02.05.2013 Views

CLOVER INDUSTRIES LIMITED CLOVER INDUSTRIES BEPERK

CLOVER INDUSTRIES LIMITED CLOVER INDUSTRIES BEPERK

CLOVER INDUSTRIES LIMITED CLOVER INDUSTRIES BEPERK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Inkomste het met 5,3% verhoog op 3% laer verkoopsvolumes en kan toegeskryf

word aan die Groep se uittrede uit die onbestendige grootmaat-kaasmark

en gevolglike produkmengsel van ’n hoër waarde. Koste van verkope het in

ware terme verlaag weens die konsolidering van die twee kaasfabrieke in een

fabriek, laer verpakkingskoste, en laer brandstof- en ander grondstofpryse

wat deur laer internasionale kommoditeitspryse beïnvloed is. Hierdie faktore,

tesame met ander inisiatiewe om koste te verlaag, het daartoe gelei dat die

brutomarge met 2,4% verhoog het na 29%. Die kostebesparende inisiatiewe

het ’n verdere 1% besparing in ander vaste koste tot gevolg gehad ten spyte

van infl asionêre druk op die meeste van hierdie koste. Ander inkomste het

met R46,6 miljoen verhoog, wat ’n wins van R50 miljoen op die verkoop van

die Boksburg-fabriek aan Danone Clover as deel van daardie maatskappy se

herkapitalisasie insluit. Soos vroeër genoem, het Project Novus Forma gelei

tot die afbetaal van meer as 200 senior personeellede, wat tesame met ander

herstruktureringsprojekte gelei het tot ’n bykomende koste van R78,9 miljoen

vir die tydperk. Gevolglik het bedryfswins met 284% tot R123,1 miljoen van

R32,1 miljoen verhoog na aanpassings vir die Groep se aandeel van Danone

Clover se resultate vir die ses maande geëindig 31 Desember 2008.

Laer rentekoerse, tesame met verbeterde bedryfskontantvloei, het

fi nansieringskoste met R15,4 miljoen verminder, indien die Groep se

aandeel van Danone Clover se fi nansieringskoste vir die tydperk geëindig

31 Desember 2008 uitgesluit word.

Die Groep se aandeel van Danone Clover se na-belastingwins gekonsolideer

in die ses maande geëindig 31 Desember 2008, vergelyk met die inkomste

van die geassosieerde maatskappy vir die tydperk geëindig 31 Desember

2009, toon ’n effektiewe verhoging van 27,7% tot R32,1 miljoen. Netto wins

vir die tydperk was dus R98,2 miljoen of 825% hoër as die ooreenstemmende

tydperk in 2008.

Die ses maande tot Desember is gewoonlik ’n tydperk wanneer voorraad

en debiteurevlakke aansienlik styg in reaksie op die hoë seisoenale

melkproduksie en hoër feesseisoen-verkope. Die Groep het hierdie tendens

vir die oorsigtydperk omgeswaai en daarin geslaag om voorraad op laer

vlakke te hou as dié in Junie 2009. Dit is bereik met ’n daadwerklike poging

om verpakkingsmateriaal, verbruiksgoedere en onderdele voorraadvlakke te

verminder, tesame met melkinname wat beter ooreenstem met melkverkope

as tydens die melksurplus in 2008. Benewens die beheer van voorraadvlakke

was die verhoging van debiteure van Junie 2009 meer as verreken deur die

verhoging van handelskrediteure, wat ’n netto verlaging van bedryfskapitaalbelegging

van R149,3 miljoen tot gevolg gehad het, teenstrydig met die

normale seisoenale tendens.

Die vermindering van bedryfskapitaal-belegging, tesame met die vroeë

ontvangs van die verkoopopbrengs van die Groep se aandeel in Danone

Clover van R1,09 miljard en die verhoogde winsgewendheid, het ’n

positiewe kontant-invloei van R1,3 miljard vir die tydperk tot gevolg gehad.

