24.12.2012 Views

Stel jagpunte in - maklik! - Bowhunter

Stel jagpunte in - maklik! - Bowhunter

Stel jagpunte in - maklik! - Bowhunter

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die bylae vir die boogskutters van Suid-Afrika

Volume 3 Nr 11 / NOVEMBER 2007 / RSA

Feite en opinies

Deur Herman Brand

Kyk, daar is nou een ding wat soos

’n paal bo water staan en dit is dat

ons die lekkerste sport beoefen wat

daar is. Niks kan kom daarby nie. Dit

is kompleet ’n siekte waarvoor geen

medisyne help nie. Kyk maar hoe die

sport in ons land groei. Ook in die res

van die wêreld is die getalle besig

om toe te neem. In Amerika word

daar geskat dat meer as 26 miljoen

mense boë besit. Met al die boogskutters

is daar ’n ongelooflike klomp

tipes toerusting. Boogvervaardigers

het talle modelle, en dan praat ’n

mens nie eers van die bybehore,

pyle en dergelike nie.

Nou het elke persoon sy eie toerusting

wat syns insiens die beste is. Dit

werk vir hom. Maar die feit dat dit vir hom

werk, beteken nie noodwendig dat dit vir

sy vriend sal werk nie. Mense verskil fisiologies

en jou tipe persoonlikheid speel

ook ’n rol in jou vermoë en die toerusting

wat vir jou sal werk. So word jou verwysingsraamwerk

opgebou deur wat jy

self ervaar, wat jy lees en sien en hoor.

As ons kyk na wat ons ervaar, is ons

baie subjektief. Alhoewel jy dinge kan

staaf met resultate oor wat vir jou werk

en wat nie, bly dit subjektief. Dit werk

vir jou maar sal dalk nie vir my werk nie.

Dus is dit jou opinie en nie noodwendig

’n feit nie. Wat jy by ander mense hoor, is

ook hulle opinies, tensy hulle wetenskaplike

bewyse het wat dit kan oorplaas na ’n

feit. Ongelukkig aanvaar baie boogskutters

dinge wat hulle by iemand anders hoor en

wat daardie persoon se opinie is, as ’n feit.

Die persone met die grootste verantwoordelikheid

is ons as boogwinkeleienaars

en ook die persone wat vir ons werk.

’n Mens moet baie versigtig wees met die

inligting wat jy aan klante meedeel. Ek het

self vir agt jaar van my boogskietlewe aan

die ander kant van die toonbank gestaan

en na die eienaars en personeel van die

winkels geluister. Ek as die klant het altyd

opgekyk na die “spesialis” aan die ander

kant van die toonbank om feite vir my te

gee en as hy ’n opinie uitspreek, moet hy

sê dat dit sy opinie is en nie ’n feit nie. Ek

probeer nou om dieselfde beginsel toe te

pas. Daar is baie nuwelinge in die sport en

as ’n mens gaan kyk na die groot getalle

boogwinkels, kan hulle binne ’n dag sommer

baie inligting bekom. Dan is daar ook

die inligting wat ’n voornemende boogskutter

by sy vriende en kennisse kry. Of

dit ’n feit of iemand se opinie is, weet hy

nie. Hy aanvaar al die inligting wat hy kry,

as feite en moet besluite neem gebaseer op

hierdie inligting. Opinies is meestal subjektief

en dan is dit vir die beginner moeilik

om die regte besluite op grond daarvan

te neem.

Kom ons kyk na ’n paar voorbeelde.

Die vraag wat seker die meeste gevra

word, is watter boog is die beste. Nouja,

In hierdie uitgawe

52 Feite en opinies

54 Limpopo Bosveldliganuus

55 Stel jagpunte in – maklik

Pyl & Boog is ’n amptelike bylae tot

Africa’s Bowhunter and Archer

Redakteur

Tom Cairncross

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066 / 086 6593048

E-pos: tom@africasbowhunter.co.za

Taalversorging:

Emmerentia Steyn

Ontwerp en uitleg

Andre van Schaik

E-pos: repro@africasbowhunter.co.za

Advertensies

Tom Cairncross / Yolande Steenkamp

Tel: (012) 335 1998

Faks: (012) 335 5066 / +27 866593048

E-pos: editor@africasbowhunter.co.za

Posadres

Posbus 30724

Wonderboompoort 0033

Webwerf

www.africasbowhunter.co.za

my antwoord is elke keer dieselfde. Ek is

in die gelukkige posisie dat ek al met die

meeste boë in Suid-Afrika geskiet het.

