24.12.2012 Views

Desember 2006 - Bowhunter

Desember 2006 - Bowhunter

Desember 2006 - Bowhunter

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die bylae vir die boogskutters van Suid-Afrika

Volume 2 Nr 2 / DESEMBER 2006 / RSA

Hoe kan ek beter skiet?

Deel 3 – boogskiet sielkunde

Deur Seppie en Cobus Cilliers

Seppie skiet al 16 jaar lank boog. Hy

hou agt nasionale rekords en is die

2005 Nasionale kampioen. Cobus,

sy broer, skiet ook al 16 jaar lank

boog. Hy hou ook menigte nasionale

rekords en is die enigste skut

van Suid-Afrika wat al ’n wêreld rekord

in FITA gehou het. Hulle deel hulle

geheime met ABH&A se lesers in ’n

reeks artikels wat oor die volgende

paar uitgawes geplaas word.

Die verskil tussen ’n goeie skut en

die beste skuts is hulle geestelike

ingesteldheid. In dié uitgawe gaan ons

bietjie meer op die sielkundige kant van

boogskiet fokus. Ons gaan onder andere

vinnig na die belangrikheid van die

onderbewussyn kyk, hoe om jou aktiveringsvlakke

optimaal te kry en hoe om jou

kop reg te kry vir kompetisie deur verskillende

tegnieke te gebruik.

Onderbewussyn

Die geheim van ’n suksesvolle skoot is

om alles elke keer dieselfde te doen. Dit

klink baie eenvoudig, maar daar is soveel

veranderlikes en aspekte om te bemeester,

dat dit onmoontlik is om aktief bewus te

wees van alles. Dus moet jou tegniek in

jou onderbewussyn ingeskerp wees.

Die manier om iets in jou onderbewussyn

te stoor is deur aktief op net een

aspek van jou skietstyl te konsentreer. Na

baie pyle wat geskiet is (of kom ons neem

aan na so ’n week se oefen), behoort dit

in jou onderbewusyn vasgelê te wees en

sal alles vanself kom. Dan kan jy voortgaan

na die volgende aspek. Dus, deur

dit oor en oor en oor te doen, word dit ’n

gewoonte.

DESEMBER 2006 PYL EN BOOG

Aktiveringsvlakke

Deur bietjie aandag te gee aan sportsielkunde,

word dit meer duidelik hoekom

dit so belangrik is om meeste aspekte van

jou skietstyl in jou onderbewusyn te hê.

Daar is ’n baie sterk verwantskap tussen

jou aktiveringsvlak tydens ’n kompetisie

en jou resultate

Aktiveringsvlakke is hoe angstig,

opgewek of gestres jy is. Die vlak van

aktivering kan varieer op ’n kontinuum

vanaf uiterse vlakke van opgewondenheid

tot diepe slaap. Hoe hoër jou aktiveringsvlakke,

hoe vinniger sal jou hartklop

wees, hoe meer gespanne sal jou spiere

wees, hoe hoër sal jou bloeddruk styg,

hoe meer sal jou asemhaling versnel en

vlakker word en hoe meer sal jou handpalms

begin sweet.

As jy baie angstig (oorgeaktiveer) is

by ’n kompetisie, dan “choke” jy. Wat is

die “choke” waarvan ek praat? Jou aktiveringsvlakke

is te hoog en jou aandag word

deur té veel dinge afgetrek. Voorbeelde

hiervan is waar jy jou eerste pyl by ’n

binnnehuise kompetisie skiet. Jou hartklop

gaan sommer 20 slae per minuut op,

jy dink aan jou handgreep, jou sneller, jou

boogarm wat moet opgehou word, jy moet

reg mik, is daar genoeg spanning in jou

rug? Daar is net te veel dinge waarvan jy

bewus is. Dus skiet jy nie op jou beste nie.

Nie omdat jy nie geoefen het nie, maar

omdat jou aktiveringsvlakke te hoog is.

In hierdie uitgawe

49 Hoe kan ek beter skiet?

50 Voorreg om vis te skiet

52 Traditionele boogskiet, ’n uitdag-

ing vol genot.

53 Skoleliga-rebriek

53 Klubnuus

Pyl & Boog is ’n amptelike bylae tot Africa’s

Bowhunter and Archer

Uitgewer

Rean Steenkamp

Tel: (0 2)

Faks: (0 2) 066

E-pos: editor@africanarcher.com

Redakteur

Tom Cairncross

Tel: (0 2)

Faks: (0 2) 066 / 0 6 6 0

E-pos: tom@africasbowhunter.co.za

Ontwerp en uitleg

Andre van Schaik

E-pos: repro@africasbowhunter.co.za

Repoduksie en druk

KagisoBM

Advertensies

Tom Cairncross / Yolande Steenkamp

Tel: (0 2)

Faks: (0 2) 066

E-pos: editor@africasbowhunter.co.za

Posadres

Sewende laan ,

Wonderboom-Suid. 00

Webwerf

www.africasbowhunter.co.za

Die teenoorgestelde is ook waar. As

jy te rustig (ondergeaktiveer) is, dan is jy

net nie bekommerd oor of jy goed of sleg

skiet nie. Jy stel nie eintlik belang in hoe

jy skiet nie. Dus is jou aktiveringsvlakke

te laag – wat ook tot ’n slegte telling lei.

