14.07.2019 Views

KAMP IS LEKKER Julie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BLOU

WITSAND

KARDOESIE

INHOUD

JULIE 2019

LekkeRLeeS

KampIsLekkeR met LekkeRkampplekke

Nostalgie met Kaiings ini WITSAND

FLECKVIEH GASTEPLAAS

KARDOESIE PADSTAL EN KARAVAANPARK

NATURE’S VIEW

KampKIEKIES: al lê die (Seder)-berge

Nog so BLOU…

Voorbladfoto:

Ons kuier by KARDOESIE:

Asemrowende

sonsondergange en uitsigte

oor die Swartland se

koringlande

ADVERTEER

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

L

EES SAAM

P

RAAT SAAM

K

AMP SAAM

Braai, die

buitelewe – of sal

ek sê kamp… en

kosmaak is ‘n

belangrike deel

van my familie en

ons herkoms. Dis

lankal nie meer

net my man wat

om die braaivleis

vuurtjie sit en die

rooster omdraai

nie, nee wat,

braai is ‘n

lekkerte wat ek

aangeleer het. Ek

mag maar braai

en ons maak die

lekkerste bykosse

op die vuur. Selfs

groente word

deesdae op die

kole gaargemaak

en as ons lus is vir

ietsie lekkers na

die braai, dan

maak ons

sommer ook

poeding op die

kole.

D

aar is regtig so baie lekker

kampplekke wat ons as

familie al besoek het. Ons

gebruik

net

www.lekkerkampplekke.co.za

as soek-enjin om al die lekker

kampplekke in ons omgewing

te vind. Daar is selfs

kampplekke wat toelaat dat

ons twee hondjies saam kan

kom kamp. Ek wens ons het

meer tyd gehad, maar dit sal ‘n

leeftyd neem om al die lekker

kampplekke op die Lekker

Kampplekke webblad te

besoek.

A

s jy die Lekker Kampplekke

webblad besoek, sal jy sien

dat daar ‘n baie nuttige kamppaklys

op die webblad is. Jy klik

op die items wat jy gaan

benodig en as jy klaar al jou

benodigdhede gekies het, het

jy die opsie dat die kamppaklys

na jou e-pos vir jou

gemail word. Dit is so

innoverend en ek gebruik elke

keer die paklys as ons ‘n

naweek begin beplan. Daar is

net allerhande items op die

paklys waaraan ek glad nie sou

gedink het nie.

D

ie Lekker Kampplekke

kamp-paklys maak ook

die beplanning van die naweek

soveel lekkerder. Ek laat

gewoonlik ons kinders by my

sit en dan gaan ons saam deur

die lysie van items waarop ons

kan klik. Die kinders is mal

daaroor en dit maak hulle ook

dan deel van die

beplanningsproses van ‘n

heerlike kampnaweek.

A

s ons ‘n naweek gaan

kamp, dan neem ek

gewoonlik ‘n dag se verlof

sodat ons vroegoggend in die

pad kan val, want om langs die

pad te stop vir ‘n lekker koffie,

broodjie en gevulde eiers is

mos deel van die pret! By die

meeste kampplekke kan jy mos

vanaf 14h00 inboek, so ons

sorg dat ons rondom daardie

tyd op ‘n Vrydag by ons

kampplek arriveer. Dit is

belangrik om by jou kampplek

aan te kom terwyl dit nog lig is,

want dan kan jy baie beter

beplan hoe om jou kampie op

te slaan. Dis byvoorbeeld baie

belangrik dat jou braaiarea nie

te naby aan jou tent se opening

moet wees nie, jy kan bepaal

hoe die son julle kampplek raak

om sodoende te besluit aan

watter kant jy van die boom

jou tent moet opslaan.

M

et klein kinders is dit vir

my belangrik om ons

tentpenne en toue behoorlik te

merk sodat ek nie enige klein

“ongevalle” hoef te dokter nie.

E

k vat sommer batteryaangedrewe

feëtjieliggies en draai dit om

ons tentpenne – dit gee ‘n

lekker feestelike atmosfeer

aan ons kamp en vir die toue

het ek swembad-cones in

korter stukke gesny wat ek oor

die toue sit – dit werk vir ons.

