

infrastruktuur vereenvoudig ook die

inwerkingstelling van prosesse vir gehaltebeheer.

Energiebestuur

energie is ’n bestuurde hulpbron binne die

Groep, want dit het ’n regstreekse invloed op

winsgewendheid. daar word van dié interne

aspek kennis geneem. die Groep is ook bewus

van die energie- en hulpbron-uitdagings wat die

meeste lande waarin die Groep in bedryf is, in

die gesig staar en daarom is ’n verantwoordelike

benadering tot energiebestuur aanvaar.

dit is maatskappybeleid om energiedoeltref-

die eerste strokes of Genius-kunsveiling het in November

2007 by die Zwartkops Lugmagbasis in Pretoria plaasgevind.

Kervin Cupido, die bekende plaaslike skilder, het

‘n kunswerk op die verhoog geskep wat na afloop van die

aand se verrigtinge in ‘n liefdadigheidsveiling verkoop is.

fende toerusting te kies en om waar dit prakties

en lewensvatbaar is, energiebestuurstelsels

in werking te stel. die Groep probeer om met

tegnologiese vordering op die hoogte te bly ten

einde dié doelwit te bereik en is trots daarop dat

die inwerkingstelling van ’n energiebestuursbeleid

in die afgelope drie jaar in besparings van

meer as R21 miljoen uitgeloop het. die energie

wat bespaar is, is genoeg om 10 000 gemiddelde

huishoudings 12 maande lank van krag te voorsien.

die program behels onder meer die gebruik

van toerusting vir kragfaktorregstelling, asook

elektroniese beheertoestelle vir kragbesparing

wat fluoresseerbeligting in winkels vervang het.

Kragonderbrekings kom al meer voor en om

klante nie tydens só ’n onbeplande gebeurtenis

teleur te stel nie – en ook vir veiligheidsredes – is

baie meer kragopwekkers in diens gestel. Al die

Groep se supermarkte het nou sulke opwekkers.

dit verteenwoordig ’n belegging van ’n bykomende

R49 miljoen, wat nou afgehandel is.

die Groep probeer om sy energieverbruik

selfs meer te optimaliseer, en verskeie inisiatiewe

is tans aan die gang, onder meer omgewingsvriendelike

alternatiewe soos sonkrag.

JaaRVERSlaG 2008 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK 39

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

vervolg

ontLUikEndE VERSkAFFERS

bliss Chemicals

Bliss Chemicals is in 2003 gestig en is nou een van die voorste vervaar-

digers van waspoeier in suid-Afrika. Bliss Chemicals se eerste produk,

MAQ-waspoeier, is aanvanklik in suid-Afrika se groothandelsmark bekend

gestel. die handelsmerk het sy weg daarna na die kleinhandel gevind,

en dié nuwe produk op die rakke het opspraak in die bedryf verwek deur

klante laer pryse en groter keuse te bied. Bliss Chemicals se hoogs vaardige

tegniese span maak gedurig daarvan werk om waspoeier van die

hoogste gehalte te skep. Hulle gebruik die heel beste grondstowwe en

die allerjongste aanleg om produkte vir suid-Afrika en ander Afrika-lande te

vervaardig. Bliss Chemicals het volle vertroue in die produk en glo aan die

filosofie van “probeer voor jy koop” – vandaar dat hy gratis monsters aan

verbruikers uitdeel.

As deel van sy program vir korporatiewe maatskaplike belegging neem

Bliss Chemicals deel aan ’n geleentheid om die onderwys-omgewing van

duisende leerders te verbeter deur 25 000 lessenaars te borg. dié sal

in Rustenburg, Mpumalanga, die oos-Kaap en KwaZulu-Natal uitgedeel

word. Bliss Chemicals en die Lapdesk-projek, saam met die beskermheer,

aartsbiskop desmond tutu, pak die tekort aan lessenaars aan deur

Lapdesks aan leerders orals in die land beskikbaar te stel.

Jacqueline Jacobs en Bliss Chemicals is baie trots daarop dat hulle

die shoprite-groep se toekenning as verskaffer van die Jaar verower het.

vandat ons met die shoprite-groep sake begin doen het, het ons hegte

verhouding en die groter steun wat dié kleinhandelaar ons gegee het, ons

gehelp om van krag tot krag te gaan. ons sal probeer om die diensvlakke,

uitnemendheid, gehalte en verbruikergedrewe pryse wat ons dié glansryke

toekenning besorg het, vol te hou.

