Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 3 Maart 2012 Bladsy 1

Phylum: Cnidaria

(Grieks: Cnidos – netel (soos in brandnetel))

Gekenmerk deur die knidosiete (netelselle) wat gebruik word om prooi te bekom. Meer komplekse

diere as die Porifera

Taksonomiese posisie van Cnidaria (hersiening)

Ryk: Animalia

Phylum: Poriphera (sponse)

Phylum: Cnidaria (hydra, jellievisse, see-anemone, korale)

Phylum: Platyhelminthes (Platwurms)

Phylum: Nematoda (rondewurms)

Phylum: Annelida (lintwurms)

Phylum: Mollusca (slakke, seekatte, chitons)

Phylum: Arthropoda (insekte, krappe, krewe, spinnekoppe)

Phylum: Echinodermata (seesterre, seekomkommers)

Phylum: Chordata (tunicate en vertebrate, amfibieë, reptiele, voëls, soogdiere)

Verdere indeling van die phylum Cnidaria

Phylum: Cnidaria

Klas: Hydrozoa (diverse groep, mariene en al die varswatersoorte – Hydra, bloublasies)

Klas: Scyphozoa (swemmend – jellievisse)

Klas: Staurozoa (jellievisse met stele – sessiel)

Klas: Cubozoa (kardoes-jellies)

Klas: Anthozoa (sessiel - korale en seeanemone)

Klas: Myxozoa (parasiete van visse en seewurms)

Klas: Polypodiozoa (parasiete van viseiers)

Algemeen

Kom voor in waterige omgewings – hoofsaaklik die see. Ons ken hierdie phylum hoofsaaklik as die

korale, die see-anemone, jellievisse en die bloublasies. Mooi organismes, maar ´n mens is liewer

maar versigtig vir hulle! Want hulle het netelselle – soos enige-iemand wat al met ´n bloublasie

slaags geraak het maar al te goed weet! Daar is al baie mense dood as gevolg van bloublasie of

jellievisvergiftiging.

Hoe lyk die Cnidaria

Cnidaria wissel van baie klein organismes (´n paar millimeter, bv Hydra) tot 2 meter of meer

(sekere jellievisse) en hulle kan strukture van honderde kilometer groot bou (koraalriwwe, bv die

2600 km lange ¨Great Barrier¨ koraalrif by Australië). Hier is ´n paar foto´s om ´n mens ´n beter

indruk van hierdie organismes te gee.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 3 Maart 2012 Bladsy 2

Deel van die ¨Great Barrier¨-rif van Australië Klipkorale

Die reuse groen see-anemoon

Chironex fleckeri – baie giftige kardoesjellievis

Chrysaora fuscescens- die see-netel ´n Bloublasie – Physalia physalis. ´n

Komplekse kolonie van medusae en

poliepe
LIFE 211: Klasaantekeninge – 3 Maart 2012 Bladsy 3

Algemene eienskappe van die Cnidaria

Die aktiwiteite van die Cnidaria word gereguleer deur ´n gedesentraliseerde senustelselsel en deur

eenvoudige reseptore. Sommige van die swemmende vorme het balansreseptore, die statosiste.

Eenvoudige oë, wat waarskynlik net tussen lig en donker kan onderskei, kan voorkom.

Liggaamsvorms van die Cnidaria

Twee basiese liggaamsvorms word gevind, beide radiaal simmetries met monde, wat deur tentakels

wat knidiosiete bevat, omring is. Beide vorms het slegs een opening, en ´n enkele liggaamsholte wat

vir vertering gebruik word. Gewoonlik wissel hierdie twee liggaamsvorms mekaar af in die

lewensiklus van die organismes.

1. Medusae: Swemmende vorm. Die voorkoms wissel van ´n plat skyf tot ´n klokvormige

struktuur. Die boonste gedeelte staan bekend as die eksumbrella en die onderste gedeelte as

die subumbrella. Die mond kom aan die subumbrella voor en is dikwels gedeeltelik met ´n

membraan (die velum) bedek. Die rand van die skyf bevat sensoriese organe. Tentakels met

netelselle kom onder aan die skyf vas. Vertering vind plaas in die gsatrovaskulêre holte. Die

jellievisse is ´n voorbeeld van groot medusas.

2. Poliepe: Nie swemmende liggaamsvorm. Geanker aan ´n substraat.

Die kant van die medusa of die poliep waar die mond voorkom, staan bekend as die ¨orale¨ kant, en

die kant teenoorgesteld van die mond staan bekend as die ¨aborale¨ kant.

Medusa (links) en poliep (regs)

Liggaamsorganisasie en funksie van Cnidaria

Baie soos die van die Porifera, maar beskik tog oor weefsels (verbindings tussen selle, en epiteel

geleë op basale membraan). Beskik oor weefsels (senuweestelsel, spierweefsel, epiteel).

Sommige het ook eenvoudige organe (rudimentêre oë, statosiste vir balans).

