LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 1 Weefsels Vier ...
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 1 Weefsels Vier ...
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 1 Weefsels Vier ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 1

Weefsels

Vier tipes weefsels word in diere aangetref: Epiteelweefsel, bindweefsel, senuweeweefsel,

spierweefsel

Epiteel

(Grieks: Epi = bo-op; theli = weefsel)

Aaneenlopende sellae wat die liggaamsholtes uitvoer, en die oppervlaktes van weefsels en organe

bedek. Dit kom ook voor in kliere waar dit verantwoordelik is vir die uitskeiding van baie hormone

en ensieme. Funksies van epiteel sluit in:

• Uitskeiding

• Selektiewe opname

• Beskerming

• Transsellulêre transport

• Sensore van ekstrasellulêre omstandighede

Die selle van die epiteel is styf teen mekaar gepak met behulp van digte sluitings en desmosome.

Epiteel is geleë op bindweefsel, maar is geskei van die bindweefsel deur die basale membraan.

Epiteel is geïnnerveerd, maar is nie gevaskuleerd nie. Dit ontvang dus voedingstowwe deur diffusie

vanaf die bindweefsel (deur die basale membraan).

Epidermis: Die epiteel wat die buitenste laag van die vel vorm.

(Grieks: Epi = bo-op; dermis = vel)

Endoteel: Die epiteel wat die binnewande van bloedvate (slagare, are, die binnekant van die hart)

bedek. Kapillêre vate bestaan slegs uit endoteel. Die eienskappe van die endoteelselle verlaag

turbulensie wanneer bloed vloei, en inhibeer ook die stolling van bloed. Struktureel is endoteel 'n

eenvoudige plaveiselepiteel.

Basale membraan

Verskaf die raamwerk waarop die epiteel voorkom. Dit is 'n dun lagie losweg geassosieerde vesels

en selle wat tussen die epiteel en bindweefsel voorkom.

Oriëntasie van epiteelselle

Die kante van epiteelselle wat teen die basale membraan geleë is, staan bekend as die basolaterale

kant van die sel. Die kante van die selle wat blootgestel is in die lumen is die apikale kante, of ook

genoem die apikale oppervlak.

Embriologiese ontwikeling van epiteel

Epiteel ontstaan uit al drie die kiemsellae:

• Ektoderm gee oorsprong aan die epidermis

• Endoderm gee oorsprong aan die epiteel van die gastro-intestiale stelsel.

• Mesoderm gee oorsprong aan die epiteel wat die liggaamsholtes se oppervlaktes bedek

(mesoteel), en aan die endoteel.

Opmerking: Kankers van die endoteel en die mesoteel staan bekend as sarkome, terwyl kankers van

enige ander epiteel bekend staan karsinome.

Klassifikasie van epiteel

Epiteel word geklassifiseer op grond van die volgende:
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 2

• Vorm

• Stratifikasie (meer as een sellaag)

• Spesialisasie (gekeratiniseer of gesillieer)

Elk van hierdie drie tipes kan eenvoudig (een sellaag dik) of kompleks (meer as een sellaag) wees.

Epiteelvorms:

• Plaveisel

• Kubies

• Silindries (kolom)

• Oorgangs

Tipes epiteel

• Plaveiselepiteel

• Eenlagige kubiese epiteel

• Eenlagige silindriese epiteel

• Pseudomeerlagige silindriese epiteel

• Meerlagige silindriese epiteel

• Meerlagige silindriese epiteel

• Meerlagige plat onverhoringende epiteel

• Meerlagige plat verhoringde epiteel

• Oorgangsepiteel

Epiteel en uitskeiding

Kliere word gevorm deur invouings van epiteel. Hierdie invouings wissel van eenvoudig tot

kompleks en kan in die onderliggende bindweefsel ingebed wees. Beide eksokriene en endokriene

kliere word deur epiteel gevorm. Eksokriene kliere skei hulle produk uit deur 'n buis. Endokriene

kliere se produk word direk op die klierepiteelopppervlaktes uitgeskei.

Sensoriese funksie van epiteel

Die cilia van epiteelselle kan reseptore bevat wat spesifieke chemiese verbindings kan opspoor,

hittesensitief kan wees, en ook meganiese trillings kan waarneem (bv in die oor).

Kulture van epiteelselle

Onder die regte omstandighede kan dierselle in flesse gekweek word (selkulture). Normale epiteel

wat in selkulture gekweek word behou hulle morfologie en kan dus op grond van hulle voorkoms

geïdentifiseer word in sulke kulture. Epiteelkankers verloor hulle tipiese morfologie en moet dus

met epiteeselmerkers geïdentifiseer word.