D

an, natuurlik gaan kamp

vir ons oor lekker eet!

Ander gesinne raak

opgewonde as hulle gaan

kamp en almal wil weet: “Wat

gaan ons alles doen?”…al

waaraan ek dink is: “Wat gaan

ons alles lekker eet!” Dis

hoekom ek altyd gou vir my

kinders ook iets te ete gee

voordat ons kamp opslaan,

want daar is niks so moeilik om

kamp op te slaan met ‘n kind

wat aan jou broekspant klou en

hartverskeurend huil dat hy

nog nooit vandag kos gehad

het nie… Hulle vergeet mos

gou!

S

o ja, ons pak allerhande

lekker snitte vleis in en

eksperimenteer graag met

verskillende bykosse as ons

gaan kamp. Dis ook mos deel

van die lekkerte om vooraf uit

te werk wat ons kampspyskaart

gaan wees. Lekker

skaapstertjies, hoender met

spekvleis

gerol,

botterskorsiesop vir die kouer

kampaande en lekker gebakte

potbrood met lekker sout

botter… So kan ek maar

aangaan.

E

k wil net vir Lekker

Kampplekke bedank vir die

moeite wat hulle doen om

kamp vir Suid-Afrikaners lekker

en prakties te maak. Julle

webblad is puik en die kamppaklys

is uitstekend.

Bou so voort!

Lekker Kamp, want

KAMP IS LEKKER!!

Woorde: Cathleen Wade

15% BPA FREE

Discount

FOODGRADE SILICONE

Use code

ECO FRIENDLY

FOLDABLE

REUSABLE

SPACE SAVING

‘lekkerkamp’

www.siliconedepot.co.za

Silicone Lunch Boxes Silicone Straws Silicone Travel Mugs

-CHECK OUT OUR WEBSITE FOR MORE PRODUCTS-

Al lê die (Seder)-berge

nog so

BLOU

Woorde en Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

Terwyl die son laag sak gedurende die blou-uur van die dag, bring dit appelkooskleure

uit in die wolkies teen die blou lug… Die volgende oomblik kruip die volmaan agter die

rotsformasies uit, en dit raak stil in die Sederberge! Doodstil…

01h30 in die oggend, en die maan

sit hoog en helder…

Ek kon met `n lekker lang lens en `n stewige driepoot `n foto kry met baie detail. (Ek is seker ek kon die man

op die maan sien!)

Lens: 100-400mm (teen 400mm)

Lensopening: (apperture) F5.6 en Sluiterspoed: 1/800 sekondes.

ISO: 100

Ek het `n afstandbeheer gebruik om nie beweging op die kamera te kry nie…

Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is incredibly tough,

100% waterproof and extremely comfortable to sit on. A range of colours is

available to suit most modern design trends.

www.takla.co.za

Rotstrone staan uit teen blou lug…

WEN

45lt cooler box

Waarde

R2 190

Kliek https://www.lekkerkampplekke.co.za/wen/

Die son sak goud in die Weste…

`n Kort stappie vanaf Sanddrif lei jou na hierdie lafenis. Die swemgat – of “Maalgat” soos dit bekendstaan, belowe

`n afkoel in `n warm somer! In die winter is dit mooi en rustig, en dis lekker om tyd hier te spandeer!

LiggewigAvontuurToerusting

Liggewig

Tente

Dag&Stap

Rugsakke

Kamp

Meubels

Sintetiese&

DonsSlaapsakke

Kamp

Kombuis

Envelemeer.

Veiligebetaling/GratisafleweringopbestelingsvanR1000enmeer/14daegeld-terugwaarborg

Besoekonsaanlynwinkelbywww.naturehike.africa

Kom kamp in die Sederberge as jy nodig het om

uit te kom…

Dié berge het stiltes – en rustigheid!

Kom beleef `n sonsondergang hier tussen die rotsformasies, en verfris jou siel tussen die rotspoele –

sommer so in die sonnetjie op die klippe.

