03.05.2013 Views

OPVOEDINGSWETENSKAPPE - Potchefstroom University

OPVOEDINGSWETENSKAPPE - Potchefstroom University

OPVOEDINGSWETENSKAPPE - Potchefstroom University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

OPVOEDINGSWETENSKAPPE

Innovasie deur diversiteit

NORTH-WEST UNIVERSITY

YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA

NOORDWES-UNIVERSITEIT

POTCHEFSTROOMKAMPUS

INHOUDSOPGAWE

Die kampus in ’n neutedop ...............................................................3

Studentepret op sy heel beste! .........................................................5

Koshuislewe ......................................................................................6

Beurse en studielenings ...................................................................7

Betaalbare gelde ............................................................................... 9

Studentevoorligtingsdiens ...............................................................13

Toelatingsvereistes ..........................................................................14

Bepaling van die APS-telling ............................................................14

Studieinligting ................................................................................16

© 2010 NWU. Saamgestel deur die Departement Bemarking en

Kommuni kasie in samewerking met die agt (8) fakulteite en die

Toelatingskantoor op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-

Universiteit (NWU).

VRYWARING

Inhoud

Die studieinligting en die minimum toelatingsvereistes in hierdie

gids is onderhewig aan verandering en is slegs ’n opsomming van

die algemeenste studierigtings en -vereistes. Hierdie inligting is met

die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die

Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir wysigings wat

mag plaasvind nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit moet

in alle gevalle by die samestelling van ’n program van die spesifieke

studierigting geraadpleeg word.

Toelating en koshuisverblyf

Neem asseblief kennis dat nie alle aansoekers tot ’n bepaalde

studierigting aanvaar word nie al sou hulle aan die minimumvereistes

van ’n kursus voldoen. Die rede is dat die Universiteit beperkte

kursus- en koshuisplekke het en dat die meeste aansoekers aan ’n

keuringsproses (gebaseer o.a. op jou skoolpunte) onderhewig is.

Dieselfde geld vir aansoeke om koshuisverblyf. Studente wat nie in

kampuskoshuise woon nie (en dus van private verblyf gebruik maak),

word in die studentelewe geïnkorporeer d.m.v. “dorpskoshuise”. Hulle

het ’n volledige huiskomitee (HK) en koshuisouers, kan in eetsale eet

en neem in koshuisverband aan die georganiseerde studentelewe deel.

Die meeste studente maak van sodanige verblyf gebruik en daar is ‘n

groot aanbod van akkommodasie binne loopafstand van die kampus.

ALGEMENE

navrae

Potchefstroomkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Potchefstroomkampus),

Privaatsak X6001, Potchefstroom, 2520.

Tel: 018 299 2772, faks: 018 299 2767

e-pos: navrae@nwu.ac.za

Mafikengkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Mafikengkampus),

Privaatsak X2046, Mmabatho, 2735.

Tel: 018 389 2525, faks: 018 389 2485

e-pos: keagile.moloko@nwu.ac.za

Vaaldriehoekkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Vaaldriehoek kampus)

Posbus 1174, Vanderbijlpark, 1900.

Tel: 016 910 3111, faks: 016 910 3171

e-pos: vaal@nwu.ac.za

DIE KAMPUS

in ’n neutedop

Welkom by die NWU-Potchefstroomkampus!

Hierdie is jou gids tot beroepsgerigte opleiding en ’n internasionale

kwalifikasie: NWU-Pukke, waar ons graadkry met lekkerkry klaarkry!

Die Noordwes-Universiteit is ’n eg Suid-Afrikaanse universiteit met

drie kampusse in onderskeidelik Potchefstroom, Vanderbijlpark en

Mafikeng. Jy kan op enige van dié drie kampusse studeer. Hierdie

gids handel oor studierigtings by die NWU-Potchefstroomkampus.

As jy studieinligting oor enige van die ander kampusse verlang, maak

asseblief gebruik van die kontakinligting onder Algemene navrae

hiernaas.

Hoekom die NWU-Potchefstroomkampus?

• Hoë akademiese standaarde en kwaliteit-opleiding wat

internasionaal geëvalueer word;

• Waardegedrewe met ruimte vir die uitleef van Christelike

beginsels;

• Beroepsgerigte opleiding wat vir jou werk kry – WêRELDWYD;

• Studie in Afrikaans die afgelope 140 jaar;

• ’n Veilige en onrusvrye kampus; en

• Studentelewe is ons nis.

Internasionale standaarde

By die NWU-Potchefstroomkampus is ons vurig oor kwaliteit –

internasionale kwaliteit! Om dit te verseker, word die Universiteit se

navorsing en nagraadse opleiding voortdurend aan ’n internasionale

evaluering onderwerp.

Vraestelle van alle fakulteite word ook voortdurend deur buitestanders

geëvalueer om seker te maak dat die NWU se standaarde en grade op

internasionale peil bly.

Die universiteit is in 2009 deur die Hoër Onderwys Kwaliteitskomitee

(HOKK) van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding

geëvalueer en is so pas met ‘n baie positiewe verslag beloon. Dit

ondersteun die universiteit se uitnemendheid!

Navorsing N

wys dat 85% van NWU-Pukstudente binne drie maande nadat hulle afgestudeer het, werk kry.

Die NWU is:

• Die universiteit wat die meeste doen vir veeltaligheid en nasiebou.

* Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 2008

• Die bes bestuurde universiteit in Suid-Afrika.

* PricewaterhouseCoopers, 2007, 2008, 2009

• Die mees innoverende universiteit in Suid-Afrika.

* Innovasiefonds van die Departement Wetenskap en Tegnologie, 2008.

Beroepsgerigte opleiding

Gehalte is die sleutel tot jou beroepsgerigte graad. Dit word

vergestalt in die feit dat:

• Die NWU is die top-universiteit wat industrie-gerigte

navorsingsfondse in 2010 ontvang het.

* Soos toegeken deur THRIP.

• Die graadvoltooiingskoers van die NWU is in die top-drie in

Suid-Afrika.

* Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

• Die NWU is een van drie universiteite wat die afgelope vier jaar

meer as ’n 10% jaarlikse groei in navorsingspublikasies het.

* Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

Besondere studentelewe

Naas ’n beroepsgerigte graad, waarborg ons jou ook ’n unieke studentelewe

en dinamiese studentekorps in ’n moderne stad met die beste

sport-, kultuur- en ontspanningsgeriewe: Lang eikelanings en luilekker

kuierplekke, groot gees en selfs groter geeste. Ons ís studentelewe.

