KAMP IS LEKKER OKTOBER 2018 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

Pret & Plesier

in die

Weskus

Ons ga nou

BRAAI

Stuur vir ons jou beste foto of

kampstorie

die WEN


FOTOGRAFIE

UITNODIGING

WEES KREATIEF

EN RAAK DEEL VAN

AS JY LEKKER KAMP KIEKIES HET WAT JY GRAAG MET AL ONS LESERS

WIL DEEL, IS HIERDIE DIE PERFEKTE GELEENTHEID DAARVOOR!

WAT SOEK ONS?

MOOI NATUUR- EN LANDSKAPFOTO’S

WAT MAAK ONS DAARMEE?

PUBLISEER FOTO’S IN ONS TYDSKRIF

HELP MET “POST EDITS”

BESPREEK BETER TEGNIEKE

BESPREEK TOERUSTING

MAAK VOORSTELLE

STUUR JOU FOTO’S VANDAG NOG NA:

redakteur@lekkerkampplekke.co.za

GEE RAAD

MAAK KAMPFOTGRAFIE LEKKER


SOOS MUSIEK IN JOU ORE

WATERVALLE

“OM VIR `n NAWEEK LANGS OF NABY `n

WATERVAL TE KAMP IS SOOS MUSIEK VIR DIE SIEL.

DIS KALMEREND EN DIT VOEL OF TYD STILSTAAN!”

Saamgestel deur PIERRE LABUSCHAGNE


Baie keer vertel die foto’s sommer self die storie! Jy kan maar

net daarna kyk, en jou gedagtes gaan sommer self weer op `n

verbeeldingryke vlug na die stille waters, kabbelende stroompies,

en `n watervalletjie wat iewers druis... Jy is terug daar!

Om foto’s te neem met die water wat so melkerig en sag lyk,

is `n driepoot `n móét! In helder lig soos die foto hier bó, moet jy

ook dikwels elkstra filters opsit om jou sluiterspoed nóg stadiger te

maak. Híer het ek `n polariseerfilter plus `n 4-stop ND filter gebruik.

AS JY AAN `n WATERVAL DINK,

HOEF DIT NIE NOODWENDIG DIE

VICTORIA-VALLE

TE WEES NIE. BY `n STROOMPIE

WAAR DIE WATER OOR `n KLIP

VAL, IS DIT BESLIS OOK `N

WATERVAL PER SE!


Moenie jou kreatiwiteit beperk deur te dink

mens kry watervalle nét in riviere en stroompies nie.

`n Brander wat oor rotse slaan en die water laat

afloop in `n getypoel maak eweneens mooi foto’s!


DIE

KNYSNA-BOSSE

HET TALLE STROOMPIES EN

WATERVALLETJIES AS JY OP DIE STAP- OF

DAGROETES GAAN RONDLOOP.

Doen jouself die guns as jy in daardie

omgewing kom, en gaan sit stil langs `n

watervalletjie met `n koffiefles en drink die

vrede in saam met goeie koffie!


Dit help beslis om goeie kameratoerusting

te hê wat jou sal help om mooi

foto’s te kry, en om effekte te skep soos die

sagte, melkerige water, maar dit gaan

meer oor die herinneringe en terugdink

aan die rustigheid en vrede as jy deur jou

foto’s kyk. As jy deur die foto’s gaan ná so

`n kamp, is dit asof die vrede sommer weer

neerdaal, en jy die kalmerende effek van

die water kan aanvoel.

Terwyl jy kamp, kombineer dit nou net met

`n vuurtjie, en jy het `n wenresep vir `n

rustigheid wat geen geld in die wêreld kan

koop nie!

Ons het oral in Suid-Afrika talle wonderlike

LekkerKampplekke waar daar `n watertjie

of `n waterval naby genoeg is. Doen maar

jou volgende bespreking so, en jy sal

presies weet waaroor hierdie artikel eintlik

gaan. Dis méér as bloot net die water. Dis

eintlik `n vrede wat diep binne-in kom sit!

LekkerKampplekke

in

hierdie artikel:









Harkerville (Knysnaomgewing)

Tulbagh (Waterval)

Ebb and Flow

(Wildernis)

Robberg

(Plettenbergbaai)

Diepwalle (Knysna)

21 Watervalle

(Porterville)

Jubilee Creek

(Knysna)

Beaverlac

(Porterville)


Besoek ons by die KAAP VAKANSIESKOU

26-28 OKTOBER 2018 SANDRINGHAM

STELLENBOSCH


`n KAAPSE DRAAI IN

AFRIKA

MOSAMBIEK

ZAMBIË

TANZANIË

Woorde & Foto’s: JOSIA CONRADIE

“As `n mens opgewonde is oor iets waarna jy uitsien

kan die tyd maar traag wees. Na `n jaar se beplan,

breek die tyd uiteindelik aan. Grootmense kan ook

soos kinders reageer as hulle iets kry waarvoor hulle

lank wag.”

MOSAMBIEK & ZAMBIË

Ons is drie paartjies met drie voertuie. Die een paar moet van

die Kaap-af die lang pad vat Botswana toe, waar die ander paar

ontmoet en dan kry ons mekaar in Zambië. Ons eerste stop is

Kabula Lodge, reg langs die Zambezi. Pragtige kampplek met

lekker geriewe. Wees gewaarsku, die pad van Livingstone na

Kabula is onbegaanbaar en +- 100km het ons omtrent 3ure geneem.

Van Kabula is dit Ila Lodge toe, `n fantastiese 5-Ster lodge.

