02.05.2013 Views

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

Voorbeeld - GLOBALG.AP - GlobalGAP

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kontrolepunt N

Voldoeningsvereistes

3 Is 'n self-verklaring oor goeie sosiale

praktyk met betrekking tot menseregte

aan die werknemers gekommunikeer

en deur die plaasbestuur en die

werknemers se verteenwoordiger

onderteken en is die werknemers in

kennis gestel?

Die plaasbestuur en die werknemer-verteenwoordiger onderteken

en vertoon 'n self-verklaring wat goeie sosiale praktyk en die

menseregte van alle werknemers verseker. Hierdie verklaring

bevat ten minste verbintenis tot die kern van die ILOarbeidkonvensies

(ILO-konvensies 111 op diskriminasie, 138 en

182 op die minimum ouderdom en kinderarbeid, 29 en 105 op

dwangarbeid, 87 op vryheid van assosiasie, 98 op die reg om te

organiseer en kollektiewe bedinging, 100 op gelyke besoldiging en

99 op die minimum loon) en deursigtige en nie-diskriminerende

aanstellingsprosedure en klagteprosedures. Die werknemers is

ingelig oor die self-verklaring en dit word ten minste elke 3 jaar

hersien of soos nodig.

Verduideliking:

Die self-verklaring is 'n manier om te verseker dat die plaasbestuur verbind tot die beginsels

van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) arbeidskonvensies. Die IAO is 'n VNagentskap,

wat daarop gemik is om die bevordering van sosiale geregtigheid en

internasionale menseregte en die regte van werknemers te erken. Die IAO het internasionale

arbeidstandaarde in die vorm van konvensies en aanbevelings geformuleer, en stel minimum

standaarde van die basiese regte van werknemers. 180 lande is tans ILO-lede (www.ilo.org).

Die self-verklaring moet ten minste die onderstaande beginsels van goeie praktyk van sosiale

en menslike regte van werknemers insluit, wat die volgende ILO-konvensies vervat:

• No 111 oor diskriminasie

• No 138 en 182 op die minimum ouderdom en kinderarbeid

• No 29 en 105 op dwangarbeid

• No 87 op die vryheid van assosiasie

• No 98 op die reg om te organisasie en kollektiewe bedinging,

• No 100 op gelyke besoldiging en

No 99 oor minimum loon

In die self-verklaring, verseker die werkgewer (die plaasbestuur) dat enige oortreding van

hierdie beginsels onmiddellik deur die interne beheerstelsel aangespreek word en

gerapporteer word aan die wetlike liggaam.

Implementering:

1. Wanneer die dokument opgestel word, maak seker dat dit volledig is en al die nodige

konvensies dek. Maak seker of bykomende punte relevant is op jou plaas en hersien

en pas die die verklaring hierby aan.

2. Verseker dat daar geen diskriminasie op jou plaas is nie, byvoorbeeld:

• indiensnemingsprosedures regverdig en deursigtig is. (bv nie-diskrimnerende

aanstel van nie-nasionales)

• dat alle werknemers wat dieselfde werk doen, dieselfde regte het en dieselfde

sosiale voordele ontvang.

• dat niemand gedwing word om werk te doen wat hy of sy is nie bereid of in staat is

om te doen nie, ens .

3. Maak seker van die regulasies vir die minimum ouderdom van die werk in jou land en

verseker geen kinders onder die ouderdom in diens geneem is nie. As jou eie kinders

op die plaas werk, maak seker dat jy hulle gereelde skoolbywoning kan bewys.

4. Maak seker dat alle werkkontrakte in lyn is met die nasionale arbeidregulasies en

maak seker dat die dokumente vir ten minste 24 maande bewaar word.

5. Verduidelik die self-verklaring aan jou werknemers asook terme waarmee hulle nie

vertroud is nie. Bespreek die punte van die self-verklaring saam met hulle, en maak

seker dat almal op die plaas dieselfde begrip oor die nakoming daarvan het.

6. Teken die self-verklaring en vra die werknemersverteenwoordiger om ook te teken.

7. Maak seker dat alle werknemers bewus is van die self-verklaring, hetsy deur 'n afskrif

aan elke werk kontrak te heg of deur dit sigbaar te vertoon op die plaas.

8. Maak klagteprosedures deursigtig (transparent) vir jou werknemers.

9. Kyk gereeld of jou self-verklaring opgedateer moet word.

––––– GRASP Implementering | 8 ––––

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!