LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 1 Klas: Aves ...
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 1 Klas: Aves ...
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 1 Klas: Aves ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 1

Klas: Aves (die voëls)

´n Paar van die voëlordes

Orde: Struthioniformes (volstruise, emu´s)

Orde: Anseriformes (watervoëls)

Orde: Galliformes (hoenders)

Orde: Sphenisciformes (pikkewyne)

Orde: Pelicaniformes (pelikane)

Orde: Ciconiiformes (reiers)

Orde: Phoenicopteriformes (flamingo´s)

Orde: Falconiformes (arende, valke)

Orde: Gruiformes (kraanvoëls)

Orde: Columbiformes (duiwe)

Orde: Psittaciformes (papegaaie)

Orde: Cuculiformes (koekoeke)

Orde: Strigiformes (uile)

Orde: Caprimulgiformes (naguiltjies)

Orde: Apodiformes (suikerbekkies)

Orde: Coraciiformes (visvangertjies)

Orde: Piciformes (houtkappers)

Orde: Coliiformes (muisvoëls)

Orde: Passiformes (mossies)

Kenmerke

Tetrapoda met twee vlerke en twee bene. Die meeste voëls kan vlieg. Die respiratoriese en

verteringstelsels is spesiaal aangepas vir vlieg. Warmbloedig, met ´n hoë metaboliese tempo. Lê

eiers met harde doppe. Voëls is bedek met vere. Beskik oor harde snawels sonder tande.

Verspreiding

Lewe en plant voort in omtrent alle terresteriale habitatte en al sewe kontinente. Die grootste

verskeidenheid kom voor in die trope.

Anatomie en fisiologie

Baie van die aanpassings van die liggaam van voëls is om dit moontlik te maak om te kan vlieg.

Die skeletbene is besonder lig en het groot holtes (pneumatiese holtes) wat gekoppel is aan

die respiratoriese stelsel.

Die bene van die skedel is versmelt (nate nie waarneembaar). Die oogholtes is groot.

Die ruggraat is verdeel in servikale, torakale, lumbale en kaudale gebiede. Die servikale

werwels is so saamgevoeg dat die nek besonder buigsaam is. Daar is min beweging

moontlik van die torakale werwels en verder na agter is beweging van die werwels nie meer

moontlik nie. Die laaste werwels is versmelt met die pelvis om die sinsakrum te vorm.

Die ribbes is baie afgeplat.

Die bors is in die vorm van ´n kiel vir die aanhegting van die vliegspiere (behalwe by die

soorte wat nie kan vlieg nie)

Die voorste ledemate is gemodifiseerd om vlerke te vorm.

Die meeste voëls skei stikstofafval as uriensuur deur die niere uit (urikotelies). Voëls het nie ´n

blaas vir uriene nie, en daarom word die uriensuur in die kloaak uitgestort. Die uriensuur word so

goed ontwater dat dit feitlik droog is wanneer dit in die kloaak uitgestort word. ´n Mens kan die

uriensuur as ´n wit neerslag in voëuitskeidings waarneem.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 2

Die suikerbekkies kan stikstofafval as uriensuur uitskei, maar kan dit ook as ammoniak uitskei

(fakultatief ammoniotelies).

Kloaak: Die kloaak van voëls is ´n veeldoelige orgaan. Die laaste deel van die ingewande en van die

ureters loop daarin uit en die finale uitskeiding van amper al die afvalstowwe geskied dus deur die

kloaak. Die enigste afvalstowwe wat nie deur die kloaak utgeskei word nie is geregurgiteerde

onverteerde voedselreste (bene, hare, chitien) soos by roofvoëls.

Die eierleier eindig ook in die kloaak en die eiers word dus ook deur die kloaak na buite gestuur.

Tydens kopulasie word die kloake van die mannetjie en die wyfie teen mekaar vasgedruk.

Verteringstelsel: ´n Krop aan die voorkant van die voël word gebruik as stoor vir voedsel. Die

spiermaag (¨gizzard¨) kan sand en klippe bevat waarmee die voedsel fyngemaal word (voëls het

nie tande nie en kan dus nie hulle kos fyn kou nie). Voedsel word gewoonlik vinnig verteer sodat

daar ´n vinnige verskaffing van energie is wat nodig is om vlug te kan onderhou.

