14.07.2019 Views

KAMP IS LEKKER Julie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ek stap by die padstal self in, en vriendelike, gasvrye

personeel ontvang my. My middag-ete was `n

varsgebakte wildspastei en tuisemaakte Rooibos

lemonade! Dit was `n wenner-kombinasie, en ek kan

dit met groot vrymoedigheid aanbeveel! (Die

wildspastei het soos my ouma s’n geproe, en toe weet

ek sommer dis met `n warm hart en liefde gebak, en dit

het my laat terugdink aan my kinderdae by ouma… En

as Kardoesie jou na jou ouma laat verlang, dan kan jy

maar weet hulle doen iets reg hier. Kom probeer dit

maar self!)

Ek stap met my kamera na die rakke waar al die

lekkernye uitgestal word, en ek sien niemand om te

verneem of dit in orde is as ek gou `n paar kiekies vat

vir die rubriek nie. Ek stel my driepoot op, en mik-mik

so met die kamera na die rye en rye botteltjies, toe ek

`n sagte stem agter my hoor wat sê: “Uhhhmmm,

jammer meneer, maar ons laat nie eintlik sommer net

eingiemand toe om foto’s te neem nie…” Ek draai om

en vra nederig omverskoning. Ek stel myself bekend

aan Lelanie Botha, die bestuurderres van die padstal,

en verduidelik my intensies. Nee, sê sy dadelik – ek kan

maar voortgaan, en bied haar hulp onvoorwaardelik

aan as ek iets sou nodig kry vir die fotonemery. “Sê net

as meneer koffie of iets wil hê…”, sê sy en ek kry half

skaam oor my voorbarigheid om sommer net prontuit

my kamera te gaan opstel sonder om eers te vra. “Alles

in orde. Gaan gerus aan,” verseker sy my. Ek voel beter,

en kry `n paar mooi kiekies.

Die oggend voor ek ry, drink ek eers `n goeie, lekker (en

warm) koffie by die padstal. Ek bestel `n southappie

(kolwyntjie) by die koffie, en ek sluit my kuier af by

Kardoesie met `n rustigheid na twee lekker dae se kuier

by dié afsaalplek. Dit sit op die N7, en maak

noodwendig deel uit van die Kaap-Namibië roete. Dis

maklik om hier oor te slaap oppad – Namibië toe óf

terug – of sommer net `n lekker uitstappie ná genoeg

aan die Kaap. Kom verlustig jou aan die lekkernye in die

padstal, en kom tuur oor die vlaktes langs jou tent as

die son goud sak in die Weste. Dit sal jou siel goed doen

– sommer tot daar díép binne-in…

Bo links: “Uhhhmmm, jammer meneer, maar ons laat nie eintlik

sommer net eingiemand toe om foto’s te neem nie…”

Bo regs: Die laaste strale van die goue son wat sak in die Weste.

Onder: Goeie, lekker (en warm) koffie vir die pad, en `n

soutkolwyntjie ( savoury muffin) rond alles af!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!