Hoor hoe die water kabbel, en drink die geluide van die berge in om jou! Dit doen mens goed!

Nostalgie ini

Witsand

met kaiings in die pot

“ Toe ons kinders was het ons altyd op Witsand gaan kamp. My pa het

altyd op die almanak gekyk wanneer die skole sluit en dan het hy al die

vorige dag sy karavaan deurgery Witsand toe om te gaan kamp opslaan.

Dan as die skoolklok lui, moes ons spring…want pa wou ini Witsand kom.

O

ns het altyd vir ‘n hele maand gaan

kamp, want pa wou visvang op die

Breederivier. Groot kabeljoue en elwe

was gereeld aan die lyn. As dit laagwater was het

hy eers oorgegaan na die sandbank om te gaan

krewels pomp vir aas, en dan het ons lekker op

die sand baljaar totdat hy genoeg aas gehad het

om vir die res van die dag te hou. Ek onthou my

ma het destyds sommer dadelik die vis ingelê as

pa ‘n kabeljou uitgetrek het.

My pa, Oom Bokkie, se bynaam op Witsand was

Kaspaas, omdat hy die vreeslikste stories kon

opdis wat ons kinders natuurlik almal vir soetkoek

opgeeët het. Hy het eendag vertel dat hy ‘n

krokodil uitgetrek het uit die rivier uit en dat die

krokodil op die Lucky Strike botel se

kroegtoonbank lê. Die kinders het die paar

kilometer na die botel gestap…alles tervergeefs!

Terug by die kamp was hulle nie baie gelukkig

met oom Bokkie nie, maar hy het volgehou hy het

hulle net ‘n waardige les geleer en dit was dat ‘n

mens nooit ‘n visserman se storie moet glo

nie…seker ook maar waar…

Daardie jare het die boere ook sommer vir ‘n

maand kom kamp. Ek onthou goed hoe een van

die boere se vragmotors by die kamp ingery het.

Daar was hangkaste, hout beddens, dik matrasse

en nog wat afgelaai op die kampstaanplek, want

die boer wou nie sukkel nie – hy wou lekker

kamp! En net na die vragmotor is daar die eerste

vrag rooipitjie hout afgelewer op die staanplek.

Gepraat van hout, my pa het altyd sy rooipitjie

hout onder sy karavaan gepak. So kom hy toe

agter dat sy hout ‘n bietjie vinniger opraak as

waarvoor hy beplan het en het natuurlik onraad

vermoed. Hy besluit toe een aand, nadat ons

gebraai het om onder die karavaan te gaan

inkruip om die hout-dief vas te trek. Die

volgende oggend kon my ma nie verstaan waar

my pa is nie, want sy kom toe agter dat hy nooit

kom inkruip het nie…en waar kry sy toe vir Oom

Bokkie, vas aan die slaap onder die karavaan…Ai

Kaspaas!

M

y pa se gunsteling kamp-kos was

varsgebakte warm brood, dik gesmeer

met tuisgemaakte appelkooskonfyt en

kaiings wat hy in die swartboompot op die vuur

gemaak het. As daar nie warm brood was nie,

het ons die kaiings geeët saam met growwe

mieliepap. Ons monde was almal blink van die

lekkerte se eet. Ek deel graag hoe hy die kaiings

gemaak het.

en braai die blokkies vet stadig uit in jou

swartboompot oor matige hitte.

Roerbraai die vetjies totdat dit bruin gebraai is en

op die uitgebraaide vet begin dryf. Gooi dan die

uitgebraaide vet deur ‘n staal sif. Gooi die kaiings

dan terug in die kastrol en braai die kaiings dan

verder totdat dit mooi ligbruin van kleur is. Dit

moenie brand nie, want dan smaak die kaiings

bitter – en dan is almal onnodig kwaad vir

mekaar…lol. Skep jou kaiings uit op

kombuispapier en gooi lekker growwe sout en

peper daaroor en bedien dadelik met jou lekker

warm brood en moenie die tuisgemaakte

appelkooskonfyt vergeet nie!

Moenie die uitgebraaide vet weggooi nie – jy

gebruik dit om jou uie in te braai wanneer jy later

potjiekos maak by die kamp.

