02.05.2013 Views

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GLOBALG.A.P Risikobepaling vir Sosiale Praktyke (GRASP) -

“GLOBALG.A.P Risk Assessment on Social Practice”

GRASP Implementasieriglyne

V 1.0 June 2010

Afrikaanse Weergawe: Voorlopige Finale Weergawe –

Verwys asb na die Engelse Weergawe indien onseker

––––– GRASP Implementering | 1 ––––

Inhoud

GRASP Implementasieriglyne

Hoe om hierdie dokument te gebruik 3

Riglyne vir die Kontrolepunte van die GRASP Module 5

Kontrolepunte 1-12 6

Aanbevelings vir Goeie Praktyk 21

Definisielys 24

––––– GRASP Implementering | 2 ––––

Hoe om hierdie dokument te gebruik

Hierdie dokument gee leiding aan produsente/plaasbestuurders wat 'n sosiale bestuurstelsel wil

implementeer volgens die GRASP Module. Saam met die GRASP-evalueringskontrolelys (checklist),

vorm dit die ondersteunende dokumente vir die korrekte implementering en evalueering van die GRASP

Module.

Waarom die GRASP Module Implementeer?

As sosiale kriteria toegepas word op 'n plaas, is

dit die eerste stap in die verbetering van die

werksvoorwaardes en versterk dit die regte van

plaaswerkers. Met die implementering van die

GRASP Module, sal geen verskil tussen

permanente werknemers, seisoenale werkers,

stuk-tarief of dag-arbeiders gemaak word nie.

Gekwalifiseerde en entoesiastiese werkers is een

van die sleutels tot ‘n plaas wat goed funksioneer

en plaasbestuur trek direk voordeel hieruit. Aktiewe

dialoog tussen werkers en plaasbestuur voorkom

onmin aan albei kante. Dit verbeter nie net die

algemene sosiale atmosfeer nie, maar kan

beduidend bydra tot kostevermindering (minder

ongelukke, duideliker terme en pligte, minder breek

van masjinerie, ens). En ten slotte, dit is in elke

werkgewer se belang om gekwalifiseerde

personeel te behou.

Waarvoor staan GRASP?

GRASP is die afkorting vir GLOBALG.A.P

Risikobepaling vir Sosiale Praktyke

(“GLOBALGAP Risk Assessment on Social

Practices”). Hierdie kriteria vir goeie sosiale

praktyke op plase is ontwikkel in 'n vyf jaar

proses deur belanghebbendes, wat goeie sosiale

praktyke in die landbou voorstaan. Indien jy

belangstel om meer te weet oor die proses oor

hoe die module en die hulpmiddels ontwikkel is,

raadpleeg asseblief die GRASP Projekverslae

wat op die GLOBALG.A.P webblad gevind kan

word.

Omvang van die GRASP Module

Die GRASP Module vorm nie deel van die

GLOBALG.A.P standaarde en

akkreditasiesertifisering nie. Dit komplementeer

egter die GLOBALG.A.P standaarde. Voldoening

aan die Kontrolepunte is vrywillig en het geen

invloed op die GLOBALG.A.P sertifikasie nie.

Indien 'n plaas besluit om deel te neem aan die

evaluering is die dokumentasie in die

GLOBALG.A.P databasis verpligtend. Na afloop

van die GRASP evaluering, sal die assessor twee

kopiëe van sy/haar evalueringskontrolelys

(checklist) op die plaas agterlaat (een vir die

plaasbestuur en een vir die

werknemersverteenwoordiger). Die uitslae van die

evaluering sal sigbaar wees op die GLOBALG.A.P

databasis (bewys van evaluering) volgens die

datagebruikooreenkoms wat geteken is deur die

produsent in die sublisensieooreenkoms. Hierdie

kontrolelys kan jou help om jou sosiale

beheerstelsel te verbeter. Bewyse van die

evaluering word deur die Sertifiseringsliggaam aan

die plaasbestuur uitgereik sodra die resultate op

die GLOBALG.A.P databasis aangebring is.

––––– GRASP Implementering | 3 ––––

Plaaslike interpretasie

Wetlike vereistes met betrekking tot die

kontrolepunte verskil van land tot land (bv. die

minimum loon, ouderdom van die wettige

indiensneming, werksure, ens). Waar die relevante

wetgewing meer vereis as GRASP, word die

wetgewing gebruik. Waar daar geen wetgewing

is nie (die wetgewing is nie so streng nie),

verskaf GRASP die minimum voldoeningskriteria.

Ongeag wat die GRASP voldoeningsvereistes

is, moet daar voldoen word aan enige

toepaslike wetgewing in die land waar die

produsent werk wat strenger is as GRASP. Om

seker te maak dat hierdie vereistes duidelik is vir

produsente en evalueerders, is Nasionale

Interpretasies van die Grasp Module ontwikkel

deur ‘n proses van deelname deur belanghebbendes.

Die GRASP Module kan nie geevalueer

word in die lande waar Nasionale

Interpretasie beskikbaar is. Raadpleeg die

GLOBALG.A.P webblad vir die beskikbare

Interpretasies. Sien ook verdere besonderhede

in die GRASP Algemene Riglyne.

Hoe word GRASP Module-evaluering uitgevoer

Addisionele kwalifikasie en opleiding is nodig om

GRASP evaluerings te mag doen. Die GRASP

evaluering kan slegs gedoen word deur

GLOBALG.A.P goedgekeurde evalueerders wat

deelgeneem het aan GRASP Opleiding vir

Evalueerders en wat die GRASP aanlynopleiding

suksesvol voltooi het. ‘n Opgedateerde lys van

goedgekeurde GRASP evalueerders is op die

GLOBALG.A.P webblad beskikbaar. Op die dag

van evaluering, maak seker dat alle dokumente

beskikbaar is op die plaas en ook toeganklik is vir

die assessor. Maak seker dat wernemers weet en

goedkeuring gee dat hulle persoonlike data (bv.

