03.05.2013 Views

Nuwe boogster op horison - Bowhunter

Nuwe boogster op horison - Bowhunter

Nuwe boogster op horison - Bowhunter

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die ie bylae vir die boogskutters van Suid-Afrika

Volume 2 Nr 1 / JANUARIE 2006 / RSA

Nuwe boogster

op horison

JANUARIE 2006 PYL EN BOOG

Deur Susan Botha

Werdie van Staden, opwindende

jong ster van die Nyala

Boogklub in Ellisras, Limpopo

Provinsie, het ná sy eerste deelname

aan kompetisies boogskietentoesiaste

gou laat regop

sit. Hy is stadig aan besig om vir

hom landwyd naam te maak en

daar word met ontsag van dié

jong ster gepraat.

Werdie, wat oor net bietjie meer

as ’n jaar ’n boog besit, het ’n

natuurlike aanleg en aanvoeling vir dié uitdagende sport. Gedurende 2005 het hy behoorlik

sy staal in die junior afdeling gewys by al die kompetisies waaraan hy deelgeneem het. Sy

toewyding, fokus en natuurlike talent dwing die agting en respek af van menige gesoute en

ervare boogentoesias. Wat die 13-jarige Werdie se prestasies so merkwaardig maak, is die

feit dat hy maar eers ’n paar maande gelede ’n junior geword het.

Werdie het in bykans elke klubkompetisie van die Nyala Boogklub die junior afdeling

gewen. Sy eerste amptelike deelname aan ’n kompetisie was egter verlede jaar in Julie by

die wêreld boogjag-kampioenskappe by Loskopdam waar hy in die vierde plek van die

junior afdeling uitgeblink het. Dit was voorwaar ’n grootse prestasie, veral gesien in die

lig dat hy die jongste junior by die kampioenskappe was. Die feit dat hy teen ouer en meer

ervare juniors moes kompeteer, het hom geensins van stryk gebring nie.

Daarvandaan het dit stoomroller gegaan. By die Limpopo boogjag-kampioenskappe

wat op 24 September 2005 by Haenertsburg gehou is, het Werdie die “Junior Bowhunter

Unlimited” titel verower. Nie die moeilike terrein van Haenertsburg of die huidige junior

wêreldkampioen kon hom stuit nie.

Daarna was dit die Vrystaat boogjag-kampioenskappe in Bloemfontein op Saterdag,

29 Oktober 2005, waar Werdie nie net die junior afdeling gewen het nie, maar ook die

hoogste algehele puntetelling behaal het. Verteenwoordigers van SANIFAA het te kenne

gegee dat dit nie lank gaan wees voordat hy vir provinsiale kleure gaan kwalifiseer nie.

By die nasionale kampioenskappe van die African Bowhunting Organisation, ’n affiliasie

van die International Bowhunting Organisation, by Groenkloof Natuurreservaat net

buite Pretoria op 19 November verlede jaar, het Werdie met die louere in die junior afdeling

weggeloop. Meer as 200 deelnemers van regoor die land het aan dié gesogte boog-

Z bladsy ii

In hierdie uitgawe

i Nuwe boogster op horison

deur Susan Botha

ii Geraasfaktore by boogskiet

deur Adriaan Rall

iii Waarom jag ons?

deur Johan Smit

iv Boogklub skitter na afskop

deur Susan Botha

vi Slaggereed vir 2006

deur Ria Kaal

vii SABA nuus

deur Tanya Theron

Pyl & Boog is ’n amptelike bylae tot Africa’s

Bowhunter and Archer

Uitgewer

Rean Steenkamp

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066

E-pos: editor@africanarcher.com

Redakteur

Tom Cairncross

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066

E-pos: tom@africasbowhunter.co.za

Ontwerp en uitleg

Andre van Schaik

E-pos: repro@africasbowhunter.co.za

Repoduksie en druk

KagisoBM

Advertensies

Tom Cairncross / Surina Oberholzer

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066

E-pos: editor@africasbowhunter.co.za

Posadres

Sewende laan 759,

Wonderboom-Suid. 0084

Webwerf

www.africasbowhunter.co.za

Lesers het nou die gulde

geleentheid om van PYL

& BOOG gebruik te

maak om interessante

gebeurlik hede, ervarings

en prestasies rondom

boogskiet vir publikasie

deur te gee. Laat van

julle hoor!

