02.09.2013 Views

Platyhelminthes

Platyhelminthes

Platyhelminthes

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LIFE 211: Klasaantekeninge – 10 Maart 2012 Bladsy 1

Phylum: Platyhelminthes

(Grieks: Plat – plat, helminth – wurm. Dus plat wurms)

Taksonomiese posisie van Platyhelminthes (hersiening)

Ryk: Animalia

Phylum: Poriphera (sponse)

Phylum: Cnidaria (hydra, jellievisse, see-anemone, korale)

Phylum: Platyhelminthes (Platwurms)

Phylum: Nematoda (rondewurms)

Phylum: Annelida (erdwurms)

Phylum: Mollusca (slakke, seekatte, chitons)

Phylum: Arthropoda (insekte, krappe, krewe, spinnekoppe)

Phylum: Echinodermata (seesterre, seekomkommers)

Phylum: Chordata (tunicate en vertebrate, amfibiërs, reptiele, voëls, soogdiere)

Indeling van die phylum Platyhelminthes

(vereenvoudig)

Phylum: Platyhelminthes

Klas: Turbellaria (byvoorbeeld Planaria)

Klas: Trematoda (byvoorbeeld die lewerslakke,ook bekend as “botte”)

Klas: Cestoda (lintwurms)

Klas: Monogenea (parasiete van visse – kiewe en vel)

Kenmerke

Redelik eenvoudige sagte bilateraal-simmetriese ongesegmenteerde invertebrate. Hulle het onderskeibare bokante en

onderkante, en ook voorkante en agterkante.

Tripoblasties en aselomaties (geen liggaamsholte). Beskik nie oor gespesialiseerde sirkulatoriese en respiratoriese

stelsels nie.

Algemene eienskappe van Platyhelminthes

Grootte: Die gebrek aan sirkulatoriese en respiratoriese stelsels plaas beperkings op die grootte en vorm van die

Platyhelminthes. Baie van hulle is mikroskopies klein, en die groteres is plat en lintagtig of blaaragtig, sodat

voedingstowwe en suurstof deur diffussie deur die liggaam kan versprei. Die ingewande van die groter spesies is

veelvuldig vertak deur die hele liggaam sodat voedingstowwe maklik na al die selle toe kan diffundeer.

Respirasie deur die hele liggaamsoppervlak maak dat die Platyhelminthes maklik kan uitdroog, en dit beperk hulle tot

klam of waterige omgewings (see en varswater, klam grond en blaarreste, die binnekant van die liggame van ander

diere).

Mesenchiem: 'n Tipe bindweefsel wat uit al drie die kiemlae ontwikkel, en wat ongedifferensieerd is. Bestaan uit selle

versterk met kollageenvesels.

Anders as die Porifera en die Cnidaria beskik die Platyhelminthes oor mesenchiem. Die kollageenvesels van die

mesenchiem verskaf aanhegtingsplekke vir spiere. Die interne organe is in die mesenchiem geleë. Suurstof,

voedingstowwe en afvalstowwe kan maklik deur die mesenchiem diffundeer. Stamselle word in die mesenchiem

aangetref. Dit is ongedifferensïeerde selle wat in enige ander seltipe kan ontwikkel en wat gebruik word vir

ongeslagtelike voortplanting en weefselherstel.

Vertering: Die verteringstelsel is uitgevoer met ´n enkellaag endodermis selle wat verterings-ensieme uitskei en wat

voedingstowwe opneem.

Anusse: Die meeste Platyhelminthes beskik nie oor ´n anus nie, en voedselreste word deur die mond uitgeskei.

Sommige van die lang spesies het wel ´n anus, en sommige spesies met hoogs-vertakte verteringstelsels het meer as een

anus.

Osmotiese balans: Vlamselle in die mesenchiem ekstraheer water met afvalstowwe (en ook nog bruikbare stowwe) uit

die mesenchiem en versprei dit in ´n netwerk van buise wat uitgevoer is met flagella en mikrovilli. Die flagella stuur die

water na uitskeidingsopeninge, die nefridioporieë. Mikrovilli in die netwerk van buise herwin die bruikbare verbindings

en soveel water as wat nodig is om die osmotiese balans te handhaaf.

LIFE 211: Klasaantekeninge – 10 Maart 2012 Bladsy 2

Senustelsel: Die Platyhelminthes het nie regte breine nie, maar die senustelsel is tog meer gekonsentreer in die

kopgedeelte, en word somtyds as die brein aangedui.

Klas: Turbellaria

Hoofsaaklik predatories, maar ´n paar parasitiese en simbiotiese vorms kom voor. Vrylewend, behalwe vir die

parasitiese en simbiotiese vorms. Hoofsaaklik nagdiere en leef veral in verrottende plantmateriaal. Gewoonlik grys of

bruin van kleur, maar helderkleurige vorms word ook aangetref.

Pseudoceros dimidiatus - ´n helderkleurige turbellarium

Turbellaria beskik nie oor ´n kutikula nie (beskermende dooie lagie oor die liggaamsoppervlak). Die buitenste vellagie

is somtyds ´n sinsitium (groot selle met baie kerne). Gewoonlik is die buitekant ´n enkele sellaag met baie cilia. Kliere

onder die vel skei skei slym en ander stowwe uit na buite.

Klein akwatiese spesies swem met die cilia op hulle oppervlaktes, groter spesies kruip, of gly met ´n spesiale voet.

Ander grou in die grond in, en steek hulle koppe uit om te voed. As daar gevaar dreig, trek hulle terug in hulle gate.

Sommige grondwonendes skiet ´n tou van mukus uit wat verderweg aan ´n substraat anker en hulle kan dan teen die

slymtou klim na hulle bestemming.