JaCquElInE JaCOBS HOOFBEStuuRDER: BEMaRKInG

40 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

toiLEtWARE

Adcock ingram (tiger brands Consumer)

Consumer Health, ’n afdeling van tiger Consumer Brands Bpk., is die

markleier of die dominante deelnemer in die volgende kategorieë: insekdoders,

hande-, lyf-, gesig- en haresorg, baba-toiletware en -medisyne,

sanitêre produkte en tekstielsorg.

ons het ‘n trotse erfenis en sommige van ons produkte bestaan al 75

jaar (ingram’s) en ander 45 jaar (elizabeth Anne’s).

danksy die hegte werksverhouding met die shoprite Groep van

Maatskappye kry dié produkte deur die ontwikkeling van doeltreffende

verbruikerspraktyke in die shoprite-groep se voorraadketting ’n al stewiger

plek in die mark. Benewens dié filosofie is ons baie trots op die lof wat ons

organisasie in die persoon van david Monaco, ons streekkliëntebestuurder,

toegeswaai word.

david, met sy unieke styl, en sy kollegas in die span vir Kliëntebestuur,

vorm die hoeksteen van die verbruikersbesigheid. tiger Brands is trots op

dié span, wat jeug en ervaring saamvoeg. Hulle is almal daaraan toegewy

om die shoprite-groep te help om dieselfde doelwit, naamlik volhoubare

groei in die betrokke kategorieë, na te streef en te ontwikkel.

ons sal steeds probeer om uitnemende diens aan die shoprite-groep

te lewer.

DaVID MOnaCO StREEKKlIëntEBEStuuRDER: VERBRuIKERS

LEkkERGoEd En dRinkGoEd

Cadbury Suid-Afrika

Cadbury sA (edms.) Bpk. is deel van die internasionale Cadbury Group

of Companies en lewer talle lekkergoed-handelsmerke aan die suid-

Afrikaanse mark. Cadbury sA is in die sjokolade-, lekkers- en kougompor-

tefeuljes bedrywig, met handelsmerke soos Cadbury dairy Milk, Lunch

Bar, Ps, Crunchie, dentyne, stimorol, Clorets, Chappies en Halls.

Cadbury is in 2007 in die sunday times se oorsig van die voorste

handelsmerke as die mees geliefde sjokoladehandelsmerk in suid-Afrika

aangewys, en word erken as die markleier in die meeste kategorieë

waarin hy bedrywig is.

ons vernuwe gedurig ons produkte en die manier waarop ons sake

doen. ons lê die klem daarop om minder dinge te doen, maar dit groter,

beter en vinniger as ons mededingers te doen.

sowat 2 000 kollegas het elke dag pret omdat hulle werk met handelsmerke

waarop mense dol is. Hulle doen dit in fabrieke in Port elizabeth,

swaziland, Botswana, Namibië en by ons hoofkwartier in Johannesburg.

elke fabriek maak bepaalde produkte vir plaaslike verspreiding of na die

res van Afrika.

Óns is ’n prestasiegedrewe maatskappy waar waardes voorop staan

en is op wen ingestem. ons verbintenis tot die ontwikkeling van die

lekkergoedonderneming deur bekroonde produkvernuwing en klantediens

is steeds ons hoogste prioriteit.

Cadbury is trots op sy verbintenis met die shoprite Groep van

Maatskappye en besonder trots daarop dat die shoprite-groep ons as ’n

verskaffer van die Jaar erken het.

danksy ons vennootskap kan ons in ons kategorieë ontwikkel en groei,

en ons bedank die shoprite-groep vir hul volgehoue steun.

PatRICK BaRFF HanDElSKanaalBEStuuRDER: KlEInHanDEl

verskaffer van die Jaar

kontRAktEURS En

diEnSVERSkAFFERS

Ctp Web printers

CtP Web Printers Johannesburg is een van vyf kommersiële Webdrukkerye

wat die CtP-drukafdeling in die Caxton/CtP Bpk-groep uitmaak.

CtP Printers spits hom toe op die druk van hoë volumes reklame-

pamflette en katalogusse met ’n vinnige lewertyd vir die kleinhandel

in sowel rolrubberdruk as gravuredruk. die Groep se verspreiding van

aanlegte oral in suid-Afrika minimaliseer vervoervertragings en skep

’n strategiese voordeel in die mark.