Digte sluitings

Dit is strukture aan die kante van epiteelselle, net onderkant

die apikale oppervlak, wat die die epiteelselle baie dig teen

mekaar sluit. Digte sluitings kan as 'n ring van sterk

aanhegting rondom epiteelselle, net onder die apikale

oppervlak gevisualiseer word.

Funksies van digte sluitings:

• Dit voorkom dat verbindings en organismes tussen die

epiteelselle deur beweeg. Dit het onder andere tot

gevolg dat verbindings net deur selle opgeneem kan

Voorstelling van 'n digte

sluiting
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 3

word en dat daar dus kontrole is oor wat opgeneem word en deur die liggaam versprei word.

Dit sluit ook die ingewandsorganismes uit van die res van die liggaam.

• Dit voorkom die beweging van integrale membraanproteïene tussen die basolaterale en

apikale oppervlaktes van epiteelselle. Dit het tot gevolg dat die verskillende kante van

epiteelselle verskillende funksies kan hê – bv. Reseptor-gemedieerde endositose aan die

apikale kant, en eksosositose aan die basolaterale kant.

Desmosome

Gelokaliseerde gebiede op seloppervlaktes waar selle styf aan mekaar gekoppel is.

'n Paar tipes epiteel

Beskrywing Voorstelling Plek

Plaveisel (eenlagig plat

onreelmatig)

(simple squamous)

Kerne maklik sigbaar.

Eenlagig kubies (breedte en

hoogte naastenby dieselfde).

Kerne naastenby in middel

Eenlagig silindries

(hoogte groter as breedte,

gesillieerd of nie). Kerne nader

aan basis van sel.

Pseudo-meerlagig silindries met

stereosilla

Oppervlaktes van die

peritoneale, pleurale en

perikardiale holtes. Ook wande

van kapillêre en alveoli,

filtrasiebuise van die niere

Kliertjies, nierbuisies,

tiroiedfollikels, ovaria

Lumen van dunderm – hierdie

selle bevat uitsteeksels, die

mikrovilli wat die oppervlakte

vir absorbsie van

voedingstowwe verhoog.

Maagslymvlies, Dikderm,

Galblaas, Endometrium.

Gehoorgang.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 4

Pseudo-meerlagig silindries met

sillia. Eenlagig, maar aangesien

die kerne op verskillende

vlakke gelee is, lyk dit

meerlagig.

Buise van Fallopius, uterus

Meerlagig silindries Buisies van submandibulere

speekselkliere

Meerlagig plat onverhoringd Slymvliese (binnekant van

mond, slukderm en dele van die

rektum)

Meerlagig plat verhoringd

(stratified squamous keratinized

epithelial)

Oorgangsepiteel (uroteel).

Meerlagig, selle kan oormekaar

skuif. As die orgaan gestrek is

lyk die epiteel enkelagig, as die

orgaan ingekrimp is lyk die

epiteel meerlagig

http://www.uoguelph.ca/zoology/devobio/210labs/epithelial1.html

http://en.wikipedia.org/wiki/Epithelium

Oppervlak van vel, ook mond

(tandvleis, dorsale vlak van

tong, harde palaat) en neus.

Vorm 'n sterk ondeurdringbare

laag.

Maak die oppervlakte uit van

weefsels wat baie kan rek

(blaas, ureter)

Die funksie van die blaas vereis dat die volume daarvan gedurig verander. Verduidelik die

aanpassing van die epiteel sodat hierdie verskynsel maklik geakkomodeer kan word?

Wat is die belang van epiteel vir die dierlike liggaam? Verwys spesifiek na die longe, die trachea en

die bloedhaarvate.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 5

http://www.gwc.maricopa.edu/class/bio201/histoprc/prac1q.htm

http://www.gwc.maricopa.edu/class/bio202/hematol/rbcwbcs.htm

Bindweefsel

Ontstaan uit mesoderm. Drie tipes bindweefsel word aangetref:

• Veselagtige bindweefsel

• Ondersteunende bindweefsel

• Vloeibare bindweefsel

Veselagtige bindweefsel

• Los bindweefsel (hou organe en epiteel in plek, bevat kollageen en elastien)

• Adipose weefsel (kussings, skokdemping, termiese insulasie, energiestoor – adiposiete)

• Digte veselagtige bindweefsel

Ligamente (bind bene aan bene, bestaan uit digte kollageenvesels, baie sterk)

Tendons (koppel spiere aan bene, bestaan uit digte kollageenvesels, baie sterk)

Ondersteunende bindweefsel

• Been (ondersteuning, beskerming, bestaan hoofsaaklik uit kalsiumfosfaat)

• Kraakbeen (hoofsaaklik in gewrigte, dien as kussings)

Hialien (deursigtig, ventrale punte van ribbe, larynx, trachea, bronchi, gewrigte)

Elasties (hialien met elastienvesels as versterking, buite-oor, larinks)

Vesel (plekke van hoe spanning (rugkussings), hoë digtheid kollageen, baie sterk!)