Waardegedrewe maak ons ‘n verskil

Die Noordwes-Universiteit is ’n waardegedrewe instelling wat

verdraagsaamheid en respek vir alle perspektiewe en geloofsisteme

bevorder om sodoende ’n gepaste omgewing vir leeronderrig, navorsing

en gemeenskapsdiens te bevorder. Op die NWU-Potchefstroomkampus

het dosente en studente ruimte om ’n Christelike perspektief op

wetenskapsbeoefening te hê. Dit vorm die grondslag waarvolgens

98% van werkgewers in ’n navorsingsverslag die integriteit en etiese

optredes van ons afgestudeerde studente in die werkplek as goed tot

baie goed geëvalueer het.

’n Funksionele taalbeleid

Die Noordwes-Universiteit het ’n taalbeleid wat buigsaam, funksioneel

en meertalig is. Hierdie beleid bevorder toeganklikheid, integrasie en ’n

“gevoel van tuiswees”. Elke kampus het ’n taalplan wat die taalbehoefte

van studente en die taalwerklikheid op grondvlak in ag neem.

Aangesien die meerderheid studente op die Potchefstroomkampus

Afrikaanssprekend is, is die onderrig- en omgangstaal op die

kampus Afrikaans. Hoewel die dagprogram vir voltydse studie op

die Potchefstroomkampus in Afrikaans is, is daar egter hulp vir

niemoedertaalsprekers van Afrikaans. Studente mag enige toets

of eksamen in oorleg met die betrokke dosente in Engels aflê,

werksopdragte in Engels uitvoer en gedurende lesings vrae in Engels

stel.

In sekere voorgraadse studierigtings (Maatskaplike Werk, Voeding,

Sosiale en Politieke Wetenskap, Ingenieurswese, Aptekerswese, Regte,

Verpleegkunde, BCom-grade in Ekonomie en Internasionale Handel,

BCom (GR), Mensehulpbronbestuur, BSc Aktuarieel en BEd Grondslagfase

en Intermediêr) kan studente deur middel van opvoedkundige tolking in

Engels klas loop.

Ondersteuning

Die NWU-Puk bedryf ’n voogstelsel van akademiese ondersteuning

en leiding aan studente. Die stelsel lei daartoe dat:

• ’n Slaagsyfer van 90% gehandhaaf word in finalejaarstudie;

• Die NWU-Pukkampus een van die hoogste deurvloeisyfers het

van alle universiteite in Suid-Afrika (voltooiing van graad in

minimumtydperk); en

• Die NWU ‘n voorgraadse slaagkoers van 83% handhaaf.

STUDENTEPRET

op sy heel beste…

STOP! Jy hoef nie verder te soek nie.

Die Potchefstroomkampus se op-en-wakker studentelewe het

GEEN gelyke in die land nie. Ons het nie studentelewe uitgevind

nie, maar dit wel vervolmaak! Hier is jy nie net 'n nommer nie.

... en as dít jou nie oortuig het nie: Wie en wat is die President van

Tarentaal, Klipoog, Calvynfontein, ’n door en die dorelied, groot brêg,

O&B en die Big Prims? As jy meer wil uitvind, is die NWU-Pukkampus

net die plek vir jou. En o ja, moenie vergeet van Jool, Intervarsity en

Aardklop nie. Studentepret op sy heel beste!

Maar wat maak die Potchefstroomkampus se unieke studentegees

en studentelewe so besonders?

• ’n Lewendige, interaktiewe koshuislewe (kampus- en dorpskoshuise)

vorm as’t ware die hart van die studentelewe;

• ’n Veilige en onrusvrye kampus in ’n moderne studentestad;

• Morele ondersteuning in krisistye deur jou koshuis en medeinwoners

is ongekend – hier word jy deel van die NWU-Pukfamilie;

• Ons glo aan waar ons graadkry met lekkerkry in Afrikaans

klaarkry;

• Die beste sportgeriewe en -fasiliteite met ’n hokkie-akademie

en ’n rugbyinstituut. Die NWU-Puk was die tuisbasis van die

Spaanse sokkerspan, Fifa Wêreldbekerkampioene;

• Die NWU-Pukkampus is dié kuns- en kultuurmekka met ‘n

verskeidenheid uitstekende fasiliteite, kore, orkeste, ander groepe

en aktiwiteite wat elke smaak kan bevredig;

• Verder word jy as totale mens gevorm deur die eerstejaarskonsert,

kampustalentfees, blokskilder, kultuurtoer, sêr-kompetisies

en nog vele meer;

• Om ’n NWU-Puk te wees is om ’n Puk te groet – hier is jy nie net

’n stu dentenommer nie. Ons ken mekaar op die naam; en

• Lekker kuierplekke en ontspanningsgeriewe waar almal mekaar

ken en lewenslange vriende word…

70% van die NWU-Puk se studente ry by drie ander

kampusse verby om in Potchefstroom te studeer.

KOSHUISLEWE

Die Potchefstroomkampus se op-en-wakker studentelewe draai om sy

aktiewe koshuislewe met sy lewendige inter koshuiskompetisies. Alle

studente neem hieraan deel ongeag of hulle in kampuskoshuise bly of

privaat woon en in “dorpskoshuise” georganiseer is.

Wat maak ons kampuskoshuise verder uniek?

• Dit is binne loopafstand van akademiese en admini stratiewe

geboue en sportfasiliteite geleë;

• Veiligheid geniet hoë prioriteit – veral by die dameskoshuise waar

’n streng stelsel van elektroniese toegangsbeheer toegepas word;

• Elke koshuis het ’n koshuisbestuur wat bestaan uit ’n huisvader/moeder

en ’n huiskomitee; en

• Ander geriewe: e-pos, internet, telefone, eie geriewe om koffie

en tee te maak, was- en strykkamers met outomatiese wasmasjiene

en tuimeldroërs, kombuisies, televisiekamers, sitkamers,

ontspannings- en rekenaarlokale.

Dorpskoshuise

Studente wat nie in kampuskoshuise woon nie, maar in kamers,

woonstelle, buitehuise of by hul ouerhuise, neem aan die georganiseerde

studentelewe deel deur lid te word van een van die

“dorpskoshuise”. Dorpskoshuise funksioneer net soos kampuskos -

huise en word op dieselfde manier georganiseer as kampuskoshuise.