1-2 kg sagte vet van ‘n bees, skaap of vark. Daar

moet nog bietjie vleis aan die vet wees. My pa

het soms die vet van die slagskaapstertjies gevat.

Sny die vet in cm blokkies. Sorg dat jou kole reg is

“Ai, verlang ek nou na Witsand se dae.

Dit was lekker tye op Witsand, toe dit

nog net ‘n klein ou dorpie was.”

WWW.CGEAR.CO.ZA

Email: sales@cgear.co.za

Cell: 084 581 5787

SANDFREE

MULTIMAT

Designed as a deployable

helimat for the military

Supplied with heavy

duty carry bag

Stainless steel triangle

peg every metre

SAND FALLS THROUGH & CAN’T COME BACK UP AGAIN

Sandlite

Tote Bags

Multimat

Fleckvieh Gasteplaas @

Grootvadersbos

Woorde & Foto’s: RIKUS TRUTER

“Daar is vir my niks

so lekker soos

kamp nie, maar as

‘n kampplek net

15km vanaf my

huis is, dan raak ek

baie opgewonde

om daar te gaan

kamp.”

Fleckvieh Gasteplaas is geleë op ‘n

werkende plaas, naby die Tredouwpas aan

die voet van die Langeberge. Chantell van

Staden sal jou bespreking ontvang en

behulpsaam wees om jou kuier by Fleckvieh

‘n onvergeetlike ervaring te maak.

Ek was sommer lus om vir 1 nag in die week

te gaan kamp en Fleckvieh Gasteplaas was

‘n maklike keuse. Die laaste 100m na die

kampplek is grondpad en ek sal aanbeveel

dat jy met ‘n boswa, boskaravaan of tent daar

gaan kamp.

By die kampplek aangekom, was die son

besig om te sak. By Fleckvieh Gasteplaas

kamp jy teen ‘n pragtige dam met lowergroen

grasperke en die staanplekke het elkeen

kragpunte. Bring gerus jou kayak saam om

lekker op die dam te roei. In die somer swem

die kampers in die dam om af te koel.

Fleckvieh Gasteplaas het 'n gemeenskaplike

swembad waarin gaste kan afkoel op warmer

somersdae.

Ek het vinnig my daktent oopgeslaan en my

kampstoel uitgehaal. Met ‘n lekker warm

koppie koffie in die hand kon ek my verlustig

aan die pragtige sonsondergang. Daar was

koeie wat aan die oorkant van die dam gewei

het en het vir my ‘n rustige prentjie geskep

vanaf my kampplek.

Ek het ‘n vuurtjie aangesteek met

kameeldoring hout en het my verlustig aan

die aandgeluide wat oor die vlaktes echo.

Daar is geboude braaiplekke, maar ek was

lus om in my eie braai ‘n vuurtjie aan te steek.

Kampeerders kan vuurmaakhout per sak

asook melk en eiers aankoop by die plaas.

wasbak. Die een badkamer is ‘n opelug

badkamer wat lekker in die somermaande sal

wees.

Behalwe die kampplek, bied Fleckvieh

Gasteplaas ook ‘n verskeidenheid van

selfsorg eenhede. Verblyf word aangebied in

‘n grasdak-chalet, 2 woudhuisies genaamd

Takbok en Bosbok, Eland wat 'n groot

houthuisie is, 2 woonstelkamers genaamd

Koeitjie en Kalfie en 'n hoofplaashuis met 2

slaapkamers met privaat ingange. Koeitjie en

Kalfie is ideaal vir groepe of gesinne wat die

eenhede saam wil bespreek.

“Omdat dit winter

is, het ek maar

vroeg opgeklim in

my daktent vir ‘n

lekker nag se rus.”

Die volgende oggend het ek vroeg wakker

geword met die bulk van koeie as “wekker”.

Ek het vir my ‘n lekker koppie koffie gemaak

en op die klein “jetty” gaan sit en kyk hoe die

son stadig sy oggendstrale gooi. Fleckvieh

Gasteplaas is beslis die regte plek vir enige

kamper wat opsoek is na rustigheid in die

natuur.

