07.03.2015 Views

4 Aug 2013.cdr - Moederkerk

4 Aug 2013.cdr - Moederkerk

4 Aug 2013.cdr - Moederkerk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente

Tel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041

E-pos: kantoor@moederkerk.co.za

Webblad: www.moederkerk.co.za

| Alle ure nommer: 074 354 0088

4 AUGUSTUS 2013

KONINKRYKSTYD

W E L K O M I N D I E E R E D I E N S VA N D A G !

OGGENDDIENS: MOEDERKERK 09:30

HANNES KOORNHOF

TEMA: Watter rol speel God-taal in jou eie lewe?

TEKS: Teks: Jer 2:1-13

These verses contain two parallel indictments, “They did not

say...” (v. 6) and “The priests did not say...” (v.8). It is interesting

and important that Israel is not indicted here for what it did

not do but for what it did not say. The indictment recognizes

that Israel is essentially a community of utterance. When

Israel ceases to utter rightly, the community is jeopardized. In

the first indictment, the entire community is accused, the

explicit subject being “your ancestors” (v5). The phrase refers

to all the past generations of Israel from Moses to the time of

Jeremiah. All of them are indicted for a failure to say. What

they did not say pertains to Yahweh's deliverance from Egypt

and Yahweh's safe leadership in the wilderness. The long line

of ancestors did not publicly - out loud – give an account of

the ways in which Yahweh's faithful, powerful presence made

life possible for Israel. They neglected to say, or they forgot

to say; and in their failure to say, Yahweh – the central

character of Israel's past – disappeared, so that a failure

to say leads to a sense of autonomy, a life without

Yahweh.

The indictment is only “they did not say”. There is no indirect

object. They did not say to whom? We might expect that they

did not say to their children, or perhaps to their nonbelieving

neighbors. But it is the saying, not the hearing, that

matters here, for it is the saying that keeps the speakers

inside the story, just as the saying keeps Yahweh

palpably at the center of Israel's narrative and identity.

This text makes evident that Israel is primarily a community of

utterance. Israel engages in narrative recital, which is a form

of testimony. The testimony is advocacy for a certain rendering

of reality and a polemic against other renderings of reality, in

this case, renderings of reality that neglects to mention

Yahweh as a key actor. It is clear that Israel is to be a

community of obedience, and one aspect of that obedience is

obedient speech. (Walter Brueggemann, Text that linger, words

that explode)

AANDDIENS IN MOEDERKERK

19:00 RICHARD VAN WYK

AANDDIENS IN KRUISKERK

19:00 JOHAN VD MERWE

DOOP

Baie welkom aan die

volgende twee ouerpare

wat vanoggend hul babas

laat doop:

— Grant & Lenelle Gainsford

met David

— Le Roux & Jani-Mari van

Niekerk met Jeazelle

PROGRAM VIR DIE WEEK

MAANDAG, 5 AUGUSTUS

13:00 Kreatiwiteitsgroep vir Moederkerk (aande)

17:00 Eredienswerkgroep in die Kerkhuis (oggende)

19:00 Kerkraadsvergadering in die Kerkhuis

DINSDAG, 6 AUGUSTUS

13:00 Kreatiwiteitsgroep (Kruiskerk) in die Khaya

19:00 Huweliksvoorbereidingskursus

WOENSDAG, 7 AUGUSTUS

18:00 Belydenisklas in die Hofmeyrsaal

19:00 Koffiekroeg in die Hofmeyrsaal

SONDAG, 11 AUGUSTUS

08:30 Meditatiewe diens in die Kapel

09:30 Erediens in Moederkerk: Marié Britz

10:45 Engelstalige diens in Kruiskerk

19:00 Erediens in Moederkerk: Johan van der Merwe

19:00 Erediens in Kruiskerk: Hannes Koornhof

19:00 Tienerdiens by Welgelegen-gemeente

GOD IN DIE MEDIESE WÊRELD

In ons gemeente is dit 'n kernwaarde dat ons ons

verhouding met die Here 24/7 wil uitleef. Dit

beteken dat ons mekaar wil help om die verband

tussen ons verhouding met die Here en ons werk

bewustelik te trek. Ons wil graag ruimtes skep

waar ons mekaar hiermee kan help, want ons besef

almal dat dit nie 'n eenvoudige saak is nie. In ons

reeks “God@Work” gesprekke gee ons hieraan

aandag.

