01.05.2013 Views

industry news - SAPA

industry news - SAPA

industry news - SAPA

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MAATSKAPPY-OORSIG

Ceva Dieregesondheid Suid-Afrika (geregistreer as Ceva Animal Health (Edms) Bpk) is 'n filiaalmaatskappy van Ceva Santé Animale, 'n

internasionale maatskappy met sy hoofkantoor in Libourne, Frankryk. Ceva word tans in 37 lande verteenwoordig, het sewe

verkoopstakke, nege navorsings- en ontwikkelingsentrums, 12 gespesialiseerde vervaardigingsaanlegte en 2 275 werknemers. Ceva

Suid-Afrika is ingedeel in die internasionale sone wat Afrika, die Midde-Ooste, Asië, Australasië en Suid-Amerika insluit. Ceva is tans die

sesde grootste dieregesondheidsmaatskappy in Suid-Afrika en die negende grootste in die wêreld. In die laaste vyf jaar was Ceva onder

die top drie maatskappye wat die vinnigste groei getoon het.

Ceva se aktiwiteite is gefokus op volhoubare, gesonde voedselproduksie, met spesifieke klem op die gesondheid van produksiediere.

Troeteldierwelstand is 'n hoë prioriteit, en gedragsmodifiserende produkte maak reeds 'n substansiële gedeelte van Ceva se besigheid uit.

Toegewyde spanne poog voortdurend om te voldoen aan die spesifieke behoeftes van kliënte in die herkouer-, pluimvee- en

troeteldiersektore. Winsgewendheid word suksesvol met langtermyngroei gekombineer.

Ceva as 'n maatskappy glo dat ons saam “meer as dieregesondheid” teweeg kan bring. Meer as 75% van alle nuwe, menslik-aansteeklike

siektes kom van dierlike oorsprong, ook bekend as soönoses. Ceva is direk betrokke by internasionale navorsing rakende die

voorkoming en verspreiding van aansteeklike siektes tussen mens en dier.

ONS MISSIE

CEVA SE MISSIE IS OP DIE VOLGENDE KERNWAARDES GEBASEER:

Marius Viljoen, Besturende Direkteur van Ceva Suid-Afrika, glo vas daaraan dat die enigste KONSTANTE binne

die maatskappy en die globale omgewing VERANDERING is. Daarom moet ons voorbereid wees om die

verskeie aspekte (makro-neigings) wat hierdie veranderings teweeg bring, te antisipeer. Ons moet bereid wees

om binne hierdie onbekende milieu reaktief te funksioneer, anders sal ons baie vinnig dinosourusse in die

moderne wêreld word.

Ceva Dieregesondheid

ONS PROFIEL

Ceva glo dat 'n nuwe benadering tot wêreldgesondheid, wat meer as blote dieregesondheid behels, nodig is. Dit kon egter nie alleen

vermag word nie en daarom berus ons missie op drie basiese sosiale beginsels, naamlik:

Om 'n groeiende bevolking te help voed, deur saam met ons vennote in die diereproteïen-produksiebedryf oplossings te

vind vir meer doeltreffende en veiliger siektevoorkoming.

Deur soönoses, wat die gevaar van ernstige pandemies inhou, te bestry.

Om die welstand en gesondheid van die troeteldier te verseker omdat Ceva die belangrike sielkundige en emosionele skakel

tussen mens en troeteldier besef.

SOLIDARITEIT – met die fokus op spanwerk, wil ons die belangrikste dieregesondheidsuitdagings wêreldwyd aanpak.

INNOVASIE – ons bereidwilligheid om af te wyk van konvensionele benaderings en die grense van idees te verskuif.

ONDERNEMINGSGEES – ons werknemers, wetenskaplikes en netwerk van vennote word aangemoedig om die kundigheid in

dieregesondheid voortdurend te verbeter en dus met daadwerklike oplossings vorendag te kom.

Saam, verbind tot meer

as dieregesondheid!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!