06.03.2015 Views

DIENS IN ONS GEMEENSKAP - Moederkerk

DIENS IN ONS GEMEENSKAP - Moederkerk

DIENS IN ONS GEMEENSKAP - Moederkerk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WELKOM

IN STELLENBOSCH

MOEDERGEMEENTE!

Welkom as nuwe lidmaat in die tweede oudste gemeente in

die land, gestig in 1686. Met hierdie geloofsgemeenskap het

die Here al „n lang pad geloop. Die wonderlikste is egter vir

ons dat dieselfde Here van die afgelope meer as 325 jaar ons

ook op „n opwindende manier die toekoms binnelei.

Ons is deurlopend besig om bestek op te neem van wat die

Here in ons gemeente gedoen het en steeds doen, en wat Hy

van ons vra vir 'n nuwe tyd. Uit hierdie visioneringsproses het

ons visie om vir God „n Rivier van Lewende Water te wees, tot

stand gekom. Om hierdie visie te verwesenlik, glo ons dat

elke lidmaat op die een of ander wyse in die gemeente

versorging, toerusting en bediening moet ervaar.

Hierdie paar bladsye wil aan jou „n oorsig gee oor die manier

van bediening in ons gemeente om jou te oriënteer en te

inspireer om jouself te verbind om „n versorgingsplek, „n

toerustingsplek en „n bedieningsplek in die gemeente te vind.

As ‟n nuwe lidmaat dra jy ook by dat die Rivier met nuwe

water gevoed word, waaroor ons baie opgewonde is. Ons

bede is dat jy sal tuis voel in hierdie “huisgesin van God”. Mag

jy die Here se teenwoordigheid in ons gemeente beleef.

1

ONS VISIE

ONS GEMEENTEVISIE IS DIE DROOM

WAT ONS INSPIREER

Ons

Stellenbosch Moedergemeente

wil in afhanklikheid van God

'n Rivier van Lewende Water

wees

Ons bely dat

Jesus Christus die lewende water

God die Vader die oorsprong en

die Heilige Gees die vernuwende krag is

Ons bid dat

hierdie lewende water

soos 'n bruisende stroom

deur ons gemeente sal vloei

en wyd sal vertak

om die gemeenskap en die wêreld

te reinig, lewe te gee,

en hoop te bring

2

KOMMUNIKASIE

WWW.MOEDERKERK.CO.ZA

Ons webblad is jou eenstop-plek vir opgedateerde inligting oor

die gemeente. Jy kan ook die nuutste gemeentebulletin daar

aflaai. Eredienstye en predikers word daar vermeld.

Interessante materiaal kan daar afgelaai word.

E-NUUS

Maak seker jy ontvang die twee-weeklikse e-Nuus met vars

nuusbrokkies in jou e-pos se inmandjie. Om in te teken, gaan

na www.moederkerk.co.za en vul jou e-pos adres daar in. Of

kontak die kantoor by kantoor@moederkerk.co.za.

BULLETIN

Laai die jongste gemeentebulletin af by

www.moederkerk.co.za. Die bulletin word ook Sondae by die

eredienste uitgedeel.

GEMEENTEBLAD

Die gemeenteblad met diepte-artikels verskyn tweemaal per

jaar. Vir „n argief van vorige gemeenteblaaie, gaan na

www.moederkerk.co.za.

FACEBOOK

“Like” ons op Facebook by www.facebook.com/moederkerk of

www.facebook.com/kruiskerk.

TWITTER

Volg ons op Twitter by @kruiskerkcom en gesels saam!

3

LIDMAATSKAP

WAT BETEKEN LIDMAATSKAP

VAN MOEDERGEMEENTE?