Lugsakke: Voëls het ´n stelsel van lugsakke (gewoonlik nege sakke) wat gebruik word vir respirasie

en ook vir die produksie van klank.

Respiratoriese stelsel: Wanneer lug ingeasem

word, beweeg omtrent 75% daarvan na die

abdominale lugsakke (die res gaan in die longe

in). Vanaf die abdominale lugsakke versprei die

lug na die interklavikulêre lugsak en die

pneumatiese holtes. Wanneer die voël uitasem

word ou lug uit die longe uitgestoot en vervang

met vars lug uit die lugsakke en pneumatiese

holtes. Voëllonge ontvang dus vars lug tydens

inaseming en tydens uitaseming. Aangesien die

ou lug uit die longe uitgestoot word tydens

uitaseming is daar nie ´n vermenging van ou en

vars lug nie. Daar is dus ´n hoër

suurstofkonsentrasie in die longe van voëls as in

die longe van ander diere. Voëls kan dus teen ´n

hoër tempo metaboliseer en dus vinniger energie

vrystel - ´n aanpassing wat nodig is om in die hoë

energiebehoefte van die vliegproses te kan

voorsien.

Lugsakke van voëls

Visuele stelsel:

Baie goed ontwikkeld. Watervoëls het besonder elastiese lense wat veroorsaak dat hulle baie goed

beide onder water en in lug kan sien.

Vier soorte stafies kom in die oë van voëls voor wat die volgende tipes lig kan waarneem: Rooi,

groen, blou en UV (tetrachromaties). Voëls kan dus soos mense, die gewone kleure waarneem, maar

kan daarby ook nog UV lig waarneem. Voëls wat vir ons redelik kleurloos mag voorkom het

dikwels helder kleurareas in UV. Hierdie UV-sigbare kleure onderskei die geslagte vir mekaar.

Die kestrels (´n groepie valkspesies) kan die UV-reflekterende urienspoor van hulle knaagdierprooi

sien. Hulle gebruik hierdie spore dan om hulle prooi te vind.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 3

Voëls knip nie hulle oë nie, maar daar is ´n spesiale vlies (die nikterende membraan) wat horisontaal

oor die oogbal bweeg om die oog te smeer. By watervoëls word die nikterende membraan as ´n

soort van ´n kontaklens (wat maak dat die voël beter onder die water kan sien) gebruik wanneer die

voël duik, en ook om die oog onder te water te beskerm.

Die meeste voëls kan nie hulle oë beweeg nie en moet hulle koppe draai om die sigveld te verander.

Voëls met oë weerskante van hulle koppe het ´n baie wye sigveld. Voëls met hulle oë aan die

voorkante van hulle koppe (uile) het binokulêre visie en kan afstand baie goed skat.

Geslagsbepaling: Die geslag van voëls word bepaal deur die Z en W chromosome (en nie deur die

X en Y chromosome soos by soogdiere nie). Mannetjies is ZZ en die wyfies is WZ.

Veredos

Vere maak vlieg moontlik, maak swem en duik moontlik, word gebruik as vir termo-insulasie,

kamoeflering en vertoon.

Vere is epidermale groeisels en ontstaan uit die pterylae. Die verspreiding van die pterylae kan help

met die identifikasie en klassifikasie van voëls.

Die rankskikking en voorkoms van die vere van ´n voël (veredos) word beïnvloed deur die

ouderdom van die voël, die sosiale status, die geslag, en die seisoen.

Ververing vind gewoonlik een keer per jaar plaas om die ou vere te vervang. In sommige spesies

gebeur dit twee keer paar. By die groot roofvoëls kan verskeie jare verloop voordat hulle verveer.

Ververingspatrone varieer volgens die voëlsoort. By party soorte word die vliegvere een vir een

vervang, saam met die dekvere vir daardie besondere vliegveer. Ganse en eende verloor al hulle

vliegvere gelyktydig wat veroorsaak dat hulle dan vir ´n tydperk nie kan vlieg nie.

By baie soorte voëls verloor die wyfie baie van haar buikvere om ´n kaal kol te laat – die broeikol.

