02.05.2013 Views

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

1 Is daar ten minste een werknemer of ‘n

werknemersorganisasie wat die

belange van die werknemers by die

werkgewer verteenwoordig?

Dokumentasie is beskikbaar wat toon dat 'n duidelik

geïdentifiseerde, genoemde persoon en/of ‘n werknemersraad wat

die belange van die personeel by die bestuur verteenwoordig,

verkies of genomineer word deur alle werknemers, en erken word

deur die bestuur. Hierdie persoon sal in staat wees om klagtes aan

bestuur te kommunikeer.

Verduideliking:

Werknemeverteenwoordiger fasiliteer die dialoog tussen werknemers, maar ook tussen

werkers en bestuur. Probleme op die plaas kan maklik aan die lig gebring, bespreek en

opgelos word. Voorts kan die werknemersverteenwoordiger(s) optree as bemiddelaar(s) in

konflik. Ooreenkomste met die werknemersverteenwoordiger sal oor die algemeen goed

aanvaar word binne die werksmag, aangesien die verteenwoordiger die terme beding het.

Implementering:

1. Hierdie punt is nie van toepassing indien slegs kern familielede werksaam is op die

plaas nie. Vind 'n presiese definisie van die term "kern familielid" in die Definisielys

aan die einde van die dokument. Sodra daar mense buite die kern van jou familie is,

maak seker daar is 'n werknemersverteenwoordiger.

2. Lig jou werknemers in oor hul reg om 'n verteenwoordiger of 'n werknemersorganisasie

te hê. Die aantal werknemersverteenwoordigers sal die aantal werkers

verteenwoordig (bv 1 verteenwoordiger per 50 werkers) en sal ook verteenwoordigend

wees (bv nie-nasionale werknemers word ook verteenwoordig op die plaas).

3. Maak seker dat die werknemersverteenwoordiger genoeg tyd het om sy / haar take

uit te voer. Hierdie take kan vasgestel word in 'n kort geskrewe taakbeskrywing

4. Sommige Nasionale Interpretasieriglyne spesifiseer beskermingsmaatreëls vir

werknemersverteenwoordigers om hulle in staat te stel om hul werk te doen. Maak

seker dat jy kennis hiervan dra en daaraan voldoen.

5. As jy ‘n plaas bestuur met baie werknemers is dit sinvol om ‘n verkiesingsproses daar

te stel. Help jou werknemers met die verkiesingsproses deur die daarstel van sekere

reëls/beginsels (bv. anonieme verkiesing).

6. Die werknemersverteenwoordiger sal elke jaar of binnne die lopende

produksieperiode verkies/genomineer word.

7. Die werknemersverteenwoordiger moet 'n persoon wees wat toeganklik is vir elke

werknemer en in staat wees om bestuur op 'n konstrukstiewe wyse aan te spreek.

Om hom/haar instaat te stel om die inligting/wetlike regte aan die werkers oor te dra,

sal hy/sy in staat moet wees om te lees (die onderskeie Nasionale Interpretasies).

Enige konflik van belang vir die werknemersverteenwoordiger(s) moet sover moontlik

vermy word.

8. Indien gesertifiseerd onder Opsie 2, en daar 'n hoë rotasie van werksmag is, mag jy

een produsent (of ander geskikte persoon) nomineer om hierdie opdrag uit te voer.

Hierdie is nie die ideale omstandighede nie, maar moontlik indien dit die enigste

praktiese oplossing is. Maak seker dat die werknemers weet wie hul

verteenwoordiger is.

9. Verseker dat alle werknemers toegang tot die onderskeie persoon(e) het; nomineer

twee of meer persone as die groep oor ‘n groot geografiese gebied versprei is.

10. Volg die ooreenkomste wat tussen die werknemers se verteenwoordiger en jouself

gevestig is op en monitor die status van die uitvoering daarvan gereeld.

––––– GRASP Implementering | 6 ––––

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!