Gelukkig ken ons die mense, anders kon dit n paar Rand kos.

Van hier tot net anderkant Lusaka, kon ons kamp by Forest In.

Ook `n fantastiese kamplek. Goeie geriewe en warmwater.

Sover nog elke keer net een nag oorslaap, want die pad is nog wyd.

Volgende stop is Kapishya Hot Springs. Wow, wat `n ongelooflike

plek! Dit het gereën dat dit vrek, so ons besluit om in die rondawels

te bly. Die mense, kos en warmwaterbronne is alles uit die boeke.

Hier het ons 2 dae gebly voor ons die pad aandurf Old Farmhouse

Kisolanza toe.

TANZANIË

Ons moes ook oor die grens Tanzanië toe. (Ek kan aanbeveel

as jy deur `n paar Afrika-lande toer, om `n Garnet by die AA uit te

neem vir jou voertuig, dit gaan jou baie kopseer spaar. Ek is die

enigste een wat dit gehad het en geen problem ondervind nie, die

ander manne het gesuffer.)

Die paaie is baie sleg, so dit gaan maar stadig, ons het nie Iranga

gemaak nie, en moes oorbly by Old Farmhouse. Ons het eers die

aand 9 uur daar arriveer, so hier het ons ook maar in n rondawel

gebly. Die volgende dag 5-uur het ons in die pad geval Arusha toe.

Nog een stop tussenin by Zion Kampplek. Baie basies, maar die

manne het vroeg-oggend vir ons warm water gemaak om te stort.

Nou is ons volgende stop Arusha.


Die krater self en die wild hier was net `n ongelooflike

ondervinding. Finansieël is dit `n “once in a lifetime experience”.

NGORONGORO KRATER

Hier kan `n man groot shopping doen. Self `n Food Lovers Market

waar jy kan vleis koop en alllerhande goed wat jy nie langs die pad

kon kry nie. Ek moet byvoeg, oral langs die pad kan jy by die locals

lekker vars groente en vrugte koop vir spotgoedkoop. Masai kamp

in Arusha is beslis die moeite werd. Hulle het tot self wifi in die

kampplek. Hier het ons 2 dae deurgebring , en ons het baie inligting

gekry vir ons pad vorentoe. Ons is nou hier, so ons besluit om

vroegoggend te ry tot by die Kilimanjaro Viewpoint en dan terug

en deurdruk tot net buite die Ngorongoro Crater. Ons oornag by

Kudu Lodge, Karatu. Ook `n lekker kamp.

KILIMANJARO

Nou begin vakansie eitlik. Ngorongoro crater. Wat n belewenis!

Wees gewaarku, maak seker jy het n vet kredietkaart. Hier kan jy

nie kontant betaal nie, net met `n kaart. Dit gaan maar oor

veiligheidsredes, want niemand kan dan die geld in die sak druk

nie. Ons het ook besluit om met ons eie voertuie in die krater in te

ry wat `n aardige geldjie kos. Fooie in $US is vir `n permit $70 p/p

per 24 uur. Om `n voertuig in te neem nog $295 (dit hang af van

jou voertuig se gewig). Kamp is $30 per nag, so ja, maak maar

somme… Ons het 2 dae by die krater oorgebly. Ongelukkig is die

publieke kampplekke `n riller. Geen warm water, en net long drop

toilette. Ek sal voorstel om maar nog $20 ekstra betaal vir die

“special campsites”.

“Ons is drie paartjies met drie voertuie. Die een paar

moet van die Kaap-af die lang pad vat Botswana toe,

waar die ander paar ontmoet en dan kry ons mekaar

in Zambië.”

“I’`M SITTING ON THE TOP OF

KILIMANJARO…!“

Volgende stop Serengeti. Hier is dieselfde as by die krater, maak

seker daar is BAIE kretiet op jou kaart. Ons het 4 dae hier oorgebly.

$70 per person per 24 uur en $30 vir die kamp `n nag en $250 vir

die voertuig. Dieselfde as by die krater, is die kamp plekke


skokkend. Die paaie is die meeste van die tyd redelik goed, maar

party plekke bietjie sinkplaat.

SERENGETI

Om nog `n groter gat in die kaart te maak het ons die

Warmlugballon-safari oor die “migration” gedoen. Nog $599 per

persoon (hoes, hoes, hoes). Is dit die moeite werd? Ja, beslis! Wow,

wat `n ondervinding. Ons is donker-dag opgetel by ons kamp, en

na die plek waar die ballon gelanseer word geneem: 3 balonne vol,

met 16 passasiers elk per ballon! `n Aardige bedraggie nê, haha.

Woorde kan nie beskryf nie.

Na sowat `n uur en 10min se vlug, land jy iewers waar hulle jou

inwag met Sjampanje. Jy word geneem om `n bosveld Sjampanjeontbyt

te nuttig voor hulle jou weer by jou kampplek besorg.

Serengeti is baie groot, so dit hang baie af van jou geluk om wild

te sien. Ons was die eerste twee keer baie gelukkig en het baie

gesien, maar daarna baie stil. Die wild in die krater is baie beter.

TANGANYIKA MEER

Van Serengeti is dit Lake Tanganyika toe. Jacobsen Beach

camp, Kigoma. Nog vier nagte hier. Lekker rustig. Geriewe is

aanvaarbaar. Op die lys is die sjimpansees by Gombe.

Hier huur ons sommer `n boot, die enigste manier om Gombe te

bereik is per boot. Maak maar reg vir so 3-ure rit. Die meer was

maar rof en dit het gereën dat dit vrek.