Studente in dorpskoshuise is ten volle deel van die kampus. Alle geriewe

is tot hul beskikking en hulle deel eetsale en die Klipoog Kafeteria saam

met ander koshuisinwoners. Dorpskoshuise kompeteer gelykwaardig

op alle terreine en van hierdie dorpskoshuise is gereeld wenners van

die kultuur-, sport- en akademiese trofeë.

Navorsing bewys dat 90% van studente van die NWU-Puk

effektief leiding kan neem in die werkplek.

Keuringsmodel

Aansoekers word aangemoedig om voor of op 30 Junie aansoek te doen

om koshuisplasing in ’n kampuskoshuis. Keuring vind in Julie plaas,

waarna merietegevalle deur ’n spesiale keuringskomitee oorweeg sal

word. Alle plasings word op grond van meriete en beskikbaarheid van

koshuisplek gedoen. (Keuringspunt: 70% akademie en 30% deelname

aan kultuur, sport en/of leierskap.)

BEURSE

en studielenings

Volledige inligting en aansoekvorms vir beurse is op die web by www.

puk.ac.za/finansteun/v-beurse.html beskikbaar.

Nuweling Akademiese Beurse

Dié beurse word outomaties (jy hoef nie daarvoor aansoek te doen nie)

aan alle voltydse eerstejaarstudente toegeken wat:

• Na graad 12 vir die eerste keer aan die universiteit vir ’n eerste

graad inskryf;

• ‘n Gemiddelde persentasie van 75% of hoër gedurende die graad

12-eindeksamen behaal het.

• Die beurs word toegeken op grond van die rekenkundige

gemiddeld van die persentasies van die student se ses beste

vakke, Lewensoriëntering uitgesluit. Die persentasie behaal in nieaangewese

vakke word egter met 10% verminder in berekening

van merietebeurse. Die punte word nie afgerond nie.

Student se gemiddelde

berekende %

Merietebeurs

90% 110% korting van klasgeld

85% 100% korting van klasgeld

80% 75% korting van klasgeld

75% 40% korting van klasgeld

Leierskap en kultuurbeurs

Beurse word ook toegeken aan hoofleiers, Presidentsverkenner- en

Springboktoekennings, Hoofleierswagtoekennings, RRB Debatskompetisie,

ATKV Redenaarskompetisie en kuns- en kultuurprestasies.

Vir meer inligting skakel vir Ronel Vorster by 018 299 2049 of

e-pos ronel.vorster@nwu.ac.za

Ondersteuningsbeurse

Fisies gestremde studente, gesinsbeurse vir meer as een student,

weeskinders en reisbeurse (wat ver van die kampus woon) kwalifiseer

ook vir beurse. Vir meer inligting skakel vir Ronel Vorster by

018 299 2049 of e-pos ronel.vorster@nwu.ac.za

Sportbeurse

Vir ‘n beurs by die NWU-Puk-Rugbyinstituut, skakel vir Ronel Emms

018 299 2429 of e-pos ronel.emms@nwu.ac.za. Vir ander sportbeurse,

skakel vir Charmaine van der Westhuizen 018 299 2905 of

e-pos charmaine.vanderwesthuizen@nwu.ac.za

Oudstudente-leningfonds

Skakel Yolandi Yssel by 018 299 2764 of

e-pos yolandi.yssel@nwu.ac.za

NSFAS Beurs-leningskema

Skakel vir Marina Louw by 018 299 2050 of

e-pos marina.louw@nwu.ac.za

Funza Lushaka-onderwysbeurse

Skakel Triens Jacobs by 018 299 2047 of e-pos triens.jacobs@nwu.ac.za

Aansoeke en navrae om beurse en studielenings kan gerig word aan:

Die Hoof: Finansiële Steundienste (FSD), Potchefstroomkampus,

Noordwes-Universiteit, Privaatsak X6001, Potchefstroom 2520.

Tel: 018 299 2045 of 299 2046

Faks: 018 299 2046

E-pos: ronel.vorster@nwu.ac.za

Web: www.puk.ac.za/finansteun/

Die NWU-Puk was die tuisbasis van die Spaanse sokkerspan, n,

Fifa Wêreldbekerkampioene.

Dertien internasionale wêreldkampioenatlete het in 2009

tydens die Europese winter by die NWU-Puk geoefen.

BETAALBARE

gelde en finansiële reëls

Inleiding

Die voorgeskrewe aansoekgeld, losiesdeposito, klas- en losiesgeld

word jaarliks hersien en word volledig in die amptelike dokument

getiteld “Betaalbare Gelde & Finansiële Reëls” uiteengesit.

Skakel gerus Finansiële Administrasie: Inkomste vir die verkryging

van hierdie dokument by:

Tel: (018) 299 2667/ 2668/ 2669/ 2670/ 2671/ 2672/ 2673

Faks: (018) 293 5230/ 5234/ 5252/ 5255/ 5313/ 5314/ 5320

E-pos: PUK-studyfees@nwu.ac.za

Aansoekgeld en losiesdeposito

Die aansoekvorm om voorlopige toelating tot die Universiteit sal nie

sonder die nodige bewys van betaling van die voorgeskrewe R150

aansoekgeld en R500 losiesdeposito vir evaluering deur die Universiteit

aanvaar word nie. Indien jy die aansoekvorm en aansoekgeld (tjeks of

posorders uitgemaak aan die NWU) wil pos, rig dit asseblief aan die

posadres voor op die aansoekvorm.

'n Direkte bankdeposito of elektroniese inbetaling kan ook gemaak

word in die Noordwes-Universiteit se bankrekening by ABSA Bank.

Die rekeningnommer is ABSA 670-642-313 en die rekening is gelys

as 'n begunstigde onder die naam “NWU DIVERSE”. Die verwysing

wat gebruik moet word by die inbetalings is die letter A saam met

die voornemende student se 13-syfer-identiteitsnommer soos bv.

A9505155035082.

Klasgeld

Die volledige lys van klasgelde vir modules en kwalifikasies is beskikbaar

tydens registrasie in die betaalsaal van die Joon van Rooy-gebou of

op o die universiteit se webwerf by www.nwu.ac.za/gelde. Die modulesamestelling

sa s is bepalend vir die presiese klasgeldbedrag per jaar.

