06.05.2013 Views

Nuwe terme aangaande tradisionele boogskiet - Bowhunter

Nuwe terme aangaande tradisionele boogskiet - Bowhunter

Nuwe terme aangaande tradisionele boogskiet - Bowhunter

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die bylae vir die boogskutters van Suid-Africa

Volume 2 Nr 2 / FEBRUARIE 2006 / RSA

Nuwe terme aangaande

tradisionele boogskiet

FEBRUARIE 2006 PYL EN BOOG

Deur Tom Cairncross

Armskerm: word aan die voorarm geplaas om dit te beskerm wanneer

met ’n boog geskiet word. (Armguard)

Pylrus: die deel van die boog waar die pyl rus voordat geskiet word.

(Arrow rest)

Pylplaatjie: stukkie materiaal wat aan die kant van die pylrus aangebring

word om die boog te beskerm. (Arrow plate)

Pylskag: hoofkomponent van die pyl wat van ’n verskeidenheid materiaal gemaak kan word.

(Arrow shaft)

Handvatsel: die middelste gedeelte van die boog wat die pylrak insluit. (Riser)

Pylrak: die deel van die boog reg bokant die greep of handvatsel van die boog waar die pyl

geplaas word wanneer van die rak af geskiet te word. (Arrow shelf)

Rugkant of rug van die boog: die deel van die boog die verste van die skut as die boog

vasgehou word. (Back of bow)

Buik of maagkant van die boog: die deel die naaste aan die skut wanneer die boog vasgehou

word. (Belly)

Rug-pylkoker: buisvormige koker wat op die rug gedra word.(Back quiver)

Boogkoker: koker wat aan die boog geheg word. (Bow quiver)

Stomp punte: stomp pylpunte wat van verskeie materiaal gemaak word om oefenskote te

skiet. (Blunts)

Span van die boog: wanneer die boog

gespan word om te skiet. (Brace)

Boogsnaar: die snaar wat van boogpunt tot

boogpunt gespan word. (Bow string)

Spantou: word gebruik om die boogsnaar

aan die boog te span en te ontspan. (Bow

stringer)

Jagpunt: ’n jagpunt met twee of meer

snykante. (Broadhead)

Langboog: ’n boog waarvan die snaar nie

die buik of maagkant raak wanneer die boog

gespan is nie. Vorm gewoonlik ’n aaneenlopende

“D” wanneer gespan. (Longbow)

Kurfboog/kromboog: ’n boog waarvan die

punte wegbuig van die snaar en waarvan die

snaar die buik of maagkant raak wanneer die

boog gespan is. (Recurve bow)

(Enige persoon is welkom om insette te

lewer. Dit is ’n groei- en leerproses. Volgende

keer nog ’n klompie skeppings)

k

In hierdie uitgawe

i Nuwe terme aangaande tradisionele

boogskiet

ii Boogskietbaan gewild op

Clarens

iii ‘n Paar gedagtes oor maksimum

jagsukses

iv Boogskiet in Noordwes lok talle

belangstellendes

v Bosvarkjag te Rankinspas

vi Registreer vir skoolliga

vi ’n Jongeling om mee rekening te

hou

vii SABA nuus

Pyl & Boog is ’n amptelike bylae tot Africa’s

Bowhunter and Archer

Uitgewer

Rean Steenkamp

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066

E-pos: editor@africanarcher.com

Redakteur

Tom Cairncross

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066

E-pos: tom@africasbowhunter.co.za

Ontwerp en uitleg

Andre van Schaik

E-pos: repro@africasbowhunter.co.za

Repoduksie en druk

KagisoBM

Advertensies

Tom Cairncross / Surina Oberholzer

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066

E-pos: editor@africasbowhunter.co.za

Posadres

Sewende laan 759,

Wonderboom-Suid. 0084

Webwerf

www.africasbowhunter.co.za

Lesers het nou die gulde

geleentheid om van PYL

& BOOG gebruik te

maak om interessante

gebeurlik hede, ervarings

en prestasies rondom

boogskiet vir publikasie

deur te gee. Laat van

julle hoor!