Daar is egter net twee boë wat vir my

werk. Luister mooi: “wat vir my werk”. Ek

deel dus my opinie met die klant oor watter

boog vir my werk en lekker skiet. Die

feit is daar is nie so ’n ding soos ’n slegte

boog nie. Dit gaan oor twee dinge, naamlik

wat vir jou werk en wat kan jy bekostig.

Dit is feite.

52 PYL EN BOOG NOVEMBER 2007

Ons is nou net deur die middel van die jagseisoen. Ek wil

nie sê dat die seisoen verby is nie, want ons kan mos reg deur

die jaar gaan pyle gooi as ons wil en die boere ons toelaat. Die

ander vraag wat gevra word, is: “Watter jagpunt werk die beste?”

Die feit van die saak is al die punte werk dieselfde. Solank jy die

bok met genoeg momentum op die regte plek skiet, sal hy doodgaan.

Akkuraatheid en penetrasie is die geheim. Ek het ’n punt

of twee wat ek verkies bo die ander, maar weereens is dit op my

verwysingsraamwerk en opinie gebaseer. Met die boog, pyle en

toerusting wat ek gebruik, werk hulle net vir my. Baie jagters vra

ook vir my wat ek van meganiese jagpunte dink. Myns insiens

werk hulle baie goed, solank jy ’n pyl skiet wat swaar genoeg

is om die momentum te behou om penetrasie te gee. Maar die

feit wat almal miskyk, is dat volgens huidige wetgewing dit nog

onwettig is om met meganiese jagpunte te jag. Hierdie wetgewing

is slegs riglyne en standaarde waarvolgens die provinsiale

regerings hulle wetgewing moet opstel. Tot tyd en wyl hulle

eendag daarby uitkom, geld die ou wet nog. As my geheue my

nie in die steek laat nie, is dit wetgewing van 1984. Die professionele

jagters sal beter weet. Moet my asseblief nie stenig nie,

maar volgens die ou wetgewing is dit onwettig om te jag met ’n

punt wat bewegende dele het. Dit is die feit. Ek sê nie of dit reg

of verkeerd is nie, maar dit is die feit.

Spoed en klank is nog ’n kwessie wat dikwels hier in my

winkel ter sprake kom. Baie jagters wil óf vinniger skiet óf hulle

boë so stil moontlik maak. Die rede is dat hulle ’n ondervinding

gehad het waar die bok beweeg het voordat die pyl by die bok

kon kom. Of dalk het iemand ’n opinie oor hulle toerusting uitgespreek.

Ek is besig om navorsing te doen oor al dié dinge om met

feite vorendag te kom, maar ek kan intussen my opinie hieroor

uitspreek. Asseblief, onthou dat dit my opinie is en dat elkeen op

sy eie opinie geregtig is. As jy met die manne praat wat langer as

agt jaar met ’n boog jag, sal hulle jou vertel dat hulle boë daardie

dae nie so vinnig was nie en hulle het geklink soos ’n fiets wat jy

van die huis se dak af gooi. En ek kan uit ondervinding praat. My

ou Jennings Buckmaster PWC was stadig. As ek by 240 fps uitgekom

het, sou dit baie vinnig gewees het. En dit was ook rêrig

nie baie stil nie. Maar deur die bokke te ken en mooi op te let het

ek talle spesies met die “stadige rammelkas” platgetrek, van die

vinnige vlakvark en rooibok tot die harde blouwildebees. Nou is

dit my opinie dat ons oorsensitief geword het oor spoed en klank,

en vergeet het van die kuns en vernuf van die jagter. As jy na

oorsese boogtydskrifte kyk, sal jy baie advertensies sien waar ’n

boogmaatskappy spog dat ’n rekordbok met ’n spesifieke boog

of toerusting geskiet is. Weereens, my opinie is dat jy daardie

persoon op daardie dag agter amper enige boog kon sit en hy sou

nog steeds presteer het. Toets jouself maar hieraan. Waarna kyk

jy as jy na die trofeebladsy in hierdie tydskrif kyk? Ek kan jou

amper waarborg jy kyk na die toerusting om te sien of hulle nie

dalk dieselfde as jy gebruik nie. Party van julle gebruik dit dalk

ook om julle volgende toerusting te kies.

