01.12.2019 Views

Kamp is Lekker Desember 2019

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier in Angola. Ons besoek 4 beste kamp plekke in die Tuinroete Wes Kaap.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier in Angola. Ons besoek 4 beste kamp plekke in die Tuinroete Wes Kaap.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

M

et ‘n hele paar entosiastiese rotsklimmers in die gesin en vriendekring, durf

ons elke jaar vir Rooiberg aan wat majestieus uitkyk oor die Nuwerust

kampterrein. Dié berg, met sy menigte rotsklimroetes, staproetes en

uitdagende moontlikhede, is op sy mooiste as die son sak en almal hulle

kampstoele berg se kant toe draai, om ‘n glasie te lig op die bloedrooi rotse en

op nuwe moontlikhede.

Hierdie naweek sien ek egter nie kans om my laaste kort asem te gebruik om Rooiberg uit te stap

nie. Ek wil eerder stilsit. En boonop, na meer as twaalf jaar se Desember kuiers op die plaas, het ek

onverwags ‘n nuwe, meer

gelyk paadjie ontdek wat

my langs die rivier

verbyvat. Dit is toe ook

daar, in die skaduwee

onder ‘n groot

oorhangende klip, dat ek

besef waarom min mense

van hierdie geheime

wegkruipplek weet. Want

dit is ‘n plek wat vra vir

stilsit en ‘n bereidheid vir

lesse kry oor wat die

natuur te sê het.

So, op my rug, met my

voete uitgestrek voor my,

sien ek dat as ek ‘n

spinnerak van onder af bekyk, dit eintlik veel meer soos ‘n kunswerk lyk as ‘n vangnet. Ek sien dat

stroom af baie makliker lyk as stroomop en dat eendgesin middagslapies na ‘n baldadige

geswemery, absoluut noodsaaklik is. Ek voel dat son óp my rug lekkerder is as ‘n sagte stoelkussing

ágter my rug en dat yskoue rivier water baie meer van ‘n lafenis vir my voete is as wat enige spa kan

bied. Ek sien met die terugstap dat daar meer as een pad is wat steeds op dieselfde eindpunt

uitkom en ek voel, later langs die kampvuur, dat ek al my asem terug het.

En later, toe die son bloedrooi sak en ons almal ons stoele draai in Rooiberg se rigting, lig ons ‘n

glasie op nuwe rotsklim roete oorwinnings, lewenslesse, en op nuwe rus.

* Liesl en Lische Cronje is ‘n ma en dogter wat hou van die fyn, mooi dinge in die lewe en wat hulle

kreatiwiteit saam geniet. Onder die naam LiLiBeth skryf Liesl kort refleksies wat Lische illustreer, vir

onder andere die Idees tydskrif. Liesl is ‘n gekwalifiseerde lewens-en persoonlike handelsmerk afrigter

en fassiliteerder en Lische werk as vryskut kunstenaar en hotel-en sake bestuurder. Die Li van Liesl en

Li van Lische vorm saam LiLi, ál drie afgelei van die naam Elizabeth, vandaar LiLiBeth.

Lees meer oor Nuwerust kampterrein by http://cederbergexperience.co.za/

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!