Hierdie gebied is besonder goed voorsien van bloedvate en is dus lekker warm, en maak die eiers

lekker warm wanneer die voël broei.

Die onderhoud van vere word gedoen deur dit met die snawel te kam. Ongeveer 9% van ´n voël se

lewe word aan die kamproses gewy. Hierdie kamproses verwyder vuilighede uit die vere, en word

ook gebruik om wasagtige afskeidings van die uropigiale klier an die vere toe te dien. Die

wasafskeiding hou die elastisiteit van die vere in stand en onderdruk ook die groei van

mikroörganismes wat die vere kan beskadig.

Skubbe van voëls

Voëls het skubbe op die dele van hulle bene wat nie deur vere bedek word nie. Hierdie skubbe is

waarskynlik verwant aan die van reptiele en soogdiere.

Vlieg

Meeste voëls kan vlieg en vlieg is dan ook die primêre metode van beweging vir hulle. Dit word

onder andere gebruik vir voortplanting, vlug, voeding en migrasie.

Voëls het verskeie aanpassings wat vlieg moontlik maak insluitende ´n baie ligte skelet, twee groot

vliegspiere (pectoralis) wat ongeveer 15% van die liggaamsmassa uitmaak sowel as vlerke. Die

respiratoriese stelsel maak ´n hoë metaboliese tempo moontlik wat genoeg energie kan voorsien vir
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 4

vlieg.

Die vorm en grootte van vlerke het ´n invloed op die tipe vlieg wat deur ´n voëlspesie uitgevoer

word. Baie voëls kan vlieg deur hulle vlerke te klap (energie-intensief), of kan sweef (wat min

energie gebruik).

Ongeveer 60 voëlsoorte wat nie kan vlieg nie is bekend.

Aktiewe tye

Die meeste voëls is aktief in die dag en rus in die nag (¨diurnal¨). Sommige soorte (uile en naguile)

is nagdiere (¨nocturnal¨) en jag in die nag en rus in die dag, of is krepuskulêr (aktief in die

skemerte). Van die kus-waadvoëls se aktiwiteit word deur die gety bepaal eerder as deur lig of

donkerte.

Diëet en voeding

Verskillende soorte voëls eet verskillende materiale. Van die dinge

wat deur voëls geëet word is die volgende: Nektar, sade vrugte,

blare, klein tot groterige diere (arthropoda, amphibia, reptilia,

voëls, soogdiere) en aas. Voëls het nie tande nie, en daarom is hulle

spysvertering-stelsels aangepas om ongekoude kos te kan verteer.

Voëls gebruik verskillende strategieë om hulle kos te bekom:

Vroetel en krap vir insekte, vrugte en sade

Val insekte skielik van ´n tak af aan.

Nektarvoeders gebruik hulle spesiaal aangpaste snawels en

tong om nektar te bekom.

Kiwi´s, standvoëls en waadvoëls snuffel met hulle spesiaal

aangepaste snawels in water, modder en onder klippe en

rotse

Pikkewyne en duikende eende en ander duikende voëls

agtervolg hulle prooi onder die water. Lugpredatore soos

visvangertjies duik van bo af in die water in.

Sommige eende en pelikane is filtrasievoeders.

Ganse en sommige eende is beweiders.

Kleptoparasitisme (steel kos by ander voëls) word dikwels

toegepas (seemeeue). Dit is nie die hoofmetode van voeding

nie, maar vul net diëet aan.

Voëls kan ook aas as kos gebruik. Daar is spesialiste

(aasvoëls) wat uitsluitlik van aas lewe, en ander (seemeeue)

waar die aas net die diëet aanvul (opportuniste).

Water

Baie voëls is aangepas sodat hulle met min water kan klaarkom.

➔ Omdat die meeste voëls urikotelies is, en dus nie

vloeistofuriene het nie, verloor hulle baie min water deur

urinering.

➔ Verder het voëls nie sweetkliere nie, en bespaar op hierdie

metode water.

Snawelaanpassings van

voëls

➔ Sommige voëlsoorte kan hoë liggaamstemperature sonder enige nadeel weerstaan en het dus

nie water vir afkoeling nodig nie.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 5

➔ Party woestynvoëls het so min water nodig dat hulle behoeftes voldoen word deur die

vloeistof in hulle prooi en die metaboliese water wat hulleself produseer.