Tom Cairncross

i

ii

Boogskietbaan gewild

op Clarens

Deur Johan Combrinck

Bent Stick Archery het net bietjie meer as 13 maande

gelede sy hekke op die skilderagtige dorpie Clarens in

die Oos-Vrystaat geopen. Inderdaad is hekke ge open,

omdat dit ’n baan vir boogskutters is en geensins ’n

boogwinkel nie. Hoogte- en laagtepunte is ervaar,

maar uiteindelik was alles die moeite werd.

Die onderneming het as ’n droom posgevat en gaandeweg

met deursettingsvermoë en harde werk ’n werklikheid

geword. Die gedagte aan ’n boogwinkel is dalk ook nou nie te

vergesog nie.

’n Paar doelwitte is aanvanklik gestel. Die een was om ’n

bykomende aktiwiteit op Clarens vir toeriste en ander besoekers

beskikbaar te stel. Die ander belangriker rede was om meer

mense aan boogskiet-sport bloot te stel. ’n Kykie in die gasteboek

is genoegsame bewys dat aan albei die doelwitte voldoen

is.

Ons het ook die geleentheid gehad om belangstellendes landwyd

na boogwinkels, skietbane en boogskietklubs te verwys in

die onderskeie omgewings waar hulle woon om sodoende die

boogskietbelangstelling verder uit te bou.

Ek moet toegee dat my voorkeur vir die kromboog (recurve)

en die langboog meebring dat ek nie die kragboog op die baan

gebruik nie. Dit kan as negatief beskou word, maar om behoorlike

afrigting in tradisionele boogskiet te gee, het sy eiesoortige

voordele. Hopelik sal daar in die toekoms na die kragboog gekyk

word.

Daar is voorvalle die afgelope meer as ’n jaar wat ’n mens

bybly. Een daarvan is die eienaardige gevoel om as instrukteur

voor drie vreemdelinge afrigting te doen. Sedertdien is selfs elf

of meer klante nie meer so ongemaklik nie.

Die skietstyl wat toegepas word kan as ’n samestelling van

instinktief en verwysing gesien word, met geen korrel om te mik

nie. Die feit dat die kolgedeelte op die teikens sleg onder die pyle

deurloop is ’n bewys van die effektiwiteit van die besonderde

tegniek. Wanneer onderrig plaasvind, probeer ek dat die boog

by die skut aanpas. Daarom is boë van tussen 16 tot 33 pond

trekkrag beskikbaar.

’n Ander belangrike voorvereiste is geduld (sommer baie

daarvan) om ’n gelukkige klant en ’n selftevrede instrukteur te

verseker.

Wanneer vrae oor kragboë en jagtegnieke opduik, verwys ek

mense na boogwinkels omdat ek nie genoeg daarvan weet nie.

Van die aangenaamste tye op die baan is wanneer jong

kinders afrigting kry; en sou hulle reg behandel en afgerig word,

is dit ’n belegging in die volgende geslag boogentoesiaste. Die

tevrede glimlag op die jeugdige se gesig wanneer die peil die

goue sirkel tref, maak alles die moeite werd.

Selftevredenheid en dankbaarheid is sterk gewaarwordinge

as jy sien hoe ’n persoon met ’n besering of ander liggaamlike

probleem met die grootste toewyding sy allerbeste lewer – ’n

bewys dat boogskiet tot vandag toe nog inherent in die mens se

wese voortleef.

Ander interessante waarnemings is wanneer ’n egpaar by die

baan opdaag om die kunsies aan te leer en dan later te sien hoe

die man se ego erg aangetas word wanneer vroulief die een kol

na die ander tref – dalk ingebore aanleg?

Al hierdie wonderlike ervaringe sou nie daar gewees het nie,

as dit nie vir die genade van Bo en die hulp van my vrou, Susan,

was nie. Sy is my mede-instrukteur, die oë agter in my kop en

sommer baie meer. Sy is ook ’n groot inspirasie wanneer die

dames en kinders ’n draai by die baan maak.

Die afgelope 13 maande was goed. Die opwinding oor wie

vanjaar ons paaie gaan kruis is daar, maar ons sal dit soos in die

verlede hanteer.

Mag al julle pyle die kol tref en mag die sport in geheel tot

ondenkbare hoogtes groei.

k

PYL EN BOOG FEBRUARIE 2006

’n Paar

gedagtes oor

maksimum

jagsukses

Deur Johan Smit

Vir ’n breukdeel van ’n sekonde het die wit en oranje

vere net bokant die bladbeen van die wildebees gewys

en ek het instinktief geweet dit is nie ’n goeie skoot nie.