Dit is baie belangrik om die regte

vlak van aktivering te bereik. Elke persoon

moet die optimale vlak vir homself

vind. As jou aktiveringsvlak reg is, dan is

jy “in the zone”. Jy skiet goed en jy voel

goed. Dis ongelooflik wanneer jy daardie

Z bladsy 50

0

H bladsy 49 – Hoe kan ek beter skiet

gevoel het. Alles gaan net reg, maar dit is belangrik om daar te

kan bly.

Gewoonlik is die probleem nie dat ’n skut se aktiveringsvlakke

te laag is nie, maar dat dit te hoog is. Gelukkig is daar

goeie nuus. Dit kan onder beheer gebring word deur die volgende

dinge te doen: (Dit kan ook toegepas word om jou geestelike

ingesteldheid reg te kry vir ’n kompetisie.)

Kry ’n roetine

Oefen voor die tyd om jou skietstyl in jou onderbewussyn te

kry

• Visualisering

• Simulasie-oefening

• Asemhaling (onversoenbaar met ooraktivering)

• Positiewe interpretasie van aktivering

• Selfhipnose (Positiewe stellings)

Die eerste punt, “roetine”, word nou verduidelik. Hoe kan ’n

roetine jou aktiveringvlakke verlaag? Sodra iets bekend is, dan

voel jy meer gemaklik en minder angstig. Die volgende is ’n

voorbeeld van ’n roetine:

• Staan reg vir die skoot (oop, loodreg of toe)

• Haal jou pyl uit jou koker uit op dieselfde manier en haak dit

aan die snaar op dieselfde manier

• Sit jou sneller op dieselfde manier op

• Haal twee keer diep asem

• Kry jou handgreep

• Trek die boog

• Kry jou ankerpunt

• Haal drie keer asem terwyl jy jou visier op die teiken kry

Deur Herman Brand

Dit het alles begin met ’n oproep

van mu vriend af. Ek moet dadelik

na ’n webwerf gaan kyk wat daar

aangaan. Die webwerf is geskep

vir allerhande tipe hengelaars. By

een van die geselsforums op die

webwerf het ’n groep hengelaars agtergekom dat daar

’n sport soos visskiet met pyl en boog is. Die reaksies

wat die hengelaars op die geselsforum geplaas het was

baie erger as wat ek enige van ons boogjagters sien

reageer het op Kortbroek se nuwe wetgewing. Hierdie

manne was reg om visjagters te lyf te gaan.

Die rede vir hierdie reaksie was dat hulle drie visjagters

raakgeloop het by ’n dam. Die hengelaars het dadelik die

visjagters gekonfronteer oor wat hulle besig was om te doen.

Die visjagters het net omgedraai weggeloop en die hengelaars

geignoreer. Dadelik het die hengelaars hulle kuite styf

getrek en ons visjagters as vyand nommer een verklaar. Die

• Trek die skoot af terwyl jy jou asem ophou

• Volg deur met jou hand en maak seker jou boogarm en kop

bly so stil as moontlik

Die roetine sit jou in ’n soort gemaksone. Jy is meer gemaklik

en sal meer gerus wees want jy het dit al voorheen gedoen.

Die tweede punt, “onderbewussyn”, is alreeds bietjie

bespreek, maar om dit te voltooi gaan ek dit gou herhaal. As

jy baie aandag aan iets gegee het, dan is dit gewoonlik onder

beheer. Tydens ’n kompetisie is dit nie moontlik om aandag aan

alles te gee nie.

Die derde punt, “visualisering”, is een van die belangrikste

tegnieke wat vandag gebruik word deur top-kompetisieskuts. Dit

is seker die mees algemeenste tegniek wat top-skuts in gemeen

het. Sodra jy met enige top-sportman of vrou praat wat op internasionale

vlak deelneem (gimnastiek, golf of selfs rugby), dan

sal hulle vir jou nege uit die tien kere noem dat dit ’n belangrike

deel van hul oefen program is.

Só, hoe werk visualisering? Dit behels die oefen van werklike

situasies in jou gedagtes. Die maklikste is deur die volgende

te doen:

Gaan lê op jou bed. Maak jou oë toe en word rustig. Begin

deur te sien hoe jy op die veld stap. Jy kan die gras ruik wat

sopas gesny is. Die son skyn helder. Jy gaan staan op die lyn. Jy

kan die mense in die agtergrond hoor praat. Jy begin deur jou

pyl uit te haal. Jy gaan deur jou roetine.

Jy span jou boog. Jy trek die skoot af, en dit is in die middel

van die teiken. Perfekte skoot. So word dit vir ’n paar minute

herhaal.

Hoe meer sintuie jy gebruik, hoe beter en meer realisties sal

dit vir jou wees. Jy is eintlik besig om vir jou onderbewussyn te

sê dat jy kan perfekte skote oor en oor skiet. Dus sal jy net beter

Voorreg om vis te skiet

hengelaars het dadelik werk gemaak van hulle bekommernis

en die naaste Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) en Diere

Beskermingsvereniging (DBV) gekontak.

Die SAPD is genader omdat die visjagters gevaarlike wapens

in die openbaar gebruik en die DBV omdat “diere” onwettig leed

aangedoen is. Die hengelaars het ook regsgeleerdes in hulle

geledere genader om uit te vind hoe wettig visjag is.

Ek het toe maar my trots in my sak gesteek en op die gesels

forum probeer om ons visjagters se kant van die storie te vertel.

Van die eerste reaksies wat ek gekry het, kan ek nie hier publiseer

nie maar dit kom daarop neer dat ek dalk ‘npaar vispyle

in my anatomie sou gehad het wat dit vir my moeilik sou maak

om te kan sit.