Die badkamers by die kampplek is rustiek,

maar bied ‘n unieke ervaring. As jy die

badkamer moet gebruik, span jy die tou met

die bord “Beset” oor die loop-padjie. Daar is

2 badkamers, elkeen met ‘n stort, toilet en

Gaste gebruik dikwels hierdie gasteplaas as

basis om plekke soos Witsand en die

wynroetes te verken, maar selfs ook as basis

vir besoeke aan Kaapstad, George en

Oudtshoorn. Die gasteplaas bied ‘n lekker

paar doendinge, soos perdritte en nagritte op

die plaas. Vir hierdie doendinge moet jy

vooraf bespreek en daar is ‘n addisionele

koste betaalbaar daarvoor. Jy is ook welkom

om ‘n lekker entjie te gaan stap of met jou

fiets te gaan ry. Die baie bekende

Grootvadersbos Natuurreservaat is op die

voorstoep van die gasteplaas en is beslis die

moeite werd om te besoek.

In ‘n neutedop:

Elektrisiteit - Ja

Warm water - Ja

Visvang - Ja

Swemplek - Ja, in die swembad en

dam

Troeteldiere - Doen navraag wanneer

jy bespreek

Naaste dorp - Heidelberg (15 km)

Besprekings: Tel 082 498 8788

GPS: -34.010136, 20.754868

Webblad:

https://www.lekkerkampplekke.co.za/k

ampplek/fleckvieh-guestfarm/

Alva 2 Plate Gas Stove (fold Out / Removable)

4 Beer Glasses 4 Wine Glasses Scissors Salt & Pepper

2 Match Boxes Cork Screw 4 Steak Knives Braai Tongs

Stainless Spatula Wooden Spoon Bread Knife 4 Tea Spoons

4 Spoons 4 Forks 4 Mugs 4 Plates 4 Bowls Stainless Kettle

Ons kuier by

KARDOESIE

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

Talle

In die volksmond lewe die sê-ding

mos van: “As jy `n kêffie-pie en Coke

koop, kry sommer Rennies ook vir

die sooibrand…” Aikônna! Nie hier

by Kardoesie nie! Jy kan maar van

die Kaap-af ry vir hulle pie’s, en

sooibrand sal jy nie hiér kry nie!

Kapenaars ken vir Kardoesie! Dis die

alombekende padstal (en kampplek) langs die

N7 net soos jy die Piekenierskloofpas uitgery

het, Citrusdal se kant-toe. En dis `n stop werd!

Altyd, en elke keer…

Bo: Die padstal is gelaai met

allerhande lekkernye en

tuisgemaak! Konfyte en

vrugtelekkers laat die rakke kreun

en mens voel sommer warm en

tuis met die inloopslag.

Regs: Ek kon nie wag om een van

hulle tuisgemaakte wildspasteie

en Rooibos lemonade te probeer

nie! Dit was heerlik!

Onder: Die kampplek spog met

uitsigte oor die berge – amper

360° rondom jou. `n Ruim

swembad met ewe mooi uitsigte,

sorg vir lafenis in die somer.

Sommer so met die intrapslag, word ek middag-ete

aangebied! Ek het nog skaars gegroet en myself

bekendgestel, toe word ek al iets aangebied – sommer

enigiets van die spyskaart-af. Dit neem my `n enkele

sekonde om my gedagtes te rig op `n tuisgemaakte

lamspastei en gemmerbier! (Ek is `n “sucker” vir `n

“pie”) En dit was die regte keuse!

Bianca Theron en haar man Barthlo is aan die roer van

sake daar op die plaas. Sy ontvang vir my by die

kampplek, en ek kon dadelik sien sy’t hande wat

raakvat. Blitsig is alles gereël vir iets om te eet en die

staanplek is “uitgesort” in `n japtrap. Daar staan my

tent! (Wat vir my lekker was, was om te sien dat dit

sommer in haar geaardheid is om mense warm te

ontvang – en nie net omdat ek van LekkerKampplekke

`n besoek kom doen nie. Ieder en elke persoon wat

daar aandoen sal dieselfde aandag geniet, want sy sal

beslis seker maak dat alles gemaklik en gerieflik is vir

besoekers en kampeerders! Dis soos Kardoesie se

mense is…)

Bo regs: Alles in `n japtrap uitgesorteer, en daar staan my tent!