“Jy kan die veld ruik, en die hoewe hoor van die duisende

wildebeeste en zebras wat verwoed voor die ballon vlug, elke

geluid, dis net onbeskryflik…”


GOMBE

“Serengeti is baie groot, so dit hang baie af

van jou geluk om wild te sien…”

Aapstreke in Gombe so deur die blare…

By Gombe het ons darem warm koffie gekry voor ons die

heuwels aandurf, in die reën, opsoek na die Sjimps. $100 p/p en

nog $20 vir die gids, darem nie so rof soos Serengeti nie.

Maak maar seker jy het goeie stapskoene, want stap en klouter en

klim gaan jy, pappie! Weereens was ons baie gelukkig, want so

stap kan lank raak, maar na ongeveer so uur en `n half, kry ons

hulle. Net `n ma, seun en dogter. Wat `n wonderlike ondervinding,

en ons sal dit vir enige iemand aanbeveel..


HUISTOE

Van hier is dit Suidwaards terug Zambië-toe.

Oppad het ons nog oornag by Kalumbo Falls en so kuier-kuier

terug tot in Livingstone.

Baie goeie duur ervaring. Brandstof, verblyf, kos, en al die

kuier $6000 vir die trippie vir die twee van ons.

Bygese, die Toyota’s het nie eers `n papwiel gehad nie. Ek het net

`n mudflap verloor in Serengeti.

Ons was voorwaar baie geseënd.

TOTALE KOSTES

Huidig: $6000 = R91 440.00 (@R15.24 / $1 US)


Ons Ga Nou

BRAAI

“Wat is die verskil

tussen ‘vuur’

skree en

‘brand’

skree?”

Foto’s & Woorde:

HENK BLAAUW


Wat is die verskil tussen “vuur”

skree en “brand” skree? As jy

“brand” skree, daag minder van

ons Suid-Afrikaners met vleis op.

Ons is ‘n nasie so behep met vuur en braai,

die meeste van ons het nie langer as ‘n jaar

gelede laas in ‘n kooltjie getrap nie.

Kom ons sê dit maar: “Ons is eksperts met

vuurmaak en braai”. Baie van ons kan met

een hand ‘n vuurhoutjie uit ‘n boksie haal en

aansteek, party van ons kan dit met beide

hande doen, en party van ons het blase.

Jy kan egter die braaimeester se pa wees wat

hom alles geleer het, as jy nie ordentlike kole

het nie, kan jy maar op die stoof kosmaak. En

dit is die vraag: “Wat is ordentlike kole?” en

meer belangrik, “Watse hout maak

ordentlike kole?” Hou vas aan jou hoed,

want hier raak ons nou tegnies.

Kom ons begin by die mense wat braai vir ‘n

lewe. Hulle fokus op 2 eienskappe:

1. Hitte moet konstant wees van vuur tot

vuur sodat jy elke keer dieselfde

resultate kan kry

2. Dit moet ekonomies wees.

Hout pizza oond-restaurante gebruik

gewoonlik bloekom en swartwattel (black

wattle). Vlamme speel ‘n groot rol in die

hitteverspreiding in ‘n pizza oond, so die

fokus hier is meer op die vlamme as die kole.

Daar is ook ‘n handjievol braairestaurante

wat hout gebruik in plaas van gas, en die

meeste van hulle gebruik rooikrans en

sekelbos.

Die Amerikaners hou van hulle brikette, en

gooi dan houtskaafsels op, om daardie

rookgeur te kry. Toevallig het Oom Henry

Ford (jip, Henry Ford van bloubloed

produksielyn Ford) ‘n groot hand gehad in

die ontwikkeling en verspreiding van brikette

vir braai – in die beginjare het hy baie hout

gebruik in sy karfabrieke en het plan gesien

met die afvalhout. Hy het selfs brikette en

braaiers verkoop saam met karre – ware

storie.

Om terug te kom na hout hier by ons:

Die basiese beginsel is dit, hoe swaarder

(meer dig) die hout, hoe warmer is die kole

en hoe langer brand die kole. En dit verskil

selfs in dieselfde houtspesie. ‘n

Kameeldoring wat reg langs ‘n rivier staan,

groei vinniger as een wat 2km verder op die

vlak staan, so die een op die vlak sal meer dig

wees en sodoende beter kole gee. So

daarom is dit moeilik om na een hout te

verwys as die kampioen van braaihout.

So wat is dan nou die beste houtsoorte om

mee te braai?

Die room van kole vir my, is enige van

hierdie:

o Kameeldoring (akasia), dit is die

geur en waarskynlik my

persoonlike assossiasie met die

Kalahari wat dit my gunsteling

maak

o Mopani – ongelooflike kole, noord

van Pretoria/Windhoek kry jy dit

volop

o Hardekool – in die bosveld noord

van Pretoria, baie skaars

o Sekelbos (akasia)

o Swarthaak (akasia)


Die houtspesies hieronder maak heel

aanvaarbare kole, jy sal egter so ‘n bietjie

meer hout as bogenoemde moet

brandsteek,

o Murtle

o Rooikrans

o Swartwattel (Black Wattle)

o Druiwe-prieel (jy’t baie nodig)

Hout-opsies wat jou heel waarskynlik

gaan frustreer

o Bloekom – baie vlamme, swak kole

o Dennehout (Pine)

o Dolfhout (Suidwes-kiaat) – dit

word verkoop langs die pad in die

Kaprivi, die pragtigste kole wat

binne minute vrek

o Mieliestronke, jy’t ook baie nodig

Meubelhout-vuur

o Indien jy jou hande op afvalstukke

van meubelhoutspesies hieronder

kan kry, moenie nee sê nie

(Skoonma se antieke

“ornamentele” Geelhout en

Imbuia koffietafeltjie mag dalk net

handig te pas kom):

• Olienhout (wilde-olyf) –

gryp dit, dis op dieselfde

vlak as kameeldoring indien

nie beter

• Akkerboom (eikehout)

• Boekenhout

• Imbuia

• Swarthout en Origan Pine is

okei, geelhout is net wind

Vuurmaak en braai is een van die saligste

aktiwiteite waarmee ek myself vir lang

periodes kan besig hou, dis ‘n familie en

vriende ding, ‘n kameraderie ding, en

natuurlik ‘n kamp ding.