➔ Baie seevoëls kan seewater drink en die oormaat soute deur spesiale soutkliere uitskei.

Gewoonlik neem voëls water in deur dit in hulle snawels op te skep, en dan hulle kop op te lig sodat

die water in hulle kele kan afloop. Sommige voëls, veral die wat in droë gebiede voorkom, kan

water opsuig en insluk sonder om hulle koppe op te lig – baie duiwe, muisvoëls en vinke beskik oor

hierdie vermoë. Party voëls kan hulle vere natmaak deur te bad, en dra dan water vir hulle kleintjies

aan met hulle nat vere.

Afkoeling by voëls

Voëls het nie sweetkliere nie en kan hulleself dus nie afkoel deur te sweet nie. Hulle kan darem in

die koelte gaan staan. Hulle kan ook in water gaan staan of bad. Verder kan hulle ook hyg.

Sommige reiers en aasvoëls sal ook op die skubberige dele van hulle bene ontlas sodat hulle deur

verdamping kan afkoel (¨urohidrose¨).

Migrasie

Baie voëlspesies migreer om die beste gbruik te maak van

seisoenale temperatuurverskille, en so die optimum

gebruik te maak van voedingsbronne en broeigeleenthede.

Verskillende tipes migrasie kom voor.

Migrasies tussen die Noordelike en Suidelike halfronde:

Sommige voëlsoorte het lang migrasies tussen die

Noordelike en die Suidelike halfrond. Die snellers vir

hierdie migrasies is gewoonlik daglengte of temperatuur.

Hulle broei slegs in een van die halfrondtes. So ´n

migrasie vereis baie energie, en wanneer landvoëls oor

woestyne of oor die see vlieg, kan hulle nie land om te eet

nie. Daarom gaar hierdie voëls baie vet op voordat die

migrasie begin. Verder word baie van hulle organe kleiner

om gewig te bespaar. Sommige landvoëls het ´n non-stop

vlugafstand van ongeveer 1 600 km, sommige strandvoëls

ongeveer 4 000 km, en die ¨Bar-tailed Godwhit¨

ongeveer 10 200 km. Seevoëls onderneem ook

lang migrasies. Sommige albatrosse migreer tussen

die Noordpool en die Suipool. Hulle kan darem

kos uit die see uit kry tydens die migrasies.

Korter migrasies: Gewoonlik om slegte weer te

vermy of om kos te kry. In hierdie geval kan ´n

mens die voëls miskien een jaar in ´n sekere

gebied kry, en dan in opeenvolgende jare in ander

gebiede. Hoogtemigrasies is waar die voëls die

broeiseisoen hoog bo seevlak verkeer en die ander

dele van die seisoen laer bo seevlak. Sommige

voëls is nomadies en swerf gedurig rond.

Migrasieroetes van die ¨Bar-tailed

Godwhit¨

´n ¨Bar-tailed Godwhit¨

Voëls beskik oor ´n verstommende vermoë om oor groot afstande weer na presiese plekke terug te

keer. Verskillende navigasiemetodes word gebruik. Spesies wat die son as rigtingwyser gebruik, het
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 6

´n ingeboude ¨horlosie¨ waarmee hulle kompenseer vir die beweging van die son deur die dag. In

die nag gebruik hulle die sterre as rigtingwyser. Sommige voëls kan geomagnetisme waarneem en

dit gebruik om hulle ander metodes van navigasie te ondersteun.

Kommunikasie

Hoofsaaklik visueel en ouditief. Die kommunikasie kan intraspesifiek (tussen lede van dieselfde

spesie) of interspesifiek (met lede van ander spesies) wees.

Veredos: Die veredos kan gebruik word om sosiale dominansie te verkry en te interpreteer, om

voortplantingstatus te sein, om dreigvertonings te lewer, om roofvoëls na te boots (om predasie af te

weer en om klein voëltjies te beskerm). Die veredos word ook gebruik om die lede van dieselfde

spesie te kan herken. Verder word die veredos gebruik in geritualiseerde vertonings wat aggressie of

onderworpenheid kan aandui. Uitgebreide geritualiseerde vertonings kom veral tydens die

paringsgedrag voor waar veredosvertonings met komplekse ¨danse¨ gekombineer word.