Ons visie om as gemeente „n Rivier van Lewende Water te

wees, het implikasies vir hoe ons dink oor lidmaatskap:

Ons verstaan lidmaatskap nie

as „n bloot formele of historiese verbintenis aan die

NG Kerk nie

dat ek lidmaat van die gemeente is bloot omdat ek by „n

bepaalde adres woon nie

Ons verstaan lidmaatskap eerder

as „n keuse wat ek maak om my Christenskap en roeping

deur hierdie gemeente uit te leef

as „n verbintenis wat ek maak om betrokke te wees in die

gemeente en

om my diensbaarheid aan die Here in die gemeente en in

ons gemeenskap uit te leef

Ons doel as gemeente

is nie bloot om „n klompie gemeente-aktiwiteite in stand te

hou of uit te bou nie

maar is om as gelowiges en as gemeente in die krag van

die Gees regtig „n verskil te maak in die samelewing waarin

die Here ons geplaas het, sowel persoonlik as gesamentlik

4

DRIE BEWEGINGS

Versorging

Om elke lidmaat in die gemeente (juis ook nuwe lidmate!) te

laat tuiskom in die gemeente, die ervaring van “behoort” te

gee en die geleentheid te gee om geestelik versorg te word

Toerusting

Om aan elke lidmaat die geleentheid te gee om toegerus te

word sodat hy en sy hulle roeping as Christene binne en buite

die gemeente werklik kan leef

Bediening

Om op „n dinamiese manier bedieninge in die gemeente tot

stand te bring waardeur lidmate hulle roeping en

diensbaarheid kan uitleef en ons „n verskil kan maak in die

gemeenskap en wêreld waarin ons leef

LIDMAATWAARDES

In Moedergemeente strewe ons daarna om in die lig van God

se Visie vir ons gemeente

entoesiastiese gelowiges te wees wat leef vanuit „n lewende

verhouding met God

oop te wees vir die leiding van die Heilige Gees

te lewe vanuit „n persoonlike roeping om diensbaar te wees

as rentmeesters ons tyd, geld en gawes diensbaar te stel vir

die Koninkryk van God

betrokke te wees by mekaar se lewe en mekaar se pad

saam met die Here

5

WAT GEBEUR

EREDIENSTE

SONDAE?

Eredienste in ‘n meditatiewe styl

Sondagoggende om 08:30 in die Kweekskool-kapel

Eredienste in ‘n meer klassieke styl

Sondagoggende om 09:30 en

Sondagaande om 19:00 in Moederkerk

Eredienste in ‘n meer informele styl

Sondagaande om 19:00 in Kruiskerk

Tienerdiens

Sondagaande om 19:00 by Welgelegen-gemeente (dit is „n

gesamentlike diens van Moederkerk en Welgelegen)

CD’s van die eredienste kan teen R10,00 per CD by die kerkkantoor of

by preke@moederkerk.co.za bestel word, en DVD’s teen R20.

By ons eredienswerkgroepe is enigeen welkom om onvoorbereid te

kom saamgesels oor die erediens van die vorige dag en die erediens

wat kom:

Maandae 13:00 oor die Moederkerk Aanddiens,

Maandae 17:00 oor die Moederkerk Oggenddiens en

Woensdae 13:00 oor die Kruiskerk Aanddiens

6

BABAKAMER

Die konsistorie is ingerig as „n babakamer, en ouers is welkom

om ook die diens van daar af op „n TV-skerm te volg.

PEUTER- EN KLEUTERKERK

Peuters (2-3 jr) en Kleuters (4-6 jr) vergader tydens die

erediens in die Kerkhuis, onderskeidelik bo en onder.

KINDERBEDIENING

Graad 1-7

Hierdie groep kom Sondae eers kerk toe vir „n kort Kindertyd

waarna hulle begelei word tot by die Hofmeyrsaal. Hier verdeel

hulle tussen die Graad 1-3‟s wat in die Foyer vergader met

Thea Theron as koördineerder, en die Gr 4-6‟s in die groot saal

met Eckhardt Bosch as koördineerder. Vrywillige ouers en

studente tree op as mentor vir die kleingroepe.