Ek het soos ‘ngoeie diplomaat nie terug gereageer nie, maar

net aangehou om hulle met feite en inligting oor visjag te oorlaai.

Ek het ‘npaar private e-posse ook ontvang vanaf lede van

die geselsforum en ek het hulle geantwoord met dieselfde diplomasie

en inlgting meegedeel. Ek het sover gegaan om enige van

die bekommerde lede saam te nooi om te kom kyk as ons vis

skiet. Hulle houding het toe verander, maar hulle is nog effens

‘n mate skepties.

PYL EN BOOG DESEMBER 2006

egin skiet, want jou onderbewussyn is ongelooflik sterk, maar

daar is een ding van jou onderbewussyn wat belangrik is: Dit

kan nie die verskil tussen die waarheid en fiksie onderskei nie.

Dus as jy jou onderbewussyn kan laat glo dat jy elke keer die

teiken in die middel kan tref, dan sal dit later begin waar word.

Hoe meer tyd jy aan visualisering spandeer, hoe beter sal jy

begin skiet. Dit is wat die goeie skuts van die beste skuts skei.

Visualisering sal jou meer ontspanne maak as jy dit tydens

’n kompetisie begin angstig raak. Maak net jou oë toe en sien

jouself ’n perfekte skoot skiet. Onthou, jy moet altyd sien hoe

die pyl die teiken presies in die middel tref. Dit moet altyd positief

wees, want as jy visualiseer, kan jy elke skoot perfek skiet.

Simulasie-oefeninge kan ooraktivering se negatiewe

gevolge beperk. ’n Voorbeeld hiervan is waar jy in ’n eliminasie

ronde teen ’n skut moet skiet. Deur ’n simulasie te skep waar jy

en jou vriend teen mekaar skiet, sal dit jou baie bevoordeel as

dit regtig gebeur in ’n kompetisie, want jy sal meer gewoond

daaraan wees.

’n Ander manier is om die bewegings wat jy tydens ’n kompetisie

gaan doen te simuleer. Die tegniek kan saam met visualisering

gebruik word om beter resultate te kry.

Die vyfde punt, asemhaling, is seker die eenvoudigste

manier om ooraktivering te beperk. Sodra jy baie angstig is, sal

daar verskillende fisieke invloede wees wat op jou inwerk – wat

vroeër genoem is. Ooraktivering en rustige, reëlmatige asemhaling

gaan nie saam nie. Dus sal jou liggaam aanvaar dat jy

kalmer is as jy rustig asemhaal, en so sal jy rustiger word. Jy sal

meer suurstof aan jou spiere voorsien, jy sal kalmer raak en op

die einde nie so angstig wees nie.

Asem in deur jou neus. Hou die lug in jou longe vir ’n paar

sekondes, en dan blaas jy dit by jou mond uit. Deur met jou

Die hele petalje het my net weer laat besef dat visjag met ‘n

pyl en boog ‘nvoorreg is, en nie ‘nreg nie. Ons almal wat die

sport beoefen en ook wil beoefen het die verantwoordelikheid

om te verseker dat dit vir baie jare om te kom nog wettig sal

wees om vis te kan jag met die pyl en boog, daarom moet ons op

die volgende let:

Ons moet alles wat ons doen volgens die wet doen. As die

wette van jou provinsie vereis dat jy ‘npermit moet kry, doen dit.

As jou provinsie jou beperk op die spesies en getalle wat jy mag

skiet, hou daarby. As daar plekke is waar jy nie mag vis skiet nie,

hou daarby. Die eerste plek waar ons ons voorreg om vis te kan

skiet gaan verloor, is by die owerhede. Hulle het die wetgewing

daargestel en ons moet daarby hou. As ons die wette gaan ignoreer

gaan hulle doodeenvoudig die voorreg wegneem.

Verder moet ons die sport so veilig as moontlik hou. Deur

nie soos “cowboys” te kere te gaan nie, kan ons die goeie beeld

van boogskiet, ook as veilige sport, behou. Onthou dat vir die

meeste van die mense wat jou gaan sien visskiet, sal dit die eerste

keer wees dat hulle iemand sien pyl en boog skiet. Wat jy as

veilig mag beskou kan hulle heeltemal anders sien. Dink aan hoe

hulle sien wat jy doen en of hulle dit as veilig sou beskou. Hulle

kan maklik die SAPD inroep en jou aankla dat jy ‘n gevaarlike

wapen in die publiek gebruik of dat jy die publiek se veiligheid

in gedrang bring.

DESEMBER 2006 PYL EN BOOG

diafragma asem te haal sal die beste wees. Maak net seker dat jy

rustig en stadig asemhaal. Dit behoort jou hartkloptempo dadelik

te laat val.

Positiewe interpretasie van aktiveringsvlakke beteken dat jy

nie bekommerd moet raak as jy ewe skielik begin agterkom dat

jou hart vinnig klop, jou handpalms sweet en jou asemhalingspatroon

anders is nie. Jy moet dit eerder as ’n positiewe reaksie

ervaar.

Die fisiologiese veranderinge is die liggaam se gereedmaking

vir ’n veg-of-vlug-situasie. As jy dit as negatief interpreteer,

dan sal dit gewoonlik tot verhoogde aktivering lei. Dus, as jy

dit as ’n normale deel van kompetisie aanvaar en dit as positief

interpreteer, sal dit gewoonlik positiewe gevolge hê. Jy moet

dus nie bekommerd wees oor die skoenlappers in jou maag nie,

maar eerder bly wees daaroor.