Bo: My tuisgemaakte lamspastei en gemmerbier – en `n soetdingetjie daarby – ewe mooi verpak in `n regte kardoesie!

Ek het nog min kampplekke in my lewe gesien met

sulke vista’s en uitsigte. Van die swembad se dek-af tot

vanaf die grasperke waarop jy kamp het die mooiste

uitsig oor die koringlande vand die Swartland. Ek het

my behoorlik gesit en vergaap aan die uitsig! Meer nog,

was ek bederf met `n sonsondergang wat goud gehang

het oor die Weskus. Hulle sê op `n mooi oop dag, maak

die son `n goue streep oor die see – wat mens

hiervandaan kan sien.

Die kampterrein se staanplekke is lekker groot en

perfek gelyk – op goedversorgde grasperke! Jou

staanplek het `n kragpunt (met blou kragproppe) Drie

staanplekke deel `n gesamentlike skakelbord, maar

met `n verlengkoord – wat elke kampeerder behoort te

hê – is dit maklik genoeg om krag tot by jou karavaan

of tent te kry. Mens kan dadelik sien met hoeveel sorg

daar na die grasperke omgesien word, want die

sproeiers het rustig in die agtergrond lafenis aan die

gesnyde gras gegee by die oop staanplekke. Die

grasperke laat my dink aan speelparkies, en ek sien in

my geestesoog die kinders rondhardloop en baljaar.

Ma en pa sit rustig met `n ietsie by die vuur en uittuur

oor die vlaktes terwyl die son goud sak in die Weste.

Ideaal!

`n Lekker groot swembad (met `n groot houtdek) sal

jou afkoel in die warm somermaande. Daar is ook `n

klein klimraam vir die jonges reg langs die swembad, en

die hele kampterein skep `n gevoel van `n warm

uitnodiging om te kom ontspan!

Stapplek in die berg is daar genoeg van, en vir die

kranige fietsryers is daar paaie om te gaan aandurf.

(Neem net kennis dat dit nie noodwendig paadjies is vir

die hele gesin met pa, ma en boet en sus op `n

gemaklike trap om die blok nie. Die paadjies kan

uitdaagend wees, en jy het `n lekker bergfiets nodig om

die ding behoorlik te kan doen.) Al die paaie is

besonder goed uitgemerk, en jy sal beslis nie verdwaal

nie. Ook vir die stappers…

Wat die ablusiegeriewe betref: Dis reg langs die

staanplekke – sommer net daar by jou. Dis ruim, en

pragtig skoon en versorg. Daar is selfs die luukse keuse

van `n bad!

Onder: “Die grasperke laat my dink aan speelparkies, en ek

sien in my geestesoog die kinders rondhardloop en baljaar.

Ma en pa sit rustig met `n ietsie by die vuur en uittuur oor

die vlaktes terwyl die son goud sak in die Weste. Ideaal!”

Bo: Die swembad met `n houtdek wat uitkyk oor die staanplekke

en `n ewige uitsig oor die vlaktes benede.

Regs: Ruim, pragtige skoon ablusiegeriewe is reg langs staanplekke

ingerig met groot spieëls waar mamma in vrede haar lippies en

hare mooi kan maak na `n warm stort of bad!

Onder: Klimrame en swaaie vir die kinders, reg langs die swembad.

Ek stap by die padstal self in, en vriendelike, gasvrye

personeel ontvang my. My middag-ete was `n

varsgebakte wildspastei en tuisemaakte Rooibos

lemonade! Dit was `n wenner-kombinasie, en ek kan

dit met groot vrymoedigheid aanbeveel! (Die

wildspastei het soos my ouma s’n geproe, en toe weet

ek sommer dis met `n warm hart en liefde gebak, en dit

het my laat terugdink aan my kinderdae by ouma… En

as Kardoesie jou na jou ouma laat verlang, dan kan jy

maar weet hulle doen iets reg hier. Kom probeer dit

maar self!)

