14.07.2019 Views

KAMP IS LEKKER Julie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ek het nog min kampplekke in my lewe gesien met

sulke vista’s en uitsigte. Van die swembad se dek-af tot

vanaf die grasperke waarop jy kamp het die mooiste

uitsig oor die koringlande vand die Swartland. Ek het

my behoorlik gesit en vergaap aan die uitsig! Meer nog,

was ek bederf met `n sonsondergang wat goud gehang

het oor die Weskus. Hulle sê op `n mooi oop dag, maak

die son `n goue streep oor die see – wat mens

hiervandaan kan sien.

Die kampterrein se staanplekke is lekker groot en

perfek gelyk – op goedversorgde grasperke! Jou

staanplek het `n kragpunt (met blou kragproppe) Drie

staanplekke deel `n gesamentlike skakelbord, maar

met `n verlengkoord – wat elke kampeerder behoort te

hê – is dit maklik genoeg om krag tot by jou karavaan

of tent te kry. Mens kan dadelik sien met hoeveel sorg

daar na die grasperke omgesien word, want die

sproeiers het rustig in die agtergrond lafenis aan die

gesnyde gras gegee by die oop staanplekke. Die

grasperke laat my dink aan speelparkies, en ek sien in

my geestesoog die kinders rondhardloop en baljaar.

Ma en pa sit rustig met `n ietsie by die vuur en uittuur

oor die vlaktes terwyl die son goud sak in die Weste.

Ideaal!

`n Lekker groot swembad (met `n groot houtdek) sal

jou afkoel in die warm somermaande. Daar is ook `n

klein klimraam vir die jonges reg langs die swembad, en

die hele kampterein skep `n gevoel van `n warm

uitnodiging om te kom ontspan!

Stapplek in die berg is daar genoeg van, en vir die

kranige fietsryers is daar paaie om te gaan aandurf.

(Neem net kennis dat dit nie noodwendig paadjies is vir

die hele gesin met pa, ma en boet en sus op `n

gemaklike trap om die blok nie. Die paadjies kan

uitdaagend wees, en jy het `n lekker bergfiets nodig om

die ding behoorlik te kan doen.) Al die paaie is

besonder goed uitgemerk, en jy sal beslis nie verdwaal

nie. Ook vir die stappers…

Wat die ablusiegeriewe betref: Dis reg langs die

staanplekke – sommer net daar by jou. Dis ruim, en

pragtig skoon en versorg. Daar is selfs die luukse keuse

van `n bad!

Onder: “Die grasperke laat my dink aan speelparkies, en ek

sien in my geestesoog die kinders rondhardloop en baljaar.

Ma en pa sit rustig met `n ietsie by die vuur en uittuur oor

die vlaktes terwyl die son goud sak in die Weste. Ideaal!”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!