11.12.2018 Views

KLK Gesprek_Desember 2018 - web 3

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4 Aktueel

KLK Gesprek

Dié seisoen het deurmekaar geraak

ELKE JAAR PRAAT ons van ‘n

“deurmekaar” seisoen. Min jare of seisoene

loop soos wat voorspellings aandui.

Of seisoene egter meer “deurmekaar”

raak oor tyd, is debatteerbaar – aan die

een kant is ons geheue kort, maar aan die

ander kant moet klimaatsverandering ook

‘n effek uitoefen.

Die hele aarde se klimaat, wat reënval

insluit, word gedryf deur energie, hoofsaaklik

vanaf die son. Daar vind dikwels

onewe re dige verwarming van die aardoppervlakte

plaas, tog meer belangrik vind

herverspreiding van energie plaas deur

seestrome, winde, grootskaalse weerstelsels

en ander faktore. Wanneer daar

veranderings plaasvind in energievlakke op

sekere gedeeltes van die aarde, soos tydens

El Niño-gebeurtenisse, dan reageer die

boliggende weerstelsels daarmee saam.

Vanjaar is gekenmerk deur voorspellings van

El Niño-ontwikkeling reeds voor die winter van

2018. Teen die begin van November 2018

was daar nog steeds nie ‘n volhoubare ontwikkeling

wat plaasgevind het nie en die seeoppervlaktemperature

in die Stille Oseaan was

nog steeds naby aan neutraal. Dit het onder

andere veroorsaak dat weerstelsels nie gereageer

het soos verwag nie. Alhoewel die kanse

vir lente- en vroeë somerreënval gedurende

El Niño-seisoene redelik goed is, verswak dit

die kanse vir reën later in die seisoen. Met

meer neutrale toestande in die Stille Oseaan

begin die seisoen later as normaal, maar die

middel tot tweede deel van die seisoen se

reënval is dan weer beter.

Die situasie is tans van so ‘n aard dat dit

lyk asof El Niño steeds nog gaan ontwikkel,

alhoewel abnormaal laat in die seisoen.

Dit kan voorspellings verder “deurmekaar”

maak, want El Niño-ontwikkeling so laat in

die seisoen is dikwels negatief vir mid- tot

laatsomerreënval.

Verder is die effek van El Niño en selfs neutrale

toestande meer negatief na die westelike

Johan van den Berg

Santam Landbou

en noordwestelike dele van die land wat dus

veral die Noord-Kaap, Noordwes Provinsie

en Wes-Vrystaat insluit.

Opsommend lyk dit asof baie min reën in

November en Desember gaan voorkom,

alhoewel toestande vir reën dalk bietjie

kan verbeter in die eerste week van Desember.

Dit kan ook ondergemiddeld reën

in Januarie en Februarie 2019, gegewe

die moontlikheid dat El Niño se effek dan

kan begin inskop. Vir druiweboere lyk dit

dus na ‘n redelike goeie seisoen met min

reën. Vir veeboere lyk die seisoen egter

minder rooskleurig. Onderliggend sal ons

waarskynlik in die volgende jaar of twee

in natter toestande inbeweeg, maar dit

lyk asof neutrale tot El Niño-toestande

die huidige seisoen se reënval gaan beperk,

veral oor die meer westelike dele

van die land.

Droogte beïnvloed selfs die pelsbedryf

DIE SWAKARA-RAAD het produsente onlangs op sy bedryfsforum

gewaarsku dat die volgende twee jaar besonder uitdagend vir die

pelsbedryf sal wees. Die ooraanbod van pelse sal eers weggewerk moet

word voordat daar noemenswaardige veranderings verwag kan word.

Tog raai die industrie alle Swakara-produsente aan om nie van

hul kernkuddes met goeie genetika ontslae te raak nie. Die mark

is tans op ’n laagtepunt, maar algehele vooruitsigte lyk goed vir

die toekoms.

Tans is daar ’n oorproduksie van nertspelse wat gepaardgaan

met verbruikers wat minder geld bestee aan pelskledingstukke. Dit

veroorsaak dat kopers op die internasionale pelsveiling meer selektief

koop en bereid is om minder te betaal vir ongewenste tipe pelse.

Grafiek 1: Gemiddelde pelspryse: April 2009 tot September 2018

Swakara-pelse word twee maal per jaar op die

internasionale veiling in Kopenhagen, Denemarke,

verkoop. Alhoewel hierdie unieke verkoopsplatform

vele voordele inhou, is daar ongelukkig ook nadele.

Pelsverkope en die pelsprys is grootliks onderhewig

aan die wêreldekonomie, weerpatrone (hoe kouer die

winter, hoe beter) en dan die modegiere van die wêreld.

Die gemiddelde pelsprys het oor die afgelope paar

veilings afwaarts beweeg, met die mees onlangse

veiling in September wat ’n effense daling beleef het

(Grafiek 1).

Tabel 1: Statistiek van Swakara-pelse tydens September-veiling

Alle pryse in N$ – Wisselkoers 1DKK = N$2,2841

Kleur Aangebied Verkoop % van totaal Hoogste prys Gemiddelde prys Vorige gemiddeld % afwyking

Swart 14 797 14 797 63,44 1 598,87 383,49 408,48 -6,12

Wit 6 860 6 860 29,41 1 553,19 705,12 735,95 -4,19

Diverse kleur 278 278 1,19 118,77 108,65 95,01 14,36

Gespikkeld 1 391 1 391 5,96 301,50 175,79 267,81 -34,36

Veiling 23 326 23 326 462,42 476,38

Verwerp: 316 (1,35%)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!