Klank: Voëlroepe en voëlsang (geproduseer in die syrinx) is ´n belangrike kommunikasie-metode.

Hierdie kommunikasie kan baie kompleks wees. Party voëls het die vermoë om die twee kante van

die syrinx onafhanklik te beheer, en om dus twee liedjies glyktydig voort te bring. Voëlroepe en

sang word gebruik om: maats aan te lok, potensiële maats te evalueer, om bande tussen individue te

vorm en te onderhou, die afbakening en onderhoud van territoriums, die opspoor van individue

(soos wanneer ouers hulle kinders in groot kolonies eien), en om te waarsku wanneer gevaar dreig

(alarmroepe). Die alarmroepe kan so ontwikkeld wees dat dit ander voëls inlig oor die spesifieke

tipe gevaar. Meganiese klanke (soos die kapgeluide van houtkappers en spegte, of die vlerkgeklap

van die klappertjies) word ook vir kommunikasie gebruik.

Tropvorming (swermvorming)

Baie voëlsoorte leef hoofsaaklik alleen, of in pare,

of in klein familiegroepies. Ander soorte versamel

in groot swerms. Daar word gedink dat die

voordeel van swerms in die groot getalle lê (¨safety

in numbers¨), en ook daarin dat die swerm meer

effektief kan voed. Hoe meer oë daar is om waar te

neem, hoe vroër kan ´n predator waargeneem

word. Gemengde swerms (min lede van elke soort)

word juis om hierdie redes aangetref. Die

veiligheidswaarnemings is baie effektief in sulke

swerms, maar daar is min kompetisie vir

hulpbronne. Nadele van swermvorming kan wees

dat minder dominante lede geboelie kan word, en

ook kompetisie vir bronne.

Rooibek-kweleas kan in troppe van

tienduisende voorkom

Assosiasie met nie-voël spesies kom ook voor.

Voëls wat jag deur in die see in te duik, vlieg dikwels saam met dolfyne of tuna wat skole kleiner

vis na die oppervlak dryf.

Rus en slaap

Voëls het dikwels ´n onrustige metode van slaap (“waaksaam slaap¨) waar hulle af en toe ´n bietjie

rondkyk. Dit het tot gevolg dat as daar gevaar dreig, dat ´n lid van die trop dit kan waarneem en

alarm kan maak.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 7

Windswaels kan vlieg terwyl hulle slaap. Tydens hierdie vlug draai hulle hulle gesigte in die wind

in en sweef teen die wind.

Sommige voëls het die vermoë om net een helfte van die brein op ´n keer te laat slaap. Die ander

helfte van die brein bly wakker en kan oplet vir gevaar. Die voëls aan die buitekant van ´n trop bly

op hierdie metode op wag. Dit is selfs moontlik dat ´n enkele voël sy breinhelftes om die beurt kan

laat slaap en op die metode steeds waarnemings vir vyande kan maak.

Baie voëls buig hulle nekke na agter en steek hulle snawels tussen hulle rugvere in wanneer hulle

slaap. Ander weer steek hulle snawels tussen hulle borsvere in. Party soorte staan op een been

terwyl hulle slaap en ander weer sit plat terwyl hulle slaap. Voëls wat op takke sit en slaap het ´n

tendonsluitingsmeganisme wat hulle pote om die tak vassluit sodat hulle nie afval nie. ´n Paar

soorte pappegaaie hang onderstebo van takke af terwyl hulle slaap. Party soorte voëls gaan in ´n

staat van verlaagde metabolisme in terwyl hulle slaap.

Voortplanting: Sosiale stelsels

Die meeste voëlsoorte is monogaam – ´n paar bly saam vir die broeiseisoen. Sommige voëls bly

pare vir lewenslank. Monogamie het tot gevolg dat daar twee ouers is wat die kleintjies versorg, en

wat dus die kans op suksesvolle volwassewording verhoog. Ontrouheid kom wel ook voor, veral by

sekere van die monogame voëlsoorte, asook vorms van verkragting (veral by eende).