Maak seker jy’t genoeg hout

– Lekker braai!!!

‘n Paar punte om in gedagte te hou wat

waarskynlik vir baie mense redelik

ooglopend sal wees

Ewe groot stukke hout brand ewe vinnig

uit

Nat hout gaan baie rook

Hout gee ‘n fantastiese geur aan vleis, iets

wat brikette of gas nie doen nie


Beskikbaar by www.lekkerkampplekke.co.za


BALIE’S GAT

TOE RAAK ONS EERDER NAT

BY

HENRY JONKER

Soos met ons Leeuwenboschfontein kamp einde verlede maand

het dit hierdie spannetjie (Jonker, Van Tonder, Laas & Swart) net

so bietjie meer as ʼn jaar geneem om weer die kamp ding te

doen. Dus toe Danie met die voorstel kom dat ons

weer ʼn reünie moet hou het almal begin om

moontlike bestemmings in die pot te gooi. Dit

was tyd dat ons ʼn nuwe plek moet gaan

verken. Met die dat niemand al by Baliesgat

was nie was die besluit sommer vir ons

gemaak.

Danie-hulle het besluit ʼn naweek is te

kort vir so trippie en het al die Donderdagaand

in die pad geval. ʼn Afgeleë jeeptrack in die begin

van die Droëlandskloof Pas gevind en tent op geslaan op

ʼn nabye sandduin.

Vrydaglaatmiddag suiker ons verby Op Die Berg op die R303.

72km verder draai ons regs by die Du Toit Tandfontein Bordjie. Van

hier kronkel die pad die vallei áf tot waar jy by die kampterrein kom.

Die Van Tonder’s & Swart-families was reeds lekker gesellig

met die vuur wat sommer mooi geloop het. Paul en Marina-hulle het

so net na sonsondergang aangesluit.

Met ʼn vol spannetjie teenwoordig het die fees verrigtinge om

die vuur begin. Niks so lekker as om ʼn vuur te kuier en van die

roosters te eet nie. Die jongspan het weer verenig en het die

donkerte in verdwyn en net so af en toe verskyn om iets

te kry om te eet voor hul weer die vlaktes in

gehardloop het.

Saterdaglaatoggend en die jongspan

besluit dit is tyd om die stokke in die water te

kry. ʼn Single track word vir so 500m gevolg

tot waar ons 2 waterpoele raak loop. Danie het

ietsie lewendig uit die water getrek, maar

weet nie wie was meer verbaas nie – Danie of

die vis nie. Toe die visvang opgewondenheid

verby was word daar besluit om maar liewers die lywe

nat te maak.

Terug by die tente en die vuur loop weer sterk. Roosters vleis

verskyn en verdwyn op die vuur. Die sonnetjie sak hard op ons neer,

maar gelukkig is daar ʼn ligte briesie in die lug. Laat-middag en

Danie staan nader om te begin met die pot. Min dinge is so lekker

soos ʼn pot-ete gedurende ʼn kamp naweek! ʼn Kuier vuur kry lewe in

ʼn nabye drom en die lewe se klein uitdagings is skielik iets van die

verlede. Leë glase word vol gemaak as die kuiertjie deur die nag

trek.

Sondag laat-oggend word daar rustig kamp op geslaan. Ek en

Paul wil graag die Droëlandskloof Pas terug kry wat Danie-hulle die

Vrydag gery het. Danie-hulle besluit dat hul nog so ietsie op die kole

gaan gooi voor hul in die pad val. Blad word geskud en ons en die

Laas’e val in die pad.

So paar km na Op Die Berg draai ons links en volg die pad tot

waar die GPS se die pas begin. Met die dat ons die pas van Wes na

Oos ry beteken dit ons ry die vallei af tot jy by die R355 kom. By

die T-aansluiting draai ons regs tot jy die teerpad kry reguit Ceres

toe. Die ompad was definitief die moeite werd. Definitief een van

daai “roads less travelled” en ook nie my laaste keer nie.

Dankie vir ʼn puik naweek julle. Volgende jaar maak ons weer so.


TARIEWE VANAF: R120


K L I K


Young man,

you must be careful for the

BIRDIES’ FEET

gelukkig en haak hy iets vir die pan. Dié sou maar op

die gasstofie binne die karavaan moes kom, want van

vuurmaak en braai is daar nie sprake nie! Die wind is

te sterk.

Na 'n paar gooie en geen teken van 'n byt nie, loop

dinge skeef en hy sit met 'n kraaines der kraaineste.

Geld vir nuwe vislyn is daar nie, so daar is nie sprake

van afsny nie. Uitpluis en ontrafel is die enigste

uitweg.