Dié vermoede is toe ook later bevestig nadat ek die pyl

opgetel het en daarvolgens ’n afleiding oor die diepte

van die penetrasie daarvan kon maak.

Na ongeveer agt agtereenvolgende suksesverhale met my

tradisionele kromboog het ek gedink die suksesjoernale van

tradisionele boogjag gaan herskryf word. Helaas, dit was toe nie

so nie. Na twee agtereenvolgende mislukte pogings wat onder

meer ’n eland en ’n rooibok insluit, is ek so ietwat ontnugter.

Daar is legio redes waarom ek misluk het, maar ek sal jou my

verskonings spaar.

Wat ookal die rede vir swak skootplasing is, reken ek die

gebrek aan kwaliteitoefening bly een van die grootste oorsake.

Veral wanneer daar met tradisionele toerusting gejag word. As

ons in ag neem dat die meeste jagte vandag vanuit skuilings

gebeur, raai ek aan dat jy in dié omstandighede oefen. Al die

diere wat ek sover gekwes het, was uit skuilings. Nie dat ek

iets teen skuilings het nie, maar ek het nie seker gemaak dat ek

effektief vanuit ’n skuiling kan skiet nie. Nege uit die tien keer

moet jy of uit ’n ongemakilike posisie skiet, of die skuiling is

nie hoog genoeg om jou tradisionele boog te akkommodeer nie.

En ’n mens neig om té hoog te skiet aangesien jou persepsie

van afstand anders vanuit ’n skuiling is. Bokkoors eis ook sy

tol. Ek en ’n groot jagmaat van my het al bespiegel of ’n bietjie

Schnapps nie miskien die oplossing vir bokkoors is nie.

Die aankoop van ’n kragboog het my amper ’n paar vriende

gekos. Tog het ek dit met ’n rede gedoen. As ek vind dat ek nie

FEBRUARIE 2006 PYL EN BOOG

in goeie vorm met die tradisionele boog is nie, dan wend ek my

tot die kragboog. Ek het ook al daarmee gekwes, maar ek moet

erken die persentasie sukses is baie nader aan 100 persent. Moet

nie ’n fout maak nie, daar is tradisionele jagters wat ek ken wat

meer suksesvol met die kromboog en langboog is as van die

kragboogjagters.

As ek iets sou kon bereik in dié rubriek is dit om die jag met

tradisionele pyl en boog die status te laat kry wat dit toekom. Ek

dink my mede tradisionaliste sal saamstem dat die suskses van

die verhaal by ons lê. Ek wil graag ’n paar punte voorstel wat

miskien kan help om die jagsukses te verbeter. Ek dink van die

gedagtes mag ook jagters met kragboë help.

Maak seker jy skiet die swaarste toerusting wat jy met gemak

kan hanteer. Enige tradisionele boog van gehalte tussen 50

en 60 pond sal jou die minimum kinetiese energie van 40vt/

pd gee. Ek weet dit kom nie naby die energie van ’n 70 pond

kragboog nie, maar glo my met ’n jagpunt met die regte sny

op inpak (Magnus Snuffer, Simmons Treeshark en vele ander)

en ’n medium-swaargewigpyl is penetrasie nie ’n probleem

nie. Natuurlik moet die jagpunte skerp wees. Om die waaruit

te sê was daar geen verskil in penetrasie op varke wat ek met

my 65 pond kromboog en 70 pond kragboog geskiet het nie.

Oefen genoeg en oefen die regte vorm. Ons kan vir ure in

die agterplaas staan en skiet en dalk ses duim groepeer op 20

meter, maar is dit genoeg? Kan jy met sekerheid weet dat jy

in ’n jagsituasie maksimum sukses gaan hê. Oefen om uit ’n

skuiling te skiet as jy beplan om só te gaan jag. Ek wil my

amper verstout deur te sê jy moet nie 90 persent seker voel

jy kan maar gaan jag nie, maar 100 persent. Jagters wat met

tradisionele toerusting jag weet maar té goed hoe moeilik dit

is.

Ken jou eie beperkinge en die beperkinge van jou toerus ting.