Ander sosiale stelsels wat by voëls aangetref word is:

➢ Poligenie - ´n mannetjie het meer as een wyfie. Kom voor waar die wyfie maklik genoeg die

kleintjies self kan grootmaak (geelvinke, langstertflappe, koning-rooibekkies)

➢ Poliandrie - ´n wyfie het meer as een mannetjie.

➢ Poligamie – al die mannetjies en wyfies is vir mekaar beskikbaar (hoenders)

➢ Poliginandrie - ´n Groep mannetjies en wyfies is broeimaats.

➢ Promiskuïeteit – toevallige kopulasie sonder die bedoeling van voortplanting

Sommige spesies gebruik meer as een van hierdie stelsels afhangende van omstandighede.

Voortplanting: Territorialiteit

Baie voëlsoorte beskerm ´n territorium teen lede van dieselfde spesie in die broeityd. Op hierdie

metode maak hulle seker dat daar genoeg kos vir die kleintjies sal wees. Ander voëlsoorte, veral die

seevoëls, is nie territoriaal nie, en broei in groot swerms. Dit word vermoed die saambroeiery

beskerming teen predatore verleen.

Party voëltjies sal ´n territorium nie net teen lede

van hulle eie spesies beskerm nie, maar ook teen

lede van ander spesies. Voorbeelde hiervan is die

paradysvliëevanger en die koning-rooibekkie.

Voortplanting: Neste

Voëleiers word gewoonlik in neste gelê. Die neste

is heel dikwels ingewikkelde strukture –

koppievormig, bolvormig, plate, holtes in die

grond, tonnels, geweefde strukture, en ook groot

hope materiaal. Sommige voëls se neste is baie

primitief. Albatrosneste is niks meer as ´n paar

skraaphale in die grond nie. Die meeste voëls bou

hulle neste op onopsigtelike plekke om predasie te

´n Versamelvoëlnes - ´n ¨woonstelblok¨ wat

honderde neste kan bevat.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 8

vermy, maar kolonievoëls se neste is dikwels baie opsigtelik, miskien omdat hulle saam die neste

goed kan verdedig. Sommige spesies bou hulle neste van plantmateriaal wat stowwe bevat wat

parasiete kan inhibeer en op hierdie metode word die kleintjies beskerm. Vere word algemeen

gebruik vir insulasie van die neste.

Sommige voëlspesies het nie neste nie. Die eiers word sommer direk op grond of rots gelê. Die

koningpikkewyn se eiers word op die mannetjie se voete gelê en ook daar uitgebroei.

Voortplanting: Eiers

Amnioties, met harde doppe wat hoofsaaklik uit kalsiumkarbonaat bestaan.

Voëls waarvan die neste gate of tonnels is, lê gewoonlik wit eiers. Spesies wat eiers in oop neste lê,

se eiers is gewoonlik gekamoefleerd. Daar is egter baie uitsonderings – naguiltjies se eiers is wit,

maar die wyfie verskaf die kamoeflering op die nes deur haar veredos (sy sit die hele dag op die nes

en jag in die nag). Spesies wat deur broeiparasiete aangeval word, het dikwels eiers wat helder en

varierende kleurpatrone het. Die parasietwyfie los sulke neste uit want sy moet eerder neste gebruik

waarvan die eiers dieselfde kleurpatroon as haar eie het.

Voortplanting: Broei

Die broeiproses begin gewoonlik wanneer al die eiers gelê is (1 tot 20 of meer). In monogame

spesies maak die mannetjies en die wyfies gewoonlik beurte om te broei. In poligame spesies is dit

broeiproses gewoonlik die verantwoordelikheid van die wyfie.

Die broeiproses optimeer die temperatuur wat nodig is vir die embrio´s om te ontwikkel. Die hitte

word van die liggaam van die broeiouer oorgedra na die eiers, gewoonlik deur die broeiarea (´n kaal

kol op die romp van die ouer).