Hy het homself binne die karavaan se tent in sy

kampstoel gemaklik gemaak, 'n kamptafeltjie langs

hom staangemaak, sodat daar plek vir sy glas en

asbak is, en met die groot taak begin.

Elke paar meter vislyn wat met groot moeite ontrafel

is, terwyl hy sy kop skeef draai sodat die sigaretrook

nie te erg in sy oë brand nie, word sorgvuldig na buite

geneem en aan 'n takkie of boomwortel, wat deur die

wind oopgewaai is, vasgehaak. Dan maar weer terug

en die volgende lussie neem en uitpluis om dit los te

maak sonder om die spul nog meer te knoop.

The Birdies’ Feet

Hier iewers in die sewentigerjare het 'n oom van my

op Somerset-Wes gewoon en sy eie besigheid besit.

Soos dit maar met baie eenmansake gaan, het hy

homself oor 'n mik gewerk en was die inkomste

skraps.

Stres was nog nie 'n “buzz-word” nie, maar hy was

ópgestres. Tyd vir wegbreek, was daar nie en die

karavaan het staan en vergaan. Hy besluit toe om die

wa te haak en vir 'n week op Gordonsbaai te gaan

staanmaak. Buite seisoen is die tariewe darem vir

hom bekostigbaar en dit is nie vêr om te sleep nie,

want daar is nie geld vir 'n onnodige ryery nie. Hy

sou sy werksmense met genoeg werk, wat hulle op

hul eie kan baasraak, opsaal terwyl hy gaan afsaal.

Sou een of ander probleem opduik, is hy net om die

draai en kan hulle hom by die kampeerplek se

opsigter bel. (Dit was in die goeie ou dae voor

selfone.)

So, het hy vir ure vooroorgeboë gesit en werskaf

terwyl sy vrou, binne-in die karavaan op die bed lê en

lees. Haar boek het later uit haar hande geval en sy

het ingesluimer.

Terwyl hy half ongemaklik en met rug wat soortvan

in 'n spasma is, sit en vislyn uitrafel, word hy bewus

van 'n skaduwee wat vanaf die tent se deuropening op

hom val. Toe hy opkyk staan daar 'n ou vroutjie met

'n bondel vislyn in elke hand voor hom. Hy is totaal

uit die veld geslaan en voordat hy hom kan vererg

begin sy praat ... “young man, you must be careful

for the birdies’ feet”.

Sy vrou sê sy skrik wakker van 'n geskel wat klink na

die weervoorspelling. Voor sy kan vra wat fout is,

hoor sy 'n stemmetjie ...“what did jou say jong man?

I don’t understand, but I don’t think it is very nice.”

Die Engelse vroutjie is daar weg met

die wind wat haar woorde wegwaai,

maar tussendeur hoor jy tog iets

van...... “the birdies’ feet”.

Met die wa staangemaak en ordentlik geanker sodat

die Suidoos die spulletjie nie die see-inwaai nie,

besluit hy om bietjie te gaan lyn natmaak. Dalk is hy

q

GERHARD DU TOIT


klik


Kamp Koffie

met houding

KOOP

Rouxbean Coffee Roastery is ‘n koffie

roostery in die hartjie van Montagu, wat

met ons innoverende lug-rooster

metode en top gehalte Arabica bone ‘n

suiwer geurige koffie produseer met ‘n

heerlike aroma.

Ons nuwe produkteid die Lekker

Kampplekke Blikbeker koffie en die

Coffee Angels, dit is ‘n weggooi koffie

filter wat ideaal is vir langs die kamp

vuur! Perfek vir enige kamp of toer,

kompak en eenvoudig om te gebruik,

dis die gemak om gehalte filter koffie te

hê sonder pakkerasies en moeite, en

verpak in individuele pakkies vir

varsheid!.


K A M P W E D E R V A R I N G E

Episode 2: DIE REËNMAKER

Ons het by Jeffreysbaai se karavaanpark ingeboek en daarna

vriende gaan groet wat voorheen in Pretoria gewoon het.

Aangesien hulle ‘n vis-en skyfie wegneemrestaurant gehad het,

het ons sommer iets gekoop om te eet. Daardie nag sak daar

toe weer ‘n reënbui uit – die soort wat lei tot allerlei

oorstromings, skade en verspoelings. Toe ek wakker geword het

van die reën, het ek besef dat ek êrens (?) ‘n slegte verkoue

opgedoen het. Skielik het ons toer-en-kamp vakansie van drie

weke in ‘n nagmerrie ontaard en het die res van die vakansie

voor ons uitgestrek gelê soos die N1 hoofweg deur die Vrystaat.

Die volgende oggend het ons koerante gekoop om te soek vir

verblyf wat geadverteer word. Ons het elke eiendomsagentskap

in Jeffreysbaai besoek om uit te vind of hulle nie weet van

bekostigbare vakansieverblyf nie. Ons het na advertensies gaan

kyk op kettingwinkels se advertensieborde. Uiteindelik het ons

‘n paar nommers begin bel. Die plekke was óf vol, óf nie

beskikbaar vir die tydperk wat ons daar wou bly nie, óf te duur,

óf die personeel was ongeduldig en ongeskik. Maar dinge werk

mos altyd uit soos wat dit moet, ten beste, al dink ‘n mens nie

altyd so nie.