CtP Web Johannesburg het al twintig jaar lank ’n verbintenis met

die shoprite-groep wat die druk van weeklikse en maandelikse reklamekatalogusse

en -pamflette betref.

die erkenning van die shoprite-groep, allereers as ’n streekwenner

in Gauteng en uiteindelik ook ’n toekenning as verskaffer van die Jaar vir

die shoprite-groep in desember 2007, is inderdaad ’n hoogtepunt in CtP

se geskiedenis.

ons sien uit na ’n selfs sterker band met die shoprite-groep in dié

al uitdagender tye.

Wally BluMBERG bEStUREndE diREktEUR

JaaRVERSlaG 2008 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK 41

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | VOlHOuBaaRHEID

vervolg

VoEdSELpRodUktE

tiger brands Culinary

Culinary, ’n afdeling van verbruikershandelsmerke, het ikoniese handelsmerke

in sy produklys, onder meer All Gold, Fatti’s & Moni’s, Black Cat

en Koo. die onderneming omvat verskeie koskategorieë soos pasta,

ingemaakte tamatieprodukte, tamatiesous, grondboontjiebotter, konfyt

en ingemaakte groente, om maar enkeles te noem, en is die markleier

wat dié kategorieë betref.

twee van dié handelsmerke – All Gold en Fatti’s & Moni’s – het sleutelmylpale

in hul siklus bereik. die All Gold-handelsmerk, wat verskeie

kategorieë dek, is vanjaar 100 jaar jonk en Fatti’s & Moni’s, ons sleutelpastahandelsmerk

en nog ’n honderdjarige in ons stal, word nou gemaak

in ’n fabriek met die allernuutste toerusting wat hom nog ’n eeu of wat

aan die gang behoort te hou.

die shoprite-groep se steun oor die jare heen was ’n sleutelfaktor wat

dié handelsmerke help groei het en hulle tot by hierdie punt in hul lewensiklus

gebring het. Hierdie toekenning bevestig die suksesvolle vennootskap

tussen tiger Brands Culinary en die shoprite-groep, wat vir albei dié

ondernemings groei meebring.

Alan Makinson en sy baie bekwame span is daartoe verbind om seker

te maak dat dié verhouding van krag tot krag gaan.

ons sit ons vennootskap met die shoprite-groep met trots voort om

suid-Afrikaanse verbruikers volhoubare groei en waarde te bied.

alan MaKInSOn naSIOnalE KlantEBEStuuRDER

42 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

EiE hAndELSmERkE

En pRiVAtE EtikEttE

Giants Canning

Giants Canning vervaardig en bemark ’n aansienlike deel van die reekse

ingemaakte groente met private etikette in suid-Afrika. die produkte wat

ons vervaardig, is landwyd en ook in die buiteland in al die groot kettingwinkels,

kleinhandelaars en groothandelaars te kry.

die divine- en everyday-handelsmerke is ook deel van Giants Canning

se infrastruktuur.

ons gebruik die slagspreuk “vernuwing eerder as nabootsing” om ons

’n mededingende voordeel bo ons mededingers in die mark te gee. ons

probeer gedurig produkte van goeie gehalte teen ’n bekostigbare prys

lewer. Giants Canning word met passie, eerlikheid en integriteit bestuur.

ons is baie trots op die produkte wat ons vervaardig en probeer elke dag

perfeksie bereik.

Giants Canning is ’n onderneming in familiebesit en is in 1999 deur

Chandu Govind gestig. deeglike kennis en uiters ervare mense dra tot die

maatskappy se welslae by – daarsonder sou ons nooit ons doelwitte kon

bereik nie.

Met shoprite se hulp het Giants Canning van ’n dwergie tot ’n reus in

ons bedryf gevorder. dit was waarlik ’n eer en ons is besonder trots dat ons

’n toekenning as verskaffer van die Jaar vir 2007 van shoprite ontvang het.

sonder die leiding en hulp van waarlik uitsonderlike individue by die

shoprite Groep van Maatskappye sou dit vir ons nie moontlik gewees het

om die vlak te bereik waar ons vir dié toekenning in aanmerking sou kon

kom nie. die eerbewys het ’n groot uitwerking op ons maatskappy gehad,

want dit gebeur nie elke dag dat ’n maatskappy deur ’n “Ware Reus”

erken word nie.

