06.03.2015 Views

Bulletin 10 Junie 2012.cdr - Moederkerk

Bulletin 10 Junie 2012.cdr - Moederkerk

Bulletin 10 Junie 2012.cdr - Moederkerk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente

Tel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041

E-pos: kantoor@moederkerk.co.za

Webblad: www.moederkerk.co.za

| Alle ure nommer: 074 354 0088

10 JUNIE 2012

KONINKRYKSTYD

W E L K O M I N D I E E R E D I E N S VA N D A G !

OGGEND- EN AANDDIENS: MOEDERKERK 09:30 & 19:00

RICHARD VAN WYK

TEMA: Generies of oorspronklik SKRIFLESING:

1 Samuel 8

Generiese medisyne is namaaksels van die oorspronklike. In 1 Samuel 8 lees ons dat Israel kies

om “soos die ander volke” te wees. Hulle was die oorspronklike volk van God maar kies om hulle

andersheid, hulle oorspronklikheid prys te gee. Hulle uniekheid het daarin gelê dat God hulle

koning was maar nou vra hulle vir 'n ander koning. Die keuse van hulle het natuurlik

konsekwensies. Ten spyte van Samuel se waarskuwing bly hulle by hulle keuse. 1 Samuel 8 kom

vra vir ons: “Wie is die K(k)oning van ons besluite?”

KRUISKERK 19:00

JOHAN VAN DER MERWE

TEMA: Jy is wie jy volg

TEKS: 1 Sam 3:1-20

Die idee van die eiland “Ek” wat nie beïnvloed word deur my omgewing en mense om my nie, is

'n illusie en 'n wanvoorstelling. Ek volg dinge en mense. Dit maak my wie ek is. Ek offer my

lewe vir dinge en mense. Dit maak my wie ek is. Ek is wie ek volg. In die wêreld van sosiale

media het jy “vriende” op , mense jou, maar kan jy darem ook iemand

“unfriend”. Op Twitter het jy volgelinge, is jy besig met

en kan jy ook mense

Samuel is nog pure kind. Nog nie sy onskuld verloor nie. Naïef, sou jy selfs kon sê. Hy volg nog

net vir Eli. Maar Eli en sy huis is self verdwaal. God het selfs ophou praat. Hy wil praat, maar

Hy's stilgemaak. God praat nie as mense Hom stilmaak nie. Hulle moet Hom wíl hoor. Hulle

moet Hom wíl volg. En as hulle nie wil nie, moet God in afgryse toekyk hoe hulle hulself vir

ander gode offer ... en daaraan ondergaan.

Gedurende die vakansie:

— Die kerkkantoor is slegs soggens oop vir

die eerste en laaste week van die

vakansie. Die middelste week (2-6 Julie)

is die kantoor egter heeltemal gesluit.

— Daar is altyd ‘n predikant beskikbaar op

die alle ure nommer, 074 354 0088

— Vanaf Sondag, 24 Junie is daar

gesamentlike aanddienste by die United

Kerk, Van Riebeeckstraat

Kom drink gerus

‘n lekker koppie

tee by die Kerkhuis

na die oggenddiens

Wil jy graag betrokke raak?

BLOMME-BEDIENING:

Ons wil baie graag weer elke Sondag ‘n mooi blommerangskikking

in die kerk hê. Daar is reeds mense wat hierdie

BLOMME-bediening aan die gang wil kry, maar daar word hulp

benodig in terme van:

õ Nóg blomme-liefhebbers wat kan help met reëlings en

rangskikking vooraf;

õ Blomme, loof, of net toegang tot blomme, miskien

kontak by die blommemark?

NB: Jy hoef nie ‘n professionele rangskikker te wees nie,

slegs ‘n blomme-liefhebber!

