06.03.2015 Views

Bulletin 11 Nov 2012.cdr - Moederkerk

Bulletin 11 Nov 2012.cdr - Moederkerk

Bulletin 11 Nov 2012.cdr - Moederkerk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente

Tel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041

E-pos: kantoor@moederkerk.co.za

Webblad: www.moederkerk.co.za

| Alle ure nommer: 074 354 0088

11 NOVEMBER 2012

KONINKRYKSTYD

W E L K O M I N D I E E R E D I E N S VA N D A G !

OGGEND- EN AANDDIENS: MOEDERKERK 09:30 & 19:00

HANNES KOORNHOF

1 'n Gedig van Dawid. Neem my in

beskerming, o God; ek soek skuiling by

U.

2 Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort

aan U, daar is vir my niks goeds nie

behalwe by U.

3 Die afgode in die land, so aantreklik vir

baie – met hulle wil ek niks te doen hê

nie.

4 Mag elkeen wat 'n ander god vereer,

baie smart beleef. Vir afgode sal ek nie

bloedoffers uitgiet nie, hulle name sal

ek nie op my lippe neem nie.”

5 Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat

ek ontvang, kom alles van U af.

6 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja,

wat ek ontvang het, is vir my mooi.

7 Ek sal die Here loof wat my tot die regte

insig gebring het; selfs in die nag bly ek

bewus van wat Hy my leer.

8 Ek het die Here altyd by my: omdat Hy

by my is, sal ek nie struikel nie.

9 Daarom is ek bly en juig ek en voel ek

my veilig.

10 U gee my nie oor aan die dood nie. U

laat u troue dienaar nie in die graf kom

nie.

11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar

oorvloedige blydskap. Uit u hand kom

net wat mooi is.

Psalm 16

1 'n GEDIG van Dawid. Bewaar my, o God,

want by U skuil ek.

2 Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir

my is daar geen goed bo U nie.

3 Maar aangaande die heiliges wat op die

aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie

al my behae is.

4 Die smarte van hulle wat 'n ander god met

gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal

hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en

hulle name op my lippe nie neem nie.

5 Die HERE is die deel van my erfenis en van

my beker; Ú onderhou my lot.

6 Die meetsnoere het vir my in lieflike

plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7 Ek sal die HERE loof wat my raad gegee

het; selfs in die nag vermaan my niere my.

8 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat

Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel

nie.

9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook

sal my vlees in veiligheid woon;

10 want U sal my siel aan die doderyk nie

oorgee nie; U sal nie toelaat dat u

gunsgenoot verderwing sien nie.

11 U sal my die pad van die lewe bekend

maak; versadiging van vreugde is voor u

aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir

ewig

AANDDIENS: KRUISKERK 19:00

MARIÉ BRITZ

TEMA: In die oog van die orkaan TEKS: Ps 146

PROGRAM VIR DIE WEEK

DINSDAG, 13 NOVEMBER

13:00 Kreatiwiteitsgroep by die Khaya

19:00 Straatlig-uitreik vanaf die Khaya

WOENSDAG, 14 NOVEMBER

10:00 Bybel-oggend in die Foyer

DONDERDAG, 15 NOVEMBER

12:30 Visioneringsvergadering in die Kerkhuis

13:00 Straatlig-gebedstyd in die Khaya

19:00 Grey Matters in die Hofmeyrsaal

SONDAG, 18 NOVEMBER

08:30 Meditatiewe diens in die Kapel

09:30 Kinder-kersdiens in Moederkerk: Marié Britz

10:30 Engelstalige diens in die Khaya

19:00 Erediens in Moederkerk: Marié Britz

19:00 Erediens in Kruiskerk: Hannes Koornhof

19:00 Tienerdiens by Welgelegen

Vir aandag

OUERS VAN ALLE

KLEUTERS!

KLEUTERKERSSPELoefening

vind plaas op

Donderdag, 15 November

15:00-16:00 in

Moederkerk. Almal moet

asb daar wees!

Waarom sou

ek kerk toe

gaan ....