Kontrakte) ge-evalueer word. Dit geld ook vir

dokumente van sub-kontrakteurs waarvan moontlik

gebruik gemaak gaan word. As dit nie prakties is

om die dokumente van sub-kontrakteur op die

plaas beskikbaar te maak nie, kan die assessor na

die sub-kontrakteur se kantoor verwys word. Lig

die sub-kontrakteur in indien so ‘n reëling gemaak

word. Alle dokumente wat onderteken is tussen die

werkgewer en die werknemer (bv. werkkontrakte),

of wat invloed op beide partye het (bv. verklaring

oor die goeie sosiale praktyk) moet beskikbaar

wees in die plaaslike taal, of die taal wat die beste

verstaan word deur die werknemers. Die volgende

tabel gee 'n oorsig van die belangrikste dokumente

wat vereis word deur die GRASP Module. Jy sal

voorbeelde van hierdie dokumente in die afdelings

van die onderskeie kontrolepunte vind.

CPCC Naam van die dokument Geteken deur wie? Wie moet hierdie

dokument beveilig (of 'n

afskrif daarvan)?

1 Die dokumentasie oor die werknemers

van verteenwoordiger/raad

Werkgewer- en

werknemersverteenwoordiger/raad

––––– GRASP Implementering | 4 ––––

Werkgewer

2 Klagteprosedure – Werkgewer

3 Self-verklaring oor die goeie sosiale

praktyk

4 Onlangse nasionale arbeidsregulasies

(GRASP Nasionale Interpretasie +

Aanhangsel)

Werkgewer- en

werknemersverteenwoordiger/raad

Werkgewer, werknemer

- Werkgewer, werknemer

5 Werkkontrak Werkgewer, werknemer Werkgewer, werknemer

7 Salarisstrokie/Betaalregister Werkgewer, werknemer Werkgewer, werknemer

10 Tydstate Werkgewer, werknemer Werkgewer

Die tabel gee 'n oorsig van die belangrikste dokumente wat vereis word vir die GRASP

evaluering. Jy sal voorbeelde van hierdie dokumente in hierdie riglyn in die afdelings van die

onderskeie kontrolepunte vind.

Implementeringsriglyn van die

Kontrolepunte van die GRASP Module

Die GRASP Module bestaan uit 13 kontrolepunte en voldoeningskriteria. Hierdie

Kontrolepunte is gekompliseerd en raak dikwels meer as een aspek. Om die inhoud van

hierdie punte makliker verstaanbaar en implementeerbaar te maak, word elke punt op die

volgende manier verduidelik:

1. Kontrolepunt en die voldoening aan kriteria

Alle kriteria van die GRASP Module word gelys. Soos jy weet vanaf die GLOBALGAP-stelsel,

word dit geformuleer in Kontrolepunte- en Voldoeningsvereistes

Kontrolepunt Voldoeningsvereistes

1 Is daar ten minste 'n werknemer of

'n werknemersorganisasie, wat die

belange van die werknemers by die

werkgewer verteenwoordig?

Dokumentasie is beskikbaar wat toon dat 'n duidelik geïdentifiseerde,

genoemde persoon en/of ‘n werknemersraad wat die belange van die

personeel by die bestuur verteenwoordig, verkies of genomineer word deur

alle werknemers, en erken word deur die bestuur. Hierdie persoon sal in

staat wees om klagtes aan bestuur te kommunikeer.

2. Verduideliking

Hier word die betekenis en relevansie van die onderskeie kontrolepunte kortliks verduidelik.

3. Implementering

Onder implementering, word praktiese stappe voorgestel oor hoe die onderskeie

kontrolepunte op die plaas geïmplementeer kan word.

4. Voorbeeld

Waar 'n kontrolepunt vereis dat daar ‘n vorm of dokument moet wees, word daar 'n voorbeeld

verskaf oor hoe so 'n dokument daaruit moet sien (bv. kontrak, rekordstaat). Die dokumente

op jou plaas het egter nie nodig om presies soos die voorbeelde te lyk nie – jy mag maniere

vind wat beter by jou behoeftes pas. Pas gerus die dokumente aan.

Om die voorbeelddokumente makliker verstaanbaar te maak, is hulle met fiktiewe voorbeelde

ingevul (wat in skuinsdruk geskryf is).

Let daarop dat hierdie universele en generiese riglyne is wat verskillende plaassituasies

aanspreek. Jy sal nie noodwendig in staat wees om elke implementeringsstap presies te volg

nie (of die voorbeelde), maar pas dit aan vir jou spesifieke situasie en die wetlike situasie in

jou eie land.

––––– GRASP Implementering | 5 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

1 Is daar ten minste een werknemer of ‘n

werknemersorganisasie wat die

belange van die werknemers by die

werkgewer verteenwoordig?

Dokumentasie is beskikbaar wat toon dat 'n duidelik

geïdentifiseerde, genoemde persoon en/of ‘n werknemersraad wat

die belange van die personeel by die bestuur verteenwoordig,

verkies of genomineer word deur alle werknemers, en erken word

deur die bestuur. Hierdie persoon sal in staat wees om klagtes aan

bestuur te kommunikeer.

Verduideliking:

Werknemeverteenwoordiger fasiliteer die dialoog tussen werknemers, maar ook tussen

werkers en bestuur. Probleme op die plaas kan maklik aan die lig gebring, bespreek en

opgelos word. Voorts kan die werknemersverteenwoordiger(s) optree as bemiddelaar(s) in

konflik. Ooreenkomste met die werknemersverteenwoordiger sal oor die algemeen goed

aanvaar word binne die werksmag, aangesien die verteenwoordiger die terme beding het.

Implementering:

1. Hierdie punt is nie van toepassing indien slegs kern familielede werksaam is op die

plaas nie. Vind 'n presiese definisie van die term "kern familielid" in die Definisielys

aan die einde van die dokument. Sodra daar mense buite die kern van jou familie is,

maak seker daar is 'n werknemersverteenwoordiger.

2. Lig jou werknemers in oor hul reg om 'n verteenwoordiger of 'n werknemersorganisasie

te hê. Die aantal werknemersverteenwoordigers sal die aantal werkers

verteenwoordig (bv 1 verteenwoordiger per 50 werkers) en sal ook verteenwoordigend

wees (bv nie-nasionale werknemers word ook verteenwoordig op die plaas).

3. Maak seker dat die werknemersverteenwoordiger genoeg tyd het om sy / haar take

uit te voer. Hierdie take kan vasgestel word in 'n kort geskrewe taakbeskrywing

4. Sommige Nasionale Interpretasieriglyne spesifiseer beskermingsmaatreëls vir

werknemersverteenwoordigers om hulle in staat te stel om hul werk te doen. Maak

seker dat jy kennis hiervan dra en daaraan voldoen.

