01.05.2013 Views

industry news - SAPA

industry news - SAPA

industry news - SAPA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ONDERNEMINGSGEES

Die C.H.I.C.K Program (Ceva Hatchery Injection Control Keys) is suksesvol in 16 braaikuiken-broeierye geïmplimenteer. Fokus is op

broeiery-entstowwe, toerusting, entingstegniek, evaluering en diagnose van entings. Die tegniese span is verantwoordelik vir opleiding,

diens en die onderhoud van toerusting, asook die evaluering van entings.

Ceva het in samewerking met plaaslike boere, bees- en skaap-proefplaasfasiliteite op die been gebring. Deur kommersiële plase te

benut, verlaag die kostes van navorsing drasties en die beskikbaarheid van proefdiere, met goeie versorging, word verseker. Die

proefplase is spesifiek daarop ingestel om voortdurend beter oplossings vir bestaande en nuwe siektes te vind. Albei eenhede bied ook

uitstekende geleenthede vir die opleiding van Ceva-verkoopsverteenwoordigers en studiegroepe.

Die proefplase word tans vir die volgende gebruik:

Bosluisstudies, mytdoeltreffendheid, oordraagbaarheidsverspreiding- en verdraag-saamheidstudies, evaluering van nuwe

toedieningsmetodes, nuwe formulasies, toets vir die doeltreffendheid van wurmmiddels, fekale eiertelling-afnametoetse en residustudies.

Ceva ondersteun tans die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging, en meer spesifiek die Veterinêre Stigting, deur middel van befondsing

en hulp met epidemiologiese studies en navorsing. Ceva het die behoefte vir opleiding en wetenskaplik-gefundeerde inligting vir die

veearts en boer geïdentifiseer. Ceva is direk betrokke by die fasilitering van spesialiteitsgroepbesprekings en

-opleiding (bv. Sheep Farm Services en Ceva University). Volgens Dr Tod Collins van Underberg Veterinary Surgery CC: “Ons het nog altyd

verkies om oorspronklike dieregesondheidsprodukte in plaas van generiese produkte te gebruik, maar Ceva Animal Health het ons

oortuig om hul produkte 'n kans te gee. Ons was veral beïndruk met Ceva se navorsing oor Klostridium-verwante siektes in KwaZulu-

Natal om die omvang en sindrome van die siekte te verstaan. Dit het 'n aansienlike bydrae tot die dieregesondheidsindustrie gelewer.

Dus het ons groot agting vir Ceva Animal Health.”

Met die ondersteuning van ons kliënte, voorsien Ceva dat hulle in die nabye toekoms een van die vyf groot dieregesondheids-

maatskappye in die wêreld sal word. Ceva neem sy rol om in die nabye toekoms nege biljoen mense te help voed baie ernstig op en

werk hard om dit moontlik te maak.

Ceva se tegniese ondersteuningspan in aksie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!