Daar is baie meer redes om kerk

toe te gaan as net om na 'n preek te

gaan luister, bv.·

Om nie 'n kans op bekering mis te loop nie

· Om 'n goeie gewoonte vol te hou

· Om die lewe voluit te beleef

· Om sin te maak van wat in die wêreld gebeur

· Om die wêreld aan God op te dra

· Om God se heelmaking te ontvang

· Om my geloof publiek te bely

· Om die sin van die Sondag te verwesenlik

· Om die verlossing van die wêreld te vier

· Om die regte noot te kry vir die lied van die lewe

· Om touwys gemaak te word in die kuns van die

lewe

· Om in die ritme van die kerklike jaar te kom

· Om deel van 'n geloofsgemeenskap te word

· Om lig vir my pad te kry

· Om die gemeente te help om haar doel te bereik

· Om rus te vind

· Om my bestaan tot op die bodem te deurgrond

[AA van Ruler, Waarom zou ik naar de kerk

gaan?]

EERSTEJAARSKAMP

SKRYF IN...

Dit is weer daardie tyd van die jaar!

Ons Eerstejaarskamp se beplanning

is in volle swang. Sal jy asb vir enige

matrieks wat jy ken (vriende, familie

of kennisse) hartlik uitnooi na die

Eerstejaarskamp toe?

Die inskrywingsvorms is op ons

webblad beskikbaar by

www.moederkerk.co.za

Jy kan ook vir Dawfré by 082 899

3959 of vir Richard by 082 905

7278 kontak vir meer inligiting. Bid

asb ook nou reeds saam vir al die

beplanning.

HELP ONS...

Ons gee vir elke student (600 woon

die kamp by) 'n verwelkomingsrugsakkie.

Indien jy iets wil borg, of dalk jou

besigheid wil bekend stel, kan jy

gerus vir Richard of Dawfré (nrs bo,

kontak.

Ps. 16 Ps 16 Ps. 16 Ps. 16

Oriëntasie ...disoriëntasie ... nuwe oriëntasie ....waar is jy ?

Die teoloog Walter Brueggemann deel die psalmboek breedweg in hierdie drie kategorieë in.

In ons geloofslewe, sê hy, is daar meesal een van twee bewegings aan die gang. Die een is die

beweging van 'n situasie waar alles in ons lewe min of meer normaal loop na 'n tyd van

disoriëntasie as gevolg van veranderde omstandighede, seerkry, swaarkry of lyding. Dan

ervaar ek dikwels emosies van woede, skuld, negatiwiteit, isolasie. Ons hoor dit veral in die

klag-psalms en boete-psalms. Die ander beweging is die beweging van disoriëntasie na heroriëntasie,

na 'n nuwe oriëntasie wanneer daar 'n positiewe wending in my omstandighede

kom. Dan breek nuwe hoop deur en ervaar ek emosies van dankbaarheid, verwondering en

blydskap. Die dank- en lofpsalms is voorbeelde hiervan. 'n Mens sou Ps. 16 waarskynlik as

deel van hierdie groep kan reken. Op watter punt is jyself tans in jou eie lewe met God? Hoe

kan die psalms jou help om daaraan uitdrukking te gee?

“ Hier”

Die geloofsoefening van aanroeping en teenwoordigheid

“Hier is ek, Here!” – kan die manier wees hoe ek my teenwoordigheid vir God aankondig. Ek

hoef nie vir God te vra “Kom asb hier” nie, want Hy is reeds hier. Dit is ek wat teenwoordig

moet raak, wat “hier moet kom”! Dit ervaar Moses in Eks 3 en Jakob by Bet-El: God is hier –

reeds hier! – en ek het dit nie besef nie! [Gen. 28:16] Brian McLaren stel die volgende

eenvoudige gebed voor om my hiermee te help:

“Hier is ek, Here. U is hier, Here. Ons is saam hier”

* Raak stil ...en wees net hier

* Hoor dat die Here jou op jou naam roep

* Antwoord “Hier is ek, Here”...

en wees dan net rustig by die Here

[Brian McLaren, Naked Spirituality, hoofstuk 4]

“Experiencing God's Presence

[Selwyn Hughes]

In een van sy boekies in die bekende reeks, Everyday with Jesus, gee hy die volgende wenke

wat my kan help om meer bewus te wees van God se teenwoordigheid in my alledaagse lewe.

1. Voor jy in jou dag inhardloop, maak 'n tydjie vir stil wees by God, Bybellees en gebed.

2. Dink aan God as jou senior kollega en gesels dwarsdeur die dag met Hom oor besluite wat

jy moet neem.

3. Sê gereeld deur die dag vir God dankie vir dinge wat jy sien en ervaar [“Cultivate a praising

heart”].

