03.05.2013 Views

Leseenheid 1

Leseenheid 1

Leseenheid 1

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

6

Leseenheid 1

Aktiwiteit 1: Kom ons luister

Luister aandagtig na die voorlesing (sien addendum, bl. 67). Beantwoord dan die volgende

vrae:

1. Skryf slegs WAAR of VALS:

1.1 Die man en sy vrou woon op ‘n plaas.

1.2 Die man gaan meel vir die varke koop.

1.3 Die vrou sal die hoenders kos gee.

1.4 ‘n Veearts is iemand wat diere dokter.

1.5 Die perd se been is gebreek.

1.6 Die man het ook beeste op die plaas gehad.

1.7 Die boer moet dadelik ry, anders is die winkels gesluit.

1.8 Samuel sal na die perd se been kom kyk.

2. Maak ‘n lysie van al die dinge wat die boer moet doen.

Aktiwiteit 2: Kom ons lees en luister met begrip

Dis lekker in graad 4

Lisa en Terry het reeds gehoor dat hulle in juffrou De Vries se klas gaan wees.

Hulle staan voor in die klaskamer. Dit is die eerste dag van ‘n nuwe skooljaar. Lisa

is bang. Haar maag trek op ‘n knop. Terry sê hy is nie bang vir juffrou De Vries

nie en sê sy kleintydrympie op: “Ek is nie bang vir ‘n groenboomslang. Wie is nou

bang vir ‘n groenboomslang?”

Almal lag. Terry voel groot en vernaam. Lisa sien

juffrou De Vries agter Terry staan. Daar is lagliggies

in haar oë. Juffrou sê: “Toe, ou brawe boomslangvanger,

dra jy my tas.”

Terry bloos van sy kroontjie tot sy toontjie. Die knop

op Lisa se maag verdwyn. Sy dink: “Van hierdie juffrou

gaan ek hou.”

“Sit maar waar julle ‘n plek kry. Later wanneer ek

julle beter ken, sal ek julle op ander plekke laat sit,”

sê Juffrou.

Daar is ‘n geskarrel vir ‘n sitplek.

“Nou is dit kennismaaktyd,”

sê Juffrou.

“Elkeen draai na jou

bankmaat toe en kyk

na mekaar. Julle het vyf

minute om alles van mekaar uit te vind, daarna sal ons dit bespreek.”

“Onthou nou, ons is almal verskillend,” sê Juffrou. “Dink net hoe sleg dit sal wees

as al die lekkers in die lekkergoedwinkel dieselfde is.”

Die kinders klink soos ‘n klomp hommelbye. Na vyf minute maak Juffrou die klas

stil. “Terry, vertel my van jou bankmaat?” vra Juffrou.

Terry kan sommer baie oor Lisa vertel, want hulle is al van kleuterskooldae af

maats.

Juffrou is baie beïndruk. Terry knipoog vir Lisa. Sy lag. Sy voel nou baie beter.

Onthou om die vrae volledig te beantwoord:

1. Hoeveel karakters leer jy in die storie ken?

2. Beskryf hoe dit voel om’n knop op jou maag te hê. Dink aan ‘n keer toe jy ‘n

“knop op jou maag” gehad het en skryf dit neer.

3. Twee woorde in die leestuk is vet gedruk: bang en geskarrel. Kyk of jy hulle

kan vervang met ander woorde sodat die sin nog dieselfde beteken.

4. Watter seisoen is dit? Hoe weet jy dit?

5. Wat kan jy alles sê oor juffrou De Vries na jy die stuk gelees het?

6. Skryf ‘n paar sinne oor jou graad 3-klasonderwyser.

7. Partykeer is ‘n mens bang vir iemand wanneer jy hom of haar sien. As jy die

persoon eers ken, is jy glad nie meer bang nie. Hoekom gebeur dit?

8. Hoekom dink jy het Terry vir Lisa geknipoog?

9. Terry onthou ‘n kleuterrympie. Kan jy nog een van jou kleuterrympies ont-

hou?

10. Wat beteken die volgende uitdrukkings:

• Graad 4 lê soos ‘n berg voor my.

• Om van ‘n molshoop ‘n berg te maak.

Aktiwiteit 3: Ons lees mooi

Voorleesles

7

8

‘n Luilekker happie

O ja... Gedink ons weet niks van harde werk nie? Wel ons weet dat luilekkertye

noodsaaklik is om by te hou met die vinnige lewenspas.