Ek stap met my kamera na die rakke waar al die

lekkernye uitgestal word, en ek sien niemand om te

verneem of dit in orde is as ek gou `n paar kiekies vat

vir die rubriek nie. Ek stel my driepoot op, en mik-mik

so met die kamera na die rye en rye botteltjies, toe ek

`n sagte stem agter my hoor wat sê: “Uhhhmmm,

jammer meneer, maar ons laat nie eintlik sommer net

eingiemand toe om foto’s te neem nie…” Ek draai om

en vra nederig omverskoning. Ek stel myself bekend

aan Lelanie Botha, die bestuurderres van die padstal,

en verduidelik my intensies. Nee, sê sy dadelik – ek kan

maar voortgaan, en bied haar hulp onvoorwaardelik

aan as ek iets sou nodig kry vir die fotonemery. “Sê net

as meneer koffie of iets wil hê…”, sê sy en ek kry half

skaam oor my voorbarigheid om sommer net prontuit

my kamera te gaan opstel sonder om eers te vra. “Alles

in orde. Gaan gerus aan,” verseker sy my. Ek voel beter,

en kry `n paar mooi kiekies.

Die oggend voor ek ry, drink ek eers `n goeie, lekker (en

warm) koffie by die padstal. Ek bestel `n southappie

(kolwyntjie) by die koffie, en ek sluit my kuier af by

Kardoesie met `n rustigheid na twee lekker dae se kuier

by dié afsaalplek. Dit sit op die N7, en maak

noodwendig deel uit van die Kaap-Namibië roete. Dis

maklik om hier oor te slaap oppad – Namibië toe óf

terug – of sommer net `n lekker uitstappie ná genoeg

aan die Kaap. Kom verlustig jou aan die lekkernye in die

padstal, en kom tuur oor die vlaktes langs jou tent as

die son goud sak in die Weste. Dit sal jou siel goed doen

– sommer tot daar díép binne-in…

Bo links: “Uhhhmmm, jammer meneer, maar ons laat nie eintlik

sommer net eingiemand toe om foto’s te neem nie…”

Bo regs: Die laaste strale van die goue son wat sak in die Weste.

Onder: Goeie, lekker (en warm) koffie vir die pad, en `n

soutkolwyntjie ( savoury muffin) rond alles af!

Senior Bederfweek-toer

2 - 7 Februarie 2020

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8

km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe af. Met die eindelose see voor jou uitgestrek, kan jy

nie anders as om te ontspan by hierdie juweel van ’n oord nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en

ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-afdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou

hart begeer. ATKV-Hartenbos is ook die ideale basis vanwaar ’n mens jou vakansie verder kan

inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Die pakket sluit die volgende in:

5 nagte akkommodasie

5 ontbyte en aandetes, asook 4 middagetes

Besoek aan Kasselshoop-kaasfabriek

Besoek aan Kransfontein Landgoed - Olyfervaring

Besoek aan Indalu Natuur Reservaat

Outeniqua-treinrit

Bootrit

… en nog vele meer!

www.hartenbos.co.za | 044 601 7257 | ianh@atkv.org.za

Akkommodasie- en

besprekingsopsies

Sondag tot Vrydag – 5 nagte

Eenheid (vir 1 persoon)

2-bed-eenheid (vir 2 persone)

6-bed-eenheid (vir 3 persone)

6-bed-eenheid (vir 4 persone)

R6 825.00 p.p.

R5 780.00 p.p.

R6 280.00 p.p.

R5 890.00 p.p.

Alles ingesluit soos op die program.

Ingesluit: Vervoer vanaf Randburg retoer

Uitgesluit: Akkommodasie en etes retoer

Verdere toerinligting:

• Die toer is vir almal 50+

• Slegs plek vir 19 lede is beskikbaar

• Sommige besienswaardighede vereis mobiliteit van toerlede

www.hartenbos.co.za | 044 601 7257 | ianh@atkv.org.za

NATURE’S

VIEW

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

Nature’s View is `n kampterein geleë in die Citrusdalvallei, tussen die

lemoenboorde en bergrante! `n Ware wegbreek uit die stadsgeraas

met `n gevoel van platteland en rustigheid.

