14.07.2019 Views

KAMP IS LEKKER Julie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ek het vinnig my daktent oopgeslaan en my

kampstoel uitgehaal. Met ‘n lekker warm

koppie koffie in die hand kon ek my verlustig

aan die pragtige sonsondergang. Daar was

koeie wat aan die oorkant van die dam gewei

het en het vir my ‘n rustige prentjie geskep

vanaf my kampplek.

Ek het ‘n vuurtjie aangesteek met

kameeldoring hout en het my verlustig aan

die aandgeluide wat oor die vlaktes echo.

Daar is geboude braaiplekke, maar ek was

lus om in my eie braai ‘n vuurtjie aan te steek.

Kampeerders kan vuurmaakhout per sak

asook melk en eiers aankoop by die plaas.

wasbak. Die een badkamer is ‘n opelug

badkamer wat lekker in die somermaande sal

wees.

Behalwe die kampplek, bied Fleckvieh

Gasteplaas ook ‘n verskeidenheid van

selfsorg eenhede. Verblyf word aangebied in

‘n grasdak-chalet, 2 woudhuisies genaamd

Takbok en Bosbok, Eland wat 'n groot

houthuisie is, 2 woonstelkamers genaamd

Koeitjie en Kalfie en 'n hoofplaashuis met 2

slaapkamers met privaat ingange. Koeitjie en

Kalfie is ideaal vir groepe of gesinne wat die

eenhede saam wil bespreek.

“Omdat dit winter

is, het ek maar

vroeg opgeklim in

my daktent vir ‘n

lekker nag se rus.”

Die volgende oggend het ek vroeg wakker

geword met die bulk van koeie as “wekker”.

Ek het vir my ‘n lekker koppie koffie gemaak

en op die klein “jetty” gaan sit en kyk hoe die

son stadig sy oggendstrale gooi. Fleckvieh

Gasteplaas is beslis die regte plek vir enige

kamper wat opsoek is na rustigheid in die

natuur.

Die badkamers by die kampplek is rustiek,

maar bied ‘n unieke ervaring. As jy die

badkamer moet gebruik, span jy die tou met

die bord “Beset” oor die loop-padjie. Daar is

2 badkamers, elkeen met ‘n stort, toilet en

Gaste gebruik dikwels hierdie gasteplaas as

basis om plekke soos Witsand en die

wynroetes te verken, maar selfs ook as basis

vir besoeke aan Kaapstad, George en

Oudtshoorn. Die gasteplaas bied ‘n lekker

paar doendinge, soos perdritte en nagritte op

die plaas. Vir hierdie doendinge moet jy

vooraf bespreek en daar is ‘n addisionele

koste betaalbaar daarvoor. Jy is ook welkom

om ‘n lekker entjie te gaan stap of met jou

fiets te gaan ry. Die baie bekende

Grootvadersbos Natuurreservaat is op die

voorstoep van die gasteplaas en is beslis die

moeite werd om te besoek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!