Graad 8-10

Hierdie groep het Sondae-oggende hulle eie tiener-erediens in

die Khaya (langs Kruiskerk). So van 9:15 af is daar lekker

koffie en die tienerdiens begin 9:30.

Belydenisgroep (Graad 11)

Die belydenisgroep vergader elke Woensdag om 18:00-19:00

in die Khaya by Kruiskerk. Ons volg in die eerste kwartaal die

Sewe Weke met God wat Roep-reeks en die res van die jaar

word ander relevante temas behandel as voorbereiding vir

belydenisaflegging. Belydenisaflegging vind in die Matriekjaar

plaas by vier geleenthede tydens oggenddienste in

Moederkerk.

7

BELANGRIKE

INLIGTING

Predikante se alle-ure nommer

074 354 0088

Tel: 021 883 3458

E-pos: kantoor@moederkerk.co.za

KERKKANTOOR DROSTDYSTRAAT 2

(LANGS MOEDERKERK)

Die “Kerkhuis” is die administratiewe sentrum van die

gemeente. Hannes, Johan, Richard, Henco en

administratiewe personeel het hier kantore. Vergaderings en

toerustingsgeleenthede vind hier plaas. Reëlings vir troues,

doop en begrafnisse word ook deur hierdie Kerkkantoor

getref.

KANTOORURE:

Maan tot Don 08:00-15:30

Vrydae 08:00-13:00

8

Administratiewe Beampte: Maritha Kotze (voldag)

kantoor@moederkerk.co.za

Administratiewe Beampte: Elaine Hamman (soggens)

elaine@moederkerk.co.za

Tesourier: Marianne Botha (voldag)

marianne@moederkerk.co.za

KERKKANTOOR KRUISKERK-SENTRUM

Hier het Jan en Marié kantore sowel as verskillende

bedieninge soos Straatlig, CRUX en FANS. Vergaderings en

toerustingsgeleenthede vind in hierdie kantore of in die Khaya

plaas.

Administratiewe assistent: Venita de Kock (soggens)

venita@moederkerk.co.za

HOFMEYRSAAL

Die Hofmeyrsaal met sy indrukwekkende fasade en moderne

Foyer is in Oktober 1899 ingewy as „n bymekaarkomplek vir

die “Christelijke Jongelingen-Vereeniging”. Sedert 1950 is die

kompleks Moedergemeente s‟n. Dit word gebruik vir

gemeentelike toerustingsgeleenthede, saamkuier om „n

kaggel in die winter en nuwe styl eredienste. Die sentrum

word ook op „n kommersiële basis vir konferensies en

funksies verhuur. Vir meer inligting daaroor, kontak

pang@moederkerk.co.za.

9

LERAARS

Hannes Koornhof

hannes@moederkerk.co.za

Tel: 021 883 3458 (w) 021 883 3712 (h)

082 940 3318 (sel)

Johan van der Merwe

johan@moederkerk.co.za

Tel: 021 883 3458 (w) 021 886 4323 (h)

082 940 3319 (sel)

Richard van Wyk

richard@moederkerk.co.za

Tel: 021 883 3458 (w) 021 886 6815 (h)

082 905 7278 (sel)

Jan van Zyl

jan@moederkerk.co.za

Tel: 021 883 3458 (w)

082 871 3155 (sel)

021 886 4994 (h)

Marié Britz

marie@moederkerk.co.za

Tel: 021 883 3458 (w) 021 886 7471 (h)

084 515 1629 (sel)

10

BEDIENINGSPOSTE

Wynand Nel (Pastorale hulpleraar vir Senior Lidmate)

wynand@moederkerk.co.za

Tel: 021 886 9880 (h) 082 901 5877 (sel)

Zorada Temmingh (Orrelis: Moederkerk)

zorada@moederkerk.co.za

Tel: 021 886 6190 (h) 082 560 7553 (sel)

Wilken Calitz (Musiekleier - Informele Eredienste)

wilken@moederkerk.co.za

021 887 5020 (w) 083 267 9225 (sel)