Die laaste punt, selfhipnose en positiewe stellings, is iets wat

die 1988 Olimpiese Kampioen, Jay Bars, baie suksesvol gebruik

het. Hoe dit werk is, jy se vir jouself die hele tyd (elke dag ’n

paar keer) positiewe stellings. Dinge soos: “my boogarm is baie

stabiel”, of “ek skiet altyd goeie skote”. Daar moet daarop gelet

word om nie negatiewe stellings te maak soos “ek skiet min

goeie skote”, of “ek skiet slegte skote ” nie. Negatiewe woorde

soos “nie”, “kannie” en “moet nie” moet vermy word. Daar is

baie stellings wat gemaak kan word. Dinge soos “ek kan ’n vol

telling skiet” kan ook gebruik word. Dit sluit aan by stelling wat

vroeër gemaak is dat jou onderbewussyn nie kan onderskei tussen

fiksie of feite nie.

Volgende keer as jy voorberei vir ’n belangrike kompetisie,

maak gebruik van ’n paar van die bogenoemde tegnieke. Jy sal

vebaas wees hoeveel dit jou kan help.

Lekker skiet. 0

Laaste maar nie die minste nie, moet ons deur ons houding

tot die ander mense, wat die water en hulpbronne gebruik, die

sport aanvaarbaar maak. As mense/hengelaars jou nader oor wat

jy besig is om te doen, moet hulle nie afjak of ignoreer nie. Stop,

gesels ‘nbietjie en deel met hulle soveel inligting moontlik oor

visskiet. Glo my, as jy hulle op die regte manier benader en inligting

oordra, sal hulle môre langs jou staan en visskiet.

Respekteer ook hulle sport,

moet nou nie tussen hulle lyn

gaan staan en skiet nie of hulle

versoeke ignoreer nie. Ons moet

saam met die hengelaars staan

om ons reg te beskerm om die

waterbronne te gebruik vir albei

van ons sportsoorte.

Daar is ‘n groter bedreiging

daar buite van besoedeling en

onwettige gebruik van nette.

Kom ons werk saam om alle

watersport te bewaar vir ons

kinders. Soos met die boogjagters

en geweerjagters, moet ons

saam werk om die sport as ‘n

geheel te beskerm. k

2

Tradisionele boogskiet,

’n uitdaging vol genot

Deur Johan Smit

Ek is seker die meeste van ons boogskutters se eerste

ervaring oor boogskiet was dié met boeke oor die

boesmans, rooihuide (televisie reekse hieroor as jy nie

Deur Ria Kaal

Johan Smit is ’n bekende tradi-

sionele boogmaker en hy jag al

suksesvol met langboë en gekurf-

de boë vir meer as ’n dekade. Hy

jag ook met ’n kragboog en ’n

geweer en het al verkeie artikels

vir Africa’s Bowhunter & Archer

geskryf sedert die tydskrif bykans

sewe jaar gelede die eerste keer

verskyn het.

Dagsê aan al ons jong boogskuts. Weens ’n effense

misverstand het my Novemberbydrae nie Pyl en Boog

bereik nie. Jammer daarvoor, maar hier is ’n kort

opsomming van wat ek wou sê.

Hoewel julle reeds klaar het met die eksamens, wou ek tog

voor die tyd ’n wenk gegee het en julle alle voorspoed

toegewens het. Pas dit nou maar in 2007 toe. Niks laat jou so

lekker rus en jou verstand ontspan nie as om na elke twee ure se

harde studie jou boogskiet-oefeninge te doen en daarna sowat 24

pyle te skiet. Die enigste voorwaarde is dat ’n veilge plek gevind

moet word om die teiken te plaas. Ongelukke kan geensins bekostig

word nie.

Met die skoolvakansie en al die gepaardgaande pret, moet

die boogskiet-oefeninge en teikenskiet tussendeur nie agterweë

gelaat word nie. Ons gaan in 2007 in alle erns met die skoleposliga

begin.

Ek het van verskeie skole navrae gekry wat belangstel om die

sport aan te bied en ook van mense wat wil help om boogskiet by

die skole in hul gebied te begin. Van die skole is Kimberley Boys’

High en Oosterland in Mpumalanga, asook persone en boogskietklubs

wat betrokke wil raak met skoleboogskiet op plekke soos

te oud is nie) en dan natuurlik oor die ou legendes soos

Howard Hill, Fred Bear en ander. Dan is daar ook die

van ons wat dit alles wou na-doen en só het ons dan

ook vir ons self-boë gemaak met engiets denkbaar wat

dalk sterk genoeg was om een of meer skote te kon

skiet.

Boogskiet sal altyd die een of ander romanse uistraal; die

boog self in sy volle werking, die vlug van die pyl en die

reaksie as die pyl die teiken tref. Miskien is dit ook omdat alles

rondom boogskiet meer sigbaar is as wat dit is met ’n geweer

is. Wat ookal die redes is, dit hou aan om die meeste van ons te

fasineer – klein of groot.

Nou die dag moes ek my seuntjie, tans in graad 2, help met

boogskkiet wat hy aangebied het by sy skool se intrepeneursdag.

Seuns en dogters, klein en groot, asook die onderwysers, wou

skiet. Daar was ook mense wat nie wou opgee voordat hulle die

kol getref het nie. Hoekom? Want dit bly ’n uidaging en soos met

Skoleliga-rubriek

Bethlehem, Uitenhage, Oos-

Londen ensomeer. Baie dankie

vir die belangstelling.