4. Bid bevestigend [“affirmative”]: wanneer jy bid oor dinge wat die Here in sy Woord belowe,

beteken bid om te ontvang en nie te vra nie. Ek vra bv. nie vir God om nou by my

teenwoordig te wees nie, maar sê dankie dat Hy hier is!

5. Skep 'n roetine van enige iets wat jy gereeld doen; wanneer jy dit doen, laat dit jou

herinner dat God in jou lewe teenwoordig is.

6. Voor jy elke aand gaan slaap, gebruik 5 minute om te dink oor wat alles in jou dag gebeur

het en hoe bewus of onbewus jy van God se teenwoordigheid was. Dit sal jou toenemend

help om om meer bewus van God te wees in jou alledaagse lewe.

Ps. 16 Ps 16 Ps. 16 Ps. 16

GEBEDSLYS VIR DIE WEEK

ONS GEMEENSKAP:

—Bid vir ons munisipaliteit; vir elke amptenaar dat hy/sy met integriteit en

pligsgetrouheid hulle werk sal doen.

—Dank Hom vir die wyse waarop ons dorp se toegangspaaie verfraai word, die

strate skoon gehou en nuut geverf is.

—Bid dat alle korrupsie en gierigheid uitgeroei sal word in die administrasie van fondse,

tenders en ander aangeleenthede.

ONS LAND:

—Bid dat die arbeidswetsontwerpe, wat tans deur die parlement hersien word, daarin sal

slaag om 'n goeie balans tussen die regte van werkgewers en werknemers te vind, en dat

die eindresultaat nie tot werksverliese sal lei nie.

—Bid dat politici meer verantwoordelik gehou sal word vir gevalle van onoordeelkundige

spandering van ons belasting.

DIE WÊRELD:

—Bid vir die groeiende nood aan menswaardige behuising in baie dele van die wêreld.

Volgens UN-Habitat lei die toenemende verstedeliking wat gepaard gaan met oorbevolking,

verslegtende omgewingsgesondheidstoestande, armoede en beperkte toegang tot behuising

tot 'n groeiende aantal krotbuurte en informele plakkerskampe. Hierdie situasie is ook

sigbaar in SA waar die lewens van meer as 12 miljoen mense geraak word deur die tekort

aan ongeveer 2 miljoen behuisingseenhede wat reeds tot ongeveer 2700 informele

nedersettings gelei het.

As die klokke 12:00 lui.... Bid vir ons land

Op elke weeksdag in November gaan die klokke 12:00 lui.

As jy naby is en dit hoor, word 'n oomblik stil en bid vir ons

land.

As jy elders woon en werk: stel 'n herinnering op jou selfoon.

JEUGWERKERPOS

Bid vir die onderhoude

hierdie week

Dié week het die kommissie

'n kortlys opgestel.

Eerskomende

Woensdagaand voer ons

onderhoude met die 4

kandidate.

— Bid asb. saam met ons dat

ons die stem van die Here

reg sal hoor oor wie ons

moet aanstel.

— Bid ook vir al die

kandidate wat nie die

kortlys gehaal het nie dat

hulle hul roeping sal bly

uitleef.

LESOTHO BEDIENING

Die afgelope 14 jaar werk ds August en Anita Basson in

Lesotho. Hulle het 'n veel wyer bediening daar as net

evangelisasiewerk. August behaal wonderlike resultate met

'n landboumetode wat hulle begin toepas het en wat só

suksesvol is dat selfs weeskinders en bejaardes ook nou in

staat is om selfonderhoudend te word! Hy word ook gereeld

genooi na naburige lande om dié metode daar bekend te

stel.

HOE JY BETROKKE KAN RAAK:

Deur gebed, die belangrikste ondersteuning. Bid vir hulle as

gesin, as span, as gemeente, bid ook vir voldoende fondse

vir die werk, vrywilligers en die Here se voorsiening sodat die

werk kan voortgaan. Besoekers is altyd welkom, ook langer

termynbesoekers. Daar is altyd bouwerk, instandhouding

van voertuie, geboue ens. waar hulp welkom sal wees.

Vir finansiële bydraes, kontak Marianne by die kerkkantoor.

Vanoggend se deurkollekte gaan aan die bediening in Lesotho.

Volgende Sondag se deurkollekte gaan aan ons bediening in Maleisië.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!