By die een nommer wat ons gebel het, was die mense baie

vriendelik en behulpsaam en die prys was ook reg. Die eienaar

het aangebied om ons te kom haal waar ons was, omdat ons

vreemd was in Jeffreysbaai en hy nie wou gehad het dat ons

moet sukkel om hulle plek te kry nie. Die woonplek was

uitgeknip vir ons behoeftes en ons het dadelik aangedui hoe

lank ons graag sou wou bly. Dit was nie moeilik om met die

gawe, behulpsame en vriendelike mense ‘n mondelinge

ooreenkoms te sluit nie. ‘n Gedeelte van hulle huis was ingerig

as ‘n woonstelletjie, aparte ingang vanaf die straat en met ‘n eie

buitedeur. Ons het ons tuisgemaak, ek het verkouemedisyne

gedrink en bietjie gaan lê en slaap.

Toe ek wakker geword het, het ek heelwat beter gevoel en kans

gesien om ‘n plan te maak met die nat tent, slaapsakke,

beddegoed en klere. Ek was besig om te sukkel om die nat tent

uit die voertuig te haal toe die eienaars met belangstelling kom

kyk het wat aangaan. Hulle het aangedui dat ek welkom is om al

die nat items óf oor die wasgoedlyn te hang óf op die plaveisel

oop te gooi sodat dit kon droog word. Daarna is ons genooi om

‘n koppie koffie by ons weldoeners te gaan drink.

Dit blyk toe dat die oom, wat reeds ‘n pensioenaris was, vroeër

‘n skoolhoof was op Joubertina, die omgewing waar my pa op ‘n

plaas in die Langkloof groot geword het en waar familie steeds

geboer het. Die oom het al my neefs en niggies geken omdat

hulle by hom in die skool was en hy het aangedui dat een van

my niggies daar op Jeffreysbaai woonagtig was. Die tannie het

my niggie gebel en haar genooi vir koffie. My niggie het sommer

‘n neef – wat ek nog nooit ontmoet het nie – saam gebring en so

het ons lekker gekuier en het alles ten goede meegewerk. Nadat

ons daar weg is, het ek en die oom ‘n paar keer per epos gekuier

en hy het die wens uitgespreek dat hulle ons graag weer sou

wou sien. Hierdie wens van die oom het ongelukkig nooit

gerealiseer nie. Ons het ‘n paar jaar daarna verneem dat hy

oorlede is.

Dit het steeds feitlik onophoudelik gereën en ons was verplig

om ons toer-en-kamp beplanning daarvolgens aan te pas.

Ons het ‘n paar dae by familie in die Langkloof gaan kuier, iets

wat nie deel was van die oorspronklike toerplan nie. Toe het ons

iets gaan doen waarna ons baie lank uitgesien het - ons het die

Baviaanskloof-roete gaan ry. Ons het die roete vanaf die

Patensie kant aangepak. By die hek het ons ‘n kode ontvang wat

ons moes gebruik om toegang te kry tot die kampterrein waar

ons sou oornag.

‘n Mens hoor altyd hoe droog dit is in die omgewing van die

Baviaanskloof. Wel, ons het nie kloof glad nie droog aangetref

nie. Ons het op plekke vir honderde meters deur plasse water

gery na die milde reën wat daar geval het. Toe ons by die kamp

kom waar ons moes oornag, wou die kode wat ons ontvang het

nie die slot oopsluit nie. Ons het alles probeer, maar kon nie

toegang tot die kamp kry nie. Ons het toe maar verder gery en

uiteindelik by ‘n kamp gekom waarvan die hek nie gesluit was

nie. Ons het daar ingery, bewus daarvan dat ons nie onsself wou

tuis maak op ‘n plek wat deur iemand anders bespreek was nie.

Nadat ons ‘n bietjie ondersoek ingestel het, het ons op ‘n

kampplek afgekom wat vir wildbewaarders gereserveer was.

Ons het terstond besluit dat dit die ideale kampplek was om ons

uit ons penarie te verlos. Gelukkig (ek is nie seker vir ons of vir

die wildbewaarders nie) het daar geen wildbewaarders

opgedaag nie en het ons die kampplek vir twee nagte vir onsself

gehad.

Tydens ons omswerwinge was ons al telkemale verseker dat ape

en bobbejane baie lastig kan wees in ‘n kampterrein en dat hulle

groot skade kan aanrig. Ons bure het op ‘n stadium besluit om

in ‘n nabye watergat te gaan swem. Ons was op daardie stadium

nog besig om ons staanplekkie in te rig. Daar moet darem

bygevoeg word dat die bure se staanplek ‘n hele entjie weg was

en dat ons dit nie noodwendig sou opmerk as dinge by hulle

staanplek verkeerd loop nie. Op ‘n stadium het ‘n lawaai my

aandag getrek en ek het gaan ondersoek instel. Die bure se

tente was stukkend geskeur, hulle kampplek was in totale chaos

gedompel en ‘n trop bobbejane het fees gevier met die vrugte

wat in die een tent gestoor was. Dit was duidelik dat hulle die

vrugte van buite af kon sien en dat hulle desperaat gereageer

het om die vrugte in die hande te kry. Ek was nog besig om die

bobbejane te verjaag toe die bure teruggekeer het van die

swemgat af. Hulle was absoluut verslae oor die onherstelbare

skade wat die bobbejane aangerig het.

Ons het die Baviaanskloof-roete sonder enige verdere voorvalle

voltooi. Toe was ons op pad na Buffelsbaai waar daar skynbaar

‘n lieflike karavaanpark reg op die strand was. Toe ons daar

aankom het dit gereën en ons het terstond besluit dat ons nie

kans sien om verder in die reën te kamp nie. Só beland ons toe

in Buckingham paleis (pêllis) – die een sonder die koningsgesin.