Almal van julle wat inligting

van my gevra het, behoort dit

nou te hê. Diegene wat wil help

om boogsport, waar ookal in die

land onder die jeug aan die gang

te kry, kan my gerus nader. In

Amerika is die sport reeds die

tweede grootste by baie van die

skole en ander jeuginrigtings.

Ons kan in Suid-Afrika ook ’n verskil probeer maak.

Ek woon in Pretoria en is op die oomblik besig om in die

middag by The Bow Shop jong mense te leer skiet sodat hulle

ook in die nuwe jaar aan die skoleliga kan deelneem. Die volgende

stap is om die skole te nader sodat hulle dit as ’n skoolspan

kan beoefen. Herman Brand van HB Archery help ook skoliere

sekere middae by sy perseel in Wonderboom-Suid. Ek onderrig

ook van die jong mense by Courtney House International School

in Pretoria en gaan moontlik binnekort die sport by een van

die Montessori Colleges aan die gang te kry. Dié van julle wat

tuisskoolonderrig kry, kan my gerus ook skakel.

Ek het by ’n vorige geleentheid melding gemaak van die

PYL EN BOOG DESEMBER 2006

enige sport is die bevrediging net soveel meer as daar sukses is.

Hoekom is daar so baie wat elke naweek agter ’n gholfballetjie

aanlloop? Dit bly ’n uitdaging.

Dieselde geld vir boogskiet en in die besonder vir tradisionele

boogskiet. Die boogskutter met ’n bietjie meer natuurlike aanvoeling

sal dalk ’n rapsie gouer die mas opkom, terwyl die een

wat harder moet werk ook vrugte sal pluk. Wat ookal ons talent,

soos wat met gholf die geval is, is daar dié wat vanaf ’n goeie

voorgee afslaan en dan is daar dié van ons wat dit net geniet. So

wil ek graag elkeen aanspoor wat belangstel in boogskiet om nie

terug te staan vir tradisionele boogskiet nie, maar dit net bloot

te probeer en te geniet. Ek weet dit lyk soms of die tradisionele

boogskutters by kompetisies dalk ’n bietjie “anders” voorkom,

maar dit is bloot omdat hulle worstel met die gedagte oor hoe

om net die volgende teiken raak te skiet. En hoekom werk die

tegniek wat ek gister by die huis geoefen het nou nie vandag

weer nie.

So-en-so sê ek moet anker, of ’n “tab” ís beter as ’n handskoen

en koolstofpyle is akkurater as houtpyle. Wel, ek weet ook

nie meer nie, maar dit maak ook nie saak nie want ek geniet dit.

Waarheen is ek op pad. Wel met elke tradisionele boog wat

ek verkoop bly dit bevredigend as ek later in die sukses stories

deel, hetsy vanuit die jagveld of vanaf die kompitisiebaan. Dit

is asof die persoon nie net sukses gesmaak het nie, maar ook

oorwinging behaal het oor sy psigiese en fisieke tekortkominge.

afstande wat in julle ouderdomsgroepe geskiet moet word en

ook om jouself sover te kry dat jy die regte afstande begin skiet.

Diegene wat nou eers begin moet begin met 72 pyle (36 elk van

die langste en die kortste afstande op die 10-ring FITA-teiken.

Tellings van 1 tot 10 van die buitenste sirkel af). Sou jy al die

pyle in die 10 skiet, sal die telling 720 wees.

In die begin sal jy dit nie regkry nie. As ’n beginner sal jou

eerste afstande wat jy skiet (6 X 6 pyle = 36 per afstand) begin

by 5 en 10 meter en sodra jy ’n totaal van 500 of meer oor albei

afstande behaal het, moet jy aanskuif na 10 en 15 meter, dan

na 15 en 20 ensovoorts, totdat jy die regte afstandgroep vir jou

ouderdom bereik het. Verwys na afstande in die September-uitgawe

van Pyl en Boog. Die tellings met al jou besonderhede en

kontaknommers kan aan my gestuur word sodat ek met jou kan

kontak maak. Ek kan ook gebel word

oor enige ander probleme wat julle

mag hê.

Vir die mense wat meer wil

weet oor hoe om foute uit te skakel,

plaas ons ’n skets (Sien regs). Dit

is jare gelede gebruik vir die kurf-,

lang- en tradisionele boog, maar kan

net so goed toegepas word op die

hedendaagse kragboog.

Ek wens julle sterkte toe en geniet

die vakansie.

My e-pos is schoolleague@

archeryadvancer.co.za en my telefoonnommer

is 082 574 7425. k

DESEMBER 2006 PYL EN BOOG

Die inspanning van jou natuurlike sintuie (oog-hand-koördinasie)

en fisieke krag (geen “let-off”) in ’n poging om die pyl uit

jou boog die kol te laat tref bly ’n uitdaging vir die wat dit aanpak

en net nooit bes gee nie. Die skiet van pyl en boog soos dit

gedoen is eeue gelede al, onderskei tradisionele boogskiet van

jou moderne kragboog.

Ek daag elkeen uit wat dit enigsins al oorweeg het om die

tradisionele boog te skiet om dit tog aan te pak. Glo my ek doen

dit al vir jare, skiet nie die beste nie, maar dit bly ’n uitdaging vol

genot. Daar is baie bekwame skuts wat jou graag touwys sal wil

maak. Vir meer inligting kontak ABH&A, wat jou op die regte

spoor sal sit.

