14.07.2019 Views

KAMP IS LEKKER Julie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nature’s View is `n kampterein geleë in die Citrusdalvallei, tussen die

lemoenboorde en bergrante! `n Ware wegbreek uit die stadsgeraas

met `n gevoel van platteland en rustigheid.

Die kampterrein het twee tipes uitsigte:

Aan die voorkant kyk jy op die vallei af – wat vol

sitrusboorde staan, en die Olifantsrivier wat

rustig verbyvloei – en wat nog nooit drooggeloop

het nie. Reg aan die agterkant van die

kampplekke is die bergrante, en jy word omarm

met rotsformasies wat vra om geklim en –klouter

te word. Vir die avontuurlustiges is daar

staproetes tussen die klippe deur, en hoe hoër jy

klouter, hoe beter raak jou uitsig oor die vallei.

Die stappaadjies is mooi uitgemerk met

verskillende kleure merkers. Sommige dele is

egter redelik styl.

Na `n uur of wat se klimmery tussen die rotse in

die berg, kan jy óf kom afkoel in die swembad, óf

jy kan sommer reguit afstap rivier-toe waar jy in

`n lekker groot swemgat kan gaan baljaar in die

koel rivierwater met `n pragtige uitsig op die

Sederberge wat uittroon in die agtergrond.

Bo: Klim teen die bergrante uit, en geniet die pragtige uitsigte

oor die vallei - gevul met sitrusboorde en die Olifantsrivier.

Onder: `n Klein swembadjie langs die “Graveyard Pub” kroeg,

kan jou lekker afkoel nadat jy die uitsig vanuit die bergrante

gaan bekyk het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!