GASVRYHEIDS-BEDIENING:

Hierdie bediening het sóveel potensiaal! Spyseniering vir

begrafnisse, vergaderings en sosiale byeenkomste van die

gemeente is maar enkele voorbeelde. Daar is reeds entoesiastiese mense wat graag hier

betrokke wil raak. Maar, weereens, ons het jóú nodig! ‘n Vergadering gaan gehou word aan die

begin van die nuwe kwartaal om meer inligting te gee. Intussen kan jy solank dink aan

interessante, nuwe voorstelle.

Kontak Maritha by kantoor@moederkerk.co.za of 021 883 3458 as jy by enige van hierdie

twee bedieninge betrokke wil raak. Moet asb nie dink dat daar wel iemand anders vorendag

sal kom nie, ons het jóú raad en hulp nodig!

PROGRAM VIR DIE WEEK

MAANDAG, 11 JUNIE

17:00 Eredienswerkgroep in die Kerkhuis

19:00 Kerkraadsvergadering in die Kerkhuis

DINSDAG, 12 JUNIE

19:00 Straatlig-uitreik vanaf die Khaya

WOENSDAG, 13 JUNIE

10:00 Bybeloggend in die Foyer

19:00 Bybelaand in die Kerkhuis

DONDERDAG, 14 JUNIE

10:00 Bybeloggend in die Foyer

13:00 Straatlig gebedstyd in Khaya

19:00 Grey Matters in die Hofmeyrsaal

SONDAG, 17 JUNIE

08:30 Meditatiewe diens in die Kapel

09:30 Erediens in Moederkerk: Marié Britz

10:30 Engelstalige diens in die Khaya

19:00 Erediens in Moederkerk: Marié Britz

19:00 Tienerdiens (praise & worship) by

Welgelegen-gemeente

'n Geskenk

met 'n verskil!

Verjaar 'n vriend(in) wat “alles het”?

Verras hom of haar met 'n

hartverwarmertjie: 'n Bydrae aan die

Beursfonds in sy/haar naam!

Bankbesonderhede:

NG Kerk Stellenbosch, Nedbank

(Business Winelands),

Takkode: 149821

Rekeningnommer: 149

804 3232,

Verwysing:

Beursfonds (plus sy/haar naam)

Kategese

vandag

Peuters (2-3 jariges):

Kerkhuis, boonste vloer

Kleuters (4-5 jariges):

Kerkhuis, grondvloer

Juniors (Graad 1-6):

Kom eers kerk toe en

gaan dan na Hofmeyrsaal

Seniors (Graad 7-10):

Kom eers kerk toe en gaan

dan Kweekskool toe

NAVRAE: Jan van Zyl by

jan@moederkerk.co.za of by

082 871 3155

Eerstejaarskamp 2013

Glo dit as jy wil, maar ons is reeds besig om te beplan vir die

eerstejaarsverwelkomingskamp van 2013.

Ons word jaarliks bederf met die leiers wat die Here roep vir

die kampe. Ons is op soek na kos-ouers wat saam met

studente in beheer sal wees van die kombuis. Die kamp

strek van Vrydag tot Woensdag (datums nog nie bevestig,

waarskynlik einde Januarie).

Indien jy (julle) dalk so iets kan of sou wou doen laat weet

asb vir Dawfré by 082 899 3959 of

dawfre@moederkerk.co.za of vir Richard by 082 905 7278 of

by richard@moederkerk.co.za.

MOEDERGEMEENTE DATABASIS

Ons wil graag met jou kan kommunikeer. Daarom is ons tans

besig met ‘n proses om elke gesin te bel om te hoor of jou

besonderhede miskien verander het. Jy kan dus ‘n oproep van

die kantoor te wagte wees - byvoorbaat dankie!

Ons het nou 'n Gemeentebiblioteek!

Goeie, geestelike boeke is nie net duur nie, maar baie

dikwels ook onverkrygbaar by die gewone Christelike

boekhandelaars. Jy kan nou hierdie boeke uitneem by ons

biblioteek, in die Kerkhuis, na elke oggenddiens en elke

weeksoggend.