Vloeibare bindweefel

• Limf (vloeistof in limfvatstelsel, bevat onder andere witbloedselle en vet)

• Bloed as bindweefsel

Weefselvloeistof (vloeistof tussen weefselselle, bevat voeding- en afvalstowwe)

Rooibloedselle (vervoer suurstof)

Witbloedselle (beskerming teen infeksies en vreemde voorwerpe)

Bloedplaatjies (trombosiete, rol in bloedstolling)

Bloed

Soogdiere se bloed vertoon rooi (as gevolg van die teenwoordigheid van

rooibloedselle). Die basiese komponent van die bloed is 'n strooikleurige

vloeistof - die plasma - waarin die bloedselle (rooi en wit) voorkom. 'n

Volwasse mens bevat ongeveer 6 liter bloed.

Bloedplasma

Bestaan uit:

Voedingstowwe

Bloedselle

Elektroliete (opgeloste soute, veral NaCl)

Gasse (stikstof, suurstof, koolsuurgas)

Proteïene (albumien, teenliggame fibrinogeen, stollingsfaktore, proteïenhormone)

Afvalstowwe

Lipiede

Nie-proteïenhormone

Serum: Bloedplasma sonder fibrinogeen
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 6

Rooibloedselle

Ongeveer 4-5x10 9 /ml bloed

Rooibloedselfunksies

• Sintetiseer en stoor hemoglobien

• Vervoer suurstof van die longe

na die weefsels

• Vervoer koolsuurgas van die

weefsels na die longe

• Help om die bloed se pH op 7.4

te hou

Witbloedselle

Granulosiete

Basofille

Eosinofille

Neutrofille

Agranulosiete

Monosiete

Limfosiete

Sintese van bloedselle

Bloedseltipes

Funksies van haemoglobien

Haemoglobien is 'n ysterbevattende metalloproteïen. Elke haemoglobienmolekuul kan vier

suurstofatome bind. Dit vervoer suurstof vanaf die longe na die weefsels wat suurstof benodig vir

energieproduksie. Nadat hemoglobien vrygestel het vervoer dit weer koolsuurgas na die longe vir

uitskeiding. Ongeveer 10% van die koolsuurgas in die bloed word deur haemoglobien vervoer, in

die vorm van karbaminohaemoglobien.

Suurstof is oplosbaar in water, maar nie goed genoeg dat water alleen deur die liggaam gebruik kan
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 7

word vir suurstofvoorsiening nie. Die haemoglobien in die bloed verhoog die

suurstofvervoervermoë sodat dit 70 keer hoër as die van water is.

Haemoglobien is 'n draer van stikstofoksied (NO) – 'n belangrike regulatoriese molekuul. Die

stikstofoksied word saam met die suurstof in weefsels vrygestel.

Koolstofmonoksiedvergiftiging: Koolstofmonoksied, 'n algemene lugbesoedelingsmolekuul, bind

250 keer sterker aan haemoglobien as wat suurstof daaraan bind. Hierdie binding vorm

karboksiehaemoglobien. Karboksiehaemoglobien kan nie suurstof vervoer nie, en so word die

suurstofvervoervermoë van bloed verlaag. Swaar rokers verloor ongeveer 20% van hulle

suurstofvervoervermoë as gevolg van die koolstofmonoksied in sigaretrook.

Nog vergiftigings deur besoedelstowwe: Sianied, swawelmonoksied, en verskeie sulfiede (bv

waterstofsulfied) kan ook aan haemoglobien bind en die suurstofvervoervermoë daarvan verlaag.

Suurstofvrystelling vanaf haemoglobien

2,3-Difosfogliseraat (DFG) is 'n metaboliet wat in rooibloedselle aangetref word in 'n konsentrasie

van ongeveer 5mM. DFG bind aan haemoglobien en verlaag daardeur die affiniteit van

haemoglobien vir suurstof. Hierdie effek van DFG word sterker wanneer daar min suurstof naby die

haemoglobien is, soos in weefsels met aktiewe respirasie. Die gevolg is dat die suurstof dan

vrygestel word vir gebruik deur die weefselselle.