Die broeiproses vereis baie energie – albatrosse verloor ogeveer 83g liggaamsmassa vir elke dag

wat die broeiproses duur. Sommige voëls sit nie op die neste en broei nie. Hamerkoppe bou groot

komposhope waarin die eiers gelê word en die hitte wat tydens die kompostering vrygestel word

broei die eiers uit. Die wyfie kan die broeitemperatuur stel deur die kompos meer te maak of

daarvan weg te krap. Ander voëls gebruik die hitte van die son om die eiers uit te broei, of selfs die

hitte van vukaniese rotse.

Elke voëlsoort het ´n spesifieke inkubasietyd voordat die kuikens uitbroei. Dit wissel van ongeveer

10 dae vir die koekoeke en houtkappers en tot 80 dae vir die albatrosse en kiwi´s.

Voortplanting: Ouerlike sorg

Pas-uitgebroeide voëlkuikens is gewoonlik klein, blind,

naak en hulpeloos (altrisiaal). Sommige voëlkuikens kom

uit die eiers met vere, is omtrent dadelik mobiel, en kan

goed sien (prekosiaal). Kuikens tussen hierdie twee

uiterstes kan semi-altrisiaal of semi-prekosiaal wees.

In die Orde Galliformes is daar die Familie:

Megapodiidae (groot voete, kom voor in australasië)

waarvan die lede besonder prekosiaal is. Hierdie voëls

broei nie op die eiers nie maar gebruik die

komposhooptegniek, geotermiese energie, of die hitte van

die son om die eiers uit te broei. Een van die ongewone

Die Australiese boskalkoen – hoogs

prekosiaal
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 9

eienskappe van die kuikens is dat hulle nie eiertande het nie – hulle breek die eiers sommer met

hulle kragtige voete oop en grou dan uit die nes uit. Hulle word gebore met goeie sig, goeie

liggaamsköordinasie en krag, en met uitgegroeide vlerkvere. Kort na hulle geboorte begin hulle al

jag, en op die dag van geboorte kan hulle al vlieg. Hierdie is die mees prekosiale voëls wat bekend

is. Ouersorg is nie nodig nie, en word ook nie verskaf nie.

Die groot Frigatvoël verteenwoordig die ander kant van die

spektrum. Dit duur ses maande voordat die kuikens kan vlieg,

en daarna versorg die ouers hulle vir nog 14 maande.

In sommige gevalle sorg beide ouers vir die kuikens. In ander

spesies is ouersorg die verantwoordelikheid van net een van

die ouers. By nog ander voëlsoorte help naby verwante

(gewoonlik kuikens van vorige broeisels) om vir die kuikens

te sorg. By ´n familiegroep rooibek-kakelaars broei net die

dominante wyfie, en die res van die groep help om die

kuikens te versorg.

Die ouderdom waarop kuikens kan vlieg varieer baie. Ons het reeds die Megapodiidae beskou.

Ander kuikens kan die dag na geboorte reeds vlieg en volg dan hulle ouers.

Eendjies kan dikwels reeds op ´n ouderdom van ´n dag of twee al swem en bring dan baie tyd op die

water deur om te voed en om predatore te vermy.

Sommige kuikens ontvang nog redelik baie ouerversorging nadat hulle die nes verlaat, en ander

ontvang geen ouerversorging nie.

Voortplanting: Broeiparasitisme

Die verskynsel waar ´n voëlwyfie nie self nes maak nie, maar haar

eiers in ´n ander voël se nes lê. Die ander voël broei dan die eiers uit

en maak die kleintjies groot. ´n Mens kry obligate broeiparasiete waar

die parasietwyfie glad nie in staat is om self te kan nesmaak nie, en

nie -obligate broeiparasiete waar die parasietwyfie wel self kan

kuikens grootmaak, maar haar eiers in die neste van nabyverwante

voëls lê om haar nageslag so groot as moontlik te maak. Die

parasitiese eiers broei gewoonlik voor die gasheereiers uit, en die

parasitiese kuiken skop dikwels die gasheerkuikens uit die nes uit of

maak hulle dood om te verseker dat hulle al die kos kry. Bekende

parasitiese Suid-Afrikaanse voëls is die Vleiloerie, die Piet-my-vrou

en die Diederikkie.