By Giants Canning bly ons altyd nederig en probeer ons om van krag

tot krag te gaan.

laRISSa DEMEtRIOu VERKOPE- En BEMaRKInGSDIREKtEuR

VLEiSmARk

LAW Group

LAW het sy deure in 1993 geopen met die visie om die voorste slagpale

in suid-Afrika te word. in samewerking met die shoprite Groep van

Maatskappye het hy die voorste handelsmerk in die vleisbedryf, naamlik

Certified Natural Lamb, geskep en uitgebrei.

om die shoprite-groep te help om vleis van gehalte aan sy klante te

lewer, spits die maatskappy hom toe op die voldoening aan die vereistes

van die internasionale sertifiseringstelsel bekend as HACCP.

onafhanklike oudits wat deur sGs uitgevoer word, verseker dat die

produksie van enige vleisproduk wat die slagpale lewer, van die hoogste

gehalte is. danksy dié stelsel is die handelaar en klant van die gehalte van

die vleis verseker, en ook van ’n langer raklewe omdat die gehalte van die

produk so goed is.

in ooreenstemming met ons visie om ’n vleisproduk te skep wat natuurlik

en omgewingsvriendelik is, is die boere én die slagpale vir die skepping

van die gesertifiseerde natuurlike produk verantwoordelik. dit het ’n dubbele

funksie, naamlik om vir sowel die natuur as die verbruiker om te gee.

die maatskappy is trots daarop dat hy een van die grootste werkskeppers

in die Noord-Kaap is, en dat die produkte wat hy lewer, internasionaal

gesog is.

ons maatskappy is trots op sy suid-Afrikaanse herkoms, en streef

saam met die shoprite Groep van Maatskappye na die ekonomiese groei

en ontwikkeling van die rooivleisbedryf.

WESSEl Van WyK BEStuREnDE DIREKtEuR

verskaffer van die Jaar

vervolg

niE-VoEdSELpRodUktE

music For pleasure (mFp)

MFP het ’n lang en suksesvolle verhouding met die shoprite-groep as

verskaffer van Cds, dvds en rekenaarspeletjies en lewer daarmee al die

treffers vir almal! ons verhouding het in die vroeë jare sewentig begin.

ons hou dit met welslae vol deur ons vennootskappe met die plaaslike en

internasionale vermaakbedryf om so die jongste treffers te lewer en die

beste moontlike produkte te verkry om teen bekostigbare pryse aan die

behoeftes van shoprite- en Checkers-klante te voldoen.

die shoprite-groep se vermaaklikheidsafdeling het metterjare aansienlik

gegroei, en daarom verteenwoordig die Groep ’n beduidende aandeel

van die mark in suid-Afrika, en dra hy landwyd tot die groei in Afrikaanse

en stedelike musiek by.

MFP het met tegnologiese ontwikkelings tred gehou en is steeds die

grootste verspreider van vermaaklikheidsprodukte aan die kleinhandelmassamark.

in 2003 het die groep in ’n verbruikers-, vermaaklikheids- en

mediabeleggingsmaatskappy verdeel en die MFP Holdings Group geword,

wat tans verskeie maatskappye besit wat almal ’n rol in die lewering van

produkte aan die shoprite-groep speel.

die maatskappy besit die verspreidingsregte vir Xbox, Kodak en

die JNC-handelsmerk. Ander maatskappye in die stal is onder meer

the Adworx Advertising Agency, M-Works Merchandising solutions,

the Refinery Post Production Facilities en speletjieslisensies soos vivendi

Games, tHQ en disney interactive studios.

MFP is vol vertroue dat die vermaaklikheids- en speletjiesbedryf steeds

sal groei, en dat die shoprite-groep sy waardevolle bydrae sal bly lewer

om aan die behoeftes van suid-Afrikaanse verbruikers te voldoen. ons is

trots daarop om deel van shoprite se verspreidingsketting te wees, en sal

ons produkaanbod en diens in die jare vorentoe steeds bly verbeter.

nEVIllE BlIGnaut uItVOEREnDE HOOF

JaaRVERSlaG 2008 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK 43

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | KORPORatIEWE BEHEER

vervolg

kodE VAn koRpoRAtiEWE

pRAktyk En GEdRAG

shoprite Holdings Bpk is verbind tot die beginsels van doeltreffende

korporatiewe bestuur soos uiteengesit in die Kode van Korporatiewe

Praktyk en Gedrag in die King-verslag 2002 (“die Kode”).

die direksie is van mening dat die Groep tans voldoen aan die

belangrikste vereistes beliggaam in die Kode en die Noteringsvereistes

van die Jse Bpk.