As dinge regtig rof raak... die toetse en die onnies bedreig jou bestaan, dan kom

niks by ‘n luilekkertydjie nie...met die klem op die lekker toebroodjies.

Kitskos is wat ons jongklomp nodig het ... en broodjies bly maar bobaas.

• Dis nie nodig om vroeg op te staan vir ‘n snytjie heerlike, heilsame volgraanbrood

nie.

• Steel ‘n lekker happie tussen die somme en woordbou.

• As dit regtig pouse is, geniet die luilekkerte van jou pelle se toebroodjies.

• Moeg na skool ... maak vol met ‘n snytjie warm, geurige roosterbrood.

• Deel jou broodjie met daardie spesiale oefenmaat by die “gym”.

• Na die , wanneer jy ernstig begin huiswerk doen - ‘n luilekker

happie!

Noodsaaklik om op jou beste te lyk

Graanprodukte is noodsaaklik vir goeie gesondheid en liggaamlike ontwikkeling.

Jongmense het gesonde voedsel nodig, veral tydens die besige jare op skool en

aktiewe sportdeelname. Graanprodukte soos brood, en veral bruinbrood, is ryk

aan vesel, koolhidrate, proteïen en minerale.

Energie vir topprestasies

Koolhidrate behoort ongeveer 60 persente van die totale energie in die dieet te

verskaf. Gereelde inname is noodsaaklik om deur jou besige dag te kom.

‘n Snytjie brood verskaf ongeveer 285 kJ, en is die ideale tusseninhappie, as

ontbytkos of vir middagete.

Voedingswaarde en dieetvesel

Komplekse en onverfynde koolhidrate moet voorkeur geniet, aangesien hierdie

produkte ‘n waardevolle bron van dieetvesel en die B-kompleks vitamine is. Die

hoë veselinhoud van veral bruinbrood hou die verteringstelsel gereeld en bevorder

gewigsbeheer.

Brood bly bobaas

Daar is baie goeie redes vir luilekkertye saam met jou “goeie vrinne”, maar niks

wen die watertandsmaak van vars broodjies nie. Maak ‘n dubbeldekker of hou

dit slank en swierig. Die gesonde heilsaamheid van broodjies bly altyd bobaas.

Kitskos wat heeldag vars bly

Voor jy die pad vat, die sportveld aandurf of die winkels stormloop, pak ‘n voorraad

vars toebroodjies in. Dit sal jou heeldag aan die gang hou...Gesonde kitskos sonder

sukkel. Niks is lekkerder as ‘n broodjie en die luilekkertye nie!

Beplan die week jou eie prettige toebroodjie-wenner!

Opdrag

Kom ons soek nou die volgende woorde en sê wat dit beteken:

lewenspas aktiewe watertandsmaak

heilsame tusseninhappie kitskos

luilekkerte veselinhoud luilekkertye

“gym” gewigsbeheer vrinne

Vrae:

1. Waarom sou iemand ‘n stuk soos hierdie skryf?

2. Wie dink jy het hierdie teks geskryf?

3. Wie dink jy is veronderstel om hierdie stuk te lees?

4. Wat noem ‘n mens hierdie soort teks wat jou aanmoedig om iets te koop?

5. (paragraaf 2): Watter tye van die jaar raak dinge vir julle rof?

6. (paragraaf 3): Mag julle ‘n happie “steel” tussen somme en woordbou?

huiswerk?

8. (paragraaf 4): Wat is koolhidrate, vitamines en minerale?

9. (paragraaf 6): Hoe kan ons gewig beheer?

10. (paragraaf 7): Wat word bedoel met luilekkertye? Het elkeen van ons sulke tye?

Aktiwiteit 4: Ons lees met begrip en soek kerngedagtes

Opdrag: Begripslees

• Lees weer “n Luilekker happie”, maar met begrip en konsentrasie.

• Beantwoord dan die volgende vrae daaroor in vol sinne.

1. Waarom is luilekkertye noodsaaklik?

2. Watter twee dinge kan jou bestaan bedreig?

3. Wanneer kan jy ‘n broodjie eet as jy nie tyd vir ontbyt gehad het nie?

4. Wat is noodsaaklik vir goeie gesondheid?

9

10

5. Hoeveel persent van die totale energie verskaf koolhidrate?

6. Wat bevorder hoë veselinhoud?

7. Noem nog twee soorte kitskos.

8. Wat bedoel die skrywer van die advertensie met die woord “dubbeldekker”?

9. Wat moet jy doen voordat jy soggens die pad vat?

10. Watter opdrag is daar vir jou?

Uitsoek van kerngedagtes

1. Wat is die kernwoord waaroor die advertensie handel?

2. TOEBROODJIES BLY BOBAAS!!! Lees die vyf kernopskrifte wat hierdie stelling

bevestig hardop vir jou groepmaats.