Ekologie

Voëls vervul ´n wye reeks ekologiese funksies. Sommige voëls is

generaliste, en ander is hoogs gespesialiseerd in hul habitat of

Groot Frigatvoëlmannetjie besig

om te vertoon

´n Koek-koekkuiken word

deur ´n pleegmoeder

versorg.

kosvereistes. Woudvoëls kan vrugtevreters, insekvreters of nektar-eters wees. Watervoëls kan

igtiofagies (viseters), plantvretend of kleptoparasities wees. Roofvoëls kan spesialiseer op die jag

van soogdiere of op die jag van ander voëls. Aasvoëls is aasvreters.

Sommige nektarvoeders is belangrike bestuiwers, en baie vrugtevreters is belangrike

saadverspreiders.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 10

Interaksies met mense: Algemeen

Voëls is volop en maklik sigbaar, en daarom was daar al van vroeg af interaksies met mense.

Somtyds is die interaksie mutualisties, soos met die heuningwysers wat vir mense byneste wys. Die

mens kry die heuning en heuningwyser die bylarwes. Somtyds is die interaksies kommensaal, soos

in die geval van die huismossie wat voordeel trek uit menslike aktiwiteite, terwyl die mens grootliks

onbeïnvloed gelaat word. Sommige voëlspesies is belangrike landboukundige peste. Ander bemors

stede, en nog ander is gevaarlik vir die lugvaartbedryf. Mense kan natuurlik ook gevaarlik wees vir

voëls en was dan al ook verantwoordelik vir die uitwissing van voëlspesies deur jag en

habitatvernietiging. Op hierdie metodes sal mense waarskynlik nog baie voëlspesies uitwis.

Voëls is dikwels ook vektore (draers) van siektekieme. Voorbeelde van siektes wat deur voëls

versprei word is psittakose (Chlamydophila psittaci), salmonellose (verskeie Salmonella spp.),

campylobacteriose (verskeie Campylobacter spp.), voëlgriep, giardiase (Giardia lamblia) en

cryptosporidiose (Crytosporidium spp.). Sommige hiervan is zoönoses, en kan na mense oorgedra

word.

Interaksies met mense: Ekonomiese belang

Pluimvee, deur hulle vleis en eiers is die belangrikste bron van dierlike proteïen. In 2003 was daar

76 miljoen ton hoendervleis en 61 miljoen ton eiers in die wêreld geproduseer. Die meeste hiervan

was vanaf hoenders, maar kalkoene, ganse en eende het ook belangrike bydraes gemaak.

Baie voëlspesies word gejag. Hierdie jag is hoofsaaklik vir ontspanningsdoeleindes, maar in arm

wêrelddele is dit om kos te bekom. Die voëlsoorte wat gejag word is hoofsaaklik fisante, wilde

kalkoene, kwartels, duiwe en patryse.

Ander belangrike produkte afkomstig van voëls is dons (vanaf ganse en eende, vir die maak van

klere, verekomberse en kussings) en guano (goed verotte mis van seevoëls) vir bemesting.

Interaksies met mense: Ontspanning

Voëls word ook mak gemaak en aangehou vir verskillende redes:

✗ Kleurvolle voëls soos pappegaaie word geteel as troeteldiere. Ongelukkig word baie van

hulle nog in die natuur gevang en na ander lande gesmokkel. Hierdie onwettige handel

veroorsaak dat sulke voëls stadigaan uitgeroei word.

✗ Valke en kormorante word al eeue gebruik vir jag – hoofsaaklik vir ontspanning.

✗ Posduiwe – hoofsaaklik geteel vir ontspanning en wedrenne.

✗ Voëlkykery. Baie volop en belangrike stokperdjie want dit lei tot bewaring en versorging

van voëls.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 11

Eksterne anatomie

1. Snawel

2. Kop

3. Iris

4. Pupil

5. Mantel

6. Kleiner dekvere (bedek ander vere)

7. Skapulêre vere

8. Mediaan dekvere

9. Tertials

10. Romp

11. Primêre vliegvere

12. Anus (vent)

13. Dy

14. Tibio-tarsale artikulasie

15. Tarsus

16. Voet

17. Tibia

18. Onderkant

19. Flank

20. Bors

21. Keel

22. Lel
LIFE 211: Klasaantekeninge – 21 April 2012 Bladsy 12

Vlerkvere