02.05.2013 Views

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korporatiewe verantwoordelikheidsverslag | KORPORatIEWE BEHEER

vervolg

SAkE-EtiEk En oRGAniSAtoRiESE

intEGRitEit

die Groep se Gedragskode verbind hom tot die hoogste standaarde van

integriteit, gedrag en etiek in sy betrekkinge met alle betrokke partye, met

inbegrip van sy direkteure, bestuurders, werknemers, klante, verskaffers,

mededingers, beleggers, aandeelhouers en die breë publiek. daar word

van die direkteure en personeel verwag om hul etiese verpligtinge op so

‘n wyse na te kom dat die besigheid streng volgens billike, mededingende

handelspraktyke bedryf word.

‘n Kennisgewing van die “geslote tydperk” vir die verhandeling van die

effekte van die Groep word in Junie en desember elke jaar aan alle direkteure

en senior bestuurders van die Groep en sy filiale gestuur. die geslote

tydperke is soos volg:

tussentydse resultate Jaarresultate

verhandeling 25 desember tot wins- 25 Junie tot winsvan

effekte aankondiging op seNs aankondiging op seNs

samesprekings 1 desember tot wins- 1 Junie tot winsmet

analiste aankondiging op seNs aankondiging op seNs

daar word binne 48 uur op die Jse Nuusdiens (seNs) verslag gedoen

oor alle verhandelinge in aandele in shoprite Holdings Bpk deur direkteure

van die Maatskappy en van sy filiale. Alle sodanige transaksies moet vooraf

deur ‘n gemagtigde direkteur van die houermaatskappy goedgekeur word.

FinAnSiËLE VERSLAGdoEninG

En oUditERinG

Finansiële Verslagdoening

die direkteure aanvaar finale verantwoordelikheid vir die voorbereiding van

die finansiële jaarstate wat die volgende op redelike wyse uiteensit:

– die finansiële stand van die Maatskappy en die Groep aan die einde van

die finansiële jaar onder oorsig;

– die finansiële resultate van bedrywighede; asook

– die kontantvloei vir dié tydperk.

die verantwoordelikheid vir die opstel van die finansiële jaarstate is aan

bestuur gedelegeer. die eksterne ouditeure rapporteer of die finansiële

jaarstate redelik weergegee word.

die direkteure is tevrede dat gedurende die verslagdoeningsperiode:

– toereikende rekeningkundige rekords gehandhaaf is;

– ‘n doeltreffende stelsel van interne beheermaatreëls en risikobestuur,

deur bestuur gemoniteer, volgehou is;

– toepaslike rekeningkundige beleid, gerugsteun deur redelike en verstandige

oordele en ramings, konsekwent toegepas is; en

– die finansiële state opgestel is ooreenkomstig die internasionale

Finansiële verslagdoeningstandaarde en op die wyse soos deur die

Maatskappywet in suid-Afrika vereis.

die direkteure is ook tevrede dat geen wesenlike gebeurtenis plaasgevind

het tussen die finansiële jaareinde en die datum van hierdie verslag nie.

Eksterne oudit

die eksterne ouditeure is daarvoor verantwoordelik om verslag te doen

of die finansiële state op redelike wyse aangebied word ooreenkomstig

internasionale Finansiële verslagdoeningstandaarde en op die wyse soos

46 sHoPRite HoLdiNGs BePeRK JaaRVERSlaG 2008

deur die Maatskappywet in suid-Afrika vereis. die eksterne ouditeure bied

‘n redelike, maar nie ‘n absolute, versekering omtrent die korrektheid van

finansiële openbaarmaking.

Konsultasie vind plaas tussen die eksterne en interne ouditeure om ‘n

doeltreffende ouditproses te bewerkstellig. die eksterne ouditeure word

voorsien van en oorweeg ook alle verslae wat die interne ouditafdeling uitreik.

Besonderhede van nie-ouditdienste wat deur die eksterne ouditeure

aan die Groep voorsien is, word in aantekening 25 op bladsy 91 van hierdie

jaarverslag uiteengesit.

interne oudit

interne oudit is ‘n onafhanklike, objektiewe, konsulterende versekeringsfunksie

wat daarop gerig is om waarde toe te voeg vir die Groep en

bedrywighede te verbeter. dit help die Groep om sy doelwitte te bereik

deur ‘n sistematiese, gedissiplineerde benadering te gebruik om risikobestuur,

beheer- en bestuursprosesse te evalueer en te verbeter.

interne ouditplanne dek sake geïdentifiseer in die evaluering

van risikobestuur asook sake wat deur die direksie, die oudit-en-

Risikokomitee, uitvoerende direkteure en senior bestuur uitgelig is.

die interne ouditdepartement rapporteer aan die hoofbestuurder:

finansies ten opsigte van daaglikse kwessies, maar doen ook kwartaalliks

regstreeks aan die oudit-en-Risikokomitee verslag.

die interne ouditdepartement bestaan uit gekwalifiseerde personeel

met toepaslike opleiding en ervaring. die doel, gesag en verantwoordelikheid

van die onafhanklike interne ouditfunksie word formeel omskryf

in ‘n interne oudithandves, wat gereeld bygewerk en deur die oudit-en-

Risikokomitee goedgekeur word.

Betekenisvolle ouditbevindings word aan die oudit-en-Risikokomitee

gerapporteer. stappe word gedoen om, wanneer hulle geïdentifiseer

word, tekortkominge in beheer aan te spreek asook om ander geleenthede

te benut om die stelsel te verbeter. Alle wesenlike besigheidseenhede

is onderhewig aan interne oudit.

sekere hoëvlak interne ouditfunksies is gedurende die jaar aan die

eksterne ouditeure uitgekontrakteer met die goedkeuring van die ouditen-Risikokomitee.

sodanige projekte het gewoonlik betrekking op geïsoleerde

gevalle waarvoor die interne ouditdepartement nie oor die nodige

kapasiteit, vaardighede of ervaring beskik nie.

Lopende Saak

Aangesien die direkteure van mening is dat die Groep oor genoegsame

bronne beskik om die onderneming in die afsienbare toekoms te bedryf,

is die finansiële state op die grondslag van ‘n lopende saak opgestel.

die direkteursverslag, finansiële jaarstate en finansiële groepjaarstate,

soos uiteengesit op bladsye 50 tot 110, is deur die direksie goedgekeur.

Geteken namens die direksie.

CH Wiese JW Basson

voorsitter Uitvoerende Hoof

1 september 2008 1 september 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!