Tom Cairncross

i

ii

Geraasfaktore

by boogskiet

Deur Adriaan Rall

Boogjagsukses kan grootliks toeneem wanneer booggeraas

soveel moontlik beperk word. Wanneer ’n pyl uit

’n boog geskiet word, is daar hoofsaaklik drie faktore

wat diere kan laat reageer.

1. Snellergeluid

Die klikgeluid wat veroorsaak word deur die kake van die sneller

wat oopswaai en teen die snellerraamwerk kap, is een van

die mees onderskatte geluide tydens boogskiet. Kyk maar na die

radarantenna-ore van ’n koedoe – jy kan jou net indink wat die

koedoe kan hoor. Diere is normaalweg nie sensitief vir natuurlike

geluide nie, maar maak net ’n geluid van meganiese oorsprong,

dan vlug hulle blindelings. Plak stukkies pleister of rubber op

die kant van die snellerraam of op die agterkant van die kake om

hierdie klikgeluid te demp.

2. Booggeraas

Geluide wat ’n oorsprong in die boog self het, kan in drie onderafdelings

verdeel word:

a. Snaargeraas

Die getweng van die snaar is ook ’n geluid wat diere dikwels

laat reageer. Daar is verskeie patente op die mark wat hierdie

geluid demp, maar my ondervinding is dat die “string leeches”

van Sims die beste werk. ’n Snaar wat soos ’n ghitaarsnaar sing,

se geluid sal slegs deur “string leeches” in die snaar te plaas, na

behore gedemp word.

b. Boogarmgeluid en vibrasie

Die geluid wat vanaf die boogarms kom wanneer dit terugskiet

uit die gespande posisie, kan gedemp word deur verskeie appa-

H bladsy i – Nuwe boogster op horison

kompetisie deelgeneem. Tydens die nasionale kampioenskappe

by Wolmaransstad het Werdie, die jongste in sy groep, die vyfde

plek behaal.

Werdie geniet egter jagpunt-kompetisies die meeste en het

selfs meer as een keer seniors op hul neuse laat kyk deur die

deelnemer te wees wat die hoogste punte behaal het. Volgens

André Theron, voorsitter van SABA, is Werdie ’n seun wat met

groot belangstelling dopgehou moet word.

JC Botha, voorsitter van die Nyala Boogklub, is dit eens dat

“indien Werdie die druk kan verwerk en sy voete op die grond

hou, hy ’n ware kampioen sal word. Met die regte leiding en

rate op die arms en/of die

raam vas te heg, bv. Limb

Savers. Daar is ’n hele aantal

stabiliseerders en dempers

wat hierdie geluid en

vibrasie baie effektief sal

demp. Dit is weer eens belangrik om nie jou ore uit te leen nie,

maar die verskillende modelle self uit te toets en te evalueer.

c. Wegvalrus

Die derde geluid wat by die boog self ontstaan, is die geluid

wat gemaak word wanneer van ’n wegvalrus gebruik gemaak

word. In die meeste gevalle word dit veroorsaak wanneer die

wegvalrus met die raamwerk kontak maak in die af-posisie. Die

Amerikaners het ’n materiaalproduk wat hulle “moleskin” noem.

Hierdie materiaal het ’n gomrugkant en ’n wolvoorkant. Dit

word dan só geplak dat die rus daardeur gestop word wanneer

die rus wegval en die kap teen die raam sodoende vermy word.

Maak ook seker dat ’n wegvalrus se interne meganika doodstil is

voordat jy dit koop.

3. Pylgesuis

Die geluid van ’n inkomende pyl na ’n dier is by verreweg die

nommer een faktor wat ’n dier sal laat “pylspring” – dit kan

nie genoeg beklemtoon word nie. Hierdie aspek is al vantevore

behandel, maar ek wil dit weer eens uitlig: hoe meer pylpunt- en

veeroppervlakte aan die lug blootgestel word, hoe meer geraas!

Nodeloos om te sê, wanneer die skut sy eie pyl deur die lug kan

hoor trek is die pyl hopeloos te raserig. Verder kan ook na die pyl

geluister word vanaf ’n veilige posisie naby die teiken – elimineer

so alle raserige pyle.

k

toewyding het ons ’n toekomstige internasionale kampioen”.

Werdie, wat nou met rasse skrede besig is om ’n huishoudelike

naam onder boogentoesiaste te word, is ’n jong man so na

’n mens se hart! Die Nyala Boogklub is met reg trots op hiérdie

opwindende jong ster wat besig is om in ’n boogskutter van formaat

te ontwikkel.

k

Om in Pyl en Boog te adverteer

Kontak:

Tom Cairncross / Surina Oberholzer

Tel:(012) 335 1998

Faks:(012) 335 5066

E-pos:editor@africasbowhunter.co.za

PYL EN BOOG JANUARIE 2006

Waarom jag ons?