5. As jy ‘n plaas bestuur met baie werknemers is dit sinvol om ‘n verkiesingsproses daar

te stel. Help jou werknemers met die verkiesingsproses deur die daarstel van sekere

reëls/beginsels (bv. anonieme verkiesing).

6. Die werknemersverteenwoordiger sal elke jaar of binnne die lopende

produksieperiode verkies/genomineer word.

7. Die werknemersverteenwoordiger moet 'n persoon wees wat toeganklik is vir elke

werknemer en in staat wees om bestuur op 'n konstrukstiewe wyse aan te spreek.

Om hom/haar instaat te stel om die inligting/wetlike regte aan die werkers oor te dra,

sal hy/sy in staat moet wees om te lees (die onderskeie Nasionale Interpretasies).

Enige konflik van belang vir die werknemersverteenwoordiger(s) moet sover moontlik

vermy word.

8. Indien gesertifiseerd onder Opsie 2, en daar 'n hoë rotasie van werksmag is, mag jy

een produsent (of ander geskikte persoon) nomineer om hierdie opdrag uit te voer.

Hierdie is nie die ideale omstandighede nie, maar moontlik indien dit die enigste

praktiese oplossing is. Maak seker dat die werknemers weet wie hul

verteenwoordiger is.

9. Verseker dat alle werknemers toegang tot die onderskeie persoon(e) het; nomineer

twee of meer persone as die groep oor ‘n groot geografiese gebied versprei is.

10. Volg die ooreenkomste wat tussen die werknemers se verteenwoordiger en jouself

gevestig is op en monitor die status van die uitvoering daarvan gereeld.

––––– GRASP Implementering | 6 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

2 Is daar 'n klagteprosedure beskikbaar

op die plaas, waarmee werknemers ‘n

klagte kan indien?

'n Klagteprosedure bestaan op die plaas, werknemers is in kennis

gestel van sy bestaan en klagtes of voorstelle kan gemaak word.

Die klagteprosedure bepaal ‘n sekere tyd waarin ‘n klagte opgelos

moet word. Klagtes en oplossings van die afgelope 24 maande is

gedokumenteer en is toeganklik.

Verduideliking:

'n Klagteprosedure sal die werkgewer help om ontevredenheid binne die werksmag te

fasiliteer. Dit is makliker vir hom/haar om die redes vir ontevredenheid te herken. Vir die

personeel, is daar 'n manier om klagtes in te dien, sonder om te vrees vir persoonlike

gevolge. Deur werknemers aan te moedig om aktief klagtes of voorstelle te maak, kan die

doeltreffendheid van bedrywighede verhoog word.

Op klein plase met slegs 'n paar werknemers, sal ‘n klagtevorm of houer miskien nie nodig

wees nie aangesien die werkgewer en die werknemers mekaar gereeld sien. 'n Eenvoudige

klagteprosedure kan genoeg wees. Op groter plase, kan gereelde kommunikasie tussen die

werknemers en plaasbestuur moeilik wees. Klagtevorms en klagtehouers kan ‘n moontlike

oplossing bied.

Maar in beide gevalle, is dit noodsaaklik om klagtes op te volg en om seker te maak hulle

word aangespreek en die situasie verbeter in 'n gedefinieerde tydperk.

Natuurlik hoef jy nie net te fokus op klagtes met hierdie bestuursinstrument nie. Jy kan ook

waardevolle voorstelle van jou personeel verkry oor hoe om die prosedures intern te verbeter.

Niemand weet dit beter as die mense wat op jou plaas werk nie.

Implementering:

1. Dink aan 'n gepaste klagteproses wat pas by die grootte en situasie van jou plaas. In

party kulture mag mense huiwer om ’n formele klagte te dokumenteer. Die

klagteprosedure sal dit in ag neem. Bv.

a) As jy ‘n plaas bestuur waar daar net ‘n paar mense werk ....

.... werknemersverteenwoordigers kan net beskikbaar wees vir die werkers om op

sekere tye te praat. Laat die werkers weet watter tyd en met wie om te praat.

b) As jy ‘n plaas bestuur waar daar baie mense werk.

... maak ‘n houer vir klagtes beskikbaar waar werkers hul klagtes anoniem kan plaas.

Maak seker dat jy die houer gereeld leegmaak (bv. elke 14 dae) en werk aan

oplossings vir die klagte, of

... organiseer 'n raadplegingsessie waar klagtes aanhangig gemaak kan word (bv.

met die persoon wat verantwoordelik is vir die gesondheid, veiligheid en welstand van

werknemers en/of die verkose persoon wat vertrou word) en bespreek.

2. Indien gesertifiseer as ’n produsentegroep (opsie 2), mag die klagteprosedure deur

die groep se sentrale kwaliteitbeheerstelsel bestuur word.

3. Maak besluite en regulasies deursigtig (transparent) vir jou werknemers. Maak seker

dat al jou werkers (ook nie-permanente werknemers) weet hoe en wanneer hulle kan

kla.

4. Dit is belangrik om dit duidelik te maak binne watter tydsperiode jy die klagtes gaan

hanteer, bv. gedurende die volgende 14 dae. Hou by dit!

5. Vra vir terugvoer wanneer verbeteringe gemaak word om te verseker dat jou

werknemers voel dat hul klagtes of voorstelle ernstig opgeneem word en dat die

situasie verbeter het.

––––– GRASP Implementering | 7 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

3 Is 'n self-verklaring oor goeie sosiale

praktyk met betrekking tot menseregte

aan die werknemers gekommunikeer

en deur die plaasbestuur en die

werknemers se verteenwoordiger

onderteken en is die werknemers in

kennis gestel?

Die plaasbestuur en die werknemer-verteenwoordiger onderteken

en vertoon 'n self-verklaring wat goeie sosiale praktyk en die

menseregte van alle werknemers verseker. Hierdie verklaring

bevat ten minste verbintenis tot die kern van die ILOarbeidkonvensies

(ILO-konvensies 111 op diskriminasie, 138 en

182 op die minimum ouderdom en kinderarbeid, 29 en 105 op

dwangarbeid, 87 op vryheid van assosiasie, 98 op die reg om te

organiseer en kollektiewe bedinging, 100 op gelyke besoldiging en

99 op die minimum loon) en deursigtige en nie-diskriminerende

aanstellingsprosedure en klagteprosedures. Die werknemers is

ingelig oor die self-verklaring en dit word ten minste elke 3 jaar

hersien of soos nodig.

