06.03.2015 Views

2 Konings 5 v 1-18 - Moederkerk

2 Konings 5 v 1-18 - Moederkerk

2 Konings 5 v 1-18 - Moederkerk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2 Konings 5:1-18 - God ruk “hand-uit”

21 Julie 2013

1. Die Here doen sy werk deur gelowiges en

ongelowiges

Ÿ Die eerste vers laat 'n mens as't ware al

regop sit: God is betrokke by die oorlog

tussen twee heidense nasies! En God

gebruik 'n heidense generaal om 'n

bepaalde uitslag te bewerk!

Ÿ 'n Mens kan die fout maak om te dink

die Here werk eintlik net deur gelowiges.

Natuurlik kan dit waardevol wees as bv.

publieke figure en leiers en politici

gelowiges is (mits hulle natuurlik hulle

geloof regtig uitleef in keuses en

optrede). Maar God is nie afhanklik

daarvan om sy Koninkryk te laat kom en

sy wil te laat geskied

nie. God gebruik die

Persiese koning Kores

om sy volk uit

ballingskap te laat

terugkeer - en Jesaja

noem Kores die “Kneg

van die Here”! Die

Farao stel vir Josef aan

as onderkoning van

Egipte - en God red so sy volk! (Vgl. Gen.

50:20)

Ÿ Laat ons nie te klein dink oor God nie -

en daarom te klein bid nie. God is groter.

God laat sy Koninkryk kom deur

gelowiges en ongelowiges - want dit is

GOD wat sy Koninkryk laat kom!

2. God gee vir alle mense ewe veel om - vir

gelowiges en ongelowiges

Ÿ Dit is die een toepassing van 2 Kon 5 wat

Jesus self maak in Luk. 4:23-33. Die Jode

kon dit nie hanteer nie - want in hulle oë

is heidene mense wat nie vir God se

goedheid “kwalifiseer” nie. Toe jaag hulle

vir Jesus weg!

Ÿ Ons kan maklik (onbewustelik!) steeds

dink dat gelowiges tog seker meer vir God

se goedheid kwalifiseer as slegte mense!

God sal tog eerder goed wees vir goeie

mense (lees: “ons”) as vir slegte mense?

Ÿ Genadiglik kan 'n mens nie kwalifiseer vir

God se goedheid nie. God is goed vir ons

omdat sy liefde vir ons so groot is - nie

omgekeerd nie (lees Ps. 138:8). Jesus sê

God laat reën oor regverdiges en

onregverdiges. (Matt. 5:43-48).

Ÿ En hierin moet God se kinders juis soos

God wees: mense wat God se liefde na

alle mense toe uitleef, ongeag wat

daardie mense se geloof,

ras, geslag, seksuele

oriëntasie, status,

misdaadrekord of wat ook al

is. Juis in die kerk moet

mense God se goedheid,

aanvaarding, deernis,

vergifnis, omgee vir alle

mense konkreet sien en

ervaar.

3. Geld en aansien koop nie God se gawes

nie

Ÿ Dit is nogal 'n komieklike prentjie: die

hoof van die weermag staan voor Elisa se

huis met 'n vrag goud en silwer. Wat hom

betref kan jy omtrent alles met geld en

aansien koop. Omtrent alles. Nie jou

gesondheid nie! Maar ook daar baat dit

tog en kan dit vir jou voorkeurbehandeling

koop.

Ÿ Elisa is nie deel van hierdie sisteem nie.

Hy kom nie eers uit om Naäman te woord

te staan nie. Hy stuur net die voorskrif

met sy bode! Tot Naäman se groot

verontwaardiging!

Ÿ En toe Naäman terugkom en wil dankie

sê met al sy skatte - aanvaar Elisa ook

niks. Want God se goedheid is nie te

koop nie! Dit is vir almal ewe beskikbaar.

En jy ontvang dit net deur geloof en

gehoorsaamheid.

(Kant-aantekening: In baie preke oor 2

Kon 5 word genoem dat dit vandag nog

so is dat welvaart en bevoorregting 'n

mens toegang gee tot beter mediese

fasiliteite en genesing as vir arm mense.

En dat ons as bevoorregte Christene

onsself moet afvra: wat is ons

verantwoordelikheid teenoor mense wat

nie so bevoorreg is nie; hoe kan ons God

se goedheid na hulle toe leef? Iemand

noem dit The Hardest Question: How

does this story offer hope to those who

can never get to Elisha's doorstep the

way Naäman did?)

4. God genees op buitengewone en gewone

maniere

Ÿ Een van die ironieë in hierdie verhaal is

ook die manier hoe die genesing gebeur

en wat Elisa se rol daarin is. Niks

dramaties gebeur nie. Elisa self is eintlik

glad nie betrokke nie. Hy stuur net 'n

boodskap met sy dienaar: gaan was jou

sewe maal in die Jordaan.

Ÿ Naäman se reaksie is komies. Hy is

verontwaardig - dit pas nie by sy status

nie. Hy is ook ongelowig: genesing kan nie

so gebeur nie. Daar moet 'n

indrukwekkende ritueel wees. So werk die

gode. So behoort hierdie God van Israel

ook te werk.

Ÿ God doen sy werk (wonderwerke) op

gewone en buitengewone maniere. Ons

moet versigtig wees om net God raak te

sien as dit op buitengewone maniere

gebeur. Wees daarom ook versigtig om

(verkeerdelik) te dink dat God net die

gebed van die predikant of die

geloofsgeneser of die persoon met die

gawe van genesing hiervoor kan gebruik.

God se Koninkryk kom, God doen sy werk

deur mense soos ek en jy.

5. God werk juis deur mense soos ek en jy

Ÿ Die belangrikste figuur in die verhaal is

waarskynlik die dogtertjie. Alles het by

haar begin. Die slagoffer van oorlog tree

op as getuie en profeet!

Ÿ En eintlik het sy niks buitengewoons

gedoen nie! Sy maak net 'n opmerking

waaruit blyk sy glo in wat God kan doen.

Die Here gebruik dit om 'n hele reeks

gebeurtenisse aan die gang te sit wat lei

tot Naäman se genesing, uiteindelik tot sy

bekering - en waarskynlik tot groter vrede

tussen Aram en Israel!

Ÿ Om te getuig beteken nie om 'n

geformuleerde uiteensetting te gee van

wat jy glo nie. Om te getuig beteken nie

om in konfrontasie met iemand te gaan of

vir mense te preek nie. Om te getuig

beteken allereers om te leef wat jy as kind

van God glo (waardes, prioriteite ens).

Maar getuig is ook praat. Dit kan soms net

'n opmerking wees: oor wat jy glo; oor

hoe jy God beleef; oor wat jy as Christen

dink reg en verkeerd is. Dit kan gewoon

wees om God se goedheid te leef teenoor

alle mense - of om opreg en

onvoorwaardelik te vergewe!

Ÿ God gebruik jou gewone lewe en optrede

om ‘n verskil in sy wêreld te maak! Ons

sien dit in die dogtertjie se opmerking.

Ons sien dit daarin dat al die mense in die

verhaal wat eintlik die verskil maak “op

die agtergrond” is, “gewone mense” is

(Elisa se boodskapper; Naäman se

amptenare).

Ÿ Jy hoef nie belangrik, geleerd,

welsprekend te wees om 'n groot verskil

vir God te maak nie. En as jy wel iemand is

wat geseën word met statuur,

geleerdheid, welsprekendheid, welvaart -

moenie daarop staatmaak nie; maak staat

op God wat deur jou kan werk en 'n groot

verskil kan maak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!