Lekker skiet en ek sien daarna uit om jou met jou tradisionlele

boog in die hand by die volgende kompetisie te sien. k

Alleenlopende man met tien jaar ondervind-

ing op wildplaas as voorman, veldwagter en

toergids soek soortgelyke werk en woonplek

in Limpopo, Noordwes of Mpumalanga.

Correcting faults

LEFT SHOTS

Wind

Top of bow tilted

on shot

Swinging bow

arm tight grip

String alignment

Anchor on chin

Roiling shoulder

Thumb pressure

Bow hand

Stiff arrow rest

Head tilt

Bel Dawie 072 563 9058.

HIGH SHOTS

Open mouth

Throwing up bow arm

Third finger not working

Anchor too low

Low nocking point

Snap shooting

Bow hand

LOW SHOTS

Forward loose

Creep

Dropped bow arm

Dropped 2 bow

Anchor too high on chin

Hitting arm

Over extension

Fistmele too low

Arm bent at elbow

Bow hand

Pinching

RIGHT SHOTS

Wind

Snatching loose

Top of bow tilted

Swinging bow arm

Sting alignment

Finger pressure

Bow hand to right

Flexed wrist not

relaxed

Hunched shoulder

Overdrawing

Fletches too big

Head tilt

Jagplek op Nooitgedacht

Deur Henning Benadie

Klubnuus Klubnuus Klubnuus

Om af te wyk van die normale funksies waar daar gebraai en

gedans word het, Olifantsrivierklub in Middelburg besluit

om ’n jagnaweek te hou. Klublede is uitgenooi en daar is beding

vir spesiale pryse vir wild en verblyf.

Die datum wat ons gekies het was die langnaweek van 22

September. Die maan was in die begin van eerste kwartier. Dít

verhoed dat die diere nie in die aand suip nie. Ons het om 11:30

die Vrydag vertrek. Die plaas wat ek gekies het is Nooitgedacht.

Dit is ’n buurplaas van Dirk Swart – ’n goeie vriend en jagmaat

van my. My vrou verwys altyd na hom as my halfbroer.

Ek het self al baie op Nooitgedacht gejag en het ook my

grootste koedoebul daar geskiet. Ek ken die plaas besonder goed

en het dus om hierdie redes op dié jagplek besluit. Nooitgedacht

is in Mpumalanga naby Ohrigstad geleë en word deur ’n natuur

reservaat met die naam van Crystal Springs omring.

Buks du Plessis, die plaas bestuurder, het op ’n dag mense

geneem om ’n waterval op die plaas te besigtig. Toe hulle op

die rotse gaan sit en afkyk was hulle verbasing groot om twee

luiperds onder hulle op die kranse te gewaar wat uitgestrek op

die klippe lê, salig onbewus van die mensdom se teenwoordigheid

reg bokant hulle.

Ons sou nooit-kon-dag wat op ons wag aangaande die

hoeveelheid wild, vyf ster verblyf en rustigheid op die plaas nie.

Daar is plek bespreek vir 11 jagters aangesien daar net ses skuilings

op die plaas opgerig is. Dit sou beteken dat jagters beurte

sal moet maak, of die opsie van saamsit moes oorweeg.

In die begin was die jagters effens skepties oor dié reëling.

Almal van ons is al êrens in die verlede ingeloop deur dagfooie,

maar min wild, wat dan lang ure sonder sukses tot die gevolg

gehad het. Dirk Swart het egter twee dae voor die jag nog ’n

skuiling opgerig.

Ons het nie veel sukses verwag nie aangesien die nuwe

Penthouse kitshuisie van helderkleurige materiaal gemaak is,

wat selfs pienk bevat het. Snaaks genoeg, die skuiling het oor

die naweek die naam “die Serengeti” gekry. My laaitie het gesê

dit lyk soos die wildtuin elke keer as ons daar kom. Die wild het

hulle glad nie aan die vreemde verskynsel gesteur nie. Daar was

nie eers tyd om die opslaan Penthouse met takke toe te pak nie.

Die eerste stuk wild vir die naweek is dan uit daardie skuiling

gejag. Elke jagter is vooraf ge-evalueer oor sy skiet vernuf voordat

hy toegelaat is om die veld in te gaan.

Tiaan, die seun van Frik le Roux, het drie weke voor die

naweek ’n boog aangeskaf. Hy is slegs 11 jaar oud en het nie

die vaardigheidtoets geslaag nie en is nie toegelaat om te jag

nie. Die mannetjie het dit egter verstaan en het elke dag sy boog

gevat en hard geoefen om volgende jaar deel te neem. Jy kan die

vonk in klein Tiaan se ogies sien waneer hy aan sy boog vat. Ek

het respek vir Frik gekry, wat sonder om teë te stribel die besluit

aanvaar het. Frik het besef ek en hy sou groot skuld dra indien

ons Tiaan sou toelaat om te jag én dinge loop skeef. Nie net sal

ons met ’n gekweste dier sit nie maar ook met ’n seun wie se

selfvertroue flenters is.

Gedurende die jagtog van twee dae is daar 26 stuks wild deur

die boogjagters afgehaal. Dit het probleme “van epidermiese proporsies”

veroorsaak vir die slagters wat laat aande moes werk. Al

die jagters was suksevol. Ongelukkig is daar ook ’n vark en ’n

rooibok gekwes wat glad nie gevind is nie. Dit bring die sukses

persentasie op 92.3 persent. Heeltemal teenstrydig met wat in

die Landbouweekblad verkondig was.