Verduideliking:

Die self-verklaring is 'n manier om te verseker dat die plaasbestuur verbind tot die beginsels

van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) arbeidskonvensies. Die IAO is 'n VNagentskap,

wat daarop gemik is om die bevordering van sosiale geregtigheid en

internasionale menseregte en die regte van werknemers te erken. Die IAO het internasionale

arbeidstandaarde in die vorm van konvensies en aanbevelings geformuleer, en stel minimum

standaarde van die basiese regte van werknemers. 180 lande is tans ILO-lede (www.ilo.org).

Die self-verklaring moet ten minste die onderstaande beginsels van goeie praktyk van sosiale

en menslike regte van werknemers insluit, wat die volgende ILO-konvensies vervat:

• No 111 oor diskriminasie

• No 138 en 182 op die minimum ouderdom en kinderarbeid

• No 29 en 105 op dwangarbeid

• No 87 op die vryheid van assosiasie

• No 98 op die reg om te organisasie en kollektiewe bedinging,

• No 100 op gelyke besoldiging en

No 99 oor minimum loon

In die self-verklaring, verseker die werkgewer (die plaasbestuur) dat enige oortreding van

hierdie beginsels onmiddellik deur die interne beheerstelsel aangespreek word en

gerapporteer word aan die wetlike liggaam.

Implementering:

1. Wanneer die dokument opgestel word, maak seker dat dit volledig is en al die nodige

konvensies dek. Maak seker of bykomende punte relevant is op jou plaas en hersien

en pas die die verklaring hierby aan.

2. Verseker dat daar geen diskriminasie op jou plaas is nie, byvoorbeeld:

• indiensnemingsprosedures regverdig en deursigtig is. (bv nie-diskrimnerende

aanstel van nie-nasionales)

• dat alle werknemers wat dieselfde werk doen, dieselfde regte het en dieselfde

sosiale voordele ontvang.

• dat niemand gedwing word om werk te doen wat hy of sy is nie bereid of in staat is

om te doen nie, ens .

3. Maak seker van die regulasies vir die minimum ouderdom van die werk in jou land en

verseker geen kinders onder die ouderdom in diens geneem is nie. As jou eie kinders

op die plaas werk, maak seker dat jy hulle gereelde skoolbywoning kan bewys.

4. Maak seker dat alle werkkontrakte in lyn is met die nasionale arbeidregulasies en

maak seker dat die dokumente vir ten minste 24 maande bewaar word.

5. Verduidelik die self-verklaring aan jou werknemers asook terme waarmee hulle nie

vertroud is nie. Bespreek die punte van die self-verklaring saam met hulle, en maak

seker dat almal op die plaas dieselfde begrip oor die nakoming daarvan het.

6. Teken die self-verklaring en vra die werknemersverteenwoordiger om ook te teken.

7. Maak seker dat alle werknemers bewus is van die self-verklaring, hetsy deur 'n afskrif

aan elke werk kontrak te heg of deur dit sigbaar te vertoon op die plaas.

8. Maak klagteprosedures deursigtig (transparent) vir jou werknemers.

9. Kyk gereeld of jou self-verklaring opgedateer moet word.

––––– GRASP Implementering | 8 ––––

Voorbeeld

Self-verklaring van Goeie Sosiale Praktyke

Ek verseker hiermee dat op die plaas/in die produsentegroep

alle

werknemers (insluitend dié van die geïntegreerde verpakkingperseel sowel as buiteverskaffers) volgens

die volgende beginsels behandel word:

1 Daar is geen diskriminasie (onderskeid, uitsluiting of voorkeur) op grond van ras, kaste (caste),

nasionaliteit, godsdiens, gestremdhede, geslag, seksuele oriëntasie, swangerskap, ouderdom,

politieke mening, lidmaatskap van 'n vakbond of politieke party nie. Daar word geen

swangerskap of MIV-toetse op werknemers gedoen nie.

2 Die huur van werkers is regverdig en deursigtig en diskrimineer nie teen enigiemand wat op die

plaas will werk vir enige rede hierbo genoem.

3 Alle werknemers wat dieselfde werk doen, het soortgelyke regte, ontvang soortgelyke

maatskaplike voordele, soortgelyke werksomstandighede en opleidingsgeleenthede. Gelyke

werk word vergoed met gelyke betaling.

4 Geen dissiplinêre praktyke soos lyfstraf, geestelike, fisiese of verbale mishandeling word

beoefen. Daar is geen onbillike aftrekkings van lone (bv. vir gebreekte masjiene of die gebrek

van die produk). As dit bestaan, is dissiplinêre praktyke regverdig en deursigtig.

5 Daar is geen minderjariges (volgens wetlike regulasies) in diens nie. Vir kinders wat op ‘n

kleinhoewe uithelp, kan hulle gereelde skoolbywoning bewys word. Kinders doen nie werk wat

gevaarlik is vir hulle gesondheid en veiligheid nie of wat hulle ontwikkeling in gevaar stel nie.

6 Daar is geen dwangarbeid. Die familie en afhanklikes het die reg om indiensneming buite die

plaas. Geen werknemer word gedwing om op die plaas te bly nie. Daar word nie teen

werknemers wat nie op die plaas woon nie, gediskrimineer.

7 Geen dokumente van die werknemers word deur die werkgewer bewaar nie. Die werkgewer

sal nie ‘n gedeelte van die werknemer se salaris terughou nie.

8 Oortydwerk is vrywillig.

9 Die plaasbestuur pas kollektiewe bedinging toe.

10 Werknemers het die reg om enige organisasie van hul keuse te vestig of by aan te sluit.

Toegang op die plaas van die vakbond binne werksure word toegelaat.

11 In die geval van ‘n ongeluk, word die werknemer na die naaste mediese fasiliteit geneem.

12 Risiko-groepe, soos swanger vroue of vroue wat borsvoed, jongmense onder die ouderdom

van 18 (indien hulle aanstelling in lyn is met wetlike regulasies), verstandelik gestremde

werknemers of siek persone doen nie werk wat gevaarlik vir hul gesondheid en veiligheid is

nie, of wat hulle ontwikkeling beperk nie. Hulle werk nie met die toediening van plaagdoders

nie. Jongmense mag nie oortyd werk nie.