Indien jy gereed is om op 20 meter te kan jag moet dan nie

die kans waag as die dier dalk op 25 meter staan nie. Tog

moet jy jou vaardigheid op langer afstande toets. Om op

langer afstande te oefen verbeter jy jou algehele vorm. Ek

weet baie jagters het al sukses gehad met ligte toerusting op

groot wild soos die eland, maar ek is oortuig indien jy een

van daardie voorste ribbebene moet breek het jy ietsie sterkers

nodig.

Gesels met dié wat weet. Toemaar, dit is nie ek nie, maar ek

ken sulke mense. As daar nou een persoon is na wie ek luister

as dit by die jag met tradisionele toerusting kom, dan is dit

Henk du Plessis. Hy sal dalk nie gelukkig wees as almal hom

skielik begin bel nie en dit is ook nie my voorstel nie. Wat ek

bedoel is, leer by mense met meer ervaring. As jy sukkel met

jou vorm gaan soek die kundigheid wat nodig is om jou ’n

beter skut en jagter te maak.

Neem deel aan kompetisies en veral die “broadhead shoots”.

Deur aan dié kompetisies deel te neem kry ’n mens ’n goeie

idee van ’n mens se vaardigheid.

Om aan te sluit by my vorige artikel. Ek reken dit is in belang van

die voortbestaan van jag as geheel dat ons ons daartoe be ywer

om ons self as beter jagters te bekwaam. Maak nie saak wat

die toerusting is nie, die eindresultaat moet maksimum sukses

wees.

k

iii

iv

Boogskiet in Noordwes lok

talle belangstellendes

Deur Dirk Pretorius

Boogsport het Klerksdorp en omgewing behoorlik getref.

Die sport groei ook sterk in die omliggende dorpe. ’n

Boogwinkel wat onlangs sy deure oopgegooi het, het

’n pretskietdag gereël om die klimaat vir boogskiet te

toets. Pleks van ’n paar belangstellendes het meer as

60 opgedaag.

Veld- en 3D rondtes het almal gaande gehad, waartydens

pryse uitgedeel is en ’n lekker vleisbraai gehou is om

mekaar beter te leer ken.

Dit lyk of almal vroeg in die jaar vuur en vlam is vir wat

voorlê. Sommige deelnemers het vertel dat hulle sedert verlede

jaar nog nie hul boë neergesit het nie, en in sommige gevalle

nog elke week jag. Met die nuwe boogwinkel en skietbaan kan

beginners nou goeie raad kry en die gesoute boogskuts hulle

toerusting by hul voordeur te koop kry.

Klerksdorp spog reeds met twee klubs, waarvan North West

Archery die oudste is en met nagenoeg 70 aktiewe lede spog.

Die lede is meer ingestel op jag en daar word elke tweede

naweek skietbyeenkomste gehou. Skuts van sover as Parys en

Wolmaransstad daag by die skietdae op. Die klub is op die punt

om by SANIFAA en SABA in te skakel.

Die ander klub, Apollo Archery, is reeds by SANIFAA geaffilieer

en is meer op veldskiet en binnenshuise skiet ingestel.

Potchefstroom is ook besig om aan die gang te kom terwyl

Ventersdorp en Lichtenburg reeds aan die gang is. Wolmaransstad

beskik oor een van die groter bane en einde verlede jaar is die

nasionale skietkampioenskappe daar gehou.

Die omgewing bied ook talle jaggeleenthede. Die meeste

jagplase om Klerkdorp begin omskakel na boogjag.

Vir algemene inligting oor jaggeleenthede en die aanskaf

van ’n groot verskeidenheid boogtoerusting kan die Archery Pro

Shop op Klerksdorp gekontak word by 082 773 7514. Die adres

is John’s Walk 2, Wilkoppies.

k

Pine Voges, wenner in die mans-afdeling. Linda Visagie, wenner in die vroue-afdeling.

PYL EN BOOG FEBRUARIE 2006

Bosvarkjag te

Rankinspas

Deur Johan Hoffmann

Die bosvark (Potamochoerus Larvatus) het nog altyd ’n

besondere bekoring vir my gehad. Ek het omtrent 15

jaar met geweer gejag voordat ek my eerste bosvark

geskiet het – dit was in 1991 in die Nylstroom-distrik.