Van die wild wat tyd opgeneem het om op te spoor was almal

van skuins vooraf geskiet insluitende die twee gekweste stuks

wild. Soos ons jagters praat: “quartering forward shots”. As ’n

boogjagter dié soort skootplasing uit sy arsenaal verwyder sal

die suksespersentasie nog hoër wees. André het laat middag ook

’n rooibokram geskiet wat ons die volgende dag moes gaan soek.

Die volgende oggend was ons verbasing groot toe die bloedspoor

opraak en ons die spore van ’n hiëna kry. Sowat 50 meter

verder het ons die bok gekry (of dit wat van hom oor was). Sy

rug was in die middel skoon afgebyt en die kop van die bok kon

ons nooit kry nie.

Hier is ’n paar belangrike lesse wat ons almal uit die naweek

geleer het:

1. Skootplasing is die belangrikste aspek van boogjag. Ken dus

die anatomie van die spesie wat gejag word.

2. Moet nooit tou opgooi as jy iets gekwes het nie. Hou aan

soek.

3. Vermy skuins van vooraf skote (quartering forward). Maak

seker jy weet waar die verste been is. Dit sal jou help bepaal

hoe die bok werklik staan.

4. Moenie dadelik opvolg nie en onthou na watter kant toe die

bok hardloop.

5. Moenie laat middag ’n skoot waag nie.

Henning Benadie het dié vlakvark op loop-en-bekruip geskiet

PYL EN BOOG DESEMBER 2006

DESEMBER 2006 PYL EN BOOG

Klubnuus Klubnuus Klubnuus

Fanie Oosthuizen met ’n mooi vark

6. Gebruik altyd ’n skerp jagpunt (broadhead)

Ek wil graag die volgende mense bedank wat gehelp het om

die naweek spesiaal te maak.

Ellie Salkow, die plaas eienaar van Nooitgedacht wat

sy plaas aan ons beskikbaar gestel het. Dankie vir die puik

verblyf, baie wild en asemrowende uitsig vanaf die chalets.

Maak hierdie plaas asseblief net ’n boogjagplaas. Ons

het gewys boogjagters kan dit doen. Dit sal ook help om die

wild mak te hou vir die ander natuurliefhebbers of besoekers.

Buks du Plessis, die plaas bestuurder vir sy geduld en opoffering

oor die lang naweek. Dirk, WP, Renier en Divan Swart vir hulle

hulp tydens die naweek asook die opspoor van wild.

Joe Malan en seun vir die bosvark op die spit.

Fanie Oosthuizen van Spemoza vir die skenking van die

Europese Bosvark vir die spit.

Frik, André, Carel, Pieter, Marius, Tiaan, Pagel, Henk, Fanie,

Chris Cristein, Shawn – as jagters.

Enigeen in die area wat belang stel in boogjag of boogskiet

kan vir Henning By Bow and Outdoor Trading besoek

of kontak op 013 282 8955 sel 072 338 1130. Klubfooie vir

Olifantsrivierklub beloop R200.00 per jaar per persoon.

’n Belangrike boodskap aan alle jagters:

“Laat ons nooit onthou word vir wat ons gejag het nie maar vir

hoe ons gejag het”

k

Jaareindfunksie vir Olifantsrivier

Boogskietklub

Deur Henning Benadie

Olifantsrivier Boogskietklub het vanjaar vir die eerste keer ’n

gesins jaareindfunksie gehou. Daar is besluit om dit in die

vorm van ’n veldtoernooi, spitbraai, swem en lekker saamkuier

met familie aan te bied. Aantreklike pryse en trofees is aan die

wenners oorhandig. ’n Bosvark is gespitbraai om die dag se verrigtinge

af te sluit.

Die baan bied asemrowende natuurskoon, met verskeie

watervalle en kranse en is gewis nie vir klakouse nie. Dertig

skuts het deelgeneem.

Die veldtoernooi uitslae was soos volg:

Senior mans:

1 ste Kobus Clarence met ’n telling van 537 (Bowtech tribute)

2 de Henning Benadie met ’n telling van 530 (Bowtech

Allegiance)

3 de Francois Mcgill met ’n telling van 525 (Mathews)

4 de Peet Steinberg met ’n telling van 523 (Bowtech

Allegiance)

5 de Werner Du Plessis met ’n telling van 521 (Mathews)

6 de Pieter Cronje met ’n telling van 519 (Bowtech Tribute)

7 de Japie De Clercq met ’n telling van 517 (Bowtech Tribute)

8 ste Thys Horak met ’n telling van 513 (Bowtech Allegiance)

9 de Henry Devine met ’n telling van 503 (Bowtech

Z bladsy 56

Wenners van die dag. Agter: Henry,Thys,Jannie,Norma, Kobus Middel:

Henning,Michelle,Shona,Madeleen Voor: Francois,Hanno,Tiaan.

6

Klubnuus Klubnuus Klubnuus

H bladsy 55 – Klubnuss

Allegiance)

10 de Henry Devine Jnr met ’n telling van 502 (PSE Mojo)

Senior dames:

1 ste Norma Horak met ’n telling van 502 (Mathews

Switchback)

2 de Michelle Van Zyl met ’n telling van 428 (Bowtech

Equiliser)

3 de Madeleen Opperman met ’n telling van 399 (Bowtech

Equilizer)

Penkoppe(Cups):

1 ste Tiaan Le Roux met ’n telling van 422(Hoyt Banshee)

2 de Hanno Conradie met ’n telling van 390 (Hoyt Banshee)

Werner otvang sy prys.

