03.05.2013 Views

Plaasbesoeke • Lamhokkies • Genomic selection ... - SA Stamboek

Plaasbesoeke • Lamhokkies • Genomic selection ... - SA Stamboek

Plaasbesoeke • Lamhokkies • Genomic selection ... - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1999) en ongestoord te kan suip. Aangesien

lamhokke hierdie natuurlike afsondering

naboots, bevorder dit die bindingsproses

tussen die ooi en haar lammers, en dra

dit grootliks daartoe by dat lamvrektes tot

’n absolute minimum beperk kan word.

Met die lamhokstelsel kan lamvrektes

tot minder as 5% beperk word. Lamvrektes

van so laag as 3,5% is al gerapporteer

(Midgley, 2012). Waar ooie met hulle lammers

in Australië kort ná geboorte in lamhokke

gesit is, was die lamvrektes slegs

3% teenoor die 12 tot 23% waar ooie in

kampe gelam het (Putu et al., 1988a, b). Die

speenpersentasie van meerlinggeskandeerde

ooie wat buite in kampe gelam het,

was 151% teenoor die 201% van ooie wat

in lamhokke gelam het (Du Toit, 2012).

Lamhokke vergemaklik bestuur, rekordhouding,

identifisering en toesig gedurende

lamtyd en probleemgevalle kan

spesiale aandag kry, wat lamoorlewing

bevorder.

Lamhokke bevorder akkurate rekordhouding

wat op sy beurt teelvordering

"Lamhokke vergemaklik

bestuur, rekordhouding, identifisering

en toesig gedurende

lamtyd en probleemgevalle

kan spesiale aandag kry, wat

lamoorlewing bevorder"

versnel. Volgens dr George Anderson van

Australië is die stamboominligting van ongeveer

9% van enkelinge, 15% van tweelinge

en 24% van drielinge onder Australiese

toestande onakkuraat. Die grootste

rede hiervoor is weens die hoë voorkoms

van lamdiefstal deur naby-lamooie veral

waar hoë konsentrasies ooie in lamkampe

aangehou word. Lamhokke verhoed inmenging

met en diefstal van lammers van

ooie wat besig is om te lam of wat pas gelam

het deur ooie wat op die punt is om

te lam.

Lamhokke bevorder lamoorlewing tydens

ongure weersomstandighede asook

BESTUUR / MANAGEMENT

die oorlewing van ooie met meerlinge en

jongooie wat vir die eerste keer lam. Met

die lamhoklamstelsel moet ooie dus vir

dragtigheid en die aantal fetusse geskandeer

word.

Lamhokke verhoed dat een van ’n

tweeling van die geboorteplek wegdwaal

of nie saam met sy ma stap nie en so van

sy ma geskei word. Voorspeense lamvrektes

is baie hoog by lammers wat op dié

manier van hulle moeders geskei word.

Slegs ongeveer 32% van sulke lammers

oorleef in die praktyk (Anderson, 1984).

Volgens Nowak (1996) kan tot 50% van

tweelinge van hulle moeders, in die geval

van Merino’s, binne die eerste 48 uur ná

geboorte geskei word omdat hulle haar

nie volg as sy wegstap nie. Vir elke vyf

meter wat ’n ooi gedurende die eerste

ses uur ná geboorte van haar lam wegbeweeg,

styg die lamvrektes met 5%

(Farquharson, 2011).

Lamhokke maak dit ook makliker om

ooie te identifiseer wat geboorte aan

dooie lammers skenk; met geboorte gehelp

moet word; lammers weggooi; min

of geen melk het nie; speenprobleme

het; ensovoorts. Beide hierdie ooie en

hul lammers moet gemerk en uitgeskot

word en nie vir verdere teling gebruik

word nie.

Lamhokke verhoed ook dat ongediertes

pasgebore lammers vang.

Nadele van die gebruik van lamhokke

• Ooie kan mettertyd swak moedereienskappe

ontwikkel indien ooie wat

swak moedereienskappe openbaar,

nie summier saam met hulle lammers

uitgeskot word nie. In alle lamstelsels

moet gediskrimineer word teen ooie

wat moeilik lam (geboorteprobleme);

met geboorte gehelp word; geboorte

skenk aan dooie of swak lewensvatbare

lammers; lammers weggooi (al

gooi hulle net een van ’n tweeling

weg); aggressief is teenoor lammers

(lammers stamp); min of geen melk

het nie; speenprobleme het (bv. te

groot of dik spene, taai melkers);

ensovoorts. Merk beide hierdie ooie

en hulle lammers met ’n knippie in

die oor sodat hulle nie later vir teling

gebruik kan word nie. Ooie en veral

ramme wat lammers met aangebore

genetiese defekte gee (bv. gebreklikheid,

kriptorkidisme, tweeslagtigheid,

ensovoorts), moet geïdentifiseer en

nie vir verdere teling gebruik word

nie.

Hoë voer- en arbeidskoste is ’n faktor,

maar deur die gebruik van presisievoeding

en deur ooie kunsmatig met

sponse of CIDR’e te sinkroniseer, kan

dit beperk word.

Die koste van die oprigting van lamhokke

is hoog, maar word meestal

binne twee jaar verhaal as gevolg van

’n aansienlik hoër speenpersentasie.

Hierdie koste kan beperk word deur

bestaande infrastrukture te omskep.

Issue 33 ▪ January 2013 27

Voedingsriglyne

Die gehalte van die lammerooirantsoen

asook die aanpassing daarop is uiters belangrik

vir die sukses van die lamhokstelsel.

’n Kompromis oor die gehalte van en

hoeveelheid deurvloeiproteïen in die

volledige lammerooirantsoen mag nooit

aangegaan word nie. Die deurvloeiproteïen

moet ’n spesifieke kombinasie van

minstens drie tot vier hoëgraadse deurvloeiproteïenbronne

wees om die aminosuurprofiel

van die bakteriese proteïen,

wat in die grootpens van die ooi geproduseer

word, op so ’n wyse te komplementeer

dat optimale fetusgroei, uierontwikkeling,

bies- en melkproduksie plaasvind.

In hierdie verband word aanbeveel

dat nie meer as 60% van die totale deurvloeiproteïen

van een proteïenbron afkomstig

is nie (Klopfenstein et al., 1985).

Verder moet minstens 30 tot 35% van die

totale proteïen in ’n volledige lammerooirantsoen

deurvloeiproteïen met die gewenste

aminosuurprofiel wees wat hoogs

verteerbaar en absorbeerbaar in die laer

spysverteringskanaal is.

Deurvloeiproteïenaanvulling is uiters

belangrik om optimale geboortemassa,

uierontwikkeling en biesproduksie, asook

die geboorte van gesonde en lewenskragtige

lammers te verseker. Die ideale

geboortemassa wat maksimum lamoorlewing

sal verseker, is 4,5 tot 5,5 kg (AWI

& MLA, 2008). Wanneer die biesmelk ab-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!