Sedert ek my eerste bosvark geskiet het, het ek die bosvark

op elke denkbare manier gejag – met geweer, haelgeweer,

rewolwer en met honde en assegaai – alles behalwe met pyl en

boog. Gedurende 1993 het ek begin boogjag, maar nooit regtig

probeer om die bosvark met die boog te jag nie.

In 2004 het ek ’n krieweling in my lyf gekry om die bosvark

met die boog te jag. Ek het begin navraag doen oor hoe dit

gedoen moet word en só baie inligting by kennisse en vriende

gekry onder andere by Henk Bosvark (du Plessis) van tradisionele

boogfaam.

Ek het by ’n vriend, Pietie le Roux van die plaas Kliprivier,

in die Rankinspas-distrik naby Alma, toestemming gekry om

bosvark op sy plaas te jag.

Dit was nou Julie-maand 2004, ek het ’n geskikte plek

gesoek om ’n voerplek te maak. Dit was by ’n groot kareeboom

waar ek gemaklik vir ’n lang tydperk kon sit. Met behulp van

Pietie se plaasvoorman, Josias, het ek ’n voerplek gemaak met

mielies wat in sorghumbier geweek was. Die mielies is elke aand

omtrent 18:00 op die voerplek uitgegooi. Na omtrent ’n week het

verskeie bosvarke die voerplek elke nag besoek.

In Augustus 2004 het ek my finale voorbereidings vir die jag

gedoen deur ’n plank in die boom vas te kap waarin ek gemaklik

kon sit. Ek het ’n rooi vragmotor-agterlig opgestel reg bokant die

voerplek en met ’n reostaat gekoppel wat ek vanuit die boom kon

beheer. Die afstand was 15 tree.

FEBRUARIE 2006 PYL EN BOOG

Johannes, my hond Monti en ek by die vark.

In hierdie stadium het ek gereeld met my boog in die nag na

teikens geskiet om alles perfek te kry vir die jag.

’n Week voor volmaan het ek om 18:00 my sitplek in die

boom beset en my reggemaak vir ’n lang nag. Om 19:45 het ek

twee bosvarke opgemerk toe hulle al amper op die voerplek was.

Hulle het geluidloos beweeg. Die groter vark van die twee het

telkemaal die ander een van die voer af weggejaag wanneer dié

probeer eet het. My hart het in my keel geklop toe ek die lig

stadig begin aansit en na volsterkte gedraai. Ek het my Cobravisier

se liggie aangeskakel en kon die bosvark nou mooi sien

in die rooi lig. Dit was ’n groot sog en sy het rustig aan die voer

gevreet.

Ek het met ’n bewerige hand my pyl genok, my boog gespan

en die groen liggie van die visier op die vark se blad gesit. Die

pyl het mooi getrek. Die vark het soos weerlig weggevlieg terwyl

ek doodstil bly sit het. Vir ’n oomblik was ek onseker van

my skoot totdat ek die vark hoor val en lê en skop het.

Ek het na 15 minute uit die boom geklim en my hond, Monti,

en my twee helpers by die plaaswoning gaan haal. Die bloedspoor

was maklik om te gevolg.

Ek het die vark omtrent 50 meter van die plek waar ek haar

geskiet het gekry. Later tydens die slagtery het ek gesien dat my

pyl deur die hart is.

My boog wat ek gebruik het is ’n Martin Phantom Magnum

met ’n Goldtip Big Game Hunter-pyl en ’n 100 grein Spitfirejagpunt.

Die jag was voorwaar ’n belewenis en ek kan bosvarkjag

met ’n boog aanbeveel vir enige jagter.

Ek en twee van my vriende het intussen elk nog ’n bosvark

op dieselfde plek geskiet waarvan twee uitstaande bere was,

maar dit is ’n ander dag se storie.

k

v

vi

Registreer vir

skoolliga

Deur Ria Kaal

Dagsê alle lesers. Welkom in 2006 en mag dit ’n voorspoedige

en suksesvolle jaar vir julle almal wees.