’n Gemiddelde berekende raming wat onderhewig is aan aanpassing

en goedkeuring van die Raad, word per kwalifikasie vir 2012 hieronder

uiteengesit.

Hierdie is nie ’n volledige lys van alle kwalifikasies nie, maar enkele

algemene grade:

Program Per jaar

BA R16 730

BA (Kommunikasie) R18 200

BA (Musiek) R19 750

BA (Maatskaplike werk) R19 200

BA (Grafiese ontwerp) R20 700

BPharm R21 750

BCom (Bestuursrekenmeesterskap) R22 200

BCom (Rekeningkunde en Informatika) R22 400

BCom (Regte) R24 100

BIng R27 250

BCur R22 350

BSc (Aktuariële Wetenskappe) R23 350

BSc (Verbruikerswetenskappe) R23 150

LLB R21 350

BTh R18 150

Universiteitsdiploma in Sportkunde R14 600

BEd (Grondslagfase) R16 800

BEd (Int. en Snr.) of BEd (Snr. en VOO) R16 800

Honneurs R13 750

Honneurs (GR) R18 150

BBy die NWU-Puk is ons vurig oor internasionale kwaliteit. Om dit te v

seker word ons navorsing aan 'n internasionale evaluering onderwerp.

Losiesgeld

Die beraamde losiesgeld vir mans- en dameskoshuise per jaar vir

2012 word hieronder as ’n riglyn uiteengesit maar is onderhewig aan

aanpassing en goedkeuring van die Raad.

Mans- en Dameskoshuise (per jaar)

Caput R13 250 Minjonet R13 250

Excelsior R13 250 Oosterhof R13 250

Heide R13 250 Over de Voor R13 250

Hombre R13 250 Patria R13 250

Karlien R13 250 Vergeet-my-Nie R13 250

Kasteel R13 250 Veritas R13 250

Klawerhof R13 250 Wag-’n-Bietjie R13 250

Kom-en-Gaan R13 250 Wanda R13 250

Mans- en Dameskoshuise – Enkelkamers (per jaar)

De Wilgers R13 700 Ratau R13 700

Eikenhof R13 700 Republiek R13 700

Laureus R13 700

Oppirif (per jaar)

Selfsorg-eenhede R18 000

Die bedrae sluit die aansoekgelde om koshuisinwoning van R500 in,

asook die R1 000 ter bevestiging van die koshuisinwoning in die geval

van eerstejaarstudente. Die R1 500, of R500 in die geval van senior

studente, word as ’n losiesdeposito op u rekeningstate aangedui en

sal aan die einde van Maart oorgeplaas word as krediet op u klas-

en losiesgeldrekening. Die tariewe word volledig in die amptelike

dokument getiteld “Betaalbare Gelde & Finansiële Reëls” uiteengesit.

Die nuutste dokument is ook op die web by www.nwu.ac.za/gelde

beskikbaar.

Klas- en losiesgeld-betalingsopsies

’n Direkte bankdeposito of elektroniese inbetaling kan gemaak word

in enigeen van die Noordwes-Universiteit se bankrekenings by ABSA,

Eerste Nasionale Bank, Nedbank of Standard Bank. By ABSA se

Rekeningbetalings, ENB se Public Recipients, Nedbank se Bankapproved

beneficiaries of Standard Bank se Companies moet die rekeningnaam

“NWU STUDENT” vanuit u bank se lys van begunstigdes gekies word.

Slegs die 8-syfer-universiteitsnommer sal as begunstigde verwysing

aanvaar word. Die onderskeie rekeningnommers is: ABSA 40-7009-

9350, ENB 6216-190-7335, Nedbank 1713-378-531 en Standard

Bank 33-038-446-5.

NWU STUDENT is dus uitsluitlik vir die Klas-, losies en ander geld terwyl

NWU VENDING slegs vir die kontant etestelsel bedoel is.

Etegeld

Etes word op ’n streng kontantbasis by die Universiteit hanteer. Dit

beteken dus dat u slegs dit wat u op u eterekening inbetaal, beskikbaar

het; geen krediet word dus meer vir etes verleen nie! Etes, bereken

teen R75 per dag vir 170 dae, beloop ongeveer R 12 750 per jaar, of

R 1 500 per maand.

Etes in koshuiseetsale kan slegs deur middel van die universiteitskaart

genuttig word. Studente betaal slegs vir etes wat wel geneem word.

Etes en snoeperye kan ook in die kafeteria deur middel van die

universiteitskaart aangekoop word. Behalwe vir etes, mag daar net

kampusgoedgekeurde items op die universiteitskaart gekoop word,

soos bv. PUK-dagboeke, PUK-rugbytruie, eerstejaarsdineekaartjies of

toegangskaartjies na goedgekeurde studentefunksies.

Etegeld-betalingsopsies

’n Direkte bankdeposito of elektroniese inbetaling kan gemaak word

in enigeen van die Noordwes-Universiteit se bankrekenings by ABSA,

Eerste Nasionale Bank, Nedbank of Standard Bank. By ABSA se

Rekeningbetalings, ENB se Public Recipients, Nedbank se Bankapproved

beneficiaries of Standard Bank se Companies moet die rekeningnaam

“NWU VENDING” vanuit u bank se lys van begunstigdes gekies word.

Slegs die 8-syfer-universiteitsnommer sal as begunstigde verwysing

aanvaar word. Die onderskeie rekeningnommers, wat verskil van

die NWU STUDENT-rekeningnommers hiernaas genoem, is: ABSA

40-7010-0351, ENB 6216-191-6849, Nedbank 1713-378-558 en

Standard Bank 33-038-243-8.

NWU VENDING is dus uitsluitlik vir die kontant etestelsel bedoel terwyl

NWU STUDENT vir klas-, losies en ander geld bedoel is.

Kassiere op kampus

Gelde kan van 08:00 tot 15:30 op weeksdae by die kassier in die Joon

van Rooy-gebou inbetaal word.

Registrasiegeld

Die onderstaande beraamde bedrae is tydens registrasie in Januarie/

Februarie betaalbaar maar is onderhewig aan aanpassing en

goedkeuring van die Raad.