13 Regulasies vir die dekking van kraam-, siekteverlof en aftrede voldoen ten minste aan die

nasionale maatskaplike wetgewing.

14 Werknemers het toegang tot ‘n persoon wat hulle vertrou, of werknemersraad, met betrekking

tot die terme van hul kontrakte en werksomstandighede en klagteindiening. Hierdie persoon

voer hierdie taak uit in konsensus met alle maatskaplike vennote en kan dus alle klagtes

kommunikeer, sonder persoonlike sanksies. Die onderneming, verklaar hiermee dat hulle

bereid is om enige probleme, in samewerking met die arbitrasie liggaam, sal oplos.

Ek verseker dat enige teken van oortreding van hierdie beginsels onmiddellik by die wetlike liggaam

aangemeld sal word en dat korrektiewe maatreëls geneem sal word.

'n Afskrif van hierdie ondertekende verklaring is gegee aan die lid van bestuur wat verantwoordelik is vir

maatskaplike probleme en die verkose/aangewese neutrale persoon wat vertrou word, die sertifiserende

liggaam, die plaaslike werkersunie en is aangeheg by elke kontrak en/of word visueel vertoon.

Plaasbestuur (naam en posisie)/produsentegroep en werknemersverteenwoordiger:

Datum Handtekeninge: ____________________________________

––––– GRASP Implementering | 9 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

4 Het die persoon wat verantwoordelik is

vir die werkers se gesondheid,

veiligheid en welsyn en die persoon(e)

van vertroue, kennis oor en/of toegang

tot die onlangse nasionale

arbeidregulasies?

Die persoon verantwoordelik vir die gesondheid en veiligheid van

die werknemers en die werknemers se verteenwoordiger/s dra

kennis of/en het toegang tot die nasionale regulasies met

betrekking tot: die bruto en minimum lone, werkure,

vakbondlidmaatskap, anti-diskriminasie, kinderarbeid,

arbeidskontrakte, vakansie en kraamverlof, mediese sorg en die

pensioen-/ gratifikasie.

Verduideliking:

Dit is belangrik dat werkers hul wetlike regte ken, dat 'n verantwoordelike persoon toegang

het tot die mees onlangse werksregulasies en dat die werkgewer die persoon in hierdie saak

ondersteun. Werknemers kan na die persoon verwys word om alle inligting oor hul basiese

regte te kry of duidelikheid in die geval van onsekerheid. Meningsverskille asook

ontevredenheid kan so voorkom word. Die werkgewer en die werknemer moet albei gereeld

op die hoogte van onlangse veranderings in die nasionale wetgewing gehou word en ook

daarop reageer. Dit is egter nie altyd moontlik om alle dokumente op die plaas aan te hou nie,

veral op klein plase. Tog moet daar 'n meganisme wees wat verseker die werkgewer en die

werknemers toegang het tot die korrekte inligting.

Implementering:

1. Dink aan mense wat moontlik van hulp kan wees om kennis oor die nasionale

arbeidsregulasies in te win (nasionale/provinsiale vakbonde, die ander produsente/

verteenwoordigers van die werknemers, prokureurs, NGO's ens).

2. Kontak hierdie mense vir meer inligting oor arbeidsregulasies en versamel hulle

kontakbesonderhede (telefoonnommers, posadres, webtuistes ens).

3. Maak seker dat die inligting aan die werknemersverteenwoordiger gekommunikeer is

en gereeld opgedateer word (bv. Nuwe weergawe van Nasionale Interpretasie).

Voorbeeld

Toegang tot inligting oor die Nasionale Arbeidsregulasies

Vakbond: A)

Mr Abeba, Prokureur Village Market 251

5908 Townsville

Telefoon: 987-768

Mrs Temba, NGO vir menseregte: Hoofweg 3

8299 Livington

Telefoon: 12345-129

Webtuiste: www.workersunited.net

Ander inligting:

B)

––––– GRASP Implementering | 10 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

5 Kan afskrifte van die werkkontrakte vir

elke werknemer wat op die rekords

aangedui word, getoon word? Bevat dit

ten minste die volle name,

werksomskrywing, geboortedatum,

datum van aanstelling, loon en tydperk

van werksaamheid? Is dit deur beide

die werknemer en die werkgewer

onderteken?

Vir elke werknemer kan 'n kontrak op die assessor se versoek

getoon word (op ‘n steekproefbasis). Beide die werknemer sowel

as die werkgewer het dit onderteken. Die rekord bevat ten minste

die volle name, werksomskrywing, geboortedatum, datum van

aanstelling, loon en tydperk van werksaamheid. Rekords van alle

werknemers (ook subkontrakteurs) moet vir ten minste 24 maande

beskikbaar wees.

Verduideliking:

'n Werkkontrak verduidelik die ooreengekome werksomstandighede en is dus belangrik vir en

tot voordeel van die werkgewer sowel as die werknemer. Dit is die basis vir 'n goeie en

stabiele werksverhouding vir beide partye, maar ook vir enige werkverwante konflik situasie.

Dit is duidelik dat werkooreenkomste geteken deur plaasbestuur en werknemer noodsaaklik

is op plase van enige grootte.

Implementering:

1. Teken werkskontrakte met elke werknemer, wat ten minste die volgende inligting insluit:

• Werknemer se naam & adres

• Kontraktydperk

• Taakbeskrywing

• Werksure & werkbreke

• Lone

• Oortyd/openbare vakansiedae/Sondagwerk

• Siekteverlof/kraamverlof

2. Maak seker dat die kontrak voldoen aan die nasionale arbeidsregulasies.

3. Werkskontrakte kan eenvoudig en handgeskrewe wees, met die nodige basiese inligting.

4. Indien enige betaling of 'n deel daarvan wat betaling in natura gedek word (bv. Aftrekkings

vir etes, behuising of vervoer), moet dit ook in die kontrak verskyn. Onderhandel

met die toekomstige werknemer hieroor en maak seker dat hulle dit aanvaar.

5. Onthou om elke keer ’n nuwe werknemer onder ’n nuwe kontrak aan te stel nie.

6. Maak seker dat jy en die werknemer albei die kontrak geteken het.

7. Heg 'n afskrif van jou self-verklaring aan by elke kontrak as die self-verklaring nie op die

plaas vertoon word nie.