Asseblief, wees versigtig om nie jou opinie as feite aan ander

uit te deel nie. Ons almal het ’n verantwoordelikheid teenoor

ons gunstelingsport, ander boogskutters, nuwelinge en die ander

oningeligtes.

Die belangrikste van alles is dat dit moet gaan oor die persoon

agter die boog en nie die toerusting nie. k

NOVEMBER 2007 PYL EN BOOG

53

Limpopo Bosveldliganuus

Deur Susan Botha

Ten einde aan internasionale

standaarde te voldoen, beplan

SANIFAA om in die nabye toekoms

na die kleiner kolle oor te skakel

soos dit tans op die MacKenzie

3D-teikens voorkom. Dit het tot

gevolg dat daar ’n kleiner kill

zone-area binne-in die groter

longskoot-area van ’n 3D-teiken aangebring sal word.

Die boogklubs van die Limpopo Bosveldligastelsel skiet

reeds die afgelope drie maande tydens ligakompetisies volgens

hierdie stelsel, aangesien dit standaardpraktyk in Europa

is. Dit beteken dat die tellings nou 10 punte vir die kleiner kol

(die kill zone-area) op die 3D-teiken is; 8 punte soos daar huidig

geskiet word na die aanvanklike 10 punt-kol (die longskootarea),

en 5 punte op enige ander plek van ’n 3D-teiken. Vir die

2D-teikens geld dieselfde reëls as wat tans die geval is. Die

kwalifiserende punte van die Limpopo Bosveldliga se klassestelsel

sal derhalwe ook verander word om hierdie nuwe kollestelsel

te akkommodeer.

Vanweë die Limpopo Bosveldligastelsel se groot sukses

gaan dit in die komende jaar na skole in die Limpopo Provinsie

uitgebrei word. Daar sal daar drie ouderdomsgroepe by die skole

wees, naamlik penkoppe onder 13 jaar; juniors onder 17 jaar,

asook ’n onder 19-klas. Hierdie skoleligakompetisies sal parallel

met die huidige boogklubligastelsel in die Limpopo Provinsie

gedoen word. Indien skole hulle eie boogskietdae wil aanbied,

sal hulle met hulle naaste boogklub in verbinding moet tree.

Wat die ligastelsel so suksesvol maak, is dat enige lid van ’n

deelnemende boogklub die geleentheid gebied word om tot sy

boogklub se ligapuntetelling by te dra. Dit gaan dus nie net oor

’n boogklub se topboogskutters nie, maar wel oor die betrokke

klub se bywoning tydens so ’n ligakompetisie.

Teiken: Voorbeeld van nuwe kollestelsel.

Die tellings tot aan die einde van September van die onderskeie

boogklubs in die Limpopo ligastelsel is soos volg:

POSISIE BOOGKLUB PLEK PUNTETELLING

1ste Tzaneen Boogklub Tzaneen 46

2de Elands Boogklub Marble Hall 45

3de Bushveld Extreme Polokwane 42

3de Nyala Boogklub Ellisras 42

4de Mopani Boogklub Phalaborwa 26

5de Savannah Boogklub Vaalwater 14

6de Ysterberg Boogklub Mokopane 8

7de Serolo Archers Naboomspruit 2

Die uiteindelike wenner sal aan die einde van November aangekondig

word en sal met die Limpopo Bosveldliga prestigetrofee

beloon word. Hierdie ligastelsel het nie net daarin geslaag om

die standaard van die boogklubs in die Limpopo Provinsie te

verhoog nie, maar het ook ’n wonderlike kameraderie en sportmangees

onder die klubs bewerkstellig.

k

Ligakompetisie by Phalaborwa.

’n Deelnemer in aksie in die verre noorde.