Huweliksvoorbereiding 2012

31 Jul Liefdestale

7 Aug “Leaving and Cleaving”

14 Aug Kommunikasie

21 Aug Persoonlikheid

28 Aug Konflik

4 Sept Seksualiteit

Dinsdae 19:00-21:00

Hofmeyrsaal

R350 per paar

Navrae en inskrywings:

Elaine Hamman

021 883 3458

elaine@moederkerk.co.za

11 Sept Geestelike Intimiteit

GEBEDSLYS VIR DIE WEEK

ONS GEMEENTE:

Bid vir al die verskillende uitreike wat gedurende die vakansietyd sal plaasvind;

vir hulle veiligheid op pad na hulle bestemmings en dat hulle tot groot seën sal

wees vir al die gemeenskappe waar hulle hulp sal verleen.

Bid vir die kategete en hulle klasse vandag en dank die Here vir hulle bereidwilligheid om ons

kinders te help in hulle geestelike ontwikkeling.

ONS GEMEENSKAP:

Bid vir elkeen wat met gesag en mag beklee is dat hulle dit met groot insig en omsigtigheid

sal gebruik sodat almal in ons gemeenskap daarby sal baat vind.

Bid dat hulle vry sal wees van korrupsie en misbruik van hulle posisies.

ONS LAND:

Ons dank die Heer vir soveel inwoners in Suid-Afrika wat sensitief is vir die ongelykhede in ons

land en wat elke dag op soveel maniere die liefde van Jesus probeer uitleef deur die lot van

hulle medemense te verlig.

Ons bid dat almal, maar veral ons leiers, die broosheid van ons demokrasie sal respekteer en

versoekings sal weerstaan om Suid-Afrikaners teen mekaar op te vorder deur rassespanning

aan te jaag.

Ons dra almal in ons land wat sonder die nodige skuiling die winterkoue moet trotseer aan die

Here op, en dank die Heer vir diegene wat hulp verleen aan mense wat weens brande hulle

huise en besittings verloor.

DIE WÊRELD

–Dat die Gabarone-verklaring wat onlangs deur tien lande in Afrika onderteken is, waarin

onderneem word om stappe teen die plundering van natuurlike hulpbronne te neem, 'n

betekenisvolle bydrae tot volhoubare ontwikkeling in Afrika sal maak.

–Dat die Verenigde Nasies se Rio+20-beraad oor volhoubare ontwikkeling wat in Junie 2012 in

Rio de Janeiro, Brasilië plaasvind, opnuut die noodsaaklikheid van die effektiewe bestuur van

biodiversiteit en ekosisteme sowel as die oordeelkundige benutting van natuurlike hulpbronne

onder die aandag van internasionale besluitnemers sal bring.

OXLOS is 'n dans- en dramagroep wat deel vorm van

Crux. Elke jaar het ons 'n ander produksie wat ons

opvoer by kerke, skole en waar ookal ons genooi word.

Ons probeer om ons produksie se boodskap relevant te

maak op soveel mense as wat ons kan. Deur hierdie

produksie bereik ons mense deur ons danse en deur

die drama en versprei so die woord van God. Na ons

produksie het ons ook die geleentheid om met die

mense te praat oor wat hulle gesien het en dan is daar

die geleentheid om saam met hulle te bid.

Oxlos was gestig in 1995 deur 'n groep mans van

Eendrag koshuis. Van toe af het ons net elke jaar

gegroei. Huidiglik is ons 18 lede, waarvan ons almal studente is. Ons is self verantwoordelik

vir die choreografie van die danse en die skryf van ons produksie. Aan die einde van elke jaar

het ons 'n toer na verskeie standdienste, waar ons produksie deel vorm van die stranddiens

spanne se program. Ons slagspreuk vir die jaar is "Illuminated by His Grace" en ons visie is "to

be real in our purpose to touch hearts and change lives with a focus on pointing our audience

towards God in a way that is deeply relevant".

Vanoggend se deurkollekte gaan aan Oxlos-bediening.

Volgende Sondag se deurkollekte gaan aan die Transkei Werkers-aksie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!