Deur Johan Smit

Ek kan onmiddellik sien hoe die ore gespits

word vir ’n sekere frekwensie en die nekare

heeltemal uit posisie en donkerblou al dikker

swel. Wel, ek het Adriaan Rall al by geleentheid

hoor sê: “Nou is ek besig om geheel en

al oor die tou te trap.”

Voordat almal se bloeddruk buite verhouding

begin styg, laat my asseblief toe om my storie

klaar te vertel.

Hoekom boogskiet, en meer spesifiek, hoekom

jag met pyl en boog? Dit is ’n vraag wat ek my elke

jaar afvra wanneer ek in die pragtige bosveld met

my .308 of my gunsteling .375 stap. Dan hou ek in

gedagte dat my .375 geweer wat gelaai is met ’n

270-grein patroon nagenoeg 4200 voet/pond energie

voortbring. Volgens my berekening is dit minstens

55 keer meer energie as die gemiddelde kragboog

op die mark. Ek wil dit nie eers naastenby met my

gunsteling tradisionele toerusting vergelyk nie.

Ek betwyfel nie dat die vermoë van pyl en boog

enigsins minderwaardig is in vergelyking met ’n

kragtige geweer nie. Inteendeel, dit is net so dodelik

in die hande van ’n goed opgeleide en ervare jagter.

Neem kennis dat ek opgeleide en ervare noem. Ek

weet ook dat ervaring nie opgedoen kan word sonder

om te jag nie, maar ons kan seker maak dat hy of sy

die regte opleiding kry. Ek dink dit is hier waar die

booghandelaars ’n belangrike rol kan en moet speel.

Wat is die argument? Wees geduldig. Hier is die

vraag. Wat is die boodskap wat na die res van die wêreld uitgestuur

word? Ons is almal deeglik bewus van verskeie bewegings

wat hulle vir diereregte beywer. Met die ore op die grond is dit

duidelik dat daar toenemend ’n groeiende protes teen jag is.

Hoekom vertel ek die storie – omdat my beste jagtogte nóg,

dié was met pyl en boog wat ek met my seun, familie en vriende

meegemaak het. Om in die veld te loop en bekruip of om hoog in

’n boom te sit en moeder natuur te bewonder, maak jou gemoed

skoon van die gejaag en probleme van die moderne samele wing.

Ek probeer om minstens twee of drie keer per jaar en selfs meer

te jag indien my bankbestuurder dit sou toelaat. En as ek nie self

kan jag nie, geniet ek dit om die ervaring en sukses van ander

jagters te deel onder meer met behulp van videos, DVD’s en

boogtydskrifte te lees.

Bogenoemde is presies die uitdaging wat my aangespoor het

om die artikel te skryf. Ons weet almal dat videomateriaal en

artikels beskikbaar is vir almal om te kyk en te lees, selfs diegene

wat gekant is teen jag. My kommer is dat ek onlangs na videos

gekyk het waar die jagter sy sukses op so ’n wyse uitgebasuin

het, dat dit selfs vir my as jagter ’n bitter smaak in die mond

JANUARIE 2006 PYL EN BOOG

gelaat het.

Visualiseer byvoorbeeld die jagtegnieke van die luiperd en

wildehond. Waarom is mense so sensitief wanneer wildehonde

hul prooi jag? Hulle maak tog dood ter wille van oorlewing.

Moet ons nie onsself afvra waarom ons jag nie? Is dit vir eie

egostreling, roem of wil ons met ander meeding en bewys dat

ons beter is? Wat kry ek hieruit? Ek kan die versekering gee dat

dit gewis nie net vir die vleis is nie. Jag is vir hierdie doel net

heeltemal te duur. Dink maar aan die ekstra uitgawes soos brandstof

om by die jagveld te kom, daggeld, verblyf ensovoort.

Vir watter rede daar ookal gejag word, dink ek dit sal net

billik wees om deur te gee oor waarom en hoe daar gejag is.