Louis van der Watt (Koorleier - Canticum Novum)

louis@moederkerk.co.za

Tel: 021 886 6539 (h) 084 517 1273 (sel)

Pang Basson (Eiendomsbestuurder)

pang@moederkerk.co.za

082 352 5574 (sel)

André Kilian (Pastorale Ondersteuningsgroepe)

andre@moederkerk.co.za

082 320 1784 (sel)

Henco van der Westhuizen (Jeugwerker Tieners)

henco@moederkerk.co.za

072 180 8181

11

Eckhardt Bosch (Junior Kategese: Koördineerder)

eckhardt@moederkerk.co.za

081 838 1756

Rozelle Robson (Junior Kategese: Koördineerder)

rozelle@moederkerk.co.za

072 082 8226

Helgard Pretorius (Straatlig Koördineerder / Grey Matters)

helgard@moederkerk.co.za; helgard@straatlig.org

079 520 5563

Sonja Olivier (Straatlig: Administrasie)

sonja@straatlig.org

084 444 4105

Josephine Scholtz (Straatlig: Bemagtigingsprojekte)

josephine@straatlig.org

082 445 8929

Ruben Scheepers (Straatlig: Kinders)

ruben@straatlig.org

072 345 5683

Arina Coetzee (Straatlig: Kinders)

arina@straatlig.org

072 345 5683

Dawfré Theron (Kruiskerk eredienskoördineerder en CRUX

administrasie)

dawfre@moederkerk.co.za

082 899 3959

12

Rick Bronkhorst (Grafiese ontwerper)

rick@moederkerk.co.za

072 404 9044

Martin Becker (Klankstelsels Koördineerder KK)

martin@moederkerk.co.za

084 422 3028

Francois (Gulu) Bekker (Klankstelsels Koördineerder MK)

gulu@moederkerk.co.za

Jurie & Magdaleen Goosen (Internasionale studente)

fans@moederkerk.co.za

083 235 5920

Antoni Schonken (Moederkerk Aanddiens Koördineerder)

antoni@moederkerk.co.za

072 712 3668

Natasha ten Krooden (Kleingroep Koördineerder)

kleingroepe@moederkerk.co.za

084 874 3618

Hennie Hanekom (Jong Werkendes Koördineerder)

hennie@moederkerk.co.za

083 733 6236

Ilse Deysel (Tolkdienste)

ilse@moederkerk.co.za

082 431 6701

13

DANKOFFER

Waarom? Hoe?

Ons moedig lidmate aan om ook deur die gee van „n gereelde

dankoffer deel te wees van die bediening van die gemeente

en die uitleef van ons visie.

Daar is koeverte in al die portale van die kerkgebou wat vir

hierdie doel gebruik kan word.

Al meer lidmate verkies om hul dankoffer deur middel van „n

gereelde elektroniese oorbetaling te doen. Ons moedig dit

graag ook aan.

Jy sou ook by die bank kon reël vir „n gereelde aftrekorder

indien jy nie van elektroniese bankdienste gebruik maak nie.

Op die eerste Sondag in September vier die gemeente

Dankfees. Die hele September is Dankfeesmaand en lidmate

word aangemoedig om ‟n spesiale dankoffer dan te gee.

WAAROM DANKOFFER GEE?

Jy sê so dankie!

Jy leer om van God afhanklik te lewe.

Jy belê in God se Koninkryk en word `n vennoot daarin.

Jy wys aan watter geloofsgemeenskap jy jouself verbind.

14

WAT SÊ DIE BYBEL?

"Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets

opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers

plaasvind as ek kom nie." (1 Kor. 16:2)

"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie

met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige

gewer lief." (2 Kor. 9:7)

"As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het,

neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie

het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te

kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle

wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle

weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help.

So kom daar ewewig." (2 Kor. 8:12-14)

"Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug

daarvan: daardeur word julle self ryker. Julle gawe is voor God

'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien

volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." (Filip.