8. Maak seker dat 'n afskrif van elke kontrak in jou rekords hou vir ten minste 24 maande.

Voorbeeld 1

Volle naam Datum van

geboorte

Juan

Arroyo

Simon

Alvarado

Miriam

Flores

Taak ID Nr Datum van

toetrede

Datum van

Uittrede

––––– GRASP Implementering | 11 ––––

Loon Werksure &

breke

08.03.1976 Oes 1234567 01.05.2005 01.09.2005 15 rand/h 9vm-1nm

04.07.1980 Besproeiing 7654346 04.05.2005 01.09.2005 15 rand/h 1.30vm-5nm

06.11.1970 Kombuis 6788990 04.05.2005 50 rand/h 9vm-1nm

Handtekening(e)

Werkgewer /

Werknemer

Voorbeeld 2

Aangegaan tussen: (hierna verwys as "die werkgewer")

Werkkontrak

Naam & Adres van Werkgewer: Pynappelplaas Wilson

(Hierna verwys as "die werknemer")

SandyStraat 1

5879 Tanda

Naam & Adres van Werknemer: Maria Tombu

1. Geboortedatum 18.02.1973

2. ID Nommer: 175992

Market Square 4

5879 Tanda

3. Aanvang: Die kontrak sal begin op 01.01.2005 en eindig op 31.12.2006

4. Werksplek: Kombuis

5. Posbeskrywing: Verskaf maaltye vir werkers

6. Werktye:

Normale werksure is van 6 vm tot 3 nm op Maandag tot Vrydag, en van 6 vm tot 9 nm op Saterdag.

7. Werksbreke:

Daaglikse werkbreke sal geneem word 10 vm tot 11 nm.

8. Loon: 15 rand/uur

9. Oortyd tarief: 20 rand/uur

9. Kraamverlof/siekte:

10. Vakansies:

11. Ander: ---

'n Afskrif van die self-verklaring oor die goeie sosiale praktyk is by hierdie kontrak aangeheg en dit is aan die werknemer

oorhandig.

Datum __/__/____

Werkgewer Handtekening Werknemer Handtekening

E

––––– GRASP Implementering | 12 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

6 Is daar gedokumenteerde bewyse van

gereelde betaling van salarisse wat

met die kontrakklousule ooreenstem?

Die werkgewer toon voldoende dokumentasie van die

salarisoordrag (bv. werknemer se handtekening op die

betaalstrokie, bankoordrag). Werknemers teken vir of ontvang

afskrifte van hul salarisstrokies/betaalregister wat deursigtig en

verstaanbaar vir hulle is. Gereelde betalings van al die werknemers

gedurende die afgelope 24 maande is gedokumenteer.

Verduideliking:

'n Dokumenteringsstelsel van salarisoordrag help beide die werkgewer en werknemer om te

bewys watter bedrag van die salaris betaal word teen watter tyd. Konflik sal afneem.

Deursigtigheid („transparency“) en betroubaarheid sal die motivering van die werknemers

verhoog en die bewys van salarisbetaling sal vertroue in die plaasbestuur vermeerder.

Implementering:

1. Sorg dat jy gereelde rekords hou van die betalings aan werknemers.

2. Met die skryf van salarisstrokies, versamel alle inligting oor lone, gereelde ure, oortyd

en salarisse betaal.

3. Laat die werkers teken of ‘n duimafdruk op die salarisstrokie maak nadat hy/sy die

geld ontvang het en teken dit ook self.

4. Hou afskrifte van die strokies vir ten minste 24 maande.

5. Op plase met min werkers, kan jy 'n dokument opstel waar alle werknemers en die

onderskeie maandelikse betalings gelys word en onderteken word (Sien Voorbeeld

1).

––––– GRASP Implementering | 13 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

7 Toon salarisstrokies die ooreenstemming

van die betaling met ten

minste die wetlike regulasies en/of die

kollektiewe bedingings-ooreenkoms?

Lone- en oortydbetaling gedokumenteer op die salarisstrokies/betaalregister

is in ooreenstemming met wetlike regulasies

(minimum lone) en/of die kollektiewe bedingingsooreenkoms

(indien van toepassing). Indien betaling bereken word per eenheid,

sal die werknemers (gemiddeld) instaat wees om die wettige

minimum loon binne normale werksure, te verdien.

Verduideliking:

Salarisstrokies gee jou 'n goeie oorsig oor die salarisse van die werknemers. Werkgewers bly

in lyn met die nasionale wette wanneer hulle kan bewys dat ten minste die wettige minimum

loon betaal word.

Implementering:

1. Lig jouself in oor die wettige minimum loon in jou eie land.

2. Seker maak dat jy ten minste hierdie minimum loon aan jou werknemers betaal.

3. As jy die berekening van die betaling per eenheid doen, maak seker dat werknemers

daartoe in staat is om die wetlike minimumloon binne normale werksure te kan verdien.

Voorbeeld

Die assessor sal verwys na die salarisstrokies/bankoordrag (A. 11).

Voorbeeld 1

Maand Volle naam Geboorte

datum

Betaalrekords van:

Pynapple Farm Wilson, Sandy Road, 5879 Tanda

Taak ID No Ure gewerk/

Taak

01 Juan Arroyo 08.03.1976 Oes 1234567 60 50

rand/uur

01 Simon

Alvarado

04.07.1980 Besproeiin

g

01 Miriam Flores 06.11.1970 Kombuis 6788990 90

Ens

––––– GRASP Implementering | 14 ––––

7654346 90 50

rand/uur

Loon ontvang Hantekening

(e)/

Duimafdruk

Voorbeeld 2

NAAM VAN WERKNEMER:

SALARISSTROKIE

ID NO: WERKERREGISTRASIE N°:

BETALINGSPERIODE: VAN TOT

BASIESE LOON:

Gewone ure gewerk

Oortyd gewerk

Vakansietyd gewerk

Betaling in natura

Toelaag (spesifiseer)

Maatskaplike belasting

TOTAAL

Datum __/__/____

Tarief

––––– GRASP Implementering | 15 ––––

Hoeveelheid ure Lone verdien

Werkgewer handtekening Werknemer handtekening

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

8 Toon rekords dat daar geen

minderjariges op die plaas werksaam

is nie?