Wat die regte boodskap hier is, het ek nie in pag nie, maar dit

behoort nie die anti-jag aktiviste in hul pogings aan te moedig

nie. Respekteer die natuur en diere wat ons jag. Jag was nog

altyd deel van die mens sedert ons voorouers vir ’n lewe gejag

het. Ons hoef nie meer vir oorlewing te jag nie, maar jag is steeds

deel van ons. Dit is daardie iets diep binne wat ons vir die uitdaging

aanspoor; om nader aan die natuur te kom en deel te wees

van die super-roofdiere.

k

iii

iv

Boogklub skit

Deur Susan Botha

2005 was die wegspring-jaar vir die Nyala Boogklub

in Ellisras (Lephalale), Limpopo Provinsie. Die Klub het

gegroei, verbeter en presteer soos wat die maande

verbygevlieg het. Die klub se naam is by meer as een

geleentheid hoog gehou en met die eindjaarfunksie is

dit weer eens duidelik bewys dat “daar is honde wat

maar net hoef te knor, omdat hulle reeds tevore gewys

het dat hulle kan byt”.

Die gespierde Nyala Boogklub het ’n glorieryke jaar in

Ellisras se geskiedenis gevier met vele hoogtepunte. In

die boogklub se een jaar lange bestaan, is elf geslaagde klubkompetisies

gehou, waarvan vier deur omliggende klubs bygewoon

is, van sover as Tzaneen en Pietersburg (Polokwane) tot

Thabazimbi en Vaalwater. Daarby het die klub in die afgelope

jaar ’n volwaardige 2-D en 3-D teikenbaan volgens SANIFAAstandaarde

op die been gebring.

Tydens die jaareindfunksie by Angus Brown Safari’s op

Saterdag, 26 November 2005, is die jaar se skitterende aktiwiteite

op gepaste wyse afgesluit. Saterdagoggend is ’n opwin dende

pret-skiet gehou op ’n baan wat volgens tipiese jagsituasies deur

Angus Brown uitgelê was, waarna punte vir etiese skote ge-evalueer

en toegeken is. Angus Brown het na véle vrae en redenasies

verduidelik waarom sekere skote oneties is. Daarna is die algemene

jaarvergadering gehou, waarna die trofee-uitdeling en ’n

spitbraai lede vir hul toewyding en lojaliteit beloon het.

Tydens die algemene jaarvergadering is 2005 se bestuur as

die bestuur vir 2006 herverkies, met JC Botha in die voorsitterstoel,

Petrus Janse van Rensburg as vise-voorsitter, Susan Botha

as tesourier/sekretaris en André Lourens as addisionele lid. Met

die oorweldigende uitbreiding van die klub het dit nodig geword

dat die bestuur ook moes uitbrei en is Hennie van Staden as

spanbestuurder verkies en Buks Swanepoel as ’n tweede addisionele

lid.

Die boogklub het gedurende die algemene jaarvergadering

die sluier gelig oor sy planne vir 2006. ’n Liga-stelsel met die

huidige SANIFAA-boogklubs in die Limpopo Provinsie word

onder meer beplan wat kompetisie sal versterk en standaarde kan

verhoog. Nyala Boogklublede is ernstig oor dié gewilde sport en

is haastig om provinsiale en nasionale kleure te verwerf. Met die

natuurlike talent waaroor die boogklub beskik behoort hy binne

die komende jaar ’n hele paar kampioene en provinsiale sowel as

nasionale verteenwoordigers op te lewer.

Die gassprekers tydens die jaareindfunksie was Angus Brown

van Angus Brown Safari’s en André Theron, voorsitter van die SA

Boogjagtersvereniging (SABA). Angus het vanweë sy magdom

kennis, boogvaardigheid, ervaring en liefde en respek vir wild en

die natuur waardevolle insette oor etiese boogjag gelewer. André

Theron het Angus se passie gedeel en het dit onomwonde ge stel

dat boogjagters versigtigheid aan die dag moet lê om te alle tye

Hennie van Staden (heel regs), die top presteerder van die jaar,

saam met Angus Brown (middel) en JC Botha.

Nick Kilbride (regs) – top senior van die jaar, saam met JC Botha.

eties en verantwoordelik op te tree ten einde nie die toekoms van

boogjag te skaad nie. Dit was opwindend om ’n aand saam met

meesters op hierdie gebied deur te bring.

Die Nyala Boogklub se lede het met die trofee-uitdeling 'n

soete beloning ontvang ná ’n jaar van toewyding. JC Botha het

onder meer genoem dat ’n wenner iemand is wat oor deursettingsvermoë,

dissipline, fokus, respek en integriteit beskik.

Dit was daarom met trots dat Nick Kilbride as die top senior

aangewys was, Werdie van Staden as die top junior en Maudine

Gründlingh as die top “cub”.

