03.05.2013 Views

Plaasbesoeke • Lamhokkies • Genomic selection ... - SA Stamboek

Plaasbesoeke • Lamhokkies • Genomic selection ... - SA Stamboek

Plaasbesoeke • Lamhokkies • Genomic selection ... - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Om vandag te “boer”, is niks in vergelyking met so

vyf-en-twintig jaar terug nie. Boerdery vandag

is ’n besigheid, en intensiewe boerderypraktyke

word benodig om maksimum winsgewendheid te

bevorder. Reproduksie is maar een van die pilare

van ’n suksesvolle boerdery.

Reproduksiemanipulering vir intensiewe boerderypraktyke,

sluit die gebruik van sinkronisasie van ooie in. Sinkronisasie

hou ’n magdom voordele vir intensiewe boerderye in, maar moet

ondersteun word deur optimale voeding en goed deurdenkte

bestuurspraktyke vir ’n suksesvolle uitkoms. Let daarop dat swak

bestuurspraktyke nie reggestel kan word deur die gebruik van

sinkronisasiemiddels nie!

Hoekom sinkronisasie?

• Die mees algemene tyd vir die paring van skaapooie in Suid-

Afrika is gedurende herfs (Maart-April) wat ook die mees

vrugbare tyd is. Ooie word ook soms gepaar gedurende

die lente (September-Oktober) met die twee-paringsper-jaar

sisteem. Met hierdie middel tot ons beskikking, is

gesinkroniseerde paring regdeur die jaar moontlik.

• Spesifieke paringstye is nie net nodig sodat die ramme kan

rus en getoets word vir vrugbaarheid nie, maar is ook nodig

sodat beplande bestuursaktiwiteite uitgevoer kan word. Dit

sluit entingskedules vir beide ramme en ooie in. Hier moet

veral daarop gelet word dat lewendige entstowwe slegs op

nie-dragtige diere gebruik moet word.

• Spesifieke paringstye sluit ook die voordeel van

dragtigheidsondersoeke deur ’n veearts in; nie net kan ooie

dan opgedeel word in groepe vir enkel-, tweeling-, meerlingeof

spesifieke-siklus-dragtighede nie, maar kan daar ook

’n goeie voedingsprogram vir elke groep opgestel word.

Lammers word dus gebore soos beplan en omdat lamtyd

beperk is tot ’n paar weke, kan entingskedules, kastrasies,

afsit van sterte, endo- en ektoparasietbestuursprogramme

asook eenvormige lambemarking gedurende die geskikste

tye goed beplan en uitgevoer word.

Die mees voordelige gebruik van sinkronisasie is die

massiewe sprong wat gegee kan word met die genetiese

verbetering van die kudde. Laparoskopiese inseminasie

met die beste beskikbare ramsaad, of selfs embriospoeling,

is van die metodes wat gebruik kan word om die kudde

PROMOSIE-ARTIKEL

Effektiewe reproduksiebestuur van

skape deur middel van sinkronisasie

deur dr Jacoba Vaessler, Pfizer Animal Health

geneties te verbeter. Gewone servikale kunsmatige

inseminasie of handparing kan ook gebruik word met

sinkronisasieprogramme.

Daar is weinig nadele verbonde aan sinkronisasie, indien

dit gebruik word op ’n plaas waar die bestuur uitstekend

is. Daar moet net klem gelê word op ’n goeie voersisteem,

behandeling van parasiete, entings, en dan natuurlik die

bestuursprogram gedurende die lamseisoen. Daar is geen

nut daarin om al hierdie geld te bestee op sinkronisasie en

dan nie ’n lambestuursprogram in plek te hê nie.

Issue 33 ▪ January 2013 31

Waarmee word ooie gesinkroniseer?

CIDR-G’s (CIDR G Reg. nr. G1915, Wet 36/1947) is ’n T-vormige

plastiese, intravaginale toestel, geïmpregneer met 0,3 mg

progesteroon. Dit word intravaginaal geplaas met behulp van ’n

CIDR-toedieningstoestel. Dit dien as, en neem die funksie oor, van

’n korpus luteum op die ovarium wat normaalweg progesteroon

afskei. Nadat die toestel verwyder is hervat die ovarium sy

normale funksie en ovulasie vind gewoonlik 42-48 uur later plaas.

CIDR-G’s kan ook gekombineer word met DMSG (dragtige merrie

serum gonadotropien), veral gedurende tye van die jaar wanneer

ooie minder vrugbaar is en wanneer meerlinge vereis word.

Basiese sinkronisasieprogram

Figuur 1 toon ’n basiese sinkronisasieprogram. Die beste is egter

om by u veearts aan te klop vir die korrekte program, aangesien

programme van area tot area en selfs van plaas tot plaas mag

verskil, afhangende van omstandighede en faktore.

Figuur 1: Basiese sinkronisasieprogram

Dag 0: Plaas CIDR-G’s intravaginaal

Dag 12: Onttrek CIDR-G en spuit DMSG

Dag 14: KI/handparing 48-52 uur na onttrekking

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!