Koshuis Dorp Deeltyds

Registrasiegelde R1100 R1100 R1100

Addisionele registrasiegelde

(Dorpskoshuisrade) – R50 –

Eerste betaling op klasgeld R4 650 R4 650 R4 650

Eerste betaling op losiesgeld R4 650 – –

Etes tydens O&B*

(Verpligtend vir koshuiseerstejaars) R750 – –

Eerste minimum betaling R11 150 R5 800 R5 750

Aanbevole inbetaling vir etes

(Februarie en Maart 2012)** R2 250 R2 250 –

Totaal R13 400 R8 050 R5 750

* Ontvangs- en Bekendstellingsprogram vir eerstejaarstudente.

** Sien Etegeld hiernaas.

89% van studente van die NWU-Puk kan analities en

logies in die werkplek dink.

Betaling van gelde

Klas- en losiesgeld is betaalbaar in maandelikse paaiemente, soos

aangedui op die rekeningstate, binne dertig dae na rekeningdatum,

met ‘n finale betaling ter volle vereffening op 31 Julie jaarliks. Ander

gelde is streng betaalbaar binne dertig dae na rekeningdatum.

Die losiesdeposito word jaarliks gedurende Maart van die betrokke

studiejaar teen die student se klas- en losiesgeldrekening gekrediteer.

Indien ’n student se studies deur middel van ’n beurs of lening

gefinansier word, moet die skriftelike bewys daarvan jaarliks tydens

registrasie voorgelê word. Die skriftelike bewys moet ’n uiteensetting

gee van dit waarvoor die beurs- of leningsbedrae aangewend mag

word, asook wanneer die uitbetaling daarvan sal geskied. As u dus van

’n beurs of lening gebruik maak om u studies te finansier, moet u reeds

vroegtydig by die betrokke instansie aansoek doen.

Studentevoorligtingsdiens

(SVD)

Talle studente betree deesdae die wêreld van studie met

ontoereikende kennis van die beroepswêreld en die werksituasie. Die

Studentevoorligtingsdiens is amptelik die ondersteuningsdepartement

van die Noordwes-Universiteit wat met behulp van sielkundige toetse,

skoolkinders vanaf graad 7-12 op ’n wetenskaplike wyse help om

verantwoordelike keuses te maak en besluite te neem ten opsigte van:

• Beroeps- en kursuskeuse; en

• Realisering van potensiaal.

Studente word ook tydens die ontvangs- en bekendstellingsprogram

getoets of hulle in die regte studierigting studeer. Skakel die

Studentevoorligtingsdiens by 018 299 2891.

TOELATINGSvereistes

Om vir 'n graad aan ’n universiteit in te skryf moet ’n voornemende

student universiteitstoelating kry.

Dit bepaal dat ’n leerder sewe vakke moet slaag. Vier van die vakke

is verpligte vakke: Een amptelike taal op die vlak van Huistaal en

een taal as Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Wiskunde of

Wiskundige Geletterdheid en drie verdere keusevakke.

Die minimum toelatingsvereiste vir graadstudie by enige universiteit

(die ou matriekvrystelling, nou genoem universiteitstoelating), is

’n prestasievlak van 4 (50-59%) nodig in minstens vier vakke uit die

aangewysde groep vakke (sien lys).

Aangewysde vaklys vir Universiteitstoelating

• Besigheidstudies

• Dramatiese Kunste

• Ekonomie

• Fisiese Wetenskappe

• Geografie

• Geskiedenis

• Godsdiensstudie

• Ingenieursgrafika en -ontwerp

• Inligtingstegnologie

• Landbouwetenskap

• Lewenswetenskappe

• Musiek

• Rekeningkunde

• Tale (een taal van leer en onderrig soos by ’n instansie e vir hoër

onderwys gebruik)

• Verbruikerstudie

• Visuele Kunste

• Wiskunde

• Wiskundige Geletterdheid

Jy benodig minstens vier (4) vakke uit die lys hierbo op vlak 4 (50-59%).

Tweedens moet jy voldoen aan die APS-telling en toelatingsvereistes vir

die betrokke studierigting.

Bepaling van die APS-telling

• Die prestasie behaal in ses vakke word gebruik om die APS-telling

te bereken. Vier van die vakke kom uit die aangewysde lys (soos

benodig vir universiteitstoelating). Indien die ander twee vakke

nie uit die lys kom nie (dus uit die gewone NSC-vaklys) word dit

in berekening gebring.

• Die APS-punt behaal in Lewensoriëntering word nie in berekening

gebring by die berekening van die APS-telling nie, maar om ’n

Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) te behaal, moet ’n leerder ’n

skaalpunt van 3 in Lewensoriëntering verwerf.

• Vir die Potchefstroomkampus van die NWU, word die volgende

taalvereiste gestel: ’n Slaagsyfer van vlak 4 (50-59%) in die taal

van leer en onderrig op Huistaal- of Eerste Addisionele Taalvlak.

• Die spesifieke vakvereistes kan in die volledige Studieinligtingsgids

gesien word.

• Om meer inligting te bekom oor voorwaardelike universiteitstoelating,

skakel 012 481 2921 of besoek www.sauvca.org.za

Navorsing bewys dat 82% van NWU-Pukstudente

kreatief in die werkplek kan dink!

Die volgende keuringstabel word gebruik vir die bepaling van die APStelling:

Keuringstabel vir die bepaling van APS:

(Omskakeling van skoolvakke se simbole)

NSC-vlak APS-telling

7 (90-100%) 8

7 (80-89%) 7

6 (70-79%) 6

5 (60-69%) 5

4 (50-59%) 4

3 (40-49%) 3

2 (30-39%) 2

1 (0-29%) 1

Voorbeeld van hoe om jou APS-telling te bepaal.

(Hierdie is slegs ’n voorbeeld. Pas jou eie vakke en punte volgens die

voorbeeld toe.)

Afrikaans Huistaal (uit aangewysde lys) 4

Engels Eerste Addisionele Taal (uit aangewysde lys) 4

Wiskunde (uit aangewysde lys) 6

Rekeningkunde (uit aangewysde lys) 6

Ontwerp (NSC-vak) 6

Rekenaartoepassingstegnologie (NSC-vak) 5

APS-telling 31

Vergelyk dit nou met die vereistes in dié studieinligtinggids om te sien

of jy kwalifiseer vir toelating.

16

Fakulteit

OPVOEDINGSWETENSKAPPE

Inleiding

Wil jy ’n loopbaan volg wat baie geleenthede aan jou bied, waarin jy

jou kreatiwiteit kan uitleef en waarin jy kinders help vorm sodat hulle

die lewe as toegeruste landsburgers met positiewe selfbeelde kan

ingaan? Dan is onderwys die beroep vir jou.