Die grand finalé en hoogtepunt van die aand was ongetwyfeld

die toekenning van die Angus Brown Wisseltrofee vir

die top presteerder. Die wisseltrofee is na Angus Brown vernoem

omdat hy een van die baanbrekers in etiese boogjag was en in

samewerking met natuurbewaring standaarde vir boogjag van

gevaarlike wild opgestel het.

PYL EN BOOG JANUARIE 2006

ter na afskop

Werdie van Staden, top junior van die jaar.

Maudine Gründlingh, top “cub” van die jaar.

JANUARIE 2006 PYL EN BOOG

Angus Brown van Angus Brown Safari’s en André Theron, voorsitter van

SABA.

Die kriteria waaraan die top presteerder moes

voldoen was om ten spyte van, en nié ten koste van, nog

steeds uit te staan – iemand met “flair”. Daarby moes

die persoon altyd eties optree – in sy daaglikse wandel

en in sy sport. Botha het dit beklemtoon dat dit veral

ook iemand moes wees wat “verantwoordelik is in sy

optrede, in sy bewus wees van die rol wat hy speel om

die sport te bevorder, en veral verantwoordelik is oor

die invloed wat hy teenoor sy mede-boogentoesiaste

uitoefen!” Almal was dit eens dat Hennie van Staden dié

trofee waardig sou wees!

Angus Brown en André Theron was vol lof vir die

Nyala Boogklub – vir hul toewyding, hul geesdrif, passie,

sportmangees en die uitsonderlike kameraderie wat

onder die lede heers.

Vir enige navrae om by die Nyala Boogklub betrokke te raak,

kontak gerus vir JC of Susan Botha by telefoon (014) 763 2650

of coronatus@mweb.co.za.

T

LAA LAAT AAT NUUS

Die volgende SANIFAA kompetisie

sal 28 Januarie 2006

kompetisie

Januarie 2006

kompetisie

plaasvind. Dit

sal die eerste boogjagkwalifiseerder van die sei- sei-

soen wees en word deur Under African

Skies op Ilanga aangebied.

Besoek www.africasbowhunter.co.za vir ‘n volledige

verslag deur Babs van Leeuwen oor die 2005

Bowhunter Nationals.

v

vi

Slaggereed vir 2006

Deur Ria Kaal

Dagsê. Teen die tyd dat julle hier lees is 2005 moontlik

reeds agter die rug, en maak julle reg vir wat voorlê in

2006.

My wens is dat julle almal die Desember-vakansie gebruik

het om alles te doen wat julle wou en dat julle ’n ge seënde

Kerstyd met familie en vriende gehad het. Hopelik was julle

eksamenuitslae ook na wense en het julle tyd gemaak om ’n

bietjie boog te skiet.

Dankie aan almal wat hul besonderhede oor die beplande

nasionale skoolliga vir boogskutters aangestuur het. Ek sal

almal in Januarie kontak met verdere inligting. Tot dusver het ek

’n paar interessante oproepe gehad met mense wat in die konsep

belangstel.

Ek het egter meer reaksie verwag en dit blyk dat boogskutters

wat lede van die nasionale liggame is die idee het dat hulle

nie hoef te registreer nie. Ek wil alle junior boogskutters in

Suid-Afrika op hierdie register hê.

Volgens die kompetisie-uitslae wat in die S.A. Archer verskyn

het, is daar nog ’n klomp jongmense wat my moet kontak.

’n Hele paar kompetisies het in die laaste paar

maande van 2005 plaasgevind, insluitende die Nasionale

Boogjagterskompetisie in Desember. Ek hoop dat al die deelnemers

dit geniet het en goeie tellings geskiet het. Die juniors wat

deelgeneem het, stuur jou kommentaar na my e-pos:

schoolleauge@archeryadvancer.co.za, faks: 012 803 3414 of

Posbus 75503, Lynwoodrif 0040. Sluit ook besonderhede in oor

die reëlings, rondtes geskiet en veranderings wat jy dink nodig

is.

Het julle algemene vrae oor boogskiet? Stuur jou vraag

en ek sal dit beantwoord in die Pyl en Boog, en sodoende die

inligting ook aan ander verskaf.

Ek sien uit daarna om almal in die “Archery Schools League

SA” (ASLSA) gedurende 2006 te betrek. Vertel jou maats

hiervan en kom ons sien of ons hulle ook by ons sport kan

betrek. Beginners kan ook deelneem in die liga.

