02.05.2013 Views

CLOVER INDUSTRIES LIMITED CLOVER INDUSTRIES BEPERK

CLOVER INDUSTRIES LIMITED CLOVER INDUSTRIES BEPERK

CLOVER INDUSTRIES LIMITED CLOVER INDUSTRIES BEPERK

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6

FINANSIËLE OORSIG

Die ses maande onder oorsig het op ’n baie sterker noot geëindig as die

eerste ses maande van 2009 en die ooreenstemmende ses maande van

2008. Terwyl die laaste gedeelte van die jaar tradisioneel beter is as die

eerste deel, het die prestasie verwagtinge oorskry en, meer belangrik nog,

op die regte plekke. Koste was laer en die produkmengsel het aansienlik

verbeter. Clover Beverages Beperk (Clover Beverages) en Danone Clover

(Pty) Ltd (Danone Clover) het ten spyte van die swak ekonomie en algemene

druk op waarde-toegevoegde produkte weer eens goeie prestasie getoon.

Die aanhoudende styging van insetkoste in sekere sleutelareas het

gedurende hierdie tydperk afgeneem. Wanneer dit met die tydperk geëindig

31 Desember 2008 vergelyk word, het winsgewendheid toegeneem met

baie laer koste, nadat die gewone infl asionêre druk op die meeste kostekategorieë

in ag geneem is. Die strategiese onttrekking aan die grootmaatkaasmark

het ten spyte van laer verkoopsvolumes gelei tot verbeterde

gemiddelde markrealisasies en inkomste.

Die ekonomiese krisis het die Groep genoodsaak om sy fokus op

die besigheidsmodel te verskerp. Dit het ’n ontleding van sy totale

produkreeks, die roete daarvan na die mark en die herontwerp van sy hele

voorsieningsketting onder die Cielo Blu projek ingesluit. Ongelukkig was dit

nodig om die organisasie te herstruktureer en meer as 200 relatief senior

mense is deur middel van projek Novus Forma afbetaal.

Die kwessie van herkapitalisering is reeds vir amper 10 jaar in oorweging.

Gedurende die jaar het ’n geleentheid ontstaan toe die Danone Groep die

wens uitgespreek het om Clover se 45% aandeelhouding in Danone Clover

te koop. Die ooreenkomste ter afhandeling van hierdie verkooptransaksie

van R1,09 miljard is in Desember 2009, effektief 1 Januarie 2010, onderteken.

Benewens die verandering in die aandeelhouerstruktuur van Danone Clover,

het die ooreenkomste die verhouding tussen Clover SA (Edms) Bpk (Clover

SA/Clover) en Danone Clover herdefi nieer deur die dienste wat Clover SA

steeds in die toekoms aan Danone Clover sal lewer. Dit sluit die verskaffi ng

van roumelk en die verspreiding van produkte in. Die opbrengs ontvang uit

hierdie transaksie sal gebruik word om van die Groep se skuld te delg,

sommige van sy fabrieke te herposisioneer en die distribusiefasiliteite te

hervorm - projekte wat ’n geruime tyd reeds oorweeg word.

Finansiële posisie en resultate

Die Groep se toepassing van die gewysigde IAS1, wat sekere

openbaarmakings en klassifi serings vereis, wat verskil van dié wat in die

verlede gebruik is, het die hersamestelling van sommige van die vergelykende

syfers in die tussentydse fi nansiële state genoodsaak.

Wanneer hulle die tydperk se resultate oorweeg, moet lesers in gedagte hou

dat die inkomstestaat se vergelykende syfers, asook die balansstaat soos

op 31 Desember 2008, steeds die Groep se 45% aandeel in Danone Clover

insluit wat proporsioneel tot 31 Mei 2009 gekonsolideer is. Soos in die 2009

jaarlikse fi nansiële state verduidelik, is Danone Clover gedekonsolideer

met effek van 1 Junie 2009 en word nou as ’n geassosieerde maatskappy

openbaar gemaak en te boek gestel.

Vir die doel van betekenisvolle vergelyking, is die inkomstestaat-bedrae en

afwykings waarna daar hierna verwys word, bereken deur die Groep se

aandeel van Danone Clover se inkomste en uitgawes vir die tydperk geëindig

31 Desember 2008 uit te sluit en sal dit dus nie sigbaar wees in die staat van

omvattende inkomste nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!