Rekords toon ooreenstemming met nasionale wetgewing met

betrekking tot die minimum ouderdom van indiensneming. As dit

nie deur nasionale wetgewing gedek word nie, mag kinders onder

die ouderdom van 15 jaar nie in diens geneem word nie. As

kinders – as kernfamilielede – op die plaas werk, is hulle nie

betrokke by werk wat gevaarlik is vir hul gesondheid of veiligheid

nie, wat hulle ontwikkeling beperk of hulle verhoed om hulle

verpligte skoolopleiding te voltooi nie.

Verduideliking:

In die meeste gevalle verbied nasionale wetgewing jong mense onder ‘n sekere ouderdom

om te werk. Die doel hiervan is om kinders te beskerm teen uitbuiting en om te verseker dat

hulle 'n basiese vlak van opvoeding kry. Kinders en jong mense word nie aangemoedig om

die skool te verlaat terwyl hulle nog op ‘n verpligte skolingsouderdom is nie. As sulke

wetgewing nie bestaan nie, sal jong mense nie onder die ouderdom van 15 jaar in diens

geneem word nie.

Implementering:

1. Maak seker dat elke nuwe werknemer bewys lewer van sy/haar ouderdom, deur

middel van 'n ID of einige ander vorm van van identifikasie (bv. Geboortesertifikaat,

bestuurslisensie) voor die ondertekening van die werkkontrak.

2. Moenie iemand indiens neem wat onder die nasionale minimum ouderdom van werk

is nie, of as dit nie gedek word deur wetgewing nie, onder die ouderdom van 15 jaar.

––––– GRASP Implementering | 16 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

9 Het al die kinders wat op die plaas

woon toegang tot verpligte

skoolopleiding?

Daar is gedokumenteerde bewyse dat alle kinders van werknemers

van verpligte skoolgaande ouderdom (volgens nasionale

wetgewing) wat op die plaas woon toegang het tot verpligte

skoolopleiding, hetsy deur die voorsiening van vervoer na 'n

openbare skool of deur middel van voldoende skoolopleiding op

die plaas.

Verduideliking:

Elke kind het die reg om ten minste verpligte onderwys klaar te maak. Dit is die werkgewer se

plig om te verseker dat alle kinders wat op die plaas woon (eie of werknemers se kinders)

toegang het tot verpligte skoolonderrig.

Implementering:

1. Maak seker dat jy weet hoeveel kinders op jou plaas bly, en of hulle in die verpligte

skoolgaande ouderdomsgroep val.

a) Op plase met 'n min werkers ...

... vind uit waar die naaste skole in jou streek is. Indien die skole verder as 30 minute

loopafstand is, organiseer vervoer na die nabygeleë skole (bv. Bus, fiets, donkie,

ens.).

... maak seker dat elke gesin wat betrokke is, bewus is van die regulasies rakende

die vervoer.

b) op groot plase met baie werkers ...

... dit mag makliker wees om voldoende skoolopleiding op jou plaas te bied as om

vervoer te organiseer. Jy kan ‘n onderwyser in diens neem en ‘n skool op die plaas

vestig, volgens nasionale wetgewing.

––––– GRASP Implementering | 17 ––––

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

10 Is daar 'n tyd-opnamestelsel wat die

daaglikse werktyd en oortyd op 'n

daaglikse basis vir alle werknemers

wys?

Daar is 'n tyd-opnamestelsel wat werksure en oortyd deursigtig

(transparent) vir beide werknemers en werkgewer wys. Werktye

van alle werknemers is vir die laaste 24 maande gedokumenteer.

Verduideliking:

‘n Tyd opname-stelsel, wat die daaglikse werkstyd sowel as oortyd van elke werknemer

dokumenteer, is ‘n noodsaaklike bestuursinstrument. Dit is ook voordelig vir die werknemer

wat sy/haar werkstyd en veral oortyd behoorlik boekstaaf. Dit help om misverstande oor

werklike werksure te verhoed.

Implementering:

1. Vind uit watter soort tyd opname-stelsel die beste by jou plaas pas, afhangende van

die aantal werknemers en/of tegnologiese omstandighede.

a) Op plase met baie werkers ...

... bring ‘n meganiese inklokstelsel aan. Maak seker dat die mense weet hoe die klok

werk en wanneer moet in- en uitklok.

... of maak gebruik van ‘n elektroniese stelsel waar elke werknemer met 'n

elektroniese kaart by 'n hek inklok.

b) Op plase met slegs 'n paar werkers ...

... 'n meganiese of elektroniese stelsel mag te duur wees. Vul tyd-rekordstate vir elke

werknemer op 'n daaglikse basis in. Laat die werknemer die state op ‘n gereelde

basis teken bv. aan die einde van die maand. Sulke tyd-rekordstate kan maklik met

die salarisstrokies en ander nodige inligting gekombineer word (sien voorbeeld)

2. Hou al die tyd rekords vir ten minste 24 maande.

––––– GRASP Implementering | 18 ––––

Voorbeeld

Pynappelplaas Wilson: Tydrekordstaat

Sandystraat , 5879 Tanda, # 462-8863

Werker N°: 045 Inkomtyd: 7:30 am

Naam van werker: Juan Valdo Werkbreke: 12.30 am - 1.30 pm

Werker se geboortedatum: 23.06.1966 Sluitingstyd: 4.00 p

DAG UUR Taak PLEK OORTYD TARIEF PLEK Totaal /dag

1 9 Oes Land N°5 --- 70 rand/uur 45

2 9 Oes Land N°5 --- 70 rand/uur 45

3 9 Oes Land N°5 2 ure 70 rand/uur Land N°5 45 + 10

4 SATERDAG

5 SONDAG

6 9 Oes Land N°5 --- 70 rand/uur 45

7

Date __/__/____

––––– GRASP Implementering | 19 ––––

Gereelde loon 135

Oortyd 10

Totaal 145

Worker’s signature Administration signature

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

11 Voldoen werksure en breke soos

aangedui in die tydrekords aan die

wetlike regulasies en/of kollektiewe

bedingingsooreenkoms?

Gedokumenteerde werksure, breke en die rusdae is in

ooreenstemming met wetlike regulasies en/of kollektiewe

bedingingsooreenkoms. Indien nie deur wetgewing gereguleer,

wys rekords dat gereelde weeklikse werksure nie 48 uur oorskry

nie. Tydens piekseisoen (oes), oorskry weeklikse werkstyd nie 60

uur nie. Rusdae is ook gewaarborg tydens piekseisoen.