Sommige Turbellaria het sulke effektiewe endosimbionte dat hulle nooit hoef te eet nie. Ander Turbellaria se ingewande

is uitgevoer met ´n sinsitium. Hierdie groep vee klein voedseldeeltjies en protista of bakterieë in hulle monde in (wat

gewoonlik in die middel van hulle onderkante gelee is) wat dan deur die sinsitium verteer word. Die ander Turbellaria

het farinkse wat uitgestulp kan word en om die prooi kan vou. Wanneer die farinks teruggetrek word, word die prooi

dan geïngesteer. Die monde van hierdie soorte kan op enige plek aan die onderkant van die liggaam wees. Sommige

soorte Turbellaria kan hulle monde omtrent so groot oopmaak as wat hulle liggame lank is, en kan prooi wat omtrent net

so groot soos hulleself is ingesteer..

Die meeste Turbellaria beskik oor ¨ocelli¨ (klein ogies). Dit is nie werklik oë nie, maar is eerder pigmentbevattende

holtes. Ocelli kom in pare voor, en die meeste Turbellaria het een paar daarvan. Sommiges het twee of drie pare ocelli.

Van die groter soorte het baie ocelli wat uitsteeksels op die kop gedra word, of wat die rand van die liggaam omsoom.

Die ocelli kan die rigting waarvandaan lig kom waarneem, en dan beweeg die organisme weg daavan.

Planaria is ´n lid van die Turbellaria wat algemeen in varswaterstroompies en dammetjies aangetref word. Hulle wissel

in grotte van ´n paar mm tot ongeveer ´n cm in lengte.

LIFE 211: Klasaantekeninge – 10 Maart 2012 Bladsy 3

Planaria is beroemd vir hulle vermoë om te kan regenereer. As ´n mens hulle in stukkies sny, ontwikkel elke stukkie

gewoonlik weer in ´n volledige Planaria.

Voortplanting

Baie lede van die Turbellaria kloneer hulleself deurdat hulle in die lengte in twee kan verdeel.

Die Turbellaria is hermafrodities (tweeslagtig, met bevrugting deur kopulasie). Wanneer die eiers uitbroei lyk die

nageslag net soos die ouers (net kleiner), of hulle het ´n planktonfase voordat hulle volwasse word.

Klas: Trematoda

Parasietiese wurms van slakke en van vertebrate, hoofsaaklik tweeslagtig en kan seksueel en aseksueel voortplant. In

die volksmond staan hulle bekend as ¨botte¨ of as ¨slakke¨ - bv lewerbot, of lewerslak. Hulle het ´n plat, dikwels

blaaragtige vorm.

Ongeveer 12 000 spesies is bekend, almal parasiete. Net sommiges van hulle kan mense aanval, maar dis erg genoeg,

want in totaal infekteer hulle sowat 200 miljoen mense. Die belangrikstes is die volgende:

Fasciola hepatica (lewerslak)

Schistosoma haematobium (bilharzia by mense)

Schistosoma mansoni (bilharzia by mense)

Schistosoma japonicum (bilharzia by mense)

Die lewensiklus is gewoonlik ingewikkeld en benodig meer as een gasheer. Die primêre gasheer (die een waarin

geslagtelike replikasie plaasvind) is lede van die Mollusca. Eiertjies van die Trematode word saam met die gasheer se

feces in water uitgeskei, die eiertjies ontwikkel in larfies, en die larfies infekteer die tussengasheer waarin

ongeslagtelike voortplanting dan geskied.

LIFE 211: Klasaantekeninge – 10 Maart 2012 Bladsy 4

Bilharzia

S. haematobium en S. mansoni word in die noordelike dele van Suid-Afrika gevind.

Eiertjies van die bilharzia-parasiet word in water uitgeskei in die uriene van die geïnfekteerde mense (1a en 1c).

Miracidia word vrygestel (2). Die miracidia dring die slakgasheer (Biomphalaria pfeifferi en Bulinus globosus in Suid-

Afrika) binne (3). Twee geslagte sporosiste ontwikkel in die slak (4). Cercaria word deur die slakke vrygestel in water,

swem rond (5) en dring die mensgasheer binne (6). Die cercaria verloor hulle sterte en ontwikkel in schistosomulae (7).

Die schistosomulae is bloedlewend en migreer later na die lewer waar hulle volwasse word (8 en 9). Die volwasse

wurms migreer na die klein aartjies van die onderlyf (10). Die wurms produseer gedurig eiertjies wat deur die liggaam

versprei en deur die uriene en feces uitgewerp word, en wat weer die lewensiklus kan laat begin.

Miracidium: Klein vrylewende larfstadium. Kan nie voed nie en as dit nie die slakgasheer binne ongeveer 24h vind

nie, gaan dit dood.

Biomphalaria pfeifferi

Kleinerige slakkie ongeveer 2cm in deursnit wanneer volwasse, hou van stilstaande of stadigvloeiende water.

Bulinus globosus

Kleinerige slakkie, hou van stilstaande of stadigvloeiende water. Ongeveer 1 tot 2 cm hoog.

LIFE 211: Klasaantekeninge – 10 Maart 2012 Bladsy 5

Klas: Cestoda

Die lintwurms kom in hierdie groep voor. Taenia solium (die mens-vark lintwurm) veroorsaak dikwels infeksies by

mense.

Sistiserkose

´n Toestand wat ontwikkel waneer mense (of varke) eiers of larfies van Taenia solium ingesteer en hierdie eiers of

larfies na siste ontwikkel in die spiere of sentrale senuweestelsel (neurosistiserkose).

LIFE 211: Klasaantekeninge – 10 Maart 2012 Bladsy 6

Neurosistiserkose: NMR beeld van ´n mensbrein met sistiserkose.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!