GRoEpStRUktUUR

shoprite Holdings Bpk is ‘n beleggingshouermaatskappy met beleggings

in verskeie plaaslike en internasionale handelsfiliale, waarvan die volgende

die belangrikste is:

– shoprite Checkers (edms) Bpk

– shoprite international Bpk

– shoprite insurance Company Bpk

Alle filiale van shoprite Holdings Bpk is verbind tot die beginsels

van doeltreffende korporatiewe bestuur soos in die Kode vervat.

diE diREkSiE En diREkSiEkomitEES

die direksie

Aan die einde van die verslagdoeningsperiode het die direksie van

shoprite Holdings Bpk bestaan uit dertien direkteure, van wie sewe

uitvoerende posisies in die Groep beklee. die direksie aanvaar algehele

verantwoordelikheid vir die Groep, met inbegrip van die verantwoordelikheid

vir die identifisering van sleutel risiko-areas, die oorweging en monitering

van beleggingsbesluite, die oorweging van betekenisvolle finansiële

aangeleenthede, en die beoordeling van die prestasie van bestuur

gemeet aan begrotings en besigheidsplanne. die direksie is ook daarvoor

verantwoordelik om te verseker dat ‘n omvattende stelsel van interne

beheermaatreëls en prosedures in werking is, en dat aan die beginsels van

gesonde korporatiewe bestuur voldoen word.

die direksie staan onder die voorsitterskap van ‘n nie-uitvoerende

direkteur, dr CH Wiese, wat geen uitvoerende funksies vervul nie. die

rolle van voorsitter en uitvoerende hoof is geskei en elkeen het bepaalde

verantwoordelikhede.

die direksie is daarvan oortuig dat sy lede die kundigheid, talent en ervaring

het om ‘n genoteerde maatskappy te lei. die nie-uitvoerende direkteure

staan onafhanklik van die bestuur en oefen hul onafhanklike oordeel uit. Met

hul wye ervaring voeg hulle waarde toe tot die direksie se beraadslagings.

die direksie vergader minstens vier keer per jaar. Besonderhede van

direkteure se bywoning van die geskeduleerde kwartaallikse direksievergaderings

gedurende die verslagdoeningsperiode word hierlangs uiteengesit:

44 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

28 aug 30 nov 18 Feb 26 Mei

naam van direkteur

Uitvoerende direkteure

2007 2007 2008 2008

JW Basson (uitvoerende hoof) t t t t

CG Goosen t t t t

BR Weyers A t t t

AN van Zyl t t t t

B Harisunker t t t t

eL Nel t t t t

Ae Karp

nie-uitvoerende direkteure

A t t t

CH Wiese (voorsitter) t t t t

JJ Fouché (onafhanklik) t A t t

JA Louw (onafhanklik) t t t t

JF Malherbe (onafhanklik) t t t t

JG Rademeyer (onafhanklik) t t t t

tRP Hlongwane (onafhanklik) t t t A

A=Afwesig met verskoning, t=teenwoordig

die direksie delegeer die daaglikse bestuur van die besigheid aan die

uitvoerende hoof, bygestaan deur senior bestuur. senior bestuur word

genooi om direksievergaderings by te woon en fasiliteer die doeltreffende

beheer van al die Groep se operasionele bedrywighede en tree op as ‘n

medium vir kommunikasie en koördinasie tussen al die verskillende besigheidseenhede

en filiale.

direkteure is onderhewig aan uittrede op ‘n rotasiegrondslag minstens

een keer elke drie jaar, maar kan hulself beskikbaar stel vir herverkiesing

deur aandeelhouers. ingevolge die statute tree dr CH Wiese en mnre

JJ Fouché, JA Louw, AN van Zyl en BR Weyers by die algemene jaarvergadering

uit en, synde verkiesbaar, stel hulle hul vir herverkiesing

beskikbaar, met die uitsondering van mnre JJ Fouché en AN van Zyl.

die maatskappysekretaris word deur die direksie aangestel. As deel

van sy verantwoordelikhede staan die maatskappysekretaris die voorsitter

by met die koördinering en administrasie van die direksie se aktiwiteite

en die induksie van nuwe nie-uitvoerende direkteure, en verseker dat die

Groep aan alle statutêre vereistes voldoen. Alle direkteure het toegang tot

die maatskappysekretaris en sy dienste en kan, indien nodig, onafhanklike

professionele advies inwin.

dit is die Groep se filosofie om sy besigheid op ‘n gedesentraliseerde

grondslag te bestuur en te beheer. senior bestuur vergader elke maand met

die bestuur van die gedesentraliseerde bedrywe om die resultate van elke

bedryfsdivisie in oënskou te neem. senior bestuur vergader ook weekliks

om bedrywighede, finansiële sleutelaanwysers en die reklamestrategie te

bespreek. direksievergaderings word kwartaalliks gehou om die resultate

van die Groep se bedryfsmaatskappye te bespreek en goed te keur.

die direksiehandves verhoog korporatiewe toerekenbaarheid en help

die direksie om sy bestaansdoel te verwesenlik. dit behels die beginsels

van gesonde korporatiewe bestuur soos dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid,

toerekenbaarheid, verantwoordelikheid, billikheid en maatskaplike

verantwoordelikheid.

