06.03.2015 Views

Daar is 'n nuwe geluid op Maphutseng. 'n Baie ... - Moederkerk

Daar is 'n nuwe geluid op Maphutseng. 'n Baie ... - Moederkerk

Daar is 'n nuwe geluid op Maphutseng. 'n Baie ... - Moederkerk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Daar is 'n nuwe geluid op Maphutseng. 'n Baie bekende een vir Suid

Afrikaners, maar vir Maphutseng is dit nuut. Die kenmerkende gekekkel

van tarentale vul elke oggend die stilte. Die afgelope 4 jaar is gekenmerk

deur verandering vir ons as familie, maar ook vir Maphutseng. Ons

kinders moes gewoond raak aan skool en koshuis VER weg van die huis

af. Ons moes trek na 15 jaar op Tebellong. Met ons aankoms op

Maphutseng moes ons weer gewoond raak aan 'n lendelam long drop

totdat die spoel toilette klaar was.

So het dit ook gegaan met die geboue van Maphutseng. Van ruines tot bruikbare

geboue. Van niks tot wonderlike huise. Dit is lekker om huis toe te kom. Dit is lekker om hier

te wees, want ons bly lekker.

Maar dieselfe prentjie is besig om homself af te speel in die natuur om ons. Die voels het

begin meer word, en toe begin ons ander spesies sien, soos fisante en van tyd tot tyd die

sekretarisvoels, die eende in die rivier, die kenmerkende Piet my vrou wat Gustav mal maak

en die nuutste is die tarentale. Ai hoe wonderlik as die natuur begin herstel. Daar is broeiplek

vir die voels.

Maar die wonderwerk wat ons egter tot stilsand

ruk is die lewens wat verander. Mense wat kos

het om te eet, wat dit geniet om weer te

boer. Wie die Here op 'n nuwe manier ontdek in

die grond en die mense om hulle. Wat nie

wegloop van hulle lande af sonder om te bid dat

die Here elke saadjie sal seen wat in die grond

gesit is nie. God is aan die werk in mense se

harte. Ons harte is vol dankbaarheid.

Gelukkig stop dit nie hier

nie. Daar is veel meer op die

spel. Ek het die voorreg om ook in Afrika betrokke te wees en die lekker

stories op ander plekke te hoor. Met die verkiesingsgeweld 'n paar jaar

terug, verloor Simon en sy vrou alles. Hy eindig in 'n droe slegte plek waar

mense in tente ingedruk word. Hy woon 'n Farming God's Way opleiding by

wat ek aanbied saam met Tim Bannister. Hy begin boer in die dorre

Maimayo vallei in Kenya en almal om hom is verstom. Sy waardigheid is

herstel en om in sak en as te gaan sit is nie eens 'n opsie vir hom nie. So is

daar talle stories van vuurtjies wat aangesteek word deur Afrika.

Met ons afgelope leiereskaps konferensie van Africa Inland

Mission in Kenya het ek opnuut bewus geword van die

behoefte van mense om landbou as 'n platform te gebruik om

verandering in mense se lewens te fasiliteer. Landbou is 'n

wonderlike instrument om onbereiktes te bereik, om

geloofwaardigheid in baie suspisieuse groepe te

bewerkstellig. Die werk is aan die groei en volgende jaar Mei

en Junie gaan ek deur Mosambiek, Tanzanie, Kenya, Suid

Sudan en Uganda beweeg om sleutel mense toe te rus. Ons

het reeds uitnodigings van 20 vesrkillende sendelinge in die

lande.

WATCH THIS SPACE. Vroeg volgende jaar stuur ons vir julle meer detail hieroor.

Baie dankie vir almal se ondersteuning, sonder julle kan ons nie die werk doen nie. Ons is

werklik jammer dat die nuus so min is. Ons sal probeer om beter te kommunikeer volgende

jaar.

Gededsversoeke:

Om Growing Nations aan die gang te hou is nie maklik nie. Die Here is so getrou om in ons

behoeftes te voorsien. Bid vir genoeg fondse volgende jaar om 'n klaskamer en studente

akkomodasie te kan bou.

Bid vir ons jeug program. Ons het 7 baie toegewyde jongmense wat 'n jaar saam met ons

is. Bid vir ongekende geestelike en persoonlike groei. Bid ook vir hulle ontwikkeling as leiers

in die gemeenskappe van waar hulle kom. Dit is ons geleentheid om te belê in die jong mense

se lewens.

Bid ook vir die volgende groep wat in Julie 2013 sal begin. Bid dat die Here vir ons die regte

menses al stuur om deel te wees van dissipelskap program.

Indien iemand graag ‘n donasie wil maak kan julle dit op die volgende webtuiste doen:

https://www.givengain.com/cgi-bin/giga.cgi?cmd=donate&cause_id=490

August & Anita Basson

SA cell: +27836583410

Lesotho cell: +26658883670

Web www.growingnations.co.za

Transformation through sustainable Agriculture.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!