Die kampterrein het twee tipes uitsigte:

Aan die voorkant kyk jy op die vallei af – wat vol

sitrusboorde staan, en die Olifantsrivier wat

rustig verbyvloei – en wat nog nooit drooggeloop

het nie. Reg aan die agterkant van die

kampplekke is die bergrante, en jy word omarm

met rotsformasies wat vra om geklim en –klouter

te word. Vir die avontuurlustiges is daar

staproetes tussen die klippe deur, en hoe hoër jy

klouter, hoe beter raak jou uitsig oor die vallei.

Die stappaadjies is mooi uitgemerk met

verskillende kleure merkers. Sommige dele is

egter redelik styl.

Na `n uur of wat se klimmery tussen die rotse in

die berg, kan jy óf kom afkoel in die swembad, óf

jy kan sommer reguit afstap rivier-toe waar jy in

`n lekker groot swemgat kan gaan baljaar in die

koel rivierwater met `n pragtige uitsig op die

Sederberge wat uittroon in die agtergrond.

Bo: Klim teen die bergrante uit, en geniet die pragtige uitsigte

oor die vallei - gevul met sitrusboorde en die Olifantsrivier.

Onder: `n Klein swembadjie langs die “Graveyard Pub” kroeg,

kan jou lekker afkoel nadat jy die uitsig vanuit die bergrante

gaan bekyk het.

Daar is lekker koeltebome en grasperke, en die

staanplekke is gelyk. Dis ruim, en daar is kragpunte en

krane by elke staanplek afsonderlik. `n Lekker groot

braaidrom word ook voorsien vir elke staanplek.

Die ablusiegeriewe is baie ruim met genoeg storte en

toiletgeriewe vir die hele kampterrein. Dis skoon en

die afwerking is “rustic”, wat inpas by die omgewing.

Vir die dorstiges, is daar kroegfasiliteite (niemand

onder 18) en jy kan sommer daar iets kry vir die dors

by jou braaivleisvuurtjie. Die alternatief is om `n “koue

enetjie” daar langs die swembad te gaan sit en geniet

– of om `n sundowner te maak met die uitsig oor die

vallei. Dit word die Graveyard Pub genoem.

Bo: `n Swemgat in die Olifantsrivier naby (stapafstand) van die kampterrein-af, gee so ekstra stukkie lekkerte aan die

kampervaring. Gaan probeer gerus die koel water of steek sommer `n braaivleisvuurtjie daar langs die water aan. Hier is `n

spesiale braaiplek ingerig hiervoor.

Onder: Bergrante aan die agterkant van die kampterrein sorg vir avontuur.

Klim die rante uit vir `n pragtige uitsig oor die vallei…

Martine Mouton: 082 329 1229

Email: info@naturesview.co.za

GPS Koördinate:

-32.635972, 19.004722

Your ultimate portable

outdoor cooling system

take it everywhere you go

www.portamistsa.co.za

info@portamistsa.co.za

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

Top 10

Travel & Holiday

Guides

LIKBEKER KOFFIE

kom uit die hartjie van Montagu, wat met

'n innoverende lug-rooster metode en top

gehalte Arabica bone ‘n suiwer geurige

Bkoffie produseer met ‘n heerlike aroma.

KOOP

Adverteer.

jou besigheid hier.

Stuur n epos aan: rikus@lekkerkampplekke.co.za

Rikus Truter

Kamp Paklys

C u s t o m e r s

P a g e V i e w s

5 6 2 3 1 V i e w s

2 0 8 5 8 0

1 9 , 1 0 0

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

f o l l o w e r s

L i k e s

( 6 5 3 2 1 )

1 2 m d e t y d p e r k

a a n l y n

D o w n l o a d s

W e b b l a d

t y d s k r i f

g e b r u i k e r s

A p r i l 2 0 1 9

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!