Vergoedingskomitee

ten einde uitvoerende amptenare van die gehalte wat die besigheid van

die Groep vereis, te lok, te behou en te motiveer, word voldoende ver-

goeding vir die doel voorsien.

die vergoedingskomitee is ‘n subkomitee van die direksie en bestaan uit:

CH Wiese, voorsittter (nie-uitvoerend)

JA Louw (nie-uitvoerend)

JJ Fouché (nie-uitvoerend)

JW Basson (uitvoerend)

CG Goosen (uitvoerend)

Besonderhede van die vergoeding van direkteure word uiteengesit in

aantekening 26 op bladsye 91 en 92 van hierdie jaarverslag.

die Groep neem jaarliks deel aan markopnames, sowel plaaslike as dié

wat op die res van Afrika fokus, om te verseker dat markverwante salarisse

betaal en markverwante tendense gevolg word wat betref veranderinge in

voordele. terselfdertyd word die intrinsieke waarde van individuele bydraes

in ag geneem. ‘n Beduidende deel van die vergoeding van alle bestuurspersoneel,

senior bestuur in die besonder, is gekoppel aan die prestasie van

hul onderskeie besigheidseenhede en van die Groep as geheel.

nominasiekomitee

die Nominasiekomitee nomineer geskikte kandidate en doen aanbevelings

aangaande die samestelling van die direksie.

die volgende direkteure dien in die Nominasiekomitee, wat ‘n subkomitee

van die direksie is:

CH Wiese, voorsitter (nie-uitvoerend)

JA Louw (nie-uitvoerend)

JJ Fouché (nie-uitvoerend)

oudit-en-Risikokomitee

die oudit-en-Risikokomitee staan onder die voorsitterskap van ‘n onafhanklike

nie-uitvoerende direkteur en bestaan uit twee nie-uitvoerende en

een uitvoerende direkteur. die komitee vergader minstens vier keer per

jaar ten einde onder meer rekeningkundige praktyke, interne beheerstelsels,

ouditering en finansiële verslagdoening te evalueer. sy taak behels

ook die evaluering van kritieke risiko-areas wat met behulp van bestuur

geïdentifiseer word en verslagdoening hieroor aan die direksie.

die komitee werk ingevolge ‘n formele handves deur die direksie

goedgekeur. Komiteelede het onbeperkte toegang tot inligting.

sekere bestuurslede word genooi om komiteevergaderings by te

woon en terugvoering te gee. die eksterne ouditeure, die hoof van interne

oudit en die maatskappysekretaris woon dié vergaderings by en het

onbeperkte toegang tot die komitee en sy voorsitter. die voorsitter van

die komitee vergader ook afsonderlik met die hoof van interne oudit en die

eksterne ouditeure wanneer nodig, ten einde te verseker dat aangeleenthede

sonder onbehoorlike beïnvloeding oorweeg word.

deur die komitee hou die direksie toesig oor die finansiële verslagdoeningsproses.

dit is ook die taak van die direksie om te verseker dat

toereikende deurlopende prosedures en prosesse bestaan om belangrike

besigheidsrisiko’s te identifiseer, te evalueer, te bestuur en te moniteer.

dit word bestuur deur ‘n formele risikoforum bestaande uit senior uitvoerende

bestuur en sluit in ‘n ondernemingswye risikobestuursplan (oWRB),

wat in alle besigheidseenhede in werking gestel is. die oWRB word

gereeld hersien en die risikoforum rapporteer gereeld aan die komitee. ten

opsigte van die jaar onder oorsig is geen beduidende verlies, blootstelling

of wanvoorstelling voortspruitend uit ‘n wesenlike wanfunksionering in

stelsels aan die direkteure gerapporteer nie.

Groepbates word teen verlies verseker met toepaslike dekking wat bo

voorafbepaalde selfversekeringsvlakke uitgeneem word.

die oudit-en-Risikokomitee het gedurende die jaar onder oorsig sy verantwoordelikhede

ingevolge sy handves nagekom.