Diegene wat nog nie geregistreer het nie, moenie wag nie,

doen dit asseblief dadelik. Soos verwag is, het die registrasie

van die wat belang stel om deel te word van ons eerste nasionale

boogskiet-skoolliga, oor die tweede helfte van November

(eksamentyd) en Desember (vakansie en Kerstyd) gedaal. Ek het

intussen ’n hele paar telefoniese navrae en lekkergesels-oproepe

gehad wat baie interessant was. Dankie dat julle laat weet het

hoe julle oor die onderwerp voel – dit is lekker om te gesels en

idees te ruil. Julle is welkom om my te kontak in verband met

enige vrae, nuwe idees of bloot net om kennis te maak.

Registrasie kan nog gedoen word en kan deurlopend gedoen

word; jy sal nooit té laat wees nie, so laat die registrasies

instroom.

Is daar ’n ander rede vir die skielike traagheid in registrasie?

Dit is moontlik dat die mense wie my bydrae sedert die begin

gelees het, glo dat die liga net vir diegene is wat jag en met

katrolboë skiet. Nee, gewis nie!

Die “Archery Schools League SA” (ASLSA) is vir alle

jongmense, seuns en dogters onder 18 jaar, wat of katrol-, lang-

, tradisionele-, standaard-, olimpiese styl boë in die teiken- of

jagafdelings skiet. Bykans 99 persent van ons jong lede van sewe

jaar en ouer begin met standaard- of langboë. Afstande wat deur

die boogskietverenigings bepaal is geld en almal skiet in verskillende

klasse met verskillende boë.

Hardus Lottering, wat op 19 November 2005 aan ABO se

kompetisie vir “cubs” deelgeneem het, het hom baie goed

van sy taak gekwyt. Dit was die heel eerste kompetisie waaraan

hy deelgeneem het sedert hy sy boog op 20 Oktober 2005 gekry

het. Hy het tydens hierdie kompetisie die eerste plek behaal met

’n telling van 176 uit 220.

Hardus is 10 jaar oud en toon reeds ’n natuurlike aanleg en

talent vir die sport. Hy het ’n week later aan ’n kompetisie by

Archery Afrika deelgeneem waar hy ’n tweede plek behaal het

met ’n puntetelling van 426 uit 560.

Sy pa, Johan Lottering, help met sy afrigting en hulle het

reeds hard begin oefen vir deelname vir 2006.

k

’n Tienjarige gaan ook nie met ’n 15-jarige meeding nie

en seuns en dogters ook nie met mekaar nie. Almal kan egter

deel van hul skoolspan wees. Let wel dat alle juniors wat vir die

eerste keer boogskiet eers vanaf vyf en tien meter sal begin skiet.

Dit sal hulle help om goed te leer mik en ook hul spiere te laat

ontspan terwyl hulle skiet.

Altesaam 72 pyle sal geskiet word en hulle sal minstens 500

of meer punte uit 720 moet behaal voordat hulle na die volgende

lang afstand kan aanskuif – totdat hulle al die aangeskrewe

afstande in hulle klas behartig het. Daar sal ’n afdeling vir beginners

in die liga wees; dus sal hulle ook kan meeding.

Gesels met jou vriende op skool en laat hulle ook met hulle

familielede op skool gesels oor ons boogskietliga. Vind uit wie

belangstel in ons sport. Dit is die oudste sport ter wêreld, baie

uitdagend en vir die wat nie in kontak-tipe sport mag deelneem

nie, is dit ideaal.

Indien jy reeds jou besonderhede aan my gestuur het en teen

die einde van die maand nog nie van my gehoor het nie, sal ek

dit waardeer indien jy die inligting so spoedig moontlik weer sal

stuur. Jou inligting kon verlore geraak het in Desember toe my

rekenaar deur ’n virus aangeval is.

Waar is die boogskutters wat op skool, soos staat-, internasionale-,

privaat-, tuis-, seuns- en meisiesskole, studeer? En wat

van die persone wat bereid sal wees om by die verskillende skole

hul dienste aan te bied aan die boogskutters wat deelneem aan

die ASLSA.

Dit is nou dringend, registreer en stuur jou besonderhede na

e-pos: schoolleague@archeryadvancer.co.za of faks: 012 803

3414.

k

’n Jongeling om mee

rekening te hou

PYL EN BOOG FEBRUARIE 2006

SABA NUUS Boogjag

Deur Garth Ramsey

SABA se tweede jagpunt-kompetisie word op 18 Maart by

Ibhala bhala-wildplaas gehou. Dit is die tweede keer dat een

van SABA se jagpunt-kompetisies by dié wildplaas gehou word

en gemeet aan verlede jaar se goeie bywoning, behoort daar vanjaar

baie deelnemers op te daag.