Spiere wat aktief werk stel melksuur vry en die pH rondom sulke spiere is dus laag. 'n Lae pH

veroorsaak die vrystelling van suurstof vanaf haemoglobien (Mohr effek). Die Mohr effek help dus

om suurstof aan hardwerkende spierweefsel te voorsien.

'n Ander vorm van haemoglobien word aangetref in menslike fetusse se rooibloedselle as in

volwasse mense se rooibloedselle. Fetale haemoglobien het 'n hoër affiniteit vir suurstof as die

haemoglobien vir volwasse mense en op hierdie metode kan dit suurstof verkry uit die swanger

moeder se haemoglobien.

Sekelselanemie

Mense wat aan sekelselanemie ly het 'n mutante haemoglobien wat veroorsaak dat hulle

rooibloedselle 'n abnormale struktuur het. Hierdie abnormale rooibloedselle verstop kapillêre vate

en word ook vinniger afgebreek deur die liggaam. Een van die behandelings van hierdie toestand is

die toediening van hidroksie-ureum wat die sintese van fetale haemoglobien aktiveer wat dan die

mutante haemoglobien in die rooibloedselle vervang.
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 8

Witbloedselle van die menslike liggaam

Tipe Foto Diagram Funksies

Neutrofiele

Eosinofiele

Basofiele

Limfosiete

Monosiete

Makrofage

Volopste witbloedsel (65%). Beweeg vinnig na wonde en enige

plek in die liggaam waar bakteriese infeksies voorkom.

Fagositeer en vernietig bakterieë. In die proses word daar ook

dikwels groot getalle neutrofiele deur die bakterieë vernietig.

Ons neem hierdie dooie neutrofiele waar as etter.

Eosinofiele (4%) beveg parasitiese infeksies (malaria). 'n

Verhoging in die eosinofielpersentasie dui op 'n parasitiese

infeksie.

Basofiele (
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 9

Senuweeweefsel

Neurone, mikroglia en makroglia (studiegids)

Neurone

Gespesialiseerde selle om senu-impulse voort te plant. Omdat die senu-impulse dikwels oor lang

afstande oorgedra word, is die selle somtyds baie verleng (die aksone is die verlengde deel).

Wanneer die senu-impulse oor kort afstande oorgedra word is die selle nie so uitermate verleng nie.

Neurone het sekere kenmerke as gevolg van hulle funksie. Hulle het selliggame wat die kern van

die sel bevat. Dendriete kom op die selliggame voor. Die dendriete ontvang impulse en versend dit

dan oor die oppervlakte van die selliggaam na die akson toe. Die senu-impuls word dan oor die

lengte van die akson gestuur tot by die aksonterminale. Die aksonterminale dra die impuls oor na

die dendriete van die volgende neuron deur middel van sinapse. Sinapse is klein struktuurtjies waar

die die dendriete en die aksonterminale aan mekaar raak.

Neurone ontwikkel uit die ektoderm van die embrio.

Makroglia

Selle wat die neurone ondersteun op verskillende wyses. Hierdie selle onstaan uit die ektodermis

van die embrio. Hoewel hierdie selle die neurone ondersteun is die vorm daarvan glad nie soos die

van neurone nie. Die selvorms kan wel baie kompleks wees, soms met baie dendriete (uitsteeksels

op die seloppervlakte). Een van die funksies van die astrosiete ('n subklas van die makroglia) is om

die neurone in plek te hou. Verder voorsien hulle voedingstowwe aan die neurone en verwyder ook

die afvalstowwe. Oligodendrosiete (nog 'n subklas van die makroglia) vorm die myelienskede

rondom die neurone van die sentrale senuweestelsel en Schwann selle (ook 'n subklas van die

makroglia) vorm die myelienskede rondom die neurone van die perifere senuweestelsel. Die

myelienskedes kom rondom die aksone voor en verskaf elektriese isolasie van neurone. Die

makroglia help met die ontwikkeling van nuwe neurone (neurogenese) en is ook betrokke by herstel

van beskadigde neurone. Die makroglia is noodsaaklik vir breinplastisiteit.

Mikroglia

Soos wat hulle naam aandui is hulle kleiner as die makroglia. Hulle struktuur herhinner glad nie aan

die struktuur van neurone nie. Hierdie selle onstaan uit haematopoëtiese voorloperselle (selle van

die beenmurg wat oorsprong gee aan bloedselle). Hulle is monosiete (met verlengde kerne) wat

ameboiëdaal (soos 'n ameba, deur van vorm te verander) deur die brein beweeg. Die funksies van
LIFE 211: Klasaantekeninge – 28 Apr 2012 Bladsy 10

die mikroglia is om die brein te beskerm teen infeksie en om dooie neurone op te ruim.