BELYDENISAFLEGGING

Daar’s nog ’n geleentheid vir jongmense

om belydenis van geloof af te lê op

Sondagoggend, 25 Augustus.

Kontak Maritha by die kerkkantoor so

gou moontlik vir meer inligting.

Wenke vir

FAMILIES

Daar is soveel kragte wat families

uitmekaartrek. Daarom ons

“familiewenke” waarmee ons gesinne

wil toerus en uitdaag om

familiegewoontes te vestig wat gesinne

sterker kan maak in die uitdagende tye

waarin ons leef. Ons sal die wenke op

www.moederkerk.co.za meer

breedvoerig bespreek. So kan families

vir hulle 'n gereedskapskis opbou met al

die wenke om hulle gesond te hou.

Familiewenk #8

Ons het twee ore en een mond gekry.

Hierdie week probeer ons beter na

mekaar luister. LUISTER is die

hoogste vorm van respek!

Op Maandagaand, 12 Augustus om 19:00-20:30 in

die Hofmeyrsaal se Foyer gesels ons oor die

mediese wêreld. As jy in hierdie industrie werksaam

is, kom gesels saam!

Johan van der Merwe nuwe

Voorsitter van die Kerkraad

Die Kerkraad

het by hulle Junievergadering

op voorstel van die

predikantespan die volgende besluit

geneem: Aangesien Hannes volgende

jaar 65 word en dus aftree-ouderdom

bereik, word Johan van der Merwe vanaf

die tweede semester 2013 die leier van

die predikantespan en voorsitter van die

Kerkraad.

Getroud...en nou!?

Oktober-maand, Leipoldt se “mooiste, mooiste maand”, is 'n gulde geleentheid om 'n bietjie

aandag aan die huwelik te gee. Vir vier weke lank skep ons vir mekaar 'n ruimte waar ons die

sterk punte in ons huwelike kan vier en groei-areas as egpare kan

aanpak. So werk dit:

Tyd: Donderdag-aande 10, 17, 24 en 31 Okt om 19:00-20:30

Plek: Kerkhuis (langs Moederkerk)

Koste: R400 (die koste is die eksterne koste van die aanlyn-peiling wat

ingevul word; subsidie is op aanvraag beskikbaar)

Fasiliteerder: Johan van der Merwe

Onderwerpe: Identifiseer sterk punte en groei-areas, Persoonlikheid,

Kommunikasie enKonflikhantering

Tydens ons sessies gesels egpare meestal met mekaar. In die

kleingroepe en groter groep deel elkeen net as jy wil en ook net dit waarmee jy gemaklik is. Geen

druk word toegepas nie.

Inskrywings: Elaine by elaine@moederkerk.co.za of 021 883 3458 teen einde September.

Ouerskapswerkswinkel

vir ouers met

tieners

Daar is 'n groot behoefte onder ouers

met tieners om te weet hoe ek die

kwelvrae wat opduik in hierdie

dinamiese tyd van my kinders se lewe

moet hanteer. Ons nooi ouers om in 'n 4-

weke werkswinkel saam te kom gesels

en verdere vaardighede te ontwikkel

rondom

· kommunkasie in die huis

· die uniekheid van elkeen in die gesin

· gesonde grense vir tieners

· huisvergaderings en

probleemoplossing

Dit vind plaas op Woensdagaande 21 en

28 Augustus, 4 en 11 September om

19:00-21:00 in die die Khaya. Die koste

is R300/ouerpaar en R200/enkelouer

(sluit handleiding en Myers-Briggs

persoonlikheidsvraelys in).

Inskrywings:

Elaine by elaine@moederkerk.co.za of

021 883 3458.

Navrae: Jan by 082 871 3155

FREE TO SERVE

Sedert sy ontstaan 19 jaar gelede fokus FREE TO

SERVE primêr op die “onbereiktes” van die wêreld.

Ons sien ons taak as die opleiding van inheemse

sendelinge sodat hulle as dissipels onder hulle eie

mense kan werk. Hulle is altyd die heel beste

aangesien hul die inheemse tale, religië, en kultuur

ken, asook die natuurlike verhoudinge.

