01.05.2013 Views

industry news - SAPA

industry news - SAPA

industry news - SAPA

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INDUSTRY NEWS

Hierdie proses behels 'n Plaas-tot-Vurk (Engels: Farm-to-Fork)

benadering, deurdat die verwerkte of onverwerkte eindproduk

se oorsprong tot op die plaas waar dit geproduseer is,

nagespeur kan word. Elke handeling waaraan die produk

blootgestel word, word gedokumenteer en moet voldoen aan

die neergelegde standaarde. Die implementering van 'n

kwaliteitsisteem verseker dat elke skakel in die ketting aan

kwaliteit standaarde moet voldoen om aan die einde 'n produk

van uitnemende gehalte te lewer. Die uiteindelike doel is dat

elke skakel in die ketting gesertfiseer sal word deur 'n

geakkrediteerde instansie teenoor internasionaal aanvaarde

standaarde. 'n Belangrike aspek wat die geloofwaardigheid van

die kwaliteitstelsel ondersteun, is laboratorium toetsing vir die

teenwoordigheid van bakteriese en chemiese kontaminante. Dit

word gedoen deur die neem van monsters op voorafbepaalde

stadiums van die produksiesiklus, vir toetsing deur

geakkretiteerde laboratoriums.

Op die plaaslike front in Suid Afrika het die kleinhandel die

afgelope jare 'n baie suksesvolle Goeie Boerdery Praktyk (GBP)

(Engels = Good Agricultural Practise (GAP)) projek geloods in

die groente- en vrugtebedryf. Alle groente en vrugte wat plaaslik

deur die kleinhandel aan die verbruiker verskaf word, het hulle

oorsprong op plase

wat aan GBP voldoen. Hierdie akkrediteerde vrugte- en

groenteplase is ook in 'n posisie om hulle produkte uit te voer na

die meeste markte in Europa. Dit is alombekend dat die

Europese owerhede geweldig krities is en dat die kwaliteit van

produkte 'n absolute voorvereiste is. Aanvaarding en

implementering van die bepaalde kwaliteitsisteme deur die

plaaslike groente- en vrugteprodusente is grootliks

verantwoordelik vir hulle sukses. Wat die voerbedryf betref, was

AFMA instrumenteel in die vestiging van GVP (Goeie

Vervaardigings Praktyk, Engels: Good Manufacturing Process)

in voermeulens, insluitende die implementering van

gedragskodes wat die voorsiening van veilige voedsel aan

produksiediere meebring. Die meeste voermeulens voldoen dan

ook aan die streng ISO 9001 en ISO 22000 vereistes.

“Dit is ongetwyfeld 'n area waarop die

pluimveeprodusent van die toekoms hom of haar moet

toespits, indien hulle produkte aan die kleinhandel wil

lewer”

Verskeie kleinhandelaars in die voedselbedryf het dan ook hulle

eie standaarde vir die pluimveebedryf daar gestel waarvan

dierewelsyn en voedselveiligheid die twee belangrikste

komponente uitmaak. Produsente wat aan diè kleinhandelaars

hoenderprodukte lewer, moet aan die vereistes voldoen,

alvorens hulle produkte aanvaar sal word. Die Suid Afrikaanse

Pluimvee Vereniging (SAVP) is tans besig om hulle gedragskode

vir die pluimveebedryf te hersien, maar dit dien slegs as 'n riglyn

en word nie as 'n standaard vir 'n kwaliteitstelsel beskou nie.

Die kleinhandelaars wil die bal aan die rol sit deur die vestiging

van GBP deurdat hulle die voordeel daarvan insien om aan te

dring op hoë boerdery standaarde, wat veral in die

pluimveebedryf van toepassing is. Dit is ongetwyfeld 'n area

waarop die pluimveeprodusent van die toekoms hom of haar

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!