You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Maandag Maandag

kin ders het, was haar lewensleuse: “Kan ons nie maar net al mal oor

die weg kom nie?” en: “Moenie bekommerd wees nie, wees gelukkig.”

Die probleem is dat sy haarself uitgeput het deur die gesin se

martelaar te wees wat alles vir haar kinders probeer doen.

“Wat jy ook al wil hê, liefi e”-ouers is dié vir wie alles aanvaar baar

is. Daar is min riglyne of grense in die huis, en niemand voel veilig

nie, want die reëls van die spel verander die hele tyd. Die permissiewe

ouers sê iets soos die volgende: “Nee, ons gaan nie vanoggend

Wimpy toe vir koffi e nie,” maar dan, ná ’n gekla en gesoebat van die

kinders, wat gebeur? Die gesinsmotor ry vanself reg uit Wimpy toe

en bestel iets spesiaals! Hmm, snaaks hoe party karre dit somtyds

doen sonder hulle eienaars se hulp.

“Wat jy ook al wil hê, liefi e”-ouers wil hê hulle kinders moet

ge lukkig wees. Maar ek sê dikwels: ’n Ongelukkige tiener is ’n geson

de tiener. Wanneer was jy laas 24/7 gelukkig in jou lewe? Die

lewe is vol opdraandes, en hoe vinniger jou seun of dogter daaraan

gewoond raak, hoe beter. Om jou kind teen die stampe en stote van

die lewe te beskerm en haar pad vir haar gelyk te maak, gaan nie

een van julle iets baat nie. Daardeur leer jou kind: “Toemaar, Ma

sal enigiets vir my doen. Ek sal vir haar ’n been gooi en kyk hoe sy

agter hom aanhardloop!” So ’n verhouding is beslis nie op respek

ge baseer nie. Inteendeel, dit maak jou posisie as ouer belaglik in jou

kind se oë. Dit verminder jou veronderstelde waarde.

Dit het vir my gewerk

Ek het altyd gedink ek is ’n goeie ma. Ek was heeldag besig om dinge

vir my kinders te doen. Toe my pa egter siek word en ek naweke in ’n

ander staat na hom moes omsien, het ek besef ek was besig om twee

bedorwe brokkies groot te maak. Op 15 en 17 wou hulle alles op húlle

manier hê – en ek het hulle daarmee laat wegkom!

Wanneer ek by die huis gekom het, was daar stapels wasgoed en ’n

gedurige “Waar is dit?” en “Waar is dat?” Maar eers toe ek heeltemal

oorweldig was, het ek besef ek doen baie dinge vir hulle wat hulle eintlik

vir hulleself moet doen. Dit het my getref toe my seun sê: “Ma, Ma

het gesê Ma sal my help met my wetenskapverslag, en toe was Ma nie

29