4:17,19)

"Wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om

sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U

wat ons van U gekry het." (1 Kron 29:14)

MOEDERGEMEENTE SE REKENINGBESONDERHEDE

REKENINGNAAM: NG Kerk Stellenbosch

BANK:

Nedbank (Business Winelands)

TAKKODE: 149821

REKENINGNOMMER (Tjek): 1498043232

15

VERSORGING

‟n Gemeente is ‟n plek waar lidmate geestelik en emosioneel

ondersteun word. Veral wanneer hulle deur moeilike tye gaan.

Hoe gebeur dit in Moedergemeente

CHRISTEN-VRIENDE IS DIT VIR MEKAAR

Meeste lidmate ervaar dat wanneer hulle deur moeilike tye

gaan, hulle vriende die mense is wat hulle veral ondersteun.

En dit is reg so. Dit is immers wat vriendskap vir Christene

moet beteken. Ons wil in die gemeente geleenthede skep

waar ons as gelowiges beter toegerus kan word om mense in

‟n verskeidenheid van situasies te kan ondersteun. Die kursus

in Luistervaardigheid is een voorbeeld daarvan.

Aan watter toerusting in hierdie verband het jy ’n

behoefte? Kontak ons asb.

Watter van jou vriende of kennisse het tans jou

ondersteuning nodig? Soms is dit ’n gebed; soms ’n

drukkie; soms iets te ete. Wees beskikbaar en groei

daarin om ingestel te wees op ander se behoeftes.

DIT GEBEUR IN KLEINGROEPE

In min ander strukture kan ‟n mens mekaar as gelowiges

beter geestelik ondersteun en versorg as in ‟n kleingroep. Dit

is een van die mees effektiewe maniere om ‟n groot

gemeente “kleiner” te maak. Die gemeente-vraelys van 2011

het gewys dat verrassend baie lidmate in ‟n verskeidenheid

kleingroepe is: Bybelstudiegroepe, Kleingroepe vir Jong

Werkendes en vir Jong Getroudes, Familie-Omgeegroepe,

Kleingroepe vir studente, Kleingroepe vir senior lidmate,

16

Mansgroepe ens. Nog meer skakel jaarliks in by die “Sewe

Weke-groepe.” Enkele wyke vervul ook nog die rol van ‟n

kleingroep.

As jy wil deel word van ’n bestaande kleingroep of ’n

nuwe groep wil begin, kontak vir Marié by

kleingroepe@moederkerk.co.za of bel die kantoor.

En as jy iemand is wat kies om op hierdie stadium van jou

lewe nie deel te wees van ’n kleingroep nie – moenie

skuldig voel daaroor nie. Fokus dan daarop om vir jou

vriende en ander mense wat jou pad kruis ’n naaste te

wees.

DIT GEBEUR IN GEFOKUSDE OMGEEGROEPE

Daar kom situasies in ‟n mens se lewe wanneer dit vir jou baie

waardevol is om saam met mense wat al dieselfde pad as jy

geloop het, te reis, vir ‟n korter of langer tyd. Ons probeer in

Moedergemeente om sulke ruimtes te skep in die gefokusde

omgeegroepe wat deur André Kilian gelei word. Tans is daar

ondersteuningsgroepe vir lidmate wat te make het met

depressie en angs, asook vir gay gelowiges. In hierdie groepe

word jy nie net self ondersteun nie; jy word so ook toegerus

om ander te kan ondersteun.

Kontak gerus die kantoor of vir André Kilian

(andre@moederkerk.co.za) vir meer inligting of om in te

skakel.

Kontak ons asseblief ook as jy ’n voorstel het vir nuwe

groepe wat geskep kan word.

DIE PREDIKANTE IS ALTYD DAARVOOR BESKIKBAAR

‟n Mens weet nie hoe jy dit duidelik genoeg kan sê nie! Al die

predikante beskou dit as een van hulle primêre take om

lidmate wat deur moeilike tye gaan emosioneel en geestelik

17

te ondersteun. Geen gemeente kan ooit te groot wees

daarvoor nie. Geen predikant is ooit te besig daarvoor nie.