Maart kompetisie

Die inligting vir die byeenkoms is soos volg:

Plek: Ibhala bhala-wildplaas, Beestekraal.

Datum: Saterdag, 18 Maart 2006.

Registrasie: 08:00

Begintyd: 09:30

Inskrywingsgeld: R60 vir SABA-lede en R80 vir nie-lede.

Aanwysings: Ry na Brits vanaf Pretoria op die Brits/

Thabazimbi-pad.

Draai ongeveer 37km ná Brits links in die

Beestekraal pad in.

Ibhala bhala-wildplaas is ongeveer 1.5km na

die afdraai op linkerkant.

Bel Garth by 083 460 2629 of Kim by 072 737 1031 vir meer

inligting oor aanwysings en akkommodasie.

Kom neem deel aan die byeenkoms om sodoende jou vaardighede

met die boog te toets op ‘n baan wat nie alleen ‘n goeie

uitdaging bied nie, maar ook baie geniet gaan word. Daar is iets

vir almal by die kompetisie – vanaf die junior boogjagter tot die

tradisionele boogskutter.Soos gewoonlik die geval is by SABAkompetisies,

is daar groot pryse wat gewen kan word. Daar sal

ook warmbrakke, boere-rolle en ‘n kontantkroeg beskikbaar

wees.

Ons moedig die familie en vriende van deelnemers aan om

ook die byeenkoms by te woon. Daar is ‘n swembad en heelwat

skaduryke bome waaronder almal koelte heeldagdeur kan vind.

Daar is net genoeg verblyf vir 20 mense by Ibhala bhala-wildplaas

en dus is dit wys om so gou moontlik plek te bespreek.

SABA-lede sal tydens die byeenkoms hul lidmaatskap kan

FEBRUARIE 2006 PYL EN BOOG

navrae: André Theron 082 909 8765

Lidmaatskap navrae: Karen of Surina (012) 335 1998

hernu en boogjagters wat nog nie lid van SABA is nie sal die

kans kry om aan te sluit.

Ons sien daarna uit om u almal daar te sien!

Byeenkomsplekke

Het u ‘n groot hoeveelheid boogskutters in u omgewing en stel u

belang om ‘n SABA-byeenkoms aan te bied? SABA is tans nog op

soek na geskikte plekke om 2006 se byeenkomste by aan te bied.

Indien u ‘n voorstel het, laat ons asseblief weet hoeveel boogskutters

daar in u omgewing is en stuur vir ons ‘n kort beskrywing

van die plek wat u voorstel, asook die fasilitieite wat beskikbaar

is. U kan die inligting e-pos na editor@africasbowhunter.co.za

of faks na 012 335 5066. Bel André Theron so gou as moontlik

by 082 909 8765 en gesels met hom daaroor.

Hernuwing van lidmaatskap

U SABA-lidmaatskap is geldig vanaf Januarie tot Desember

2006. Die hernuwings word deur Karen en Surina gekoördineer.

Die aansoekvorm kan aan die onderkant van dié bladsy gevind

word. Ons nuwe 2006-lidmaatskapkaartjies is gelamineer en

vertoon u naam, lidnommer, asook die nuwe SABA-logo.

Voordele vir SABA-lidmaatskap

SABA is die enigste geregistreerde boogjag-organisasie in

Suid-Afrika en werk nou saam met ander geaffilieerde organisasies

om die standaard van boogjag voortdurend te verbeter

en om die regte van boogjagters te beskerm.

SABA organiseer boog skietkompetisies en sal besonderhede

na lede SMS. Groot pryse,wat jagte insluit, kan gewen

word.

Ons verskaf ’n algemene adviesdiens en ons komiteelede

spog met meer as 50 jaar se ervaring tussen hulle.

SABA is ’n nie-winsgewende organisasie wat deur vrywilligers

bestuur word, met die oog om boogjag te bevorder.

Alle fondse word teruggeploeg in die organisasie om die

doelwitte te bereik.

k

vii

viii

PYL EN BOOG FEBRUARIE 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!