Omdat dit feitlik deurentyd gereën het, het ons amper daagliks

Knysna toe gery en baie van ons tyd daar verwyl.

Daarna was dit terug Pretoria toe. Soos wat ons daar weg is, het

ons weer daar aangekom – in gietende reën…

Dit is seker nie verbasend dat ons tent toe ‘n naam gekry het

nie: die Reënmaker tent. Ons het geglo dat dit sal reën waar ons

ook al ons tent sou opslaan en het oorweeg om dit te verhuur

aan boere wat swaar gebuk gaan onder knellende droogtes!


maar ek sal nie weet nie, want ek het nog nie gekraam

nie, en ek het daardie nag net daar en dan besluit klippe

in my pype sal ek nooit kry nie, want dít lyk darem te

seer! Ek versuip eerder my niere as om klippe te

probeer kraam… So in kort: ek drink baie water, en ek

hou daarvan, maar nie my blaas nie. Om alles te kroon

het ek `n blaas so groot soos `n ertjie – voel dit vir my.

So, nierstene het nie veel van `n kans by my nie, maar

die ding is net dat as ek by `n watergat sit – en ek sit

lank? Wat nou gemaak? Ek kan ook net soveel knyp,

dan moet ek plan sien of daar is moeilikheid! Dit raak

metertyd seer van knyp, en dit smaak my ek pee later

deur my oë, maar sit, wil ek sit. My kiekies móét ek

kry, en sê nou net `n dors tier wil kom drink, dan is ek

weg! Nee, ek knyp nog bietjie totdat dit amper soos

nierstene self begin voel! Ongemaklike storie raak dit

dan, jong!

My oupa het `n uil gehad. `n Groot wit ene. En die uil

het saam met hom onder sy bed geslaap.

Maar die uil was nie daar om te keer vir `n rot- of

muisplaag of moontlike toekomstige investasie nie.

Nee, dit was `n pee-pot – soos die oumense onder hulle

beddens gehad het in daai tye. Dit

was `n algemene ding, maar hoekom

hulle die pottie `n “uil” genoem het

weet nugter. Ek het probeer soek,

maar selfs Google kon my nie help

nie. Nou reken ek dis omdat dié uil nagtelike besigheid

moes doen soos `n oordentike regte-egte uil mos

betaam! Dis `n nag biesigheid dié, maak ek die

afleiding. Ek kon nooit die ding met oupa se uil

verstaan nie, want wat is nou so erg daaraan om tien

meter badkamer-toe te stap om te gaan water afslaan?

Dit was vir my `n grillerige affêring, en klaar. Maak nie

vir my sin nie! Wel, dit het nie… tot die afgelope

wintervakansie in Namibië! Nou verstaan ek oupa se uil

mooi!

Dit werk so: Ek is mal daaroor om by `n watergat

myself te gaan plak vir `n uur of sewe – dis nou in my

kar, nê. Ek wil myself so bietjie meer bekwaam in die

kuns van wildfotografie, en daarvoor moet mens tyd by

watergate spandeer. Baie tyd! Maar dit kom met `n paar

logistieke dilemmas – veral in die departement

waterwerke! Sien, toe ek `n mooi opgeskote tiener was

het ek een nag – ook in die nag – my pa soos `n klein

seuntjie op sy hande en knieë sien staan en huil!

Nierstene! Toe daai stene begin afkom, toe loop die

trane van die pyn. Hulle beweer dis erger as kraam,

Gewoonlik in `n reservaat waar die Groot-5 na

hartelus vrylik rondwandel, is daar oral bordjies wat jou

waarsku: “STAY IN YOUR CAR!”, “STAY IN YOUR

CAR!”, “STAY IN YOUR CAR!” Maar as `n man moet

pee, moet jy pee, so wat maak mens nou? En as jy `n

ertjie-grootte blaas vol water het, en omdat jy nie klippe

in jou waterwerke soek nie, het jy moeilikheid! Groot

moeilikheid… Jy kan natuurlik die wette (en die

“STAY IN YOUR CAR”- bordjies) verontagsaam en

uitklim, maar jy staan twee ernstige gevare in die oë:

Eerstens die ongevoelige gereg! Wiltuin-spietkops, wat

jou goedgunstiglik gaan toebedeel met `n gratis

uitnodiging op `n pienk kaartjie – wat jou verplig om `n

stewige, nié-vrywillige bydrae tot hulle Kersfonds te

maak, óf tweedens kan jy `n dors tier wat wou kom

drink in die oë staar, wat op jou afstorm terwyl jy met

jou kraantjie in die hand staan en jy’t dan nou hoeka

gewag vir hom! Die pienk uitnodigingskaartjie kan jy

nie opvrommel en weggooi nie, want as jy nie die

bydrae maak tot hulle Kersfonds nie, nooi hulle jou

nooit ooit weer terug om die Groot-5 te kom soek by

hulle watergat nie – smart kamera of-te-not. By die hek

sal jy volgende keer as jy wil kom kuier net sien die

rekenaarskermpie gee `n duidelike mooi rooi:

“ACCESS DENIED! (because you pee’d on our

premises)” Daai is nie lekker nie…


Dan weer, as die dors tier jou bestorm, het jy een van

drie opsies:

1. Jy pee in elkgeval jouself terstond sopnat, en

jy’s geskroef, of

2. Jy knyp terstond “in mid air” áf by die

“halfway”-merk, en jy’s geskroef (met `n halfvol

ertjieblaas), of

3. Jy probeer in tiertaal onderhandel en verduidelik

oor klippe in jou waterwerke, en dat hy jou eers

gou moet kans gee om die besigheid af te

handel… Tog twyfel ek of tiere weet van klippe

in diewaterpype. Jy’s geskroef!