Klubuitslae vir die jaar 2006 was soos volg:

Senior Mans:

1 ste Henning Benadie (Bowtech) 167 punte

2 de Werner Du Plessis (Mathews) 128 punte

3 de Pieter Cronjé (Bowtech) 115 punte

4 de Jannie Horak (Mathews) 112 punte

5 de Henry Devine (Bowtech) 100 punte

6 de Jakkie Flemming (Bowtech) 95 punte

Senior Dames:

1 ste Norma Horak (Mathews) 66 punte

2 de Shona van Antwerpen (Bowtech) 27 punte

3 de Cecile Engelbrecht (Martin) 20 punte

4 de Madeleen Opperman (Bowtech) 17 punte

Penkoppe(Cubs):

1 ste Tiaan Le Roux (Hoyt) 6 punte

2 de Hanno Conradie (Hoyt) 3 punte

Kimberley se nuwe boogskietklub

woeker

Deur Schalk van der Merwe

Met die inisiatief van die plaaslike boogwinkel, Bow &

Camo, het Kimberley se boogskietklub gedurende Mei

2006 ’n 2D-skietkompetisie gehou. Die belangstelling in hierdie

relatiewe nuwe sport het vinnig gegroei en die skietkompetisies

het gou ontwikkel tot meer volledige 2D- en 3D-skietkompetisies,

wat elke maand deur dié klub gehou word. Toeskouers het

hierdie geleenthede begin ondersteun en daar heers ’n aangename

kuier-stemming wanneer die hele gesin saam uitspan.

Die “ou manne” wat spog met meer as sewe jaar ondervinding

in boogjag, is gretig om die beginners met goeie en praktiese

wenke te help.

Met die ondersteuning van Schalk en Barend van Bow &

Camo, is raad oor jag, toerusting, en die oprigting van skietskuilings

binne enigeen se bereik.

Kimberley Boogskietklub het toegang tot drie skietbane,

waarop verskillende kompetisies plaasvind, soos binnenhuise

kompetisies en 3D-veldkompetisies.Die klubhuis is 20 km buite

Kimberley by Savanna Country Lodge, geleë.

Elke tweede skietgeleentheid word by Savanna Country

Lodge aangebied, terwyl ander byeenkomste by verskeie nabygeleë

plekke soos jagplase en Magersfontein se kleiduifskietklub

gehou word.

Klublede kry 50 persent korting op baanfooie en geniet ook

vele ander voorregte. Vir klublede buite Kimberley word ’n spesiale

jaarfooi vasgestel. Nog meer opwindende verrigtinge word

vir volgende jaar in die vooruitsig gestel. ’n Nuusbrief vir klublede

met foto’s en interessante, leersame brokkies, word onder

meer beplan.

Vir navrae rondom klubaangeleenthede, boogjag, visskiet,

asook die stigting van klubs in die Noord-Kaap, bel 082 551

8985 of 082 417 7782.

Junior skiet volmaakte voltal

Deur Johan Laubscher

Die Sentraal-Vrystaat Boogskietklub het in Oktober 2006

baie suksesvolle 2D- en 3D-kampioenskappe aangebied.

Dit was in die Soetdoring-natuurreservaat met sy baie mooi

damme en olienhoutbome gehou. Deelnemers het om sewe-uur

Saterdagoggend reeds begin inskryf. Inskrywings het baie vlot

verloop en meer as 60 skuts het deelgeneem.

Dit was 'n heerlike sonskyndag en die skuts het veral die

nuwe 3D-diere geniet wat vir die geleentheid aangekoop is. Die

nuwe gemsbok was veral baie gewild onder die skuts. Soos ons

weet, begin die penkoppe (cubs) baie meer deelneem aan die

PYL EN BOOG DESEMBER 2006

kompetisies en Bloemfontein was die gasheer van 'n ongelooflike

prestasie. Braam Heystek (jnr) van Marico-boogklub het 'n

volmaakte voltal (560/560) geskiet. Soos Benito met die prysuitdeling

gesê het, voorwaar 'n baie goeie prestasie en ‘n eerste in

Suid-Afrika. Herlo Laubscher was tweede en sy jonger boetie,

Arno, wat slegs ses jaar oud is, was derde.

In die Bowhunterklas vir mans het Hennie van Staden van

Nyala Boogklub gewen en in die Freestyle Unlimited was Pine

Voges van Noordwes Archery eerste.

Daar was 'n ongelooflike atmosfeer in die veld wanneer die

skuts met die langboë goeie punte aangeteken het. Almal kon

DESEMBER 2006 PYL EN BOOG

Klubnuus Klubnuus Klubnuus

Lede van die Sentraal-Vrystaat Boogskietklub by Soetdoring-natuurreservaat.

die gejuig oor die hele baan hoor. Terwyl almal gewag het vir

hulle om klaar te maak het DJ Olivier 'n baie interesante pretkompetisie

(fun shoot) gehou waar hy 'n 3D-eend laat beweeg

het tussen die bome en skuts kon daarna skiet om 'n horlosie,

wat geskenk was deur HDL Juweliers, te wen. Dit is gewen deur

Jacques Angelo van Marico-boogklub wat die enigste persoon

was wat die bewegende teiken in die doodskootkol (kill zone)

kon skiet.

Skuts kon op die terrein slaap en almal was in die regte stemming.

Die Sentraal- Vrystaat Boogskietklub nooi almal uit om

hulle weer volgende jaar te ondersteun.

k

Braam Heystek van Marico-boogklub is elf jaar oud en het vir die

eerste keer in die gekiedenis 'n volmaakte voltal geskiet.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!