3. Bepaal die kerngedagte by die paragrawe met die volgende opskrifte:

3.1 Noodsaaklik om jou beste te lyk.

3.2 Voedingswaarde en dieetvesel.

3.3 Brood bly bobaas.

4. Gee jou eie opskrif vir die advertensie.

5. Skryf jou eie opdrag (vrae) om onderaan die toebroodjie-advertensie te plaas. (Dit

moet kort en kernagtig wees.)

Stilleesopdrag

Soek al die woorde hieronder uit wat jy in die leesstukke tot dusver raakgeloop het.

Rangskik dit dan alfabeties.

bokmakierie klaskamer hawermout

geweer skooljaar aarde

bok sterrebeeld veselryke

bang lagliggies stippeltjie

toontjie mikrogolfoond Venus

skoene lekkers ruimtestortbad

seevis lekkergoedwinkel hommelbye

wentelbaan bankmaat planeet

geskarrel knipoog kleuterskooldae

Aktiwiteit 5: Ons lees advertensies

Opdrag

Oefen hierdie advertensie in julle groep deur middel van koorlees. Julle groepie sal

elkeen ‘n gedeelte kry om aan die klas voor te dra.

Brood bly bobaas!

Brood bly steeds die bobaas kitskos... stampvol gesondheid en voedingswaarde,

reg vir elke geleentheid.

• Vroeg in die môre wanneer kleingoed regmaak vir “grootgoed”.

• Vir die tienuur agterplaaspiekniek saam met die buurtbende.

• Tydens skoolpouse in Mams se spesiale kospakkie.

• Wanneer hulle lam en tam is na ‘n harde dag op skool.

• Vieruur in die namiddagkoelte of langs die sportveld.

• Saam met die laataand beker troostee by die studietafel.

• Noodsaaklik vir groei en ontwikkeling.

Grane en graanprodukte is ‘n noodsaaklike deel van die voedselpiramide, veral vir

groeiende jong kinders met ‘n besige program. Koringprodukte soos brood is een

van die natuur se mees volmaakte voedselsoorte, proteïene en minerale.

Propvol energie

Koolhidrate behoort ongeveer 60 persent van die

totale energie in die dieet te verskaf. Gereelde

inname is noodsaaklik tydens die groeijare. ‘n Sny

brood verskaf sowat 285 kJ, en kan as versnapering,

ontbytkos of middagete geniet word.

Voedingswaarde en vesel

Komplekse en onverfynde koolhidrate moet

voorkeur gegee word, aangesien hierdie produkte

‘n waardevolle bron van vesel en die B-kompleks

vitamine bevat. Die hoë veselinhoud van veral

growwe brood hou die verteringstelsel goed aan

die gang.

Brood smaak vorentoe

Jong kinders gee voorkeur aan voedsel wat nie skerpgegeur is nie. ‘n Lekker

tussenin happies voorkom ook tandbederf en vestig goeie eetgewoontes.

Volgraanbrood

Mams kan heeldag omsien na die jongspan se magies deur ‘n vars, voedsame

toebroodjiepakkie saam te gee. Broodjies is altyd ‘n wenner, die staatmaker

energiebron vir elke huis se jongklop. Al wat hulle nodig het is begrip, boeke en

broodjies... en broodjies... en broodjies.

11

12

Aktiwiteit 6: Lees en skryf van strokiesprente

Skryf nou jou eie dialoog vir die spraakborrels. Die dogters gebruik Strokiesprent A

en die seuns gebruik strokiesprent B.

A. Dogters - Voltooi die dialoog in die spraakborrels van die tekenprent, deur slegs

die spraakborrelnommer met sy bewoording in jou skrif te skryf.

1.

SASKO

BROOD is verryk

met 5 B-groep vitamine

en kalsium

om jou groot en

sterk te maak en

jou ekstra energie

te gee.

Vat vlam met

Hoë-vesel witbrood

- dieselfde

hoeveelheid vesel

as bruinbrood,

teen geen ekstra

koste nie!

5.

Hoe gaan ek

hulle ooit wen?

3.

2.

4.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!