Besonderhede van die bywoning van vergaderings van die komitee

gedurende die verslagdoeningsperiode word hieronder uiteengesit:

17 aug 26 nov 15 Feb 23 Mei

naam van direkteur 2007 2007 2008 2008

nie-uitvoerende direkteure

JG Rademeyer (voorsitter) t t t t

JJ Fouché t t t t

Uitvoerende direkteur

CG Goosen t t t t

A=Afwesig met verskoning, t=teenwoordig

RiSikobEStUUR En intERnE bEhEER

die direksie aanvaar finale verantwoordelikheid vir die risikobestuur

en interne beheerstelsels van die Groep. dit is bestuur se taak om te

verseker dat toereikende interne finansiële en bedryfsbeheerstelsels op ‘n

deurlopende grondslag ontwikkel en in stand gehou word ten einde redelike

sekerheid te bied aangaande:

– die doeltreffendheid van bedrywighede;

– die beveiliging van die Groep se bates (met inbegrip van inligting);

– nakoming van die toepaslike wette, regulasies en toesigvereistes;

– die betroubaarheid van die rekeningkundige rekords;

– die volhoubaarheid van besigheid onder sowel normale as ongunstige

toestande; en

– verantwoordelike optrede teenoor alle belanghebbendes.

die doeltreffendheid van enige interne beheerstelsel hang af van die

nakoming van neergelegde maatreëls. daar bestaan altyd ‘n risiko dat dié

maatreëls nie deur personeel nagekom word nie. Gevolglik kan selfs ‘n

streng en doeltreffende interne beheerstelsel slegs redelike gerusstelling

bied ten opsigte van bogenoemde oogmerke. interne ouditeure moniteer die

bedryf van die interne beheer- en risikobestuurstelsels en doen verslag aan

bestuur en die oudit-en-Risikokomitee oor hul bevindinge en aanbevelings.

daarbenewens bestaan daar ‘n self-evalueringsproses, ter aanvulling van

die bestaande strukture, vir die evaluering van die interne beheerstelsels. dit

sluit in die ondertekening van ‘n verklaringsbrief deur die hoof van elke departement

en bedryfsdivisie wat betref die handhawing van interne beheer. ‘n

Formele risikoforum is gestig waar kritiese risiko’s aangespreek word.

Alle kritiese inligtingstegnologiestelsels en data word gerugsteun. die

plan vir rampherstel is gedokumenteer en ‘n geoutomatiseerde rampherstelterrein,

wat op die kritieke inligtingstegnologiestelsels konsentreer, is

op ‘n ander perseel opgerig en in werking gestel.

die direksie het die interne beheerstelsels gedurende die volle finansiële

jaar geëindig 30 Junie 2008 beoordeel en is van mening dat hulle aan

aanvaarbare maatstawwe voldoen het.

JaaRVERSlaG 2008 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK 45

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | KORPORatIEWE BEHEER

vervolg

SAkE-EtiEk En oRGAniSAtoRiESE

intEGRitEit

die Groep se Gedragskode verbind hom tot die hoogste standaarde van

integriteit, gedrag en etiek in sy betrekkinge met alle betrokke partye, met

inbegrip van sy direkteure, bestuurders, werknemers, klante, verskaffers,

mededingers, beleggers, aandeelhouers en die breë publiek. daar word

van die direkteure en personeel verwag om hul etiese verpligtinge op so

‘n wyse na te kom dat die besigheid streng volgens billike, mededingende

handelspraktyke bedryf word.

‘n Kennisgewing van die “geslote tydperk” vir die verhandeling van die

effekte van die Groep word in Junie en desember elke jaar aan alle direkteure

en senior bestuurders van die Groep en sy filiale gestuur. die geslote

tydperke is soos volg:

tussentydse resultate Jaarresultate

verhandeling 25 desember tot wins- 25 Junie tot winsvan

effekte aankondiging op seNs aankondiging op seNs

samesprekings 1 desember tot wins- 1 Junie tot winsmet

analiste aankondiging op seNs aankondiging op seNs

daar word binne 48 uur op die Jse Nuusdiens (seNs) verslag gedoen

oor alle verhandelinge in aandele in shoprite Holdings Bpk deur direkteure

van die Maatskappy en van sy filiale. Alle sodanige transaksies moet vooraf

deur ‘n gemagtigde direkteur van die houermaatskappy goedgekeur word.