Die liga sal uit spesiale skietrondtes bestaan en reëls sal

streng toegepas word. Lede van die verskillende boogskietverenigings

moet asseblief so gou moontlik registreer. (Sien

Pyl en Boog se November- en Desember-uitgawes rakende die

inligting oor die verenigings en die besonderhede wat ek nodig

het.)

Alle voorspoed aan almal vir 2006. Hou die blink kant bo,

jou oog op die goud en mag jou pyle reguit na die kol vlieg. k

PYL EN BOOG JANUARIE 2006

SABA NUUS

JANUARIE 2006 PYL EN BOOG

Deur Tanya Theron

Februarie boogskietdag

Ons eerste kompetisie vir 2006

vind soos volg plaas:

Plek: Arrow Rest Safaris, Beestekraal

Datum: Saterdag, 4 Februarie 2006

Registrasie: 8:00

Kompetisie begin: 9:30

Inskrywing: R60 vir SABA lede, R80 vir nie-lede

Padaanwysing: Van Pretoria ry na Brits, op die Brits/

Thabazimbi pad. ±37 km. Na Brits,

draai links op die Beestekraal pad. Ry

±4km draai dan regs op die Vaalkopdam

pad. Na ± 9km sal jy Arrow Rest Safaris

op linkerhand sien.

Bykomende inligting: Johan 083 629 8251, Kim 072 737 1031,

André 082 909 8765.

Akkommodasie: Bel Natasha Hermann: 083 324 8251 of

012 277 1207.

Arrow Rest het ’n interessante skietbaan en word altyd goed

ondersteun. Ons moedig almal aan om ’n heerlike pretdag te

kom geniet. Dit is ’n gulde geleentheid om die spinnerakke

van die boogsnare af te vee en om 2006 te begin met die oog

daarop om pyle eties in die kol te plaas. Tradisionele skuts is ook

baie welkom om die kragboogskuts te wys hoe dit nou eintlik

gedoen word. Gades en families is ook welkom om die dag in

die pragtige omgewing en buitelug deur te bring. Swemgeriewe

is beskikbaar en soos altyd sal tuisgebak en heerlike drinkgoed

te koop wees. Akkommodasie is beskikbaar vir diegene wat wil

oorslaap, maar vooraf bespreking is noodsaaklik.

Daar sal geleentheid wees om SABA-lidmaatskap te hernu

en ook om as nuwe lede in te skryf.

Boogjag-navrae: André Theron 082 909 8765

Lidmaatskap-navrae: Karen of Surina (012) 335 1998

Ander skietgeleenthede vir 2006

Is daar ’n aantal boogskuts in jou gebied en iemand wat graag ’n

SABA-skietdag wil hou? Ons is juis op die uitkyk vir geskikte

plekke vir die res van 2006. As jy enige voorstelle het, kan die

inligting gestuur word na editor@africasbowhunter.co.za of

gefaks word na 012 335 5066. As jy dit wil bespreek, bel André

Theron by 082 909 8765.

Promosie-artikels vir SABA lede

Plakkers wat gebruik kan word vir lisensiehouers op motors, op

boogsakke of motorbuffers is beskikbaar teen R10. Geborduurde

SABA-wapens kos R50. Vir bestellings kontak Karen of Surina

by 012 335 1998.

Lidmaatskaphernuwings

Jou SABA lidmaatskap was geldig tot einde Desember 2005.

Surina en Karen koördineer hernuwings en nuwe lede vir 2006.

Aansoekvorm hiernaas. Ons nuwe lidkaarte is gelamineer met

jou naam, lidnommer en nuwe SABA-logo.

Voordele vir SABA-lidmaatskap

SABA is die enigste geregistreerde boogjag-organisasie in Suid-

Afrika en werk nou saam met ander geaffilieerde organisasies

om die standaard van boogjag voortdurend te verbeter en om

die regte van boogjagters te beskerm. SABA organiseer boogskietkompetisies

en sal besonderhede na lede SMS. Groot pryse,

wat jagte insluit, kan gewen word. Ons verskaf ’n algemene

adviesdiens en ons komiteelede spog met meer as 50 jaar se

ervaring tussen hulle. SABA is ’n nie-winsgewende organisasie

wat deur vrywilligers bestuur word, met die oog om boogjag te

bevorder. Alle fondse word teruggeploeg in die organisasie om

die doelwitte te bereik. Alle lidmaatskapnavrae moet gerig word

aan Karen of Surina by 012 335 1998.

Ons sien daarna uit om jou by Arrow Rest se skietdag te

ontmoet.

k

vii

viii

PYL EN BOOG JANUARIE 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!