Die Fakulteit Opvoedingswetenskappe is verantwoordelik vir onderwysers

opleiding. Voornemende studente kan deur middel van een van

twee kwalifikasies toegang tot die onderwysprofessie verkry.

Die twee kwalifikasies is die vierjarige professionele Baccalaureus

Educationis (BEd) of die eenjarige Nagraadse Onderwyssertifikaat

(NGOS) wat volg op ’n goedgekeurde driejarige graad met twee

skoolvakke. Die verskillende spesialiseringsrigtings van die BEd-graad

en NGOS is almal by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid

geregistreer en die kurrikulum’s in ooreenstemming met die voorskrifte

van die Nasionale Departement van Onderwys saamgestel. Hierdie

kwalifikasie, wat internasionaal erken word, bemagtig jou om in

staatskole en privaatskole onderwys te gee.

Vierjarige

Baccalaureus Educationis (BEd)

Toelatingsvereistes vir die kwalifikasie

• APS-telling: Die resultate behaal in vier aangewysde vakke plus

twee NSS-vakke word in berekening gebring. Die resultate behaal

in Lewensoriëntering word nie in berekening gebring nie;

• Taalvereiste: ’n Slaagsyfer van 50-59% (vlak 4) in die taal van leer

en onderrig op Huistaal- of Eerste Addisionele Taalvlak;

• ’n Kandidaat wat nie aan die gestelde minimum Universiteitstoelatingsvereistes

voldoen nie, maar ’n APS-telling tussen 15 en

18 behaal het, mag tot die BEd-brugprogram toegelaat word,

wat kredietdraende kursusse insluit, indien hy/sy in ’n keuringsproses

wat deur die Senaat en die Matrikulasieraad goedgekeur

is, bewys het dat hy/sy geskik is vir toelating tot die Universiteit;

• ’n Student wat drie of vier APS-skaalpunte minder in die Senior

Sertifikaat-eksamen behaal, kan na die suksesvolle aflegging van

’n brugprogram by wyse van Senaatsdiskresionêre Vrystelling tot

’n bepaalde studieprogram toegelaat word; en

• Sien voorafgaande bladsye vir ’n skaal vir die bepaling van ’n APStelling.

Fakulteitspesifieke toelatingsvereistes

‘n Student wat:

• Onderwyswiskunde as keusemodule wil neem moet ten minste

55% vir Wiskunde in die graad 12-eksamen behaal het;

• Leerarea Wiskunde as keusemodule wil neem moet Wiskunde

met ten minste 45% in graad 12 geslaag het of Wiskundige

Geletterdheid in graad 12 met 55% geslaag het;

• Die Snr/VOO Tegnologie-program wil volg moet graad

12-Wiskunde met ten minste 50% geslaag het;

• Engels as keusemodule wil neem moet ten minste die graad 12eksamen

in Engels Moedertaal met 50% geslaag het of Engels

Eerste Addisionele Taal met 60% geslaag het;

• Fisiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe as keusemodule

wil neem moet ten minste 50% in Fisiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe

in die graad 12-eksamen behaal het; en

• Rekeningkunde as keusemodule wil neem moet ten minste 50%

vir Rekeningkunde in die graad 12-eksamen behaal het.

Die BEd-graad is ’n onderwysgraad wat op onderwys in die Algemene

Onderwys en Opleiding (AOO) en Verdere Onderwys en Opleiding

(VOO) toegespits is.

Die volgende strome of spesialiseringsrigtings, waarvan jy een (1)

vir die BEd-graad moet kies, word onderskei:

• Die Grondslagfase: Indien jy ’n BEd-graad in Grondslagfase

verwerf, kan jy in laerskole vanaf graad 1 tot graad 3 skoolhou,

sowel as vir enige voorskoolse en graad R-klas.

• Die program word vanaf 2009 vir Afrikaans en Setswanasprekende

studente aangebied. Vir die Setswana-huistaalsprekers

word kontaksessies in gesyferdheid en geletterdheid in Setswana

aangebied en die ander vakke word deur middel van simultane

tolking in Engels aangebied.

• Die Intermediêre en Senior fase, waarin gespesialiseer word

in onderwys aan leerders in graad 4-9. Slegs in geselekteerde

leerareas vind sumultane tolking na Engels plaas.

• Die Senior en Verdere Onderwys en Opleidingsfase, wat bedoel

is vir studente wat vir leerders vir graad 7-12 wil gaan skoolhou.

• Die Senior en Verdere Onderwys en Opleidingsfase met spesialisering

in Tegnologie is toegespits op Tegnologie-onderwys aan

leerders in graad 8-12.

Doel en aard van die program

• Om goed gekwalifiseerde onderwysers op te lei, wat oor die

verlangde onderwysvaardighede én akademiese onderbou

beskik;

• Om studente met die nodige kundigheid en bevoegdheid in die

Opvoedingswetenskappe toe te rus, sodat ingeligte besluite oor

’n wye onderwyskundige veld geneem kan word; en

• Om studente voor te berei vir verdere studie in die onderwys

(Honneurs BEd) en vir moontlike honneursstudies in ander vakrigtings.

Duur van studie

Die minimum duur van die studie is vier (4) jaar.

17

18

BEd (Grondslagfase)

(Programkode vir aansoekvorm: 422100)

Die volgende verpligte vakke word geneem:

Eerste studiejaar

Opvoedkunde (bv. Basiese inleiding tot Opvoedkunde en Professionele

Studies, Akademiese Geletterdheid, Rekenaargeletterdheid,

Gesyfer dheid (Fundamenteel en Metodiek van Gesyferdheid), Lewensvaardighede,

Leerderondersteuning, Geletterdheid (huistaal en eerste

addisionele taal), Musiek en Kommunikasievaardighede.

Tweede studiejaar

Opvoedkunde (bv. Inleiding tot Opvoedkundige Sielkunde), Gesyferd -

heid (Fundamen teel en Metodiek van Gesyferdheid), Lewensvaardighede,

Leerder-ondersteuning, Geletterdheid (huistaal en eerste

addisionele taal), Visuele Kuns, Musiek, Kommunikasievaardighede,

Preprimêre Studies en Filosofie (Verstaan die Opvoedingswêreld).