Pretdag

A rchery Xcellence nooi alle boogskuts na ’n pretdag by ons

wêreldklas- binnenshuise fasiliteit te Carletonville op Saterdag,

17 November 2007. Ons beoog om ’n SANIFA 5 spot-kompetisie

aan te bied, waar daar pryse vir die hoogste telling sal wees,

asook ’n een-pyl Robin Spot, wat jou R500-00 in die sak kan

bring. Verversings sal heeldag beskikbaar wees. Mans en vroue

in alle ouderdomsgroepe en alle boogstyle is welkom. Fooi R100;

aanvangstyd: 09:00. Vir meer inligting en besprekings kontak Dee

by Archery Xcellence: 018 784 4970.

54 PYL EN BOOG NOVEMBER 2007

Stel jagpunte in - maklik!

NOVEMBER 2007 PYL EN BOOG

Deur Seppie Cilliers

Die jagseisoen is

verby. Baie jagters

het die probleem

ondervind dat hulle

oefenpunte en jagpunte

nie op dieselfde

plek skiet nie.

Wat nou gemaak? Dis die vraag wat ek amper elke dag

dié jagseisoen gekry het. Nouja, hier is die antwoord en

‘n baie eenvoudige oplossing.

Voor ons egter na die oplossings kyk, is dit belangrik om

seker te maak dat jou pyl reg is vir jou boog. Jy kan nie net

‘n pyl met ‘n “spine” van 500 uit ‘n 70+ pond boog skiet nie.

Die boog sal nie akkuraat wees nie en die pyl is ‘n gevaar vir

jou en die mense om jou. As die pyl nie reg is vir die boog nie,

bestaan die moontlikheid dat die pyl in jou boog kan breek of

terwyl dit nog op pad is na die teiken toe. As jy nie seker is nie,

gaan besoek jou naaste winkel, bel hulle of gaan kyk by www.

eastonarchery.com. Gaan na die “spine charts” toe en kies jou

pyle volgens jou ponde en pyllengte.

Goed, laat ons begin. Jou boog is opgestel en jy is reg om te

gaan jag.

Heel eerste gaan jy jou boog inskiet met jou veldpunte.

Begin op ‘n afstand van ongeveer 20 treë. Maak seker jou pyle

vlieg mooi en dat die pyle reguit in die teiken ingaan. Met ander

woorde, jou boog moet reg opgestel en ge-tune wees. As die pyl

nie mooi vlieg nie, en nie mooi reguit in die teiken ingaan nie,

sal jy baie penetrasie verloor op die dier wat jy wil skiet.

Sodra al jou afstande ingestel is, skiet jy met jou jagpunte.

Dis altyd goed om te merk waar jou pyle met jou oefenpunte was

en dan ook met jou jagpunte. Dit word gedoen sodat jy die verskil

in groeperings kan sien. Sodra jy die verskil kan sien, word

die verstellings gemaak om die fout reg te stel.

BELANGRIK: Moet nooit jou jagpyl sonder vere met jou

jagpunt skiet nie! Dis baie gevaarlik, want die vlug van jou pyl

sal baie sleg wees en kan skade aan jou boog veroorsaak of aan

jou. Dit staan ook bekend as “bare shaft testing”. Moet dit nié

met jagpunte doen nie!

Dis belangrik dat jou pyle baie naby aan dieselfde moet

weeg. Dis natuurlik ook belangrik dat jou oefenpunte en jou jagpunte

dieselfde moet weeg. As die oefenpunt ligter is as die jagpunt,

sal jy nie op dieselfde plek skiet nie. Dit verander nie net

die gewig van die pyl nie, maar ook die styfheid van die pyl. As

jy die punt op die pyl swaarder maak, maak jy die pyl “slapper”.

As jy die puntgewig ligter maak, maak jy die pyl stywer.

As jy jou groepering gekry het, en jy sit met een van die

probleme hieronder, is jou oplossing eenvoudig. Maak klein verstellings,

en net een op ‘n slag. Moenie jou pylrus na regs of

links beweeg, en dan ook die pylrus op beweeg nie. Wanneer die

pylrus meer in lyn beweeg word, dra dit meer energie aan die pyl

oor en kan die reaksie van die pyl dus verander.

k

55

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!