Hierdie kontant is hoofsaaklik aangewend vir die terugbetaling van skuld van

R521,8 miljoen, rente en dividende van R91,2 miljoen en kapitaaluitgawe

van R42,3 miljoen. Die oorblywende netto kontant van R689,8 miljoen is op

31 Desember 2009 in korttermyn-daggelddeposito’s belê.

Na-balansstaatgebeure

Benewens die verkoop van die Groep se 45% aandeel in Danone Clover

op 1 Januarie 2010, soos hierbo genoem, het Clover Industries Beperk

op 15 Maart 2010 aangekondig dat hy ‘n opsie van Hosken Consolidated

Investments Beperk uitgeoefen het om die 34,9% aandeel van daardie

maatskappy in die gewone aandele van Clover Industries Beperk terug te

koop. Die opsie vereis verder ‘n aanbod aan al die voorkeuraandeelhouers

vir hulle regte om te deel in gewone dividende van die maatskappy,

asook die omskakeling van die aandele in instrumente wat na drie jaar

en een dag uitbetaal sal word. Die omgeskakelde voorkeuraandele sal

7

voorkeur-dividende gelykstaande aan 90% van die prima oortrokke koers

ontvang. Gekoppel met hierdie transaksies sal die Groep se uitvoerende

bestuur inskryf vir 30% van die uitgereikte gewone aandelekapitaal van die

maatskappy. Al die bogenoemde transaksies is gekoppel en is onderworpe

aan goedkeuring deur middel van spesiale besluite deur beide die gewone

en die voorkeur-aandeelhouers van Clover Industries Beperk.

Benewens die bogenoemde het geen noemenswaardige gebeure na die

datum van die balansstaat plaasgevind nie.

Kompetisiekommissie

In die jaarverslag vir 2009 is verslag gedoen dat die Mededingingstribunaal

bepaal het dat daar sekere onreëlmatighede was in die dagvaardings wat in

2005 deur die Kommissie teen Woodlands Dairy (Edms) Bpk (Woodlands)

en Milkwood Dairy (Edms) Bpk uitgereik is.

Die Mededingingsappèlhof het sedertdien bevestig dat die dagvaarding

teen Woodlands ongeldig is. Ingevolge die uitspraak moet die Kommissaris

al die dokumente wat as deel van die verwysing van Woodlands verkry

is, insluitend die rekords van die ondervraging van Woodlands se getuies,

terugbesorg.

Woodlands en die Kommissaris het sedertdien by die Mededingingsappèlhof

aansoek gedoen om verlof om te appelleer op spesifi eke aspekte, maar

hulle was onsuksesvol. Woodlands het nou by die Hoogste Hof van

Appèl spesiale verlof gekry om te appelleer. Woodlands beweer dat die

Mededingingsappèlhof versuim het om aandag te skenk aan sekere

regsgevalle, wat moontlik die totale beëindiging van die geding teen

Woodlands tot gevolg sou kon hê. Woodlands beweer dat daar ’n ongeldige

klagte, ’n ongeldige ondervraging, ’n ongeldige ondersoek en ’n ongeldige

verwysing was.

Clover wag op die uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl, aangesien

die 2005 dagvaarding teen Clover dieselfde bewoord is as Woodlands

se dagvaarding. Clover het die Kommissaris in kennis gestel dat hy van

voorneme is om soortgelyke besware teen Clover se dagvaarding en

ondervraging van die Clover-getuies te maak.

Aansoek vir die Aanwysiging van die suiwelbedryf

Die Departement van Handel en Nywerheid het nog nie op Clover se

aansoek vir die Aanwysiging van die suiwelbedryf, wat op 14 November

2008 by die Minister van Handel ingedien is, gereageer nie. Gedurende 2009

het die Departement aangedui dat Clover gedurende September 2009 oor

die vordering met die proses ingelig sou word, maar tot dusver is daar geen

vordering om oor verslag te doen nie.

Vooruitsig

Die beskikbare nuwe fondse het Clover se mededingende vermoë verbeter

en die toekoms meer belowend laat lyk as twee jaar gelede. Die verbetering

in die ekonomie is reeds sigbaar wat die Groep se produkte betref. Nuwe

kapitaalprojekte word tans ondersoek en sal marge verder tot die Groep se

voordeel vergroot. Clover se melkvloei sal na verwagting vir die res van die

jaar gebalanseerd bly. Infl asiedruk op sy produkte sal grootliks teengewerk

word deur die laer koste waarna daar vroeër verwys is. Voorraad is op

hanteerbare vlakke en die positiewe kontantvloei wat dit tot gevolg het sal,

tesame met laer rentekoerse, ’n positiewe effek hê op die Groep se winste.

JAH Bredin JH Vorster

Voorsitter Hoof Uitvoerende Beampte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!