Derde studiejaar

Opvoedkunde (bv. Inklusiewe Onderwys), Gesyferdheid (Fundamenteel

en Metodiek van Gesyferdheid), Onderwysbestuur, Tegnologiese

Geletterdheid, Geletterdheid (huistaal en eerste addisionele taal),

Aka demiese huistaal en Filosofie (hoofstrome in die filosofie van die

Opvoedkunde).

Vierde studiejaar

Opvoedkunde (Onderwysreg), Navorsing in Opvoedkunde, Kommunikasie

vaardighede, Onderwysstelsels, Akademiese Engels, Gesyferd heid

(Fundamenteel en Metodiek van Gesyferdheid), Geletterdheid (huistaal

en eerste addisionele taal), Preprimêre Skool Opvoedkunde.

‘n Keuse van een (1) van die volgende in die vierde studiejaar:

• Religiestudies;

• Rekenaartegnologie-integrering; en

• Skoolmediasentrumkunde.

BEd (Intermediêre en Senior fase)

(Programkode vir aansoekvorm: 422101)

Verpligte vakke is die volgende:

Eerste studiejaar

Opvoedkunde, Akademiese Geletterdheid, Rekenaargeletterdheid,

Lewensvaardighede, Kommunikasievaardighede, “English Medium

of Instruction” en vier van die volgende leerareas, wat jy net op

eerstejaarvlak gaan neem: Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe,

Lewensoriëntering, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Kuns en

Kultuur, Tegnologie. (Die leerarea waarin jy wil spesialiseer word eers

vanaf jou tweede studiejaar geneem. Die moontlikhede waaruit jy kan

kies, word aan die einde van hierdie afdeling gelys.)

Tweede studiejaar

Opvoedkunde, Wiskunde in Praktyk, “English Medium of Instruction”,

die Didaktiek van jou Spesialiseringsleerarea en Didaktiek van die

Leerarea waarbinne die gekose keusemodule ressorteer.

Derde studiejaar

Opvoedkunde, Wiskunde in Praktyk, Tegnologiese Studies, die Didak tiek

van jou Spesialiseringsleerarea en Didaktiek van gekose keusemodule.

Vierde studiejaar

Opvoedkunde, Navorsing, Kommunikasiekunde, Didaktiek van gekose

Spesialiseringsleerarea en Didaktiek van gekose keusemodules.

’n Keuse van een (1) van die volgende in die vierde studiejaar:

• Religiestudies;

• Rekenaartegnologie-integrering; en

• Skoolmediasentrumkunde.

19

20

Die volgende keusemodules, wat as hoofvak geneem sal word,

waarvan jy een tot op derdejaar vlak moet neem (dit is van jou

eerste tot jou derde studiejaar), is beskikbaar:

Afrikaans, Engels, Geografie, Setswana, Geskiedenis, Lewenswetenskappe,

Fisiesewetenskappe, Wiskunde, Wiskundige Geletterd heid,

Onderwysinligtingstegnologie, Bewegingskunde, Kuns, Lewensoriëntering,

en Rekenaartoepassingstegnologie.

Die volgende Spesialiseringsleerareas, waarvan jy een (1) moet

kies, is beskikbaar:

• Leerarea Natuurwetenskappe;

• Leerarea Tegnologie;

• Leerarea Tale;

• Leerarea Sosiale Wetenskappe;

• Leerarea Lewensoriëntering;

• Leerarea Kuns en Kultuur; en

• Leerarea Wiskunde.

BEd (Senior en Verdere Onderwys-en-

Opleidingsfase)

(Programkode vir aansoekvorm: 422102)

Die volgende verpligte vakke word geneem:

Eerste studiejaar

Opvoedkunde, Akademiese Geletterdheid, Rekenaargeletterdheid,

Lewens vaardighede, Kommunikasievaardighede en “English Medium

of Instruction”.

Tweede studiejaar

Opvoedkunde, Wiskunde in Praktyk, “English Medium of Instruction”,

die Didaktiek van jou Spesialiseringsarea en Didaktiek van die Leerarea

waarbinne die gekose keusemodule ressorteer.

Derde studiejaar

Opvoedkunde, Wiskunde in Praktyk, Tegnologiese Studies, Didaktieke

van gekose keusemodules.

Vierde studiejaar

Opvoedkunde, Navorsing, Kommunikasiekunde, Didaktieke van gekose

keusemodules.

’n Keuse van een (1) van die volgende in die vierde studiejaar:

• Religiestudies;

• Rekenaartegnologie-integrering; en

• Skoolmediasentrumkunde.

Die volgende keusevakke waar twee (2) gekies moet word, is

beskikbaar:

Afrikaans, Bewegingskunde, Lewenswetenskappe, Ekonomie,

Engels, Geografie, Geskiedenis, Onderwysinligtingstegnologie, Kuns,

Fisiesewetenskappe, Rekeningkunde, Lewensoriëntering, Setswana,

Wis kunde, Wiskundige Geletterdheid, Ingenieursgrafika- en Ontwerp,

Rekenaartoepassingstegnologie, Besigheidstudies.

BEd (Senior en Verdere Onderwys-en-

Opleidingsfase – Tegnologie)

(Programkode vir aansoekvorm: 422112)

Die volgende verpligte vakke word geneem:

Eerste studiejaar

Opvoedkunde, Akademiese Geletterdheid, Rekenaargeletterdheid,

Lewens vaardighede, Kommunikasievaardighede en “English Medium

of Instruction”, Tegniese Wiskunde, Ingenieursgrafika- en Ontwerp,

Leerarea Tegnologie, Sweistegnologie en VOO-Tegnologie Didaktiek.

Tweede studiejaar

Opvoedkunde, Tegniese Wiskunde, “English Medium of Instruction”,

Ingenieursgrafika- en Ontwerp, Didaktiek van Ingenieursgrafika- en

Ontwerp asook die Didaktiek van jou keusemodule.

Een (1) van die volgende keusemodules moet geneem word:

• Elektriese Tegnologie vir Onderwys;

• Meganiese Tegnologie vir Onderwysers; en

• Siviele Tegnologie vir Onderwysers.

Derde studiejaar

Opvoedkunde, Tegniese Wiskunde, Tegnologiese Studies, Ingenieursgrafika-

en ontwerp, Didaktiek van Ingenieursgrafika- en Ontwerp,

gekose keusemodule en Didaktiek van gekose keusemodule.