Só praat ek annerdag met ‘n vriendin, wat ook hou

van foto’s neem by watergate, oor die uitdagings van

wildfotograwe en die tema van waterwerke kom ter

sprake. “Nee…” sê sy, “My man vlieg ook self… en

mens kan nogal nie met ‘n vliegding by die Engen

1Stop intrek om gou vol te maak óf leeg te maak met `n

ligte ‘airie’ nie.” Ek maak my somme, en kom tot

diesefde gevolgtrekking. Mens kry nou nie noodwendig

vlieg-spietkops nie of vliënde dors tiere nie, so niks sal

gebeur as jy wil uitklim nie, maar hoegemaak daar bó?

“Nee…” sê sy. “Autopilot en `n Stasoft bottel werk vir

hom…” “Die ding se gat is groot genoeg, en jy kan sy

prop weer mooi toedraai.” En daar gaan die lig vir my

op! Watergat… Vol blaas… Stasoft-bottel… Eureka!

My lewe langs die watergat verander op daai oomblik.

Niks meer pienk uitnodigings nie, en niks meer

verduideliking aan enige dors tiere wat my wil bestorm

as ek met die kraan in die hand staan nie! “Nee…” sê

sy. “`n Emmertjie met ‘n deksel doen dit vir my ook…

sommer so in die kar!” Nou dames kyk, hoe die ding

met ‘n gehurk op ‘n emmertjie in die kar werk, wil ek

nie oor uitvra nie, want `n kraantjie wat in `n Stasoftbottel

oopgedraai kan word, is een ding… Maar sonder

`n kraantjie in `n emmer, gehurk in `n kar, is bietjie

gevorderd vir my. You go, girl! – dink ek by myself, en

dan kom my oupa se uil op in my gedagtes.

Dis winter, en dis wit-ryp-koud in

Namibië se Suide. Ek kamp en ek lê in my

tent met ‘n ertjieblaas vol water, warm

toegewikkel onder my snoesige fluffy

kombers en duvet. Ek móét nou gaan,

anders pee ek in my bed, maar koue hande

op `n warm kraan is niks lekker nie, en wit gerypte

koue uit die komberse is goor! Ek lê en dink aan my

vriend wat vir `n jaar in Antarktika op `n weerstasie

navorsing gedoen het, en my vertel het hoe gevaarlik dit

is om daar `n “bospiepie” te vang. Alles wat blootgestel

word aan minus 70 grade vries op die plek, sonder

waarskuwing, en ek is dadelik bang! Maar ek hét mos

nou `n Stasoft-bottel in die kar – dink ek! Ek trotseer

die koue na my getroue ou goue Fortuner-toe, en ek

loop haal my eie watergat-uil net daar en dan uit die

kar! Ek hét mos ook nou `n uil, dink ek, en ek glimlag

as ek aan my oupa dink! Bloemfontein, waar ek

grootgeword het, se koues is nie grappies in die winter

nie. Smaak vir my hulle kan daar ook `n weerstasie

opsit want dit raak soms minus 70 grade daar ook, en

skielik het ek `n beter verstaan van hoekom oupa `n uil

onder sy bed gehad het! Koue!

My Stasoft-bottel kamp nou altyd saam, en ek maak

elke keer ‘n stil saluut aan my oupa se wit uil as die

kraantjie in die bottel oopgedrai word langs die

watergat of in die witryp koue tent! En ek kan dit

aanbeveel – aan elke wildfotograaf en aan elke dapper

winterKamper, want kamp bly tog Lekker – winter-ofte-not.

Kry maar vir jou `n emmertjie of `n uil, aldan `n

Stasoft bottel. Dit werk!

PS. Die ou-mense het mos altyd van

`n Luiperd gepraat as `n “tier”, en dis

hy waarvan ek hier praat, en ja, my dors tier hét toe

kom drink! En ek was veilig in my kar, want ek het my

eie uil!

Coolking epos info@letsgohunting.co.za

Of Whatsapp 0721413158.


We are a Family owned Travel Agency that

Specializes in booking accommodation and

camping sites, also providing extended travel

documents with necessary GPS Coordinates

for Self Drive Safaris in known, remote

and pristine areas of Botswana,

Namibia, Zimbabwe and Zambia.

We pride ourselves on

Excellent Service and also

try to make each safari the

experience and

memory of a lifetime.

Our Clients are not just

another number, they

always return to book

another Self Drive

safariwith us!

If you are Interested in something different and exciting, then visit us

@ www.allroundsafaris.com or send

an email to allroundsafaris@lantic.net

and we will gladly provide you with exciting itineraries and great deals!


Beste verkoper R265

W E L O V E C A M P I N G

WHY IS THIS THE

BEST CAMP GUIDE?


Ons waarborg die BESTE tariewe om

jou besigheid te adverteer.

Stuur n epos aan: tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

Adverteer

Hier

Kamp Paklys

Gratis

Toep

2 0 0 7 5 0

2 5 0 0 0

P a g e V i e w s

2 6 2 1 0 V i e w s

1 5 3 8 0

L i k e s

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

f o l l o w e r s

P o s t r e a c h

D o w n l o a d s

a a n l y n

S e p t (

0 1 8 ) 2

260 357

1 2 m d e t y d p e r k

W e b b l a d

g e b r u i k e r s

t y d s k r i f

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

More magazines by this user