Verduideliking:

Die lengte van werksure en breke moet voldoen aan die wetlike regulasies. 'n Werknemer het

die reg tot ‘n breek na hy/sy 'n sekere tydperk gewerk het. Die plaasbestuur moet op die

hoogte van sulke regulasies wees wanneer kontrakte en werksure bepaal word.

Implementering:

1. Wanneer werksure en breke bepaal word, maak seker dat hulle voldoen aan die

wetlike regulasies en/of die kollektiewe bedingingsooreenkoms.

2. Bewys aan die assessor watter regulasie wat jy gebruik het met die bepaling van

werksure en breke.

3. Maak seker dat jou werknemers nie 'n gereelde werktyd van 48 uur oorskry nie.

4. Monitor in watter periode die gereelde werktyd oorskry word. As dit gereeld die geval

is, neem meer werkers in diens.

5. Maak seker dat daar selfs tydens piekseisoen, weeklikse werktyd nie 60 uur oorskry

nie.

Voorbeeld

Die assessor sal verwys na die tyd-opnamestelsel.

––––– GRASP Implementering | 20 ––––

Aanbevelings vir Goeie Praktyke

R 1

Watter ander vorms van sosiale voordeel bied die werkgewer aan werknemers, hul families en/of die gemeenskap?

Spesifiseer asseblief in hoeveelhede, indien moontlik.

Insentiewe vir die goeie werkprestasie:

Bonusbetaling:

Ondersteuning van die professionele

ontwikkeling:

Familievriendelikheid:

Mediese/gesondheidverskaffing:

Verbetering van die sosiale omgewing:

Verduideliking:

Insentiewe help baie om 'n goeie werksklimaat te skep en om die werknemers te motiveer om

so goed moontlik te presteer. Hoe meer werkers besef dat die werkgewer hul werk waardeer

en sorg vir hulle en hul gesinne, hoe meer identifiseer met hul werkplek.

Talle plase het ook nog ander vorme van sosiale voordele wat nie gedek is in die

voorafgaande kontrolepunte nie. As 'n plaas sodanige addisionele vorms van sosiale

voordele bied, word hul pogings erken en ingesluit in die rekords.

Implementering:

1. Bepaal watter vorms van sosiale voordele jy verskaf en in watter kategorie hulle kan val.

2. Om die pogings so deursigtig as moontlik te maak, probeer om dit te kwantifiseer.

––––– GRASP Implementering | 21 ––––

Voorbeeld

Definisielys

Term Wat beteken dit?

Kernfamilielede Kernfamilielede is gedefinieer as dié familielede wat direk verband

hou met die plaasbestuur en hulle woon in dieselfde huis as die

plaasbestuur. Dit kan ouers, broers susters en kinders insluit, maar

nie ooms, neefs of ander familielede nie.

Plaasbestuur Die term “plaasbestuur” word gebruik om die persoon te beskryf wat

operasioneel verantwoordelik is vir die produksiewerknemers. Die

produsent mag moontlik ‘n plaasbestuurder aanstel – in die geval sal

hy as ‘n normale werknemer behandel word.

Produsent ‘n Persoon (individu) of besigheid (individu of produsentegroep) wat

‘n geregistreerde wetlike entiteit is wat die produksie besit, relevant

tot die fokus van GRASP (gesertifiseer tot die GLOBAL.G.A.P

standaard), wat die wetlike veratwoordelikheid het vir die produkte

wat deur die plaasbesigheid verkoop word. ‘n GLOBLG.A.P Nommer

(GGN), soos gespesifiseer in die GLOBALG.A.P IFA Algemene

Regulasies Deel I Pt. 9.3, identifiseer elke produsent.

Werknemer 'n Werknemer word vergoed vir die dienste of werk wat hy/sy op

grond van 'n werkskontrak lewer. Die definisie sluit permanente, stuk

en seisoenale werkers sowel as vakleerlinge, in. Dit kan die kernlede

van familie van die plaasbestuur uitsluit.

Werknemers- 'n Werknemersverteenwoordiger fasiliteer die dialoog tussen die

verteenwoordiger werknemers, maar ook tussen die werknemers en die bestuur.

Probleme op die plaas kan maklik behandel, bespreek en opgelos

word. Verder kan die werknemersraad of verteenwoordiger (s) as

bemiddelaar optree in die geval van konflikte. Ooreenkomste met die

werknemersverteenwoordiging sal oor die algemeen goed aanvaar

word deur die personeel, aangesien die verteenwoordiger(s) van die

werknemers die voorwaardes onderhandel het. Nadere inligting kann

inligting kan gevind word in die GRASP Implementeringsgids.

Plaasbestuur Die term “plaasbestuur” word gebruik om die persoon te beskryf wat

operasioneel verantwoordelik is vir die produksiewerknemers. Die

produsent mag moontlik ‘n plaasbestuurder aanstel – in die geval sal

hy as ‘n normale werknemer behandel word.

––––– GRASP Implementering | 22 ––––

Sosiale Voordeel Verduideliking/Voorbeelde Voorbeeld

Insentiewe vir goeie

werksprestasie

Aanpasbare toelaes vir baie vinnige of

verantwoordelik werk, goeie bestuur, ens

Bonusbetalings Addisionele betalings agv 'n goeie oes

Ondersteuning van

profesionele ontwikkeling

ontwikkelingelopment

Voorsiening van opleidingsprogramme,

vakleerlingskappe, kursusse, ens.

––––– GRASP Implementering | 23 ––––

Werkers wat geen masjiene breek nie, kry ’n

ekstra betaling aan die einde van die jaar.

Na ‘n goeie oes, betaal die bestuur ‘n bonus aan

alle werknemers.

Die plaas ondersteun vakleerlingskappe wat nie

op die plaas is nie vir werknemers se kinders

Familievriendelikheid Wieg/kleuterfasiliteite, familie-behuising, ens. Die plaas bied 'n kleuterskool op die plaas.

Mediese sorg Voorkomende mediese ondersoeke, verskaffing van

mediese dienste, MIV-voorkoming

Verbetering van sosiale

atmosfeer

Voorsiening van sokkervelde, televisie, die

organisasie van sosiale geleenthede, ens

Elke jaar kry werknemers 'n tandheelkundige

ondersoek wat gedeeltelik deur die plaasbestuur

betaal word.

Plaasbestuur het ‘n sokkerveld opgerig en

organiseer jaarliks 'n toernooi.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!