Kontak asb. die kantoor as jy weet van iemand wat deur

’n moeilike tyd gaan (siekte ens.) of wat ’n besoek van ’n

predikant sal waardeer. Moenie aanvaar dat die

predikante reeds weet nie – meesal weet ons (nog) nie!

Bel asseblief die kantoor of enige van die predikante

wanneer ook al jy self behoefte het aan ’n gesprek,

besoek of gebed. Die predikante is elke dag op kantoor

beskikbaar, maar sal ook met graagte na jou huis toe

kom.

Maar jy hoef nie net kontak te maak as jy in ’n krisis is

nie. Ook as jy sommer net oor geloofsvrae wil gesels of

oor jou eie geloofspad sal dit vir die predikante ’n voorreg

wees om op ’n stukkie van jou reis met God met jou saam

te loop.

BESOEKE AAN SENIOR LIDMATE

Alle senior lidmate (in aftree-oorde sowel as in wyke) word tuis

deur Wynand Nel besoek. Dit is vir Moedergemeente belangrik

dat senior lidmate sal ervaar hulle ‟n spesiale plek in die

gemeente het – en dat die Here hulle nog op baie maniere

kan gebruik.

Kontak asb die kantoor of vir Wynand

(wynand@moederkerk.co.za) met vrymoedigheid wanneer

ook al jy behoefte het aan ’n gesprek, besoek of gebed.

Dankie aan so baie senior lidmate wat deur hulle

voorbidding ’n onmisbare rol speel in die bediening en

aksies van Moedergemeente.

18

TOERUSTING

Ons wil aan elke lidmaat die geleentheid gee om toegerus te

word, sodat hy en sy hulle roeping as gelowiges binne en buite

die gemeente werklik kan uitleef.

IN DIE EREDIENS!

Die eredienste is die sentrale toerustingsgeleenthede in die

gemeente.

Ons verstaan die doel van die eredienste as die viering van

ons verlossing in Jesus Christus en die toerusting om uit te

gaan en as verloste mense te leef en te dien (Ef 4:1 en

Fil 2:12-13).

DEUR KURSUSSE EN GESPREKSGELEENTHEDE

Deur „n verskeidenheid van kursusse, gespreksgeleenthede en

toerustingsgeleenthede word lidmate begelei en toegerus om

hulle geloof en roeping as Christene en lidmate prakties te

kan uitleef. Enkeles daarvan is Bybeloggende en Bybelaande

op Woensdae, gesins– en ouerskapskursusse,

doopgesprekke, huweliksvoorbereidingkursusse, gesprekke

oor God en my werk en kritiese gespreksgroepe.

19

BEDIENING

HOE KAN EK ‘N KONINKRYKSVERSKIL

IN DIE WÊRELD MAAK?

Een van die mees bevrydende insigte wat ons die afgelope tyd

gekry het, is hoe omvattend elke gelowige se roeping is. Dit

omvat nie net gemeentelike betrokkenheid nie, maar totale

gemeenskapsbetrokkenheid. Dit is nie net in my af-tyd nie,

maar het ook met my werk en huis te make. Roeping is vir

elkeen van ons, met volle inagneming van jou beskikbare tyd,

die lewensfase waarin jy verkeer, jou unieke passies, gawes

en persoonlikheidstipe!

Daar is baie bestaande moontlikhede van betrokkenheid in

die gemeente èn gemeenskap. Daar is egter ook volledig

ruimte vir die totstandkoming van nuwe bedieninge. Nuwe

bedieninge ontstaan waar lidmate met die passie daarvoor

inisiatief neem en deur die gemeente ondersteun word.

Origens is dit vir ons krities belangrik dat elke lidmaat van ons

gemeente bewustelik vanuit sy en haar verhouding met die

Here sy of haar beroep beoefen of dagtaak verrig.

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!