Vierde studiejaar

Opvoedkunde, Navorsing, Kommunikasiekunde, Ingenieursgrafika-

en Ontwerp, Didaktiek van Ingenieursgrafika- en Ontwerp, jou

keusemodule, asook die Didaktiek van die keusemodule.

Beroepsmoontlikhede

Met hierdie kwalifikasie kan jy in die relevante Tegnologievakke onderrig

en opleiding gee in VOO-skole en by VOO-kolleges. Onder wys gerigte

graadstudie bied ook werksgeleenthede in die privaat- en openbare

sektore.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar.

21

22

Nagraadse Onderwyssertifikaat

(NGOS)

Toelatingsvereistes

• ’n Eerste universiteitsgraad met twee erkende skoolvakke of ‘n

erkende kwalifikasie wat in totaal uit 360 krediete bestaan en wat

eindig op NKR-vlak 6 en wat minstens twee erkende leerareas en/

of skoolvakke insluit soos aangedui in die NGOS Jaarboek.

• Studente moet ook in staat wees om twee (2) metodieke te kan

neem ten einde die kwalifikasie te verwerf. Die samestelling in die

graadkursus kan een van die volgende wees:

• Erkende skoolvak/leerarea op vlak 3 + erkende skoolvak/

leeraerea op vlak 1;

• Erkende skoolvak/leerarea op vlak 2 + erkende skoolvak/

leerarea op vlak 2;

• Erkende skoolvak/leerarea op vlak 2 + erkende skoolvak/

leeraerea op vlak 1+ erkende skoolvak/leerarea op vlak 1. In

die geval van ‘n taal word aanbeveel dat die kandidaat ten

minste vlak 2 voltooi het; en

• In geval van ’n keuse tussen metodiek van akademiese vakke

reeds geslaag vir ’n vorige kwalifikasie moet die student die

twee neem waarin hy/sy die hoogste gekwalifiseer is.

• ’n Student wat slegs Plantkunde, Dierkunde of Fisiologie (een

minstens as hoofvak) en geen ander skoolvak in sy graadkursus

ingesluit het nie, sal volle erkenning kry vir sy graad en die NGOS

met Metodiek van Lewenswetenskappe en Metodiek van Leerarea

Natuurwetenskap ontvang. Die studente moet registreer vir

LIFD511 en LAND521 sowel as LAND411 en ADSD521. (Studente

met slegs Fisiologie of Plantkunde of Dierkunde as hoofvak word

voorwaardelik tot die NGOS toegelaat totdat die student bewys

kan lewer dat die basiese kennis ten opsigte van plantkunde,

dierkunde, ekologie en fisiologie verwerf is.)

• ’n Student wat slegs Fisika en Chemie (een minstens as hoofvak)

en geen ander skoolvak in sy graadkursus ingesluit het nie, sal volle

erkenning kry vir sy graad en die NGOS met Metodiek van Fisiese

Wetenskappe en Metodiek van Leerarea Natuurwetenskappe.

Die student moet registreer vir PHSD511 en LAND521, sowel as

LAND411 en ADSD521.

• ‘n Student wat die metodiek van Wiskunde wil neem, moet

Wiskunde op vlak 2 geslaag het, andersins kan Wiskunde op

vlak 1 saam met een van die volgende op vlak 2 aangebied

word: Statistiek, Wiskundige Statistiek, Toegepaste Wiskunde,

Finansiële Wiskunde. ‘n Student wat slegs Wiskunde as hoofvak

het, sal registreer vir MATD511, MATD521 en ook MATD411 en

ADSD521.

• ‘n Student wat die Metodiek van Lewensoriëntering wil neem,

moet twee van die volgende vakke op graadvlak geneem het:

Sosiologie, Sielkunde, Politieke Studies, Menslike Bewegingskunde,

Arbeid- en Industriële Studies, Menseregte en Etiek. Die student

moet dan steeds ook ‘n tweede skoolvak op graadvlak geneem

het vir die tweede metodiek.

• ‘n Student wat die Metodiek van enige taal wil neem, moet dit

op ten minste op graadvlak 2 geslaag het. Indien die student wel

Kommunikasiestudies geslaag het, kan vlak 1 van die taal aanvaar

word.

• Studente wat nog nie hulle eerste graad voltooi het nie, kan by

uitsondering toegelaat word.

Die volgende vakke is deel van die NGOS-program:

Opvoedkunde Teorie, Assessering, Professionele Studies, Opvoedkundige

Sielkunde, Onderwysreg, -stelsels en -administrasie, Lewens -

vaardighede, Rekenaars in die Onderwys, Leerarea Tegnologie, twee (2)

taalbevoegdhede, twee (2) vakmetodieke (wat volg op die skoolvakke

wat reeds op graadvlak voltooi is).

Skoolgebaseerde Onderwysersopleiding

(NGOS en BEd-graad)

Hierdie nuwe model vir onderwysersopleiding is ontwikkel wat

groot voordele inhou vir skole en vir studente wat praktiese ervaring

wil opdoen terwyl hulle studeer. Studente wat in ‘n radius van

350km vanaf die Potchestroomkampus woon geniet voorkeur. Dit is

Skoolgebaseerde Onderwysers opleiding omdat die Universiteit en die

skool gesamentlik die opleiding hanteer.

Dit is ook ’n leerderskapmodel in dié sin dat die student nie net by die

Universiteit sy akademiese professionele opleiding kry nie, maar ook as

“vakleerling” opgelei word in dieselfde opset as waarin hy/sy later gaan

werk. Die student, skool en die Fakulteit Opvoedingswetenskappe sluit

’n kontrak waarin onderling ooreengekom word op die vergoeding,

take en werkstyd van die student.

Toelatingsvereistes

• BEd-studente kan in hulle tweede jaar aansoek doen om na

hierdie opleidingsmodel oor te skakel; en

• NGOS-studente kan by die Toelatingskantoor navraag doen in

verband met toelatingsvereistes in hierdie mod model. o el.

23

24

NWU-Pukke bied...

• Beroepsgerigte opleiding

• Internasionaal erkende grade

• Afrikaans (met opvoedkundige

tolking in sekere kursusse)

• Polsende studentelewe

• Veilige kampus

Tel: 018 299 2772

navrae@nwu.ac.za

nwu.ac.za

nwupuk.mobi

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!