1. Buisagtige of sakagtige liggame.

2. Wat uit twee epiteellae (hoofsaaklik enkelsellig) bestaan.

3. Wat weerskante van die mesoglea aangetref word. Die mesoglea is ´n nie-lewende jellieagtige

substans wat dikwels die grootste deel van die liggaam van hierdie diere uitmaak.

Cnidaria beskik nie oor ´n skelet of kraakbeen nie en die mesoglea ondersteun die liggaam

in die water. Wanneer die diere uitspoel op die land sak die mesoglea dikwels inmekaar

onder sy eie gewig.

4. Diploblasties.

5. Enigste phylum met knidosiete (netelselle).
LIFE 211: Klasaantekeninge – 3 Maart 2012 Bladsy 4

Selle van die Cnidaria en die funksies daarvan

1. Epiteelselle (binneste en buitenste laag). Sintetiseer die basale membraan en die mesoglea.

2. Spierselle - in die buitenste epiteel (eksoderm). In die Anthozoa en die Scyphozoa kom daar

ook spierselle in die mesoglea voor.

3. Knidosiete, hoofsaaklik in die eksoderm maar daar is soms ook ´n paar in die bineste epiteel

(gastroderm) om prooi wat nog beweeg te inaktiveer.

4. Senuweeselle

5. Interstisiële selle. Ongedifferensiëerd, kan in enige seltipe ontwikkel en vervang beskadigde

selle.

6. Klierselle in die gastroderm – skei verteringsensieme uit.

7. Ameboïedale selle in die mesoglea

Knidosiete

Funksioneer as harpoene (skiet ´n haak uit wat verbind bly aan die liggaam van die organisme).

Drie tipes kom voor:

➢ Nematosiste. Spuit gif in die prooi in. Beskik gewoonlik oor weerhake om dit in die prooi te

anker. Die meeste spesies beskik oor nematosiste.

➢ Dring nie in die prooi in nie, maar verstrengel die prooi in haaragtige aanhangsels. Slegs by

die Anthozoa.

➢ Word nie gebruik om prooi te vang nie, maar word gebruik om die buise te bou waarin die

buisanemone leef.

Ondersteunende strukture van Cnidaria

➢ Medusae: mesoglea.

➢ Hydra en seeanemone: Sluit die mond en gebruik dan die watergevulde liggaam as ´n

hidrostatiese skelet.

➢ Sommige Cnidaria versterk die mesoglea met spikula (van kalsiumkarbonaat) en veselagtige

proteïene).

➢ Korale: Eksoskelette van kalsiumkarbonaat.

Beweging van Cnidaria

Medusae kan swem deurdat spiere in die rand van die skyf saamtrek en daardeur water uit die

struktuur ¨uitspuit¨. Wanneer die spiere ontspan, veroorsaak die elastisiteit van die mesoglea dat die

skyf sy oorspronklike vorm herwin. Aangesien die spiere van die Cnidaria maar swak is, is dit nie

´n sterk beweging nie. Cnidaria kan nie stroom-op swem nie, maar kan hulself darem stuur in

seestrome.

Hydra´s en seeanemone: Kan oor die substraat kruip met hulle voete, kan soos landmeterwurms

beweeg, of kan selfs bollemakiese slaan.

Ekologiese rol van die Cnidaria

Gevaar vir die mens

Cnidaria het nie ´n belangrike direkte invloed op die mens se gesondheid nie. Tog is die gif in die

netelselle so sterk dat dit ´n paar honderd mense se dood die afgelope eeu veroorsaak het.

Voedingsbronne vir Cnidaria

1. Baie Cnidaria voed op organismes wat deur hulle nematosiste gevang en doodgemaak word.

2. Cnidaria kan ook voedseldeeltjies (veral plankton) uit die water filtreer en verteer.

3. Direkte opname van voedingstowwe wat in die omringende water opgelos is.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 3 Maart 2012 Bladsy 5

4. Sommige Cnidaria huisves fotosintetiese bakterieë in hulle selle (endosimbionte). Hierdie

bakterieë maak ´n belangrike bydrae tot die voeding van hulle gashere deur die organiese

verbindings wat hulle uitskei.

5. ´n Paar soorte is parasiete wat op hulle gashere teer.

Korale leef dikwels hoofsaaklik op die voedingstowwe wat hulle van hulle endosimbionte verkry,

en deur die direkte opname van voedingstowwe uit die see.

Cnidaria as voedingsbron

Cnidaria is die prooi van sommige visse, seeslakke, seesterre en seeskilpaaie. Sommige soorte word

ook as lekkernye vir mense beskou, veral in Japan.

Koraalriwwe

Die koraalriwwe vorm vorm reuse ekosisteme waar baie soorte organismes leef en voortplant. Dit

vorm ook getypoele waarin sommige organisme heenkomes vind en beskerm ook baie strande teen

die uiterstes van getye en teen seestrome. Koraalriwwe word dikwels vir ekotoerisme gebruik, en is

dikwels ´n goeie bron van vis vir menslike gebruik, en ook vir ander seediere.