· In die RSA werk ons in Elsenburg met kinders en

die jeug van Nababeep, Noord-Kaap.

· In die onbereikte Indië het ons die afgelope 19

jaar meer as 120 kerke geplant en 'n paar

duisend pastors opgelei.

· In Thailand kon ons baie mense alreeds na Jesus

lei en 7 nuwe kerke en 2 nuwe kinderhuise plant.

· In Kommunistiese Laos kon ons 12 nuwe kerke

en een nuwe kinderhuis plant en 17 pastors oplei.

· In Burma, wat alreeds meer as 50 jaar onder

militêre beheer is, kon ons 15 nuwe kerke plant

en 4 kinderhuise oprig.

· In Kommunistiese China kon ons ook ’n kerk

plant.

Dit alles kos baie gebede en baie geld. In FTS vertrou

ons volledig op ons God van die onmoontlike. Ons is

dankbaar om die vingers van ons gemeente se

liggaam te mag wees wat baie ver in Asië uitreik en

ver gaan uithaal.

Kontakbesonderhede: Johan en Elna Snyman

www.freetoserve.co.za, office@freetoserve.co.za of

021 887 2657

Straatlig se lig skyn helder!

Dankie vir elkeen se bydrae om van ons wintermark 'n reuse sukses te maak.

Baie dankie in besonder aan almal wat kolwyntjies, kerrie, sop, wit-olifante,

boeke en tyd geskenk het. Ons is baie dankbaar oor almal wat kom inloer het

en ons so goed ondersteun het. Dit was ’n fees. Kyk uit vir ons Kersmark!

MOEDERKERK GEMEENTEBLAD Ons beplan eersdaags die volgende uitgawe van die

Gemeenteblad en wil baie graag stories oor die gemeente se verlede (so 100-150 woorde) plaas.

As jy 'n lekker staaltjie het, stuur dit asseblief teen 12 Augustus aan die redaksie, na

jmc@adept.co.za. Dit is ons almal se blad — help ons om dit lekker interessant te maak!

GEBEDSLYS VIR DIE WEEK

ONS GEMEENTE:

—Dank die Here vir die talle toerustingsgeleenthede wat aangebied word vir

lidmate om te groei in hulle persoonlike verhouding met die Here – wat 'n

voorreg!

—Bid vir elkeen wat sy/haar tyd en gawes op dié manier tot beskikking van sy Koninkryk stel en vir

elkeen wat dit bywoon.

ONS GEMEENSKAP:

—Bid dat ons 'n gemeenskap sal word wat uitreik na ander en omgee; dat opregte dankbaarheid

teenoor die Here ons wantroue en vooroordele sal vervang en dat Hy so verheerlik sal word.

—Bid dat ons nie net sal afbreek en uitroei wat verkeerd is nie, maar dat ons ook sal bou en herstel

soos Jer 1 ons leer!

ONS LAND:

— Bid dat die huidige magstryd tussen vakbonde binne aanvaarbare spelreëls sal geskied en dus

nie tot nadeel van ons land se ekonomiese vooruitgang sal wees nie.

— Bid vir die duisende nie-regeringsorganisasies wat elke dag 'n wonderlike diens in

gemeenskappe lewer, en veral vir hulle wat as vrywilligers ons land op soveel terreine met

persoonlike opoffering dien.

DIE WÊRELD:

—Bid vir wysheid en kundigheid om die belangrike uitdagings wat die wêreld in die gesig staar,

soos deur die Office for the Coordination of Humanitarian Affairs geïdentifiseer, effektief te kan

bestuur, bv:

·verstedeliking (150% in Afrika tussen nou en 2050) wat tot massiewe sosiale ongelykhede,

gesondheidsprobleme, wanvoeding, werkloosheid en armoede sal lei;

·die beperkte toegang tot skoon water wat tot gevolg kan hê dat ongeveer 'n derde van die wêreld

se bevolking teen 2025 'n ernstige waterskaarste sal ondervind.

Vanoggend se deurkollekte gaan aan Free to Serve.

Volgende Sondag se deurkollekte gaan aan die Lesotho Bediening.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!