FinAnSiËLE VERSLAGdoEninG

En oUditERinG

Finansiële Verslagdoening

die direkteure aanvaar finale verantwoordelikheid vir die voorbereiding van

die finansiële jaarstate wat die volgende op redelike wyse uiteensit:

– die finansiële stand van die Maatskappy en die Groep aan die einde van

die finansiële jaar onder oorsig;

– die finansiële resultate van bedrywighede; asook

– die kontantvloei vir dié tydperk.

die verantwoordelikheid vir die opstel van die finansiële jaarstate is aan

bestuur gedelegeer. die eksterne ouditeure rapporteer of die finansiële

jaarstate redelik weergegee word.

die direkteure is tevrede dat gedurende die verslagdoeningsperiode:

– toereikende rekeningkundige rekords gehandhaaf is;

– ‘n doeltreffende stelsel van interne beheermaatreëls en risikobestuur,

deur bestuur gemoniteer, volgehou is;

– toepaslike rekeningkundige beleid, gerugsteun deur redelike en verstandige

oordele en ramings, konsekwent toegepas is; en

– die finansiële state opgestel is ooreenkomstig die internasionale

Finansiële verslagdoeningstandaarde en op die wyse soos deur die

Maatskappywet in suid-Afrika vereis.

die direkteure is ook tevrede dat geen wesenlike gebeurtenis plaasgevind

het tussen die finansiële jaareinde en die datum van hierdie verslag nie.

Eksterne oudit

die eksterne ouditeure is daarvoor verantwoordelik om verslag te doen

of die finansiële state op redelike wyse aangebied word ooreenkomstig

internasionale Finansiële verslagdoeningstandaarde en op die wyse soos

46 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

deur die Maatskappywet in suid-Afrika vereis. die eksterne ouditeure bied

‘n redelike, maar nie ‘n absolute, versekering omtrent die korrektheid van

finansiële openbaarmaking.

Konsultasie vind plaas tussen die eksterne en interne ouditeure om ‘n

doeltreffende ouditproses te bewerkstellig. die eksterne ouditeure word

voorsien van en oorweeg ook alle verslae wat die interne ouditafdeling uitreik.

Besonderhede van nie-ouditdienste wat deur die eksterne ouditeure

aan die Groep voorsien is, word in aantekening 25 op bladsy 91 van hierdie

jaarverslag uiteengesit.

interne oudit

interne oudit is ‘n onafhanklike, objektiewe, konsulterende versekeringsfunksie

wat daarop gerig is om waarde toe te voeg vir die Groep en

bedrywighede te verbeter. dit help die Groep om sy doelwitte te bereik

deur ‘n sistematiese, gedissiplineerde benadering te gebruik om risikobestuur,

beheer- en bestuursprosesse te evalueer en te verbeter.

interne ouditplanne dek sake geïdentifiseer in die evaluering

van risikobestuur asook sake wat deur die direksie, die oudit-en-

Risikokomitee, uitvoerende direkteure en senior bestuur uitgelig is.

die interne ouditdepartement rapporteer aan die hoofbestuurder:

finansies ten opsigte van daaglikse kwessies, maar doen ook kwartaalliks

regstreeks aan die oudit-en-Risikokomitee verslag.

die interne ouditdepartement bestaan uit gekwalifiseerde personeel

met toepaslike opleiding en ervaring. die doel, gesag en verantwoordelikheid

van die onafhanklike interne ouditfunksie word formeel omskryf

in ‘n interne oudithandves, wat gereeld bygewerk en deur die oudit-en-

Risikokomitee goedgekeur word.

Betekenisvolle ouditbevindings word aan die oudit-en-Risikokomitee

gerapporteer. stappe word gedoen om, wanneer hulle geïdentifiseer

word, tekortkominge in beheer aan te spreek asook om ander geleenthede

te benut om die stelsel te verbeter. Alle wesenlike besigheidseenhede

is onderhewig aan interne oudit.

sekere hoëvlak interne ouditfunksies is gedurende die jaar aan die

eksterne ouditeure uitgekontrakteer met die goedkeuring van die ouditen-Risikokomitee.

sodanige projekte het gewoonlik betrekking op geïsoleerde

gevalle waarvoor die interne ouditdepartement nie oor die nodige

kapasiteit, vaardighede of ervaring beskik nie.

Lopende Saak

Aangesien die direkteure van mening is dat die Groep oor genoegsame

bronne beskik om die onderneming in die afsienbare toekoms te bedryf,

is die finansiële state op die grondslag van ‘n lopende saak opgestel.

die direkteursverslag, finansiële jaarstate en finansiële groepjaarstate,

soos uiteengesit op bladsye 50 tot 110, is deur die direksie goedgekeur.

Geteken namens die direksie.

CH Wiese JW Basson

voorsitter Uitvoerende Hoof

1 september 2008 1 september 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!