Voedingswyses van Cnidaria

Predatoriese spesies gebruik hulle knidosiete om hulle prooi te vergiftig of te verstrengel. Die soorte

met giftige nematosiste kan ook verteringsensieme in hulle prooi inspuit en hulle dus begin verteer

nog voordat die prooi ingeneem is. Die tentakels vou na binne bring die prooi na die mond.

Medusae swem dikwels na bo en sink dan stadig na onder met uitgespreide tentakels om prooi te

versamel.

Die beweging van cilia op die tentakels kan ook klein kosdeeltjies na die mond laat vloei waar dit

dan opgeneem word.

Wanneer kos in die gastroderm ingevoer is kan dit daarbinne vervoer word deur spiersametrekkings.

Klierselle skei verteringsensieme af om die kos te verteer. Die voedingstowwe word deur die

gastroderm vervoer deur die beweging van cilia.

In kleinerige organismes bereik voedingstowwe die eksoderm deur diffusie deur die mesoglea. Waar

die mesoglea baie dik is, word die voedingstowwe deur ameboïedale selle deur die mesoglea na die

ektoderm vervoer.

Onverteerde reste van die prooi word deur die mond uitgewerp.

Die hoof stikstofafvalproduk van vertering is ammoniak, en dit word deur interne en eksterne

waterstrome verwyder.

Respirasie

Cnidaria beskik nie oor respiratoriese organe nie en altwee die sellae neem direk suurstof op uit die

water en skei ook koolsuurgas daarin af. Wanneer die water in die gastriese holte oud word, word

dit deur die mond uitgepers en deur vars water vervang. Voedingstowwe wat nog nie opgeneem is

nie word saam met die water uitgepers en gaan verlore. Sommige Anthozoa het groefies in hulle

tentakels waardeur water in- en uitgepomp kan word al is die mond van die diertjie gesluit.

Die fotosintetiese endosimbionte van sommige Cnidaria kan soveel suurstof produseer dat die
LIFE 211: Klasaantekeninge – 3 Maart 2012 Bladsy 6

diertjies vergiftig kan word. Sulke spesies vervaardig groot hoeveelhede antioksidante om hulleself

teen die suurstof te beskerm.

Regenerasie

Die medusae van die Cnidaria het ´n beperkte vermoë tot regenerasie. Die poliepe kan egter van

ernstige beskadiging herstel deur regenerasie. Self net ´n paar selle wat oorgebly het kan weer

ontwikkel tot ´n volledige organisme.

Voortplanting

Geslagtelike voortplanting kom voor by die Cnidaria. Baie

van hulle het komplekse lewensiklusse waar die medusas die

geslagtelike fase is en die poliepe die ongeslagtelike fase.

Sommige van hulle het nie die poliepfase nie, en sommige

ander weer het nie die medusafase nie.

By die jellievisse (Scyphozoa) swem die larfies (planulae)

vry in die see rond en heg later aan ´n substraat. Die planula

ontwikkel dan in ´n poliep. Die poliep word groter, later

verdwyn die tentakels van die poliep, en die poliep verdeel in

horisontale ringe. Hierdie ringe ontwikkel van bo af in klein

medusae wat dan vrygestel word en wegswem in die see

(strobilering). Die poliep groei weer en strobileer later weer.

Die medusae groei tot volwassenheid en stel dan ova en

sperma (afkomstig van die gonade in die gastroderm) in die

water vry in die broeiseisoen. Bevrugting van dan in die

water plaas, en die sigoot ontwikkel in ´n larfie en die

lewensiklus word herhaal.

Verkorte weergawes van hierdie lewensiklus kom algemeen

voor. Sommige Scyphozoa (jellievisse) het nie ´n

poliepstadium nie, en die poliepe van die Cubozoa vorm elk net een medusa. Die Anthozoa (korale

en seeanemone) het nie ´n medusastadium nie, die poliepe sorg vir geslagtelike voortplanting.

Produksie van sperma en ova word beheer deur omgewingsfaktore soos watertemperatuur. Snellers

vir die vrystelling van sperma en ova is ligtoestande soos sonsopkoms, die sak van die son en die

maanfase. Hierdie eienskappe veroorsaak dat daar dikwels massavrystelling van sperma en ova van

verskillende spesies op dieselfde tyd is. Die bekendste voorbeeld is waar die Cnidaria van die

¨Great Barrier Reef¨ op drie nagte van die jaar hulle sperma en ova vrystel in sulke getalle dat die

water van die rif melkerig voorkom. Die omstandighede wat veroorsaak dat bevrugting gaan

plaasvind is so goed bekend dat die nagte waartydens dit gaan gebeur baie akkuraat voorspel kan

word. Dit gebeur vroeg in Desember en is 'n groot toeriste-attraksie